Sondagoggend: Geïnspireer om te glo
Hoe het die evangelie na jou toe gekom? Wanneer het jy dit met oortuiging ontvang?
Die feit dat ons glo, is ‘n gawe van die Gees. Die Gees skenk ons geloof, help ons om Jesus te ken en dien.
Stil gebed
Toetrede
Vonkk 259 Koor v 1, Almal vv 2-3: Hemelse Vader, Skepper van die lewe (sit)
Votum
Lied 444 koor 1x, Gemeente 2x Kom kyk! (sit)
Seëngroet
Lofsang
Lied 450 Vader, Seun, Heil’ge Gees (staan) [groep]
Lied 443 Wind kan jy nie sien nie (staan) [orrel]
Gebed
Flam 4 x2 O Heilge Gees, kom maak my nuut (sit) [groep]
Skriflesing
Johannes 15:26
Johannes 16: 7-15
Johannes 20:22
Inleiding
Sit tjoepstil: wat hoor? Asem.
Kan nie sien – kan hoor.
Haal diep asem.
Asem gee lewe.
Bybel praat Heilige Gees – God asem.
Asem gee lewe – Gees gee lewe: help in Jesus glo.
Asem krag (blaas windmeul) – Gees gee krag: gehoorsaam wees.
Toewyding/ GEBED
Lied 442 Almal v 1 & 4, Koor v 2-3 Gees van God wat in my woon (sit)
Preek
Hoe het die evangelie na jou toe gekom? Wanneer het jy dit met oortuiging ontvang?
Boekie: geïnspireer deur Christus
Hoe evangelie na jou gekom?
Sou kon sê: wanneer bekering.
Baie: in geloof ingegroei, eintlik altyd geweet, net op stadium geweet.
- Geleentheid skryf
My storie:
rebelse tiener
agnosties (nie woord geken, maar vir God gesê glo bestaan,
nie bereid dien)
Lewe Gr 11 jr. inmekaar gestort – soos lewe geneig te doen as gr 11
Planne verander, eindig CSV kamp
Hierdie mense iets ek nie het, vra een nag 2h God beheer lewe oorneem.
Gebeur niks
Belangstelling teologie – uitverkiesing – ek dus nie uitverkies.
Volgende oggend stiltetyd Jakobus 5, moet bly sit, lees aan:
Aan die uitverkorenes van God,
vreemdelinge in die wêreld,
wat verspreid woon in die provinsies
Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.
2Soos God die Vader dit vooraf bestem het,
het Hy julle uitverkies
en deur die Gees afgesonder
om aan Hom gehoorsaam te wees
en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
Nie almal sulke stories.
Maar meeste ons hier sit,
het oortuiging Jesus God,
ons eie Here –
redder en Saligmaker,
watter woorde ook al kies gebruik sê wie Jesus vir jou is.
Glo Jesus.
Maar rondom Heilige Gees,
werk van Gees,
baie vrae en verwarring –
veral ons Gereformeerde Christene.
Praat nie so baie oor Heilige Gees –
een van redes waarom Pinkster hou,
om reg te stel.
Kom in kontak mense ander kerke
aanhoudend oor Gees praat,
byna meer as enige iets anders.
Begin wonder:
Het ek die Gees?
Moet ek gedoop word met Gees?
Of dalk meer kompleks:
Is ek Geesvervuld?
Hoekom/ hoekom nie?
Hoe word?
Antwoord eintlik baie eenvoudig –
dalk een van redes hoekom ons nie so gereeld daaroor praat:
as jy in Jesus glo,
gedoop is,
HET Heilige Gees.
Ontvang Gees met doop –
nie nodig weer “gedoop” te word,
hande oplê dat Gees kan ontvang.
Het Gees.
En feit dat glo,
getuig daarvan.
Hoe kan ek dit sê?
Die Gees inspireer ons om te glo
Sommige van julle Alfa gedoen.
