Skip to main content

Dag 2 – 1 Korintiërs 13 – Ons sien die LEWE raak in die spieël van die Woord

In 1 Korintiërs 13 word volgens Dirkie Smit gepraat oor hoe ons die lewe sien.  Vers 12: Ons kyk soos in ‘n dowwe spieël – spieëls van daardie tyd was nie so helder soos vandag s’n nie – en verstaan nie alles van die lewe nie.  Maar, sê Paulus, een ding kan ons weet, en dit is dat die liefde die enigste ding is wat regtig saak maak, belangriker as die mees wonderbaarlike geestelike gawes, diepsinniger as die beste kennis en insig, en baie meer werd as die grootste opoffering wat ‘n mens kan maak.  Dit troos ons, en nooi ons dus uit om in liefde teenoor en met almal te leef.

Beantwoord vandag vir jou die vraag: “Wat is vir my die belangrikste in die praktyk van my lewe?” Beoordeel dit dan in die lig van hierdie spieël in 1 Korintiërs 13.  En oorweeg die uitnodiging hierin om in liefde te leef.

Dag 1 – Jakobus 1:19-27 – Ons sien ONSSELF raak in die spieël van die Woord

In Jakobus 1:19-27 word veral gepraat oor hoe onsself sien in die spieël van die Woord.   Die Bybel is ‘n spieël wat ons aan die een kant in ons sonde en onmag teken EN genadiglik aan die ander kant ook vir ons wys hoe ons vry kan raak daarvan.  Dit ruk en ontstel ons dus om ons te bring by ‘n kruispad, ‘n ontmoeting met dié Een wat ons wil verander.

Kyk dus diep in die spieël wat Jakobus vir jou ophou, en dink na oor wat in hierdie gedeelte jou tot stilstand ruk oor jou lewe.  Aanvaar die vergifnis en verandering wat die Here daardeur vir jou bring, en doen dan wat die Woord vir jou sê.

Dag 5 – Lees 1 Kor 2:1-5 – Geloof vind rus in die krag van die Woord

Die geloof vind rus in die krag van die Woord.  Die Woord kan immers alles doen waarvoor dit bedoel is, omdat dit nie afhanklik is van ons uitleg en vermoëns nie, maar van die kragtige werking van die Heilige Gees.  Die Woord is die dunamis, die krag van God self, wat ons verander en vernuwe.

Dink na oor geleenthede waar hierdie krag van God se Woord jou oorrompel het, en dank Hom daarvoor.

Dag 5 – Lees 1 Kor 2:1-5 – Geloof vind rus in die krag van die Woord

Die geloof vind rus in die krag van die Woord.  Die Woord kan immers alles doen waarvoor dit bedoel is, omdat dit nie afhanklik is van ons uitleg en vermoëns nie, maar van die kragtige werking van die Heilige Gees.  Die Woord is die dunamis, die krag van God self, wat ons verander en vernuwe.

Dink na oor geleenthede waar hierdie krag van God se Woord jou oorrompel het, en dank Hom daarvoor.

Dag 4 – Lees Markus 1:40-45 – “As U wil, kan U my gesond maak.”

Markus beskryf die allesomvattende vertroue van die melaatse in Jesus se mag: “As U wil, kan U my gesond maak.”   Vir alle gelowiges na hom, word die woord van Jesus ‘n anker om aan vas te hou: “Ek wil.  Word gesond!”.  Guelich sê hieroor: “By addressing Jesus at the level of his will rather than his ability, the supplicant believingly acknowledges that Jesus’ ability or power (δύνασαι) correlates with his will (σέλῃς). Thus, his request arises out of his confidence rather than doubt in Jesus’ ability to heal him.” 

Dink na oor wat dit vir jou beteken in jou eie situasie en bid vir ‘n woord van Hom.