Skip to main content

Dag 1 – Lees Romeine 10:8-13 – Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Romeine 10 is ‘n sleutelhoofstuk in Paulus se uiteensetting van die evangelie van genade. Let op hoe hy ons uitnooi om die waarheid van Jesus as opgestane Here te bely, deur dit nie net in ons hart te troetel nie, maar dit ook saam met ander te sê.  Geloof is ‘n hartsaak, maar waar die hart van vol is, moet die mond van oorloop.

Dink aan iemand vir wie jy vandag wil vertel van hoe Jesus vir jou ‘n werklikheid is … en maak tyd daarvoor.

Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010

Verwelkoming

  • BIDDAG VIR REËN: Maandag, 1 Februarie om 15:00 ‘n biduur vir reën by Waltonpark
  • HAÏTI NOODLENIGING- Verskeie mense het navraag gedoen of die NG Kerk by die verskriklike ramp wat Haiti verlede week getref het, betrokke is en hoe gemeentes daarby kan inskakel. Drie maniere:
    • Project Caritas: (administered by the Southern African Catholic Bishops’ Conference)
    • Beyers Naude Special Fund: (administered by the South African Council of Churches).
    • Rooikruis Internasionaal het ook vroeër die week ‘n persverklaring vrygestel waarin hulle organisasies en individue oproep om by te dra.

Votum

Seëngroet

Lofliedere

128 – Geseënd hy wat handel soos God wil en Hom vrees – staan

342 – O Jesus, ons Heer, U het ons verbly – sit

Bediening van die doop

293 – Vers 1 voor die doopbediening en vers 3 daarna

Kindertyd

  • Ons luister na verskillende geluide. Ek wil hê julle moet dit probeer identifiseer.
  • Geluide (Bokke, Bye, Kinders, Krieke, Leeu, Olifant, Paddas, Uil, Wolwe).
  • Hoe hoor ons vir God?
  • God praat deur sy Woord en deur sy Gees. Dit is soos sy eie stem.