Bekend met EEIII,
met sy twee belangrike vrae.
Hoe werk sulke programme?
Hoe is dit moontlik
dat iemand vir jou evangelie verduidelik:
Wêreld skuldig aan sonde
God so wêreld so lief gehad,
enigste Seun gestuur
straf vir ons sonde gedra…
mense dit hoor
en glo
aanraak
lewe verander?
Of erger nog:
mense preek hoor,
lewe aan God oorgee?!
Teks votum:
1 Tess. 1:5:
want die evangelie wat ons aan julle verkondig het,
het nie bloot met woorde tot julle gekom nie,
maar ook met krag
en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging
Paulus skryf aan Korintiërs:
1 Kor. 2:1-5:
Wat my betref, broers,
toe ek na julle toe gekom het
om die geheimnisvolle waarheid van God
aan julle te verkondig,
het ek nie met hoë woorde
of groot geleerdheid gekom nie.
2Ek het my voorgeneem
om met julle oor niks anders te praat nie
as oor Jesus as die Christus,
en wel oor Hom as die gekruisigde.
3Bewus van my swakheid,
en met groot angs en huiwering,
het ek na julle toe gekom.
4Die boodskap wat ek verkondig,
het julle oortuig,
nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie,
maar deur die kragtige werking van die Gees.
5Dus is julle geloof
nie op die wysheid van mense gegrond nie,
maar op die krag van God.
Maar goed,
sou mens kom argumenteer,
heeltemal moontlik Paulus,
t.s.v. sy nederige protes
briljante
dinamiese prediker was.
Behalwe,
hoor watter stories lidmate gemeente Korinte
vertel wanneer in week saam gekuier:
2 Kor. 10:10 BDV
Want, sê hulle [die mense]:
“Sy briewe is gewigtig en streng,
maar sy persoonlike teenwoordigheid
is swak
en sy woorde niks werd nie.”
So die mense het nie gehou van hoe Paulus gelyk het nie
nie gehou van hoe hy gepraat/gepreek het nie.
En tog!
Tot bekering gekom.
Ons vandag sal sê:
Gees kragtig in gemeente gewerk!
Teken Gees in ons werk
nie wonderwerke
in tale praat
professie
genesings….
Teken Gees in ons werk:
geloof in Jesus Christus.
Geloof as leë hande
Fout ons dikwels maak,
te dink geloof iets ons doen.
Jesus sterf kruis: God aandeel.
My aandeel: glo.
Maar kern van ons gereformeerde geloof –
reformatore soos Luther en Calvyn onderstreep:
geloof is leeg
Geloof is nie menslike werk nie.
Geloof is die leë hand
waarmee Jesus se verlossende genade ontvang.
Ek en jy glo nie
omdat op manier self so oulik is
so slim dat kliek evangelie waar.
Glo omdat Gees aan ons geopenbaar.
Ef. 2:8 stel dit helder:
8Want uit genade is julle gered,
deur die geloof,
en dit nie uit julleself nie:
dit is die gawe van God;
Willie Jonker:
Die geloof is eintlik die één groot werk van die Gees in die mens,
want in die geloof lê alles verder opgesluit,
omdat dit alles deur die geloof die mens se eiendom word.
Geloof as Kennis
Hemelvaartdiens oor gepraat –
duidelik in teks vanoggend gelees.
Gees lê skrifte vir ons uit,
help evangelie verstaan.
So lees Bybel
hoor preek
Alfa / EEIII –
en maak vir jou sin,
word bewus van sondigheid.
Deel van geloof Gees ons gee,
kennis.
(Chris Maandag meer hieroor –
hoe Gees uit Bybel praat.)
Geloof in Jesus
Maar die kennis die Gees ons gee,
is kennis van Jesus.
Dis hoekom in gereformeerde kerke minder oor Gees praat
as in sommige ander kerke.
Teks vanoggend gelees:
Johannes 15:26
26“Wanneer die Voorspraak kom …
sal Hy oor My getuig.
