Posts Tagged ‘pinkster’

Wanneer kom die reën? Pinkster 2018

Wanneer kom die reën? Inderdaad. ‘n Metafoor vir die vraag na die vervulling van God se beloftes – letterlik en geestelik. Vrae soos: Is daar behoeftes waarvoor jy beloftes nodig het? Het jy vrae oor die voorwaardes verbonde aan die vervulling van God se beloftes? Wonder jy watter rol geloof speel? Geduld? Volharding? Vervulling?

Pinkster 2018 is vir jou bedoel. Dit begin by Jesus se afskeidspreek dat ons moet: “wag op die belofte van die Vader wat julle van My gehoor het” (Hand 1:5). Die tema van die Hemelvaart diens Donderdag 10 Mei 18:30. 

Die reeks word voortgesit in sewe eredienste van 13 tot 19 Mei, die Sondagoggende 09:00 en die aande 18:30. Met lekker sop en brood elke aand. Dankie vir die 5 groepe wat gaan help!

Ons fokus op die droogte – wat dit ook al vir jou beteken. Ons gesels oor voorwaardes, geloof, geduld, volharding en vervulling. Met Pinksterdag vier ons die uitstorting van die Heilige Gees, die waarborg dat: “hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Jesus Christus is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.” (2 Kor 1:20).

Ek wil jou uitnooi om jou behoeftes met my te deel. Per e-pos. Anoniem op ‘n stukkie papier in die kerkkantoor. Persoonlik. Ek gaan elke aand geleentheid gee vir gebed. Ook bid vir jou en jou behoeftes. Anoniem of voor in die liturgiese ruimte. En beskikbaar wees vir gesprek elke aand, elke dag.

Ek gaan die beloftes van die Here verkondig wat genoegsaam is vir jou behoeftes: “En my God sal ruimskoots in al julle behoeftes voorsien in ooreenstemming met sy heerlike rykdom in Christus Jesus.” (Fil 4:19).

En toe kom die reën. Soos God belowe het.
****

Vir die Kinders is daar elke aand spesiaal Kinderpinkster in die Ark:  Gee my ‘n G.E.E.S!

Sondagoggend 13 Mei om 09:00, dan Sondag- tot Donderdagaand 18:30.

****

In die Aftree-oorde is daar elke oggend om 09:30 ‘n diens.  Die reeks daar se tema is Volkome Eenheid… Volkome BlydskapLees hier meer oor die Waltonpark Pinkster.

Continue Reading

Aftree-oorde Pinkster 2018

Pinkster 2018 by Waltonpark

Volkome eenheid…volkome blydskap

Prediker: Dr Kobus Prinsloo

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” [Joh 15:5] “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly” [Joh 15:9] “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees” [Joh 15:11]

Daar is net twee soorte mense  – die wat gelukkig is en die wat ongelukkig is.  Ware geluk kom van ‘n intieme verhouding  en eenheid met Jesus Christus, soos die loot en die wingerdstok een is

Ken jy hierdie ware geluk?

Sondag 13 Mei: Een met Jesus [Joh 15:1-8]

Maandag 14 Mei:  Bly in God se liefde [Joh 15:9-10]

Dinsdag 15 Mei:  Blydskap van die vriende van die Bruidegom [Joh 3:29-30]

Woensdag 16 Mei: ‘n Lewe van Lofprysing [Efes 5:18-20]

Donderdag 17 Junie :  NAGMAAL en: Hemelse Vreugde is vir Nou [Openbaring 19:1-9]

Dienste begin om 09:30

Almal is welkom. Bring jou vriende saam

Offers word opgeneem vir Bybelverspreiding

Ons sing saam vanaf 09:15

Continue Reading

Vreesloos 07: Sê-nou die ergste gebeur? Donderdag

Enige iemand kan bestuur as hulle op hul pa se skoot sit.  En enige iemand kan bid as hulle op hul Pa se skoot sit.  Gebed is om op God se skoot te sit en ons hande op sy stuurwiel te sit.  Hy sal die spoed en die skerp draaie hanteer.  Maar ons kan met hom praat.  Ons kan vra:  neem hierdie beker weg.  Hierdie siekte; hierdie finansiële krisis; hierdie gevaar en haat en konflik; hierdie droogte, hierdie korrupte leiers.  Dis al wat gebed is.

Continue Reading

Vreesloos 06: Wat as alles te veel raak? Woensdag

As jy meer aandag aan die storm gee as aan die een wat in die storm loop, gaan jy sink.

Ons kan nie kies of daar gaan storms wees in ons lewens nie.  Ons is redelik verseker van storms.  Ons kan kies waar ons kyk te midde van die storm.

Jesus se oproep om te glo, om nie bang te wees nie, is nie ’n oproep tot naïwiteit nie.  Hy vra nie van ons om soos volstruise met ons koppe in die grond te sit nie.  Die lewe is vol storms – oorweldigende storms wat ons wil laat sink.  Jesus vra nie dat ons dit ontken nie.

Ons taak is om die aanslae van die storms te balanseer met ’n uitkyk op God.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Bybelskool » Bou of breek ons die aarde?

    |

    […] is dit iets waaroor ons gerus beter kan nadink, vanuit ‘n Bybelse perspektief daaroor. Lees gerus hierdie preek van my (uit 2012) om jou denke uit te daag en te verander. Dit neem jou op ’n toer deur die […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Uitstekend en meesleurend! Dankie.

  • Avatar

    Tokkie Young

    |

    Ek het so pas die preek oor Nehemia gelees en ek verstaan nou baie duidelik dat ek baie in my lewe God se beloftes vir my eie gerief, veiligheid en voorspoed net vir my toegeëien het. Daar het nou vir my ‘n nuwe lig oor beloftes opgegaan. Dankie.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Tokkie. Vanaand se bydrae oor geloof sal nog verder lig werp op die sekerheid van God se beloftes, en die bewys wat ons in onsself kry as getuienis van God se goedkeuring om die beloftes vir ons te vervul. Geloof is daardie diep wete dat God se beloftes vir ons bedoel is, in Christus ja en amen. Dit is waarom ons kan vra wat ons wil, omdat ons in ‘n verhouding met God al hoe meer weet watter dinge Hom verheerlik, en dan daarvoor te vra.

  • Avatar

    Tokkie Young

    |

    Dankie, Chris, ek het al baie gewonder oor Johannes 15:7 se belofte en hierdie preek het baie van my vrae en onsekerheid beantwoord,