Skip to main content

Tag: Kleingroepe

Kleingroep afsluiting

Aanbevelings vir voorganger:
  • Maak seker dat elke groeplid ‘n kopie van die teks het. Tref al die reëlings vooraf sodat die ontmoeting vlot kan verloop.
  • Die voorganger lees die kursief gedrukte gedeeltes.
  • Verdeel die teksgedeeltes tussen die groeplede en vra hulle om dit vooraf op te soek. Die teksgedeeltes kan verkort word, veral as daar jonger kinders in die groep is. Julle sou ook die gesprekke kon uitlaat en net die liturgie doen
  • Laat die persoon wat die teks gelees het, die kers aansteek, of vra vooraf van die kinders om dit te doen.

Continue reading

Handelinge 17:22-31 – 19-25 Mei

Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.

RUS
Deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons (Hand. 17:28a). Raak stil. Lees Hand 17:28a rustig. Gee ruim (minstens 5 min) stilte dat almal oor die woorde kan reflekteer. Gee geleentheid vir gebed om te reageer op die woorde van die teks.

Continue reading

Handelinge 2:36-41 – 27 April tot 4 Mei

Week van 27 April tot 4 Mei

Petrus roep die Jode op tot bekering – Handelinge 2:36-41

Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.

RUS

Donderdag is Werkersdag en Sondag is Arbeidsondag.  Raak stil en dink ná oor die afgelope week.  Wat het alles gebeur?  1 minuut stilte.  Hoe het die Here in en deur jou lewe gewerk die afgelope week?  2 minute stilte.   God nooi jou uit om stil te word en te rus.  Ontvang die Sabbatsrus wat God gee. 2 minute stilte.

Sê amen en gee geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie tot-rus-kom tyd.

HOOR

1.  Lees Handelinge 2:36-41.

2.  Deel met mekaar wat julle in dié gedeelte tref.

3.  Kyk weer na Petrus se woorde in vers 36.  Wat sê dit oor God, Jesus en die gehoor (ons)?

4.  Die eerste oes word op die Oesfees ingesamel, drieduisend bekeerlinge!  Let op dat hulle bekering met drie dinge te make het: ’n wegdraai van die sonde (ook die sonde van die kruisiging), ’n doop in die Naam van Jesus, waarmee hulle aan Hom verbind word, en die gawe van die Heilige Gees (dieselfde Gees as wat hulle so pas gesien en ervaar het in die lewe van die apostels).  Dié boodskap is vir almal, spel Petrus dit vir hulle uit, ook vir dié wat daar ver is, waarmee waarskynlik die nie-Jode en heidene bedoel word, hoewel dit ’n tyd sou duur voor hulle hiervan werk sou maak.  Vertel vir mekaar hoe julle bekering beleef.  Watter rol speel die wegdraai van sonde, die doop en die Heilige Gees in ons (daaglikse?) bekering?

5.  ‎Kyk hoe word Petrus se optrede in vers 40 beskryf:  hy getuig en spoor aan.  Vertel van ’n geleentheid wat iemand se optrede teenoor jou getuig en jou aangespoor het.  Hoe kan jy deur jou eie optrede getuig en aanspoor?

LEEF

Waartoe roep die Here julle nou?  Deel dit met mekaar en dra mekaar in gebed aan die Here op.

Die Skrifgedeelte vir volgende week is Handelinge 2:42-47.