Tag: Huisgodsdiens
1-7 April 2013 Huisgodsdiens
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 1-7 April 2013 Huisgodsdiens
RUS
• Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?
• Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Openbaring 1:7-8
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Die Bybel sê dat Jesus eendag weer aarde toe gaan kom. (Jesus is nie nou weg nie! Hy is steeds hier deur die Heilige Gees.) Vertel vir mekaar wat julle weet van Jesus se wederkoms. Hoe laat dit jou voel om te weet Jesus gaan weer kom?
LEEF
• Jesus kan enige oomblik weer kom. Dit is nie iets wat ons moet bang maak nie, maar juis iets wat ons goed en veilig laat voel! Hoe kan jy gereed wees wanneer Jesus weer kom?
• Dit is ‘n nuwe maand en ons tweede “30 minute om te seën” maand. Wat gaan julle hierdie maand doen?
• Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
25-31 Maart 2013 Heilige Week
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 25-31 Maart 2013 Heilige Week
Besoek een of ander tyd hierdie week die Paasweek stasies by die kerk.
Ouers, onthou om vooraf met julle kinders te gesels oor Vrydag se Nagmaal. Laai die boeke met riglyne hoe om jou kind voor te berei vir Nagmaal, hier af.
Maandag 25 Maart 2013
Lees Johannes 18:1-11
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Vertel vir mekaar hoe julle dink Jesus gevoel het toe een van sy vriende hom verraai.
Dinsdag 26 Maart 2013
Lees Johannes 18:12-24
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Het mense jou ook al van slegte goed beskuldig? Hoe het jy toe reageer? Hoe reageer Jesus
Woensdag 27 Maart 2013
Lees Johannes 18:25-27
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal (ouers verduidelik vir kinders wat “verloën” beteken). As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Petrus het voor die tyd met Jesus gestry en gesweer hy sal vir Jesus nooit verraai nie. Nou het hy dit drie keer gedoen! Het jy ook al gevoel dat jy misluk of ‘n baie erge fout gemaak het?
Donderdag 28 Maart 2013
Lees Johannes 18:28-19:16
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Pilatus weet dat Jesus onskuldig is, maar laat steeds vir Jesus doodmaak omdat hy bang is vir die mense. Vertel vir mekaar van ‘n keer wat jy iets gedoen het wat jy nie graag wou nie (of wat jy geweet het verkeerd was), omdat ander mense gesê het jy moet.
• Maak doringkrone en sit dit iewers waar julle dit aanmekaar sal sien.
Vrydag 29 Maart 2013
Gaan saam kerk toe!
Lees Johannes 19-16-30
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Laat elkeen vertel wat dit vir hulle beteken dat Jesus aan die kruis gesterf het.
18-24 Maart Huisgodsdiens
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 18-24 Maart Huisgodsdiens
11-17 Maart: Rut
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 11-17 Maart: Rut
4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue