Skip to main content

1-7 April 2013 Huisgodsdiens

RUS

• Hoe het jy die afgelope week iemand gehelp (geseën)?

• Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.


HOOR

Lees Openbaring 1:7-8

• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.

• Die Bybel sê dat Jesus eendag weer aarde toe gaan kom. (Jesus is nie nou weg nie! Hy is steeds hier deur die Heilige Gees.) Vertel vir mekaar wat julle weet van Jesus se wederkoms. Hoe laat dit jou voel om te weet Jesus gaan weer kom?

 

LEEF

• Jesus kan enige oomblik weer kom. Dit is nie iets wat ons moet bang maak nie, maar juis iets wat ons goed en veilig laat voel! Hoe kan jy gereed wees wanneer Jesus weer kom?

• Dit is ‘n nuwe maand en ons tweede “30 minute om te seën” maand. Wat gaan julle hierdie maand doen?

• Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

hemelvaart, Huisgodsdiens

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.