Skip to main content

Tag: Huisgodsdiens

4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue

RUS 
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 8 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Simson (Rigters 16) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Simson was nie altyd gehoorsaam aan die Here nie.  Dit het hom in baie slegte omstandighede laat beland.  (Gesels gou weer:  wanneer was Simson ongehoorsaam?  In watter slegte omstandighede het dit hom laat beland?)  Tog het God hom steeds gebruik en steeds sy gebede beantwoord.  Wat leer dit vir ons oor dié kere wat ons ook ongehoorsaam is?
•Ons lees in die boek Rigters hoe God gewone mense gebruik om buitengewone goed te doen.  Gesels met mekaar oor hoe julle dink God elkeen van julle wil gebruik.
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?  Wat gaan julle hierdie maand vir julle “30 minute om te seën” doen?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

25 Feb tot 3 Maart: Die Stryd Begin

RUS
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 7 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Ragab en die inname van Jerigo (Josua 6) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•God het Ragab gebruik om sy mense te help.  Hoe kan jy ook ’n helper wees?
•God sê in Josua 1 vir Josua dat hy moet sterk wees (lees gou Josua 1:5-9).  Waarvoor het jy nodig om sterk te wees?
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
•Bid vir die goed waaroor julle gesels het – dat julle helpers sal wees en sterk sal wees.
•Sondag is Nagmaal!  Gesels oor die Nagmaal en wat dit beteken.  Ouers kyk hier vir idees hoe om jou kinders voor te berei vir die Nagmaal.

Markus 9:38-50 24 tot 30 Sept 2012

RUS EN ONTVANG

Vertel mekaar watter goeie dinge ander mense vir julle die afgelope tyd gedoen het (vgl Markus 9:41). Indien hulle dit nie gedoen het nie, hoe sou dit jou lewe geraak het? 
Is dit nodig om goeie dinge vir ander te doen?  Waarom?

Vra iemand om te bid

HOOR EN ONTGIN

Lees Markus 9:38-50

  • Waar het jou gedagtes vasgesteek? 
  • “Wie nie teen ons is nie, is vir ons” (vers 40).  Wat beteken hierdie opmerking van Jesus vir ons as Christene binne die hedendaagse samelewing? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  In vers 42 waarsku Jesus dat ons nie ons kinders afvallig moet maak nie.  Watter dinge kan ouers en grootouers doen om kinders te lei tot ‘n lewende verhouding met Jesus?  Wat sê vers 43-47 in dié verband? 
  • Watter dinge behoort ons as gemeente prys te gee (af te kap) sodat ons met meer toewyding die Here kan dien? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  Watter dinge staan in julle gesinsverband of persoonlike lewe in die pad van goeie verhoudings met mekaar?
  • Wat is die verskil tussen sout (vers 50) en ‘n liggaam met een arm,voet of oog (vers 43-47)? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe kan jy  “ ‘n beker water” (vers 40) in jou huwelik/gesin/familie en in die gemeente en in die samelewing wees?    
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Gemeentevernuwing 17-22 Sept Ps 78

gemeentevernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Vertel vir mekaar van die kerk van jul kinderjare (ouers vertel vir kinders).  Wat onthou jy van kerk?  Watter rol het die kerk in jou kinderjare gespeel?
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees Psalm 78:1-7

  • Wat staan vir julle uit met die lees van die teks?
  • Vers 4 van die Psalm sê dat ons vir die volgende geslag sal vertel wat die Here gedoen het.  Vertel vir mekaar waarmee die Here besig is in jou lewe, of van ‘n keer wat jy God se krag ervaar het.
  • [Vir volwassenes:]  As die fondament van reëls nie ‘n verhouding is nie, lei dit tot rebellie (vers 7).  Wat is die verskil tussen gehoorsaamheid wat uit ‘n verhouding groei en gehoorsaamheid wat net reëls nakom?  Hoe kweek ons gehoorsaamheid uit wat uit ‘n verhouding kom?
  • Mark Holmen skryf in hoofstuk 5 van “Faith Begins at Home” oor die voorreg van kerk toe gaan.  Hy praat ook van die gesindheid waarmee ons aan ‘n kerk behoort:  “Thy will be done” of “my will being done”.  Dan sê hy:  “The degree to which you actively engage yourself in the life of an intentional Christian community is the degree to which you’ll be satisfied as a family” (bl. 126-127). Wat dink julle?  Watter rol speel die kerk in ‘n individu – en ‘n familie – se geloofslewe?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink terug oor die “Radikale Vernuwing” reeks van die afgelope paar weke.  Vertel vir mekaar: (1)  wat is die belangrikste punt wat jy wil onthou?  (2) Wat is een ding wat jy gaan doen?