Huisgeloof 23 tot 28 Feb
Laat Jesus Deur Jou Verontwaardig wees
OMGEE-GESPREKKE
Vertel vir mekaar wat jou kwaad maak. Wat doen jy gewoonlik wanneer jy kwaad raak?
BYBELLEES
Lees Markus 3:1-6
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 23 tot 28 Feb
Vertel vir mekaar wat jou kwaad maak. Wat doen jy gewoonlik wanneer jy kwaad raak?
Lees Markus 3:1-6
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 16 tot 22 Feb
Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy nuut/vreemd was en iemand jou gehelp het om welkom te voel. Wat het hulle gedoen?
Lees Lukas 10:1-12 uit Die Nuwe Testament vir Kinders
Later het die Here twee en sewentig volgelinge uitgestuur. Hulle moes twee-twee voor Hom uitgaan na die dorpe toe waar Hy sou oorbly op pad na Jerusalem toe. Hy sê vir hulle: “Daar is so baie mense wat nog van God moet hoor, maar daar is heeltemal te min mense wat vir hulle van Hom kan vertel. Vra vir die Here om nog mense te stuur om dit te doen. “Gaan na al die plekke toe waarheen Ek op pad is. Maar oppas: dit is ’n gevaarlike werk. Ek stuur julle soos lammetjies tussen gevaarlike diere in. Moenie geld saamvat nie. Los ook julle tasse vol klere by die huis. En moenie langs die pad kuier nie. As julle in ’n huis inkom, groet almal vriendelik. Sê vir hulle: ‘God sal baie goed wees vir hierdie huis.’ As hulle vir julle blyplek gee, dan sal God by almal in daardie huis wees. Maar as hulle julle wegjaag, sal God hulle straf. Bly in die huise waar mense julle goed ontvang. Eet en drink alles wat hulle vir julle gee. Dit is die betaling vir julle werk. Maak al die siek mense gesond. Sê vir hulle: ‘God se nuwe wêreld is nou hier by julle! Wanneer die mense van een dorp nie na julle wil luister nie, gaan dan na ’n ander dorp toe. Maar skud eers voor almal die stof van daardie plek uit julle klere uit. Sê vir hulle: ‘God gaan julle eendag straf.’ Weet julle, dit sal op die laaste dag makliker wees vir Sodom en Gomorra, daardie twee stede wat sulke lelike sondes gedoen het, as vir die dorpe wat nie na julle luister nie.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Jesus wil ons gebruik om vreemdelinge te laat welkom voel, sodat hulle weet dat Jesus hulle lief het. Maar ons mag ook nie met vreemdelinge praat nie! Hoe nou gemaak? Wie is die vreemdelinge wat jy wél kan laat welkom voel? Dink bv. aan die nuwe kind by die skool, nuwe mense in die kerk, mense wat jy gewoonlik wil uitsluit of ignoreer. Hoe kan jy hulle laat welkom voel?
Is julle besig om te vas? Vertel vir mekaar wat gebeur, hoe julle daaroor voel, wat julle daaruit leer.
• Is daar iemand spesifiek wat vreemd is na wie Jesus wil hê julle moet uitreik? Beplan saam hoe julle dit gaan doen.
• Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge en vir die sendeling wat julle gesin ondersteun.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 9 tot 15 Feb
Vertel vir mekaar van iets wat jou op die oomblik moedeloos maak en waarmee jy eintlik graag wil opgee.
Lees Matteus 5:41.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 25-31 Januarie
Vertel ’n storie van ’n keer wat jy regtig gevoel het iemand gee vir jou om. Wat het hulle gedoen wat jou so laat voel het?
Lees Lukas 10:25-37, die verhaal van die Barmhartige Samaritaan.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Jesus vertel hierdie gelykenis (’n storie waaruit ons iets leer) nadat iemand gevra het wie ons “naaste” is, m.a.w. wie ons moet liefhê. In Jesus se storie is dit die mense wat die beseerde man se vriende moes wees, wat hom ignoreer. Die een wat sy vyand moes wees, help hom. Dink saam oor wie julle “naaste” is – die mense aan wie jy nie gewoonlik sal dink as “naaste” of “vriende” nie.
• Watter verskonings gebruik ons om mense nie te help nie?
Woon saam julle kleingroep by. As julle nie aan ’n kleingroep behoort nie, sluit by een aan deur die kerkkantoor te kontak (041 583 5115 info@somerstrandgemeente.co.za).
• Noem soveel moontlik maniere waarop ons kan “omgee”. Hoe gaan julle hierdie week “omgee”?
• Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens, Hulpmiddels vir families. No Comments on Advent Huisgodsdiens
Ons gebuik ‘n spesiale Adventkalender-tafelmatjie vir huisgodsdiens tot Kersdag. Laai dit hier af (3.4 MB).
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 24-30 Nov
OMGEEGESPREKKE
Was daar iemand in jou lewe wat “die pad vir die Here gereed gemaak” het? M.a.w. iemand wat iets gedoen of gesê het wat jou gehelp het om aan Jesus gehoorsaam te wees? Vertel vir mekaar daarvan.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.