Gebed

Skriflesing

Romeine 10:8-13

Woordverkondiging

  1. Een van die belangrikste Godsbeelde wat ons het, is dat God met ons praat. Hy roep, deel mee, onderrig, waarsku, leer, belowe, beveel, vertroos.  Die Bybel begin in die derde vers van Genesis met die woorde: “Toe het God gesê …” en eindig in die vyfde laaste vers van Openbaring met: “Die Gees en die bruid sê: …”
  2. Dis die diepste belydenis van die Christelike kerk. Daar is niks meer fundamenteel, niks dieper as dit nie.  Ons het in ons geloof ten diepste met die lewende, persoonlike God self te doene.  Ons leef coram Deo, voor die aangesig van God self, dié lewende God wat vandag met ons praat deur sy Woord en sy Gees, asof met sy eie stem.
  3. En hierdie God praat met ons veral deur die Bybel. Dit is nie nodig dat ons probeer om op te klim na die hemel nie – Jesus het immers al reeds mens geword hier op aarde.  Dit is nie nodig om die grens na die dood oor te steek om Christus as’t ware daaruit te bring om ons God se woord te vertel nie.  Nee, Hy het reeds opgestaan, en Hy leef om die woorde van God, die woorde wat ons opgeteken het in die Bybel, aan ons te bring.
  4. En hierdie woord van God word ‘n stem in ons lewe, in ons hart en in ons mond. Waar ons stil raak en begin luister na God, sy Woord soos ‘n saadkorrel in die grond van ons harte druk, spruit die lewe van God in ons uit.
  5. Ek onthou die eerste keer dat dit vir my ‘n werklikheid geraak het. Ek was 12 jaar oud in graad 7.  My ma het stiltetyd gehou met ons, en gelees uit Rom 8:16: “Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat juille nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.”  Ek onthou hoe die woorde in my hart geplant is en ek in trane uitgebars het van ontsag vir dié God wat ook my Vader is.
  6. En so het ek met ‘n reis met die Bybel begin, of beter gestel, met ‘n reis met God waarin die Bybel ‘n baie belangrike rol gespeel het.
  7. Dit is waarom die Bybel so ‘n ongelooflike belangrike plek in ons geloofslewe inneem. Daar is eintlik niks belangriker as dit nie.  Nie om die Bybel te aanbid nie, want dit is ook net ‘n boek wat met letters op papier geskryf is.  Maar om in die Bybel die lewende woorde van God te hoor, en daarop te reageer.
  8. Want dit is wat gebeur as ons na die Bybel luister.  Ons hoor daarin die woorde van God, woorde wat lewe gee, woorde wat troos, woorde wat insig gee, woorde wat vreugde gee.   Ons hoor daarin die woorde van God.
  9. Dit is waar van die Bybel, die tema vir die eerste vier weke van hierdie kwartaal, maar dit is ook waar van die prediking van die Woord. Die prediking is ook die lewende stem van God, die viva vox evangelii, die lewende stem van die evangelie.  Ons kan immers nie glo en bely as ons nie van Hom gehoor het nie.  Ons kan nie hoor as iemand ons nie vertel nie.  En soos Paulus sê, niemand kan vertel sonder dat hy of sy nie gestuur is nie.  Daarom is dit so belangrik dat Christus verkondig word, tydig en ontydig, deur klein en groot, ryk en arm, predikante en lidmate.
  10. Dit is die goeie nuus van die Nuwe Testament – soos ons in Romeine 10 van lees – dat God praat, en dat die woord van Hom naby ons is, naby ons gekom het, om die waarheid te sê, in ons mond en in ons hart is.
  11. As ons dit bely, d.w.s. daarmee saamstem, dit saam-sê, dan word ons gered en sal ons nooit teleurgestel word nie, ongeag wie ons ook is of mag wees. Daarom kan niemand wat hom- of haarself ‘n Christen noem, dit in stilte of in die geheim wees nie.  Christenskap is nie net ‘n saak van die hart nie – dit is ook ‘n saak van die mond. Soos God se Woord ‘n stem in ons hart word, moet dit ook ‘n stem in ons mond word.  Ons moet dit bely, daarvan vertel, en in die vertel word die werklikheid van God se teenwoordigheid in ons lewe bevestig.
  12. Maar, en dit is die punt van vandag se prediking, dit is nie net ‘n eenmalige gebeurtenis nie! Paulus haal hier immers vir Deut 30:12-14 aan, wat ook in dieselfde terme oor die woord van God praat wat naby is.  Moses het vir die volk die woorde van die lewe voorgehou en gesê: “14 Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.”  Dit wil sê, die Woord red nie net eenmalig nie.  Dit word die woorde waarvan ons lewe, die stem van God, wat ons begelei en voed en stuur.
  1. Geen wonder dat Jesus in die woestyn in sy konflik met die duiwel elke keer na die Woord van God sy toevlug neem. En elke keer as die versoeking kom, is die woord van God daar om te gebruik, wat Jesus in staat te stel om die lewe te kies. “Daar staan geskrywe” sê Jesus vir die duiwel, ”‘n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom” (Matt 4).
  2. Maar, en dit is belangrik, alles hang af van die HOOR van God se Woord. Ons moet ook kan sê, soos Jesus, daar staan geskrywe. Daar is geen manier waarop ons die lewe van Jesus kan lewe, sonder dat ons lees wat Hy gelees het nie.  Jesus se lewe was ingebed in die luister na die Woord.  Daarom kon Hy die antwoorde gee wat Hy gegee het.  Daarom het Hy wysheid gehad en kon Hy die regte woord op die regte tyd spreek.  Hy het eers geluister, en toe gepraat.
  3. Baie mense verstaan dit natuurlik nie.  Ons leef in ‘n tyd dat mense vir hulleself ‘n wet geword het. Hulle besluit self wat om te glo en wat nie.  Ons luister na ons eie stem en ons eie keuses en ons eie wil – en uiteindelik na niemand of niks anders nie.  Ons leef in ‘n tyd waar ander stemme van hulle gesag gestroop is, en selfs as ons nog verkies om die woord “god” te gebruik in ons luister, praat ons eintlik maar net van selfgesprekke.
  4. Ons het nodig om weer God se stem te ontdek – te leer luister. Soos Jesus.  Ek doen net wat Ek die Vader sien doen.  Ek het gekom om Sy werk te voltooi.  Jesus se werk het doodgewoon voortgespruit uit wat Hy gehoor het. Elke keer wat Hy moes praat, of moes optree, of die 12 apostels moes aanwys, het Hy eers met God ‘n ontmoeting gehad, buite in die veld, alleen in gebed, op soek na die woorde van God wat lewe bring.
  5. Hoekom?  Want dit is hoe dit werk!  Die stem van God bring genesing, bring herstel, bring lewe. Die wonder lê nie net in die feit dat God praat nie, maar in wat Hy sê – dit is woorde van vernuwing, van genade.  En die wonder lê daarin dat die hóór van die woorde van God self die heling bring.  Die Woord van God is kragtig in sigself.  Dit is uit die hoor van dié Woord wat ons lewe.
  6. Ek dink ons moet regtig bestek opneem vandag. Daar is niks belangriker vir jou in hierdie jaar as om erns te maak met die Woord van God nie.  Niks!  En dit is nie net omdat navorsing bewys dat Bybellees die primêre faktor in geestelike groei is nie, die sogenaamd “vanilla faktor”, meer belangrik as enige ander faktor nie.  Dit is omdat die lewende God jou uitkies om met jou te praat – en dit die enigste ware manier is om die lewe in oorvloed te kan hê.
  7. Hoe doen ons dit?
  8. Ons luister in die eerste plek daagliks na wat die Heilige Gees sê: :”Vandag, as julle sy stem hoor” … luister, gee af, gee gehoor (Hebr 3:7). Hy is die een wat jou insig gee, wat jou ‘n behoefte laat kry om die Woord te lees, wat jou bewus maak van ‘n gemis in jou lewe, wat jou gewete aanspreek, wat deur allerlei gebeure met jou praat.  Hy is ook nou weer besig met jou.  Luister dan.
  9. Dit het te make met persoonlike stiltetyd.  Die blote feit dat jy dit hou, is alreeds ‘n verandering. Soos my lewensmotto is: Elke bestemming begin met die eerste tree.
  10. Storie van die stryd tussen die koerant en die Bybel in my eie lewe.
  1. Ons laat in die tweede plek toe dat hierdie Woord sy werk doen, die Woord wat lewend en kragtig is, skerper as enige swaard met twee snykante, wat deurdring selfs tot in die diepste binneste van ‘n mens, en die bedoelinge en gedagtes van die hart beoordeel.  On luister, ons oordink, ons vra, ons worstel, ons vier, ons deel dit met ander.  As God met ons praat, word alles immers blootgelê en word ons van binne af verander.  Dit is die lewende Woord van Jesus, wat met ‘n ongelooflike ryke verskeidenheid van perspektiewe jou lewe wil vernuwe.
  2. Storie van die melaatse man in Markus 1:40 wat my aangespreek het: “As U wil, kan U my gesond maak.”  Guelich sê hieroor:

“By addressing Jesus at the level of his will rather than his ability, the supplicant believingly acknowledges that Jesus’ ability or power (δύνασαι) correlates with his will (σέλῃς). Thus, his request arises out of his confidence rather than doubt in Jesus’ ability to heal him.”

  1. En dit is nooit net persoonlik nie.  Ons is mense van die Woord, ons lewens word bepaal deur die Woord, ons gemeenskapslewe word saamgebind deur die Woord.  Daarom is daar niks meer belangriks as dat ons ook saam luister na die Woord.
  2. Waar?
  3. Die erediens is ‘n goeie plek om te begin.   Hier luister ons saam, en word ons verenig met een gesamentlike woord vir die week. Ons lewens word daardeur saamgesnoer en saamgebind.
  4. Maar saam luister met ander gelowiges is net so noodsaaklik – ons kan nooit volledig luister sonder ander nie.  Die dagstukkies in die Joernaal en op die web is ‘n goeie aanknopingspunt.
  5. En ons Kleingroepe is ‘n noodsaaklike saamluisterplek: Bybelstudiegroepe, selgroepe, dissipelskapgroepe, diensgroepe.
  6. En ons midweek geleentheid is ‘n ander baie belangrike geleentheid.  Didage: Bybelskool, Bybelvaardighede, Op pad met God, dissipelskap en die Alpha Huwelikskursus.
  7. Maar in die derde plek, ons luister eers regtig, as ons begin om te doen wat die Woord sê. Daarom dat Romeine sê, dit is in die glo (hart) EN bely (mond) wat die Woord ‘n mens red.  As ek luister, en nie doen nie, bedrieg ek myself en is ek soos die grond waarvan ons verlede week gehoor het, dat dit die groei van die saad kortwiek.
  8. En in die luister kan daar wonderlike dinge gebeur, as ons bereid is om die risiko te neem om God te vertrou.
  9. Storie van Marietjie en Johann McFarlane met die stigting van die skool in Jeffreysbaai: Global Challenge Academy. Ek het hulle storie volledig op die Internet by die preek geplaas (Kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word en Die begin van Global Leadership Academy op Jeffreysbaai).  Hier is net ‘n kort uittreksel:

1. Hulle is betrokke by ‘n organisasie Global Challenge Expeditions (GCEX), wat jongmense op reise oral oor die wêreld te stuur om diens te lewer.

2. 2 jaar gelede het hulle begin dink oor hoe om die jongmense wat terugkom te gebruik. Omdat meeste opleiding het, het die gedagte van ‘n skool na vore gekom.

3. In Augustus verlede jaar was die gevoel dat hulle van die Here ‘n mandaat moes kry, en het so 20 van hulle ‘n retraite gehou om die wil van die Here te soek, en daarna was die algemene gevoel positief.

4. Een persoon sien daarna die Equinox Mall wat net 50% beset is, en gaan praat met die agent. Hulle bied toe eers die middelste deel van die Mall aan teen ‘n baie billike huur.

5. ‘n Ontwikkelaar van Rustenburg laat weet dat hy die huur sal borg.

6. Maar een van die groep bly egter sê dat die deel wat hulle kan kry, nie goed genoeg is nie, en sit haar kop op ‘n ander deel, waarin die winkels voltooid is. Die agent sê daar is geen kans dat die eienaars dit vir ons sal gee nie.

7. Hulle begin die skool bemark, en spandeer baie geld, sonder dat daar iets tasbaars op die tafel is.

8. Op die 25ste November bereik hulle ‘n doodloopstraat met die agent van die Mall, en voel hulle weer by ‘square 1′.

9. In hierdie vergadering is daar ‘n verteenwoordiger van die eienaars, ‘n christen, en hulle ervaar ‘n openheid by haar vir die projek.

10. Die volgende dag bel die agent en sê dat hulle elf winkels (waarvoor daar geen verbouings nodig is nie) vir nog steeds dieselfde huur kan kry.  Dis presies die gedeelte wat die een persoon die hele tyd oor gepraat het, gebid en gevas het (‘against all odds!’).

11. Hulle ervaar die vreugde van mense wat deur ‘n toetstyd, ‘n absolute wonderwerk beleef.

12. Op die 13de Januarie open die skool met 82 kinders en 16 onderwysers, met omtrent 300 mense wat opdaag om die wonderwerk eerstehands te aanskou! Hulle staan verslae en verwonderd oor die ongelooflike goedheid, getrouheid en almag van die Here.

Gebed

Dankoffers

o   Didage

o   Willow Creek – Spiritual Life Survey

Slotlied

492 -In U is vreugde, vrede en vreugde – staan

Seën

Amen

314

Kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word

Hoe hoor ‘n mens die stem van die Here?

Daar is natuurlik baie maniere waarop die Here met ons as sy kinders praat. Deur ons ervarings met die stigting van die skool op Jeffreysbaai, het die Here op veral drie maniere met ons gepraat.

Die eerste en mees belangrike manier is ‘n bymekaarkom van ons individuele verhouding en kontak met die Here, en ons volgehoue en eerlike kommunikasie met mekaar. Die behels, aan die een kant, dat die Here vir individue, in hulle kontak met Hom, ‘n oortuiging gee van ‘n pad om te loop, of ‘n bevestiging dat ons moet voortgaan op die pad waarop ons is, en aan die anderkant dat hulle dit dan met die ander deel. Dit het dan gebeur dat daardie persoon op daardie spesifiek stadium absoluut oortuig is van die pad, terwyl die ander dan op daardie punt swak voel, of nie so oortuig is nie. Die een met die oortuiging neem dan die leiding, bemoedig die ander, hou aan met bid, en weier om in te gee. Die ander laat hulle op daardie stadium lei deur daardie persoon, en so word die wa deur daardie drif getrek. Op ‘n ander stadium is dit weer iemand anders se beurt, en dra hy of sy die groep, help hulle om vas te byt en aan te hou, en so gaan ons deur die volgende drif.

Die bostaande is afhanklik van twee dinge: In die eerste plek moet almal die Here soek en aan Hom vashou, sodat elkeen op sy of haar beurt die stem van die Here vir die ander kan wees. Die ander is ‘n volgehoue kommunikasie met mekaar, oor die dinge waarvan die Here ons oortuig, en ook in die tye wat ons geloof ons begewe.

Die tweede manier waarop die Here met ons gepraat het, is deur wat hy deur ander mense laat gebeur het. Twee voorbeelde is die ontwikkelaar wat vir ons die huur geborg het, en sodoende die eerste tasbare aanduiding was dat ons die Here vir ons die groen lig gee. Die ander was die ongelooflike ommeswaai wat die eienaars van die mall gemaak het, en vir ons die klaar ontwikkelde winkels gegee het teen dieselfde minimale huur as vir die eerste, beknopte gedeelte.

