Maak dié week tyd vir mekaar. Luister na mekaar, laat elkeen vertel wat in hul dag gebeur het. Kyk na die geloofsgewoonte kantlyne vir verdere voorbeelde.
BYBELLEES
Lees 1 Petrus 1:13-16. The Message vertaal dit so: “So roll up your sleeves, put your mind in gear, be totally ready to receive the gift that’s coming when Jesus arrives. Don’t lazily slip back into those old grooves of evil, doing just what you feel like doing. You didn’t know any better then; you do now. As obedient children, let yourselves be pulled into a way of life shaped by God’s life, a life energetic and blazing with holiness. God said, “I am holy; you be holy.” Gesels oor wat dit vir julle beteken.
Raak julle ook soms so besig, dat daar nie tyd is vir God of vir mekaar nie? Hoe kan julle seker maak dat julle nie te besig raak nie? Waarvoor moet julle NEE sê? Wat kan julle doen om meer tyd te maak vir God en vir mekaar?
GEWOONTES EN GEBRUIKE
Kyk weer na die geloofsgewoonte kantlyne en beplan hoe julle hierdie week ruimte gaan maak. Wat kan julle doen dat julle in die oggend tyd kan hê vir stilte? Dalk die vorige aand al ontbyt voorberei? Maak praktiese planne, sodat julle hierdie week kantlyne kan hê.
GESEËN OM TE SEËN
Is daar dalk iemand vir wie julle dié week tyd kan maak? Dink aan iemand vir wie julle met iets kleins kan help, sodat hulle deel van julle kantlyne raak.
Week van 10 tot 16 Mei se kleingroepmateriaal, in voorbereiding vir 17 Mei se eredienste
RUS
Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.
Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
Gesels oor jul kennis en ervaring van die Heilige Gees. Wat weet julle van die werk van die Gees? Wat wonder julle? Hoe beleef julle die werk van die Gees in jul lewens?
Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
Wat is die goed wat geneig is om jou moedeloos te maak? Wat help jou om moet te hou en deur te druk?
HOOR
Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.
Lees Haggai 2:1-9
1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
2. Haggai tree op oor vier maande in 520 v.C., die tweede regeringsjaar van die Persiese koning Darius. Hy bemoedig die volk wat besig was om die tempel te herbou, nadat hulle ongeveer 19 jaar gelede reeds teruggekeer het uit ballingskap. Hy help hulle dus om hulle prioriteite in lyn met God s’n te kry.
Op 17 Oktober 520 v.C. kom die woord van die Here weer tot Haggai. Dit is vier weke ná hulle met die werk begin het, waarin hulle waarskynlik die meeste van die tyd aan die opruim van die rommel van die vorige ruïnes spandeer het.
3. Hoekom dink julle maak die bou van die tempel soveel saak? Waarmee sou ons dit vandag kon vergelyk?
4. Daar is allerhande afleidings wat die volk se aandag aftrek van dié taak wat die Here hulle opgelê het. Hul fokus op ander dinge, laat God se opdrag vir hulle onmoontlik lyk. Het jy al dieselfde beleef? Vertel vir mekaar daarvan.
5. Die Here bemoedig die moedelose volk op twee maniere: eerstens deur belofte van God se teenwoordigheid en tweedens deur ’n toekomsvisie. Hoe bemoedig hierdie dinge jou?
LEEF
• Wat vra die Here vir jou om te “bou”? Waarmee moet jy besig wees?
• Wat is die dinge wat jou aandag aftrek?
• Herinner mekaar aan God se woorde: “Skep moed” (2:1) en “my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” (2:5). Waarvoor het jy tans nodig om hierdie woorde te hoor?
• Hoe help die belofte van die Gees se teenwoordigheid jou om moed te skep en nie bang te wees nie?
• Bid vir mekaar vir die spesifieke sake wat julle genoem het.
• Bid ook vir die spesifieke sendeling vir wie jul groep ondersteun.
Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
Is jy geneig om altyd te sê wat jy dink, of om eerder ’n wit leuen te vertel om mense se gevoelens te spaar?
HOOR
Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.
Lees Johannes 18:1-11
Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
Jan Johnson bespreek hierdie teksgedeelte onder die opskrif “Truth Drenched in Love” en praat oor die manier waarop Jesus in hierdie verhaal telkens die waarheid praat. Matteus vertel dat Jesus vir Judas “vriend” noem (lees Jesus se reaksie in Matteus 26:50). In Johannes sien ons die aanvallers se verbysterde reaksie op die manier waarop Jesus die waarheid praat. Wat val julle op omtrent Jesus se optrede in dié verhaal?
Om in liefde die waarheid te praat, is van die moeilikste dinge om te doen. Dalk kan julle voorbeelde deel van kere wat jy geworstel het met óf en hóé jy met iemand oor ’n saak moet praat.
Hoe weet ’n mens wanneer jy moet praat – en wanneer jy eerder moet stilbly? Is dit aanvaarbaar om soms eerder nié die waarheid te praat nie en eerder mense se gevoelens te spaar? Wanneer? En wanneer nie?
Dit is een ding om die waarheid te praat. Dit is iets heeltemal anders om die waarheid op só ’n manier te praat dat mense liefde eerder as oordeel hoor. Wat is die verskil? Hoe sal laasgenoemde lyk? Dink aan dinge soos motiewe, tydsberekening, ens.
LEEF
Waartoe roep die Here jou nou? Is daar ’n spesifieke saak waaroor jy by God moet hoor óf jy daaroor moet praat en hoe jy daaroor moet praat? Bid vir mekaar vir wysheid.
Oefen vir die volgende drie dae om stil te bly. Eerder as om te kla of te kritiseer, dink na oor wat onderliggend is aan jou behoefte om te kla of kritiseer. Gebruik die drie dae daarna om liefdevolle waarheid te praat, om opbouende gesprekke te voer.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.