Skip to main content

Tag: Paasfees

Johannes 20:19-25 Paasfees Preek

Wonde vertel ‘n storie.  Dink maar aan die wonde aan jou eie lyf.  (Dalk wil die kinders op hierdie punt gou vir hul ouers wys – of vertel – wat hul gunsteling wonde is.)  Ons almal dra wonde aan ons lyf.  Wonde wat stories vertel.

Stories van prettige kinderdae, van knieë wat stukkend geval is terwyl ons gespeel het.  Van ‘n bottel wat my vinger gesny het toe ek op ‘n plaas huis-huis gespeel het.   Wonde van swaarkry.  Van operasies.  Van ongelukke.  Van geweld.  Innerlike, emosionele wonde.  Elkeen van daardie wonde vertel is storie.  Daardie storie vertel wie ons is, wat ons gevorm het, hoekom ons vandag is wie ons is.

So watter storie vertel Jesus se wonde?

Continue reading

Huisgodsdiensmateriaal Heilige Week

Families kan die week voor Paasfees die Paasverhaal op lekker interaktiewe manier lees.  Klik op die prentjie, laai dit af en druk dit op ‘n A3 vel.  Lees elke dag van 25 Maart tot 1 April die teksgedeelte, kleur die prentjie in en plak die regte prentjie op die regte blokkie.

Hier is ook ‘n Engelse weergawe: On-our-way-to-Easter.pdf

Paasfees 2017 Preek Kolossense 3

As jy iemand wil leer ken, wil weet wie hulle is en wat hulle laat tiek, dan wil jy altyd hulle storie leer ken.  Want jou storie – waar jy vandaan kom, wie jou mense is, wat in jou lewe met jou gebeur het – sê wie jy is.  Dit bepaal tot ’n groot mate jou waardes, jou keuses.  Ek is bv. gebore in Kimberley.  Ek het my hele skoolloopbaan op platteland deurgebring.   Ek het op Stellenbosch studeer, so ek is ’n Matie.  Maar eintlik moet jy verder teruggaan in my storie as jy my wil ken.  My ouma en oupa was nie geleerde mense nie.  Hulle het hard gewerk sodat my pa kon gaan leer.  Ons familie ag vandag harde werk en geleerdheid hoog.

Die storie van Paasfees, is ons storie.

Continue reading