Die derde manier, wat aansluit by die eerste, is die vele kere wat die Here ons as individue bemoedig het deur sy Woord en sy Gees. Hier praat ek nie van dit wat ons noodwendig met mekaar gedeel het nie, maar eerder van wat John Stott noem ‘the discipline with which the christian leader waits upon God”. Soms kom daar ‘n jou kop die naarste spinnerakke wat jou nie net laat twyfel oor die saak nie, maar jou sommer so moedeloos en bang maak dat jy nie eers lus het vir kontak met die ander ‘wie se geloof so sterk is nie’, en dat jy ook nie meer kans sien vir dit wat die Here van jou vra nie. Om jou dan af te sonder vir ‘n paar uur, of selfs vir ‘n hele dag, en sommer net voor die Here te gaan sit, al gaan sit jy by die see en drink koffie, en blaai soms deur die Bybel, totdat die Here se Gees weer by jou vrede en rustigheid bring, totdat jou kop weer skoon is om vir die Here te sê dat jy Hom vertrou met die pad, dis die kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word.

Johann McFarlane

Matt 13 – 17 Jan 10 Die Bybel is ‘n saadkorrel wat ontkiem

Video-snit:  Despereaux

Votum & seëngroet
Desperaux gehoor boek met hom praat
oor goed soos
waarheid en
geregtigheid,
mal oor alles.

Ps 119 in Bybel vra:
hoe kan jongmens
sy lewe skoon hou?
Deur hom te hou
aan God se woord!

Bybel is boek wat met ons praat,
vanoggend hier saam na Bybel te lees,
dan God ook hier,
daarom groet in God naam:
genade en vrede vir julle!

 Verwelkoming
Desperaux storie geniet,
ons voorreg:  het boek God self geskryf,
God self praat.
Maak ons bly,
daarom sing:

Lofsang               
Flam 21:1 (staan)
My B-Y-B-E-L (x2) (Staan)
Lied 177 (sit)

Gebed
Video van saaier (sonder aankondiging(

Skriflesing  Matteus 13:1-9, 18-23

Preek
Leer uit hierdie gedeelte in Bybel:
God soos boer, praat met ons in Bybel,
Woord soos saad in lewens saai.

 Wat moet met saad gebeur?
 Al gesien?
EERSTE POT
Soms hoor,
harte soos klipharde grond.

Te besig met ander goed,
nie tyd Bybel lees.
Al goed moet doen,
soos voëls wat saad kom oppik –
saad kry nie eers kans worteltjie te begin skiet.

Weet moet Bybel lees,
maar nie lus –
ander goed belangriker,
lekkerder.
Dink sal later,
as tyd het
of lus het,
Bybel lees.
Wanneer daarby uitkom.

Vanaand te vaak,
as lees, weet nie wat gelees.

Selfs as in kerk sit,
dink wat vanmiddag gaan doen,
gister gedoen,
huiswerk,
môre.
Hoor,
maar luister nie,
saad bly bo-op grond,
niks groei.

Gestel ek wil my hande was,
water, seep, handdoek. . .
was – wat verkeerd?
Papier van seep afhaal!

Selfde Bybel,
moet lees!

TWEEDE POT
Saad geval, klippe.

Hoor woord,
aanvaar met blydskap,
skiet nie diep wortels.

In kerk, ds. sê moet Bybel lees,
sê:  Ja, ek gaan!
1 of 2 keer, jaar kom aan gaan,
opgewondenheid vervaag,
begin ander goed doen. . .

Of hou aan lees,
maar nooit regtig diep.
Surfers?
Surfboard altyd bo-op brander bly.
Somtyds maak ons so met Bybel:
lees aanmekaar, gaan kerk toe,
maar bly bo-op branders,
bly dieselfde,
leer nie, nooit dieper.

Partykeer dink moet altyd lekker wees Jesus kind wees.
Dink altyd goed gaan,
as nie geleer, sal steeds goed doen toets.
Sê:  gebid, Jesus sal gee wat gevra.
Ken mooiweersvriend?
Soms mooiweers-gelowiges.
Iemand vertel hy’t vakansie jongmense gevat canoe in berge VSA,
noordelike Minnesota.
Ongerepte natuur,
groot, pragtige bome.

Moes waarsku:  bome gevaarlik.
Staan op klippe,
grond nie baie diep.
Wind erg waai,
kan reuse bome omwaai.

Groot bome by Knysna:
diep grond,
staan, al waai wind hoe erg.

 
DERDE POT:
Tussen onkruid.

Soms lees Bybel, luister…
Maar soveel ander lekker goed in lewe.
Jesus sê:  verleidelikheid van rykdom.

Wat beteken verleidelik?
Ma gaan koekies bak,
kersies op,
staan op tafel, mag nie vat. . .
verleidelik.

Soms dinge van wêreld so verleidelik,
woord versmoor.
Lees Bybel sê moet dankoffer gee, armes sorg. . .
maatjies met nuutste Wii games,
wil sakgeld vir self hou,
dan wat in Bybel gelees, geleer,
verdwyn,
want eerder wêreldse goed doen.`

VIERDE POT
Maar hierdie pot waarby wil uitkom,
wat almal graag wil wees –
hierdie is pot waar Beanie woon –
ons is Beanie.

Want Beanie is saadjie wat groei (sien, blaartjie kom by kop uit).
Pot grond vrugbaar,
skiet diep wortels,
begin blaartjies groei,
dra vrug – 100, 30, 30-voudig!

Hoe?

 Video – noelle

Fliek Noelle,
nooi,
kom sit aan regte kant van boek!
Ontvang as Woord van God,
geniet dit,
leef in – soos Despereax,
luister,
vir jou!

Ons moet Bybel lees,
want dis belangrikste manier waarop Jesus met ons praat –
seep oopmaak voor gebruik!

Lees,
op “regte kant van boek”-manier:
op eie,
in erediens,
saam met mekaar.
So mooi deesdae praat van “woon in die woord”,
woord huis maak,
teks hierdie kwartaal in Didage gebruik:

Let the word of Christ – the Message –
have the run of the house. 
Give it plenty of room in your lives.

Kol 3:16 in The Message.

So mooi beskrywing gelees,
praat van spesifieke manier van lees (lectio)
direk aanhaal:
These ancient practices
 each beckon us
 to be loiterers
in the neighborhood of the Word,
to hang out
and dawdle with it,
rather than moving through it
with a briskness
that assumes we know what it has to say.
The liturgy and lectio both invite us
to consider
how we’re allowing God to cultivate us,
 how we are tending our interior earth
 as a place where the Word
can take root and grow—
not just for ourselves
 but for the life of the world.

Maar as Beanie wil wees,
belangrike ding nie wat ons doen,
maar wat Woord, Jesus, self doen.

Want onthou,
Jesus is die Woord wat lewend geword het.
So terwyl Bybel lees,
Jesus ook besig ons te praat,
werk,
vorm,
saad laat groei.

Dink bietjie aan saad:
klein,
kan nie sien groei.
Groei onder grond,
stadig:
al probeer kyk hoe groei?
Sien DAT groei, nie hoe,
video’s baie vinnig gespeel.

Ons leef in kitswêreld,
kitskoffie,
kitsbanke,
soek ook kits-geloof.
Maar Woord groei in ons soos saad,
stadig,
onsigbaar,
saadjie oopbreek,
spruit,
worteltjies af in grond,
blaartjie stadig begin opstoot, oopgaan.

So ook Woord.
Misterie,
groei in lewe,
breek oop,
om manier,
weet nie hoe,
weet DAT.

Weet dat Saaier deur saad
klipperige grond in kleiner stukkies breek,
saad ingroei in krake en stukkende plekke,
stadig groter maak,
sodat grond vorm, sag, vrugbaar word.

Kan beleef hoe saad grond sagter maak,
vrugbaarder maak,
geleidelik vermoë vergroot om vog te hou,
voeding te verskaf,
uiteindelik:  vrug te dra.

Ons komende weke fokus op woord.
Nooi saam met ons:
Let the Word of God have the run of the house.

Kleingroepe hierna – almal reeds,
as wil inskakel.

Didage:
Bybelskool,
basiese Bybelvaardighede – wil lees, voel weet nie hoe,
ander – kyk, skryf in.

Boontjie gekry.
Wie al boontjie tussen watte geplant, kyk hoe groei?
Nooi vandag Beanie word,
laat Woord in lewe groei.
Boontjie tussen watte in piering,
elke dag wat Bybel lees,
water gee.
Kyk groei,
weet ook jy so besig te groei.

Gebed

Dankoffer

Slotsang               Flam 76:1 & 4 (staan)
Seën
(CD:  Die Woord van God)