Elders praat Bybel van Gees van Christus.
Die Gees fokus nie aandag op homself,
maar fokus aandag op Jesus.
Kersdag verlede jaar vertel:
kinders in gemeente:
antwoord is Jesus.
Op manier reg,
want antwoord is Jesus.
En dis wat Gees ons gee:
antwoord is Jesus.
Ons is mense,
wil graag spectacular goed ontvang
soos bonatuurlike gawes
wonderwerke sien gebeur…
Sien nie raak grootste werk van Gees,
mees skouspelagtige wonderwerk van alles:
dat ons evangelie hoor
en glo.
Alles anders wat daarna kom,
alle gawes
en wonderwerke,
vervaal in vergelyking met hierdie een groot gawe:
geloof.
Grootste wonderwerk:
dat deur Jesus gered word.
Geloof as oorgawe
Nou moet byvoeg,
wanneer Gees ons geloof gee,
nie net kennis van evangelie,
iets net met verstand of wete te doen.
Gees gee ook vir ons vertroue,
oorgawe
oortuiging.
Geloof nie net kennis kop –
Jesus geleef,
gekruisig.
Is oorgee van lewe.
Sê:
ek het verdrink in eie sondigheid.
Maar Jesus hand uitgesteek,
my in sy lewe ingetrek –
daarom sy lewe my lewe.
Daarom praat Bybel van geloof as
wedergeboorte:
ou mens doodgaan
nuwe mens gebore.
Bybel praat verskeie plekke
ons saam met Jesus gesterf
saam met hom opgestaan.
Geloof –
die geloof Gees in ons werk,
is doodgaan van ou mens,
afsterf van ou lewe,
weder-geboorte
sodat nuut uit doopwater kom
as iemand in totale oorgawe aan God leef.
Geloof wat ons verander
En dis DAN dat ons verander word.
Nadat Gees ons geloof geskenk
begin Gees ons vorm.
Dalk hier waar verwarring oor vervulling Heilige Gees kom.
In doop ontvang Gees –
volheid van Gees,
nie net stukkies.
Groot teologiese terme:
regverdigmaking en heiligmaking.
Ons ontvang Gees –
word regverdig gemaak.
Maar dan begin proses van heiligmaking,
van groei in afhanklikheid van Gees.
Van leer stem Gees onderskei.
Leer gehoorsaam wees.
Groei in gawes, gebruik.
Groei in gehoorsaamheid.
Soos baba nuut gebore,
word grootgemaak,
groei
gevorm –
en daaraan werk die Gees mee.
Stap 1 is:
Gees gee geloof.
Erken,
ontvang.
Stap 2:
hoe leef ek as gelowige in afhanklikheid van gees,
gee my lewe oor
leef uit leiding van Gees.
Dis stap res van week aandag aan gaan gee –
van vanaand af meer prakties.
Vanaand bestekopname:
waar in hierdie vormingsproses
(heiligmaking)
oorgee Gees.
Maandag Chris hoe Gees uit Woord met ons praat,
hoe Gees stem hoor.
Dinsdag Annelet hoe Gees uit konteks met ons praat,
hoe roeping hoor.
Woensdag Kobus hoe Gees ons genees en vrymaak.
Donderdag weer ek hoe Gees ons met gawes bemagtig
te leef as volgelinge Jesus.
Sondag praat oor implikasie hiervan.
GOD STUUR ONS OM TE LEEF
Oordenking
Kyk vraeboekie:
Wat is jou verwagting? Skryf gebed.
Waartoe verbind? Skryf neer.
Gebed
Dankoffer
Slotsang
Lied 439 O Heil’ge Gees, of God in ons (staan) [orrel en band]
Seën
Respons
Vonkk 144 Vrede van God Koor v1, gemeente v2 en 3
Heilige Gees, Inspiratus, pinkster, regverdigmaking, vervulling met die Heilige Gees