Skip to main content

Jesaja 35 – Advent 3

God beloof om by ons te wees en in Jesus word die belofte waar.  Maar as mens die skouspelagtige beloftes in Jesaja lees, kan jy nie anders as om te voel dat ons steeds in die woestyn leef nie.  Waar is die tekens van die vervulling van die beloftes dan?

Votum

Liturg:

Here God,

u beloftes vul ons harte

en ons kan nie wag om te sien

hoe dit vervul word nie.

Gemeente:  Maranata!  Kom, Here Jesus!

Liturg:    Here Jesus,

U het vir drie jaar lank,

dag na dag,

die goeie saad in die lewens van u dissipels geplant.

U was geduldig met die oes.

Gemeente:  Ons wag saam met mekaar.

Ons vertrou dat die saad wat U geplant het,

vrugte sal dra.

Liturg:  Heilige Gees,

ons sien duidelike tekens van u werk om ons.

Gemeente:  Laat ons volhard.

Maak ons oë oop,

sodat ons U werk kan sien,

kan vier

en daarin kan deel.

Lied 320 O kom, o kom, Immanuel verse 1 & 5 (sit)

Seëngroet

Genade en vrede

van God wat gekom het,

weer kom

en elke dag in ons lewens kom.

Lofsang

VONKK 142:1-2 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer (staan)

(Beryming Ernst Kotzé)

Aansteek van Adventkers

Advent tyd van wag –

luister woorde van Jakobus 5:7-10,

terwyl Estelle vir ons derde kers aansteek:

Wag dan geduldig, geliefdes,

totdat die Here kom.

Let op hoe die boer geduldig wag

vir die kosbare oes

wat die land oplewer,

totdat die vroeë en die laat reëns gekom het.

Julle moet ook geduldig wag

en moed hou,

want dit is nie meer lank nie,

dan kom die Here.

Geliefdes,

moenie oor mekaar kla nie,

sodat julle nie veroordeel word nie.

Die Regter staan al voor die deur.

Neem die profete wat in die Naam van die Here

gepraat het,

as voorbeelde

van lyding

en geduld.

Here,

U gee opdrag

dat ons geduldig moet wag

op Jesus se koms.

Soos die boer die grond voorberei

en geduldig op die oes wag,

mag ons ook ons lewens voorberei

en geduldig op U koms wag.

 

Here,

mag die konstante lig van hierdie kers

vir ons ’n voorbeeld wees

van die konstante geduld

wat ons in ons lewens

en verhoudings

met mekaar moet hê.

 

Terwyl ons deur die inkopies,

partytjies,

kos maak,

versier

en besig-wees

van hierdie tyd

jaag,

laat ons nie vergeet

waarom ons hierdie dinge doen nie.

Laat ons nie oor mekaar kla

en ongeduldig wees nie.

Ons kan sterk wees, Here,

want U is naby.

Amen

 

Þ   Lied 334:1-4  “God is liefde!” juig ons harte (staan)

Gebed
Skriflesing

Jesaja 35:1-10

 

Kindertyd

Die Nuuskierige Tuin deur Peter Brown

 

Eendag was daar ’n stad sonder tuine of bome of enige groen.

Mense meeste tyd binne spandeer.

Kan dink, was baie somber plek.

 

Was een seun lief buite wees,

selfs op reënerige dae,

almal binne gebly,

kon altyd vind gelukkig in reënwater rondplas.

 

Was op een so oggend

Liam paar verrassende ontdekkings gemaak.

 

Was besig naby ou treinstasie rond te speel,

soos af en toe gedoen,

toe donker stel trappe ontdek,

op kronkel na treinspoor.

 

Trein lank gelede ophou loop.

Aangesien Liam nog altyd treinspoor wou verken,

net een ding vir nuuskierige seun te doen:

Liam by trappe opgeloop,

deur oopgestoot

en uitgestap op treinspoor.

 

Eerste ding gesien,

eensame lappie kleur.

Wilde blomme en plante laaste goed verwag daar bo te kry!

 

Maar toe van nader kyk,

duidelik plante besig te sterf.

Plante het tuinier nodig gehad!

 

Liam nie tuinier,

maar geweet kan nie help.

Daarom volgende dag terug.

 

Plante amper verdrink,

paar snoei-probleme,

maar plante geduldig gewag

terwyl Liam beter manier van tuinmaak vind.

 

Soos weke verbygaan,

Liam soos regte tuinier begin voel

en plante soos regte tuin begin voel.

 

Meeste tuine bly op een plek,

maar hierdie geen gewone tuin.

Met km’s oop treinspoor,

tuin ongeduldig begin raak –

wou wêreld verken!

 

Geharde onkruid en mosse eerste te beweeg,

verder en verder treinspoor af,

met meer delikate plante kort op hul hakke.

 

Vir volgende paar maande,

Liam en nuuskierige tuin elke hoekie van treinspoor verken.

 

Nadat Liam sy lente, somer en herfs saam met die tuin deurgebring het,

is Liam se tyd op treinspoor uiteindelik onderbreek –

deur die winter.

’n Swaar kombers sneeu het die stