Ouers, vertel vir julle kinders van júlle ouers se geloof. Vertel stories uit jou kinderdae: het julle huisgodsdiens gehou, hoe het dit gewerk, hoe het Sondae by julle verloop, ens.
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
Gesels oor die teksgedeelte. Maak eers seker almal verstaan al die woorde. Ouers kyk na die inligting in die Kleingroepmateriaal
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
Ons kan kies in die lewe na wie ons gaan luister: wysheid of dwaasheid. Noem vir mekaar voorbeelde van plekke waar mens wysheid leer en plekke en maniere waarop mens dwaasheid leer.
Vertel vir mekaar wie die mense is by wie julle wysheid leer.
Mense hoor soms wat jy sê, maar hulle sien altyd wat jy doen. Jou voorbeeld het ‘n baie groot invloed. Wat sien mense wanneer hulle na jou kyk?
LEEF
Ons begin volgende week met ‘n nuwe reeks: “Radikale Vernuwing: Geloof begin by die huis”. (In Engels sou dit wees: “Extreme Makeover”.) Bid spesiaal vir hierdie reeks. Bid dat die Here dit sal gebruik om ook julle huis (gesin) te vernuwe.
As julle nog nie het nie, bestel sommer dadelik die boek “Faith Begins at Home” by die kerkkantoor (as daar nog oor is) of by loot (R107 + R35, een en ‘n half tot twee en ‘n half weke aflewering) of kalahari (eBoek R111.95 onmiddelik beskikbaar) of by amazon ($8.69 vir Kindle).
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Julle het verlede week gesels oor hoe ‘n mens waak oor jou gedagtes. Vertel vir mekaar hoe dit daarmee gaan. Watter tipe goed het in die laaste week jou gedagtes bepaal?
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Spreuke 4:26
“Die Bybel vir Almal” vertaal dit so: Jy moet op die regte pad loop, dan sal jy seker wees waarnatoe jy loop.
Gesels oor die teksgedeelte. Maak eers seker almal verstaan al die woorde. Ouers kyk na die inligting in die Kleingroepmateriaal
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
Dit help nie as ons net hoor wat God sê en die regte goed dink nie – ons moet ook die regte goed doen.
Watter versoekings is daar vir julle, wat kan maak dat jy nie doen wat God wil hê nie?
Onthou dat ons deur Jesus vergewe word wanneer ons nie op die regte pad bly nie! Hoe help God ons om op sy pad te bly? Watter goed gee hy wat ons daarmee help? (Dink aan die Bybel, mede-gelowiges,ens.)
LEEF
“Jy moet op die regte pad loop.” Wat is dit wat God wil hê jy moet doen? Deel dit met mekaar en gesels oor hoe jy dit gaan regkry. Bid dat die Here julle sal help daarmee.

Kyk terug oor die week se Pinkster-dienste. Wat staan vir jou uit? Wat het die Gees die afgelope week vir jou geleer?

Lees Romeine 8:12-17 uit Die Nuwe Testament vir Kinders.
12–13 Omdat die Heilige Gees in ons bly, mag ons nie lelike dinge doen nie. Laat die Heilige Gees julle help om nee te sê vir sonde. Dan sal julle vir altyd lewe. 14–15 Die Here se kinders laat toe dat die Heilige Gees hulle lei. Die Gees is glad nie kwaai nie. Hy sorg dat julle nie bang vir God is nie. Hy maak julle God se kinders. Die Gees sorg dat ons baie lief vir God is. Hy leer ons om God as ons Vader te ken. Ons kan nou elke dag vir Hom “Vader” sê. 16–17 Die Gees wys vir ons dat ons regtig God se kinders is. Hy sê dit hier in ons binneste vir ons. Omdat ons God se kinders is, erf ons by Hom. Kinders erf mos by hulle ouers. God het ons name in sy testament geskryf omdat ons in Christus glo. Ons gaan eendag ’n plek in God se nuwe wêreld kry! Nou kry ons swaar hier op aarde. Ons ly saam met Jesus. Maar eendag gaan ons by Hom bly. Dan sal Jesus ons soos konings daar by Hom ontvang.
Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).
Maak eers seker almal verstaan al die woorde. Deel dat vir mekaar wat vir julle uitstaan in die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
Kyk gou in die teks hoeveel goed julle kan kry waarmee die Heilige Gees ons alles help.
Hoe lei die Heilige Gees ons? (Gee kans dat almal sê. Dit kan moontlik aangevul word met: deur die Bybel, deur ander gelowiges, deur ons gewete.)
Wat beteken dit om God se kind te wees?
LEEF
Wat vra die Here nou van jou?

Volg elke week julle “Rus/Hoor/Leef”- patroon: Rus – vertel vir mekaar waarmee die Here besig is in jul lewens en bid dat God met julle sal praat; Hoor – lees die gedeelte en praat daaroor; Leef – gesels oor hoe julle gaan reageer op wat julle gehoor het.
Maandag 2 April
Lees Johannes 13:4-15 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
In Jesus se tyd het mense hulle hande én voete gewas voordat hulle geëet het. Mense het nie self hulle voete gewas nie – iemand anders het dit vir hulle gedoen. Dit was ‘n baie slegte werk en die onbelangrikste mens moes altyd die ander se voete was. Hoekom dink julle het Jesus dan gekies om sy dissipels se voete te was?
As Jesus mense se voete gewas het, hoe kan ons ook soos Jesus wees? Dink aan praktiese voorbeelde.
Gebruik ‘n bak met water, ‘n koekie seep en ‘n handdoek. Was mekaar se hande en sê vir mekaar dat julle bereid is om mekaar te dien en die minste te wees.
Dinsdag 3 April
Lees Markus 14:22-24 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
Ouers gesels met die kinders oor die Nagmaal. Onthou, ons gaan Vrydag saam Nagmaal gebruik! Jesus het (in die teks wat ons nou net gelees het) gesê ons moet gereeld so saam eet. Die Nagmaal is ‘n onthou-ete: wanneer ons dit saam gebruik, onthou ons vir Jesus en wat hy vir ons gedoen het. (Laai die dokument “Berei jou kinders voor om deel te neem aan die Nagmaal” af by http://bit.ly/xTcDXB)
Voer Jesus se laaste maaltyd op: berei die tafel voor met druiwesap en ongesuurde brood of beskuitjies. Sit op ‘n kombers of by ‘n lae tafel en gesels oor wat Jesus gedoen het en wat dit gaan beteken wanneer ons Sondag Nagmaal gebruik.
Woensdag 4 April
Lees Johannes 14:32-41 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
Wat beteken dit vir jou dat Jesus bang was? En wanneer jy self bang is, wat sal dit dan vir jou beteken dat hy bang was?
Let op dat Jesus bid wanneer hy bang is! Gesels oor wanneer elkeen van julle bid, hoe julle bid en wat dit vir julle beteken om met God te kan praat.
Donderdag 5 April
Lees Johannes 19:17-41 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties. [As julle nie môre saam kan kerk toe gaan nie, lees net vv 17;27]
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
Wat beteken dit vir jou dat Jesus vir jou gesterf het?
Gesels weer oor môre se erediens. Verduidelik dat ons kerk toe gaan om vir Jesus dankie te sê dat hy vir ons aan die kruis gesterf het. Herinner mekaar ook weer aan die Nagmaal en wat dit beteken.
Maak kruise van spykers.
Sê vir Jesus dankie dat jy God se kind kan wees omdat hy vir jou aan die kruis gesterf het.
Vrydag 6 April – Goeie Vrydag
Gaan saam kerk toe!
As julle nie kan kerk toe gaan nie, lees Johannes 28-41 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
Wat beteken dit vir jou dat Jesus vir jou doodgegaan het?
Hoe dink julle het die dissipels gevoel toe Jesus doodgaan en hulle hom begrawe? (Onthou, hulle het nog nie geweet dat hy gaan opstaan nie.)
Lees Johannes 20:1-8 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Gesels oor die teksgedeelte.
Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?
Jesus het doodgegaan, maar hy lewe weer! En omdat hy lewe, kan ons God se kinders wees en sal ons vir altyd en altyd by God wees wanneer ons eendag hemel toe gaan. Vertel vir mekaar wat dit vir jou beteken om God se kind te wees en te weet dat Jesus leef.
Staan vroeg op. Kyk hoe die son opkom, sing lofliedere en sê vir Jesus dankie dat julle God se kind kan wees.
Gaan saam kerk toe.
As julle nie kan kerk toe gaan nie, lees Johannes 20:19-25 uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.
Steek Paaseiers en hasies weg. Voordat die kinders dit gaan soek, verduidelik vir hulle dat eiers en hasies vir ons ‘n simbool is van nuwe lewe en baie lewe! Dis vrolik versier, omdat ons bly is. Dis leeg aan die binnekant, want Jesus se graf was leeg! Elke eier wat ons vind, is vir ons ‘n lekker verrassing waaroor ons bly is – soos die dissipels se blydskap toe hulle ontdek dat Jesus leef! Met elke eier wat ons vind en eet, sê ons vir Jesus dankie vir die lewe wat ons by hom kry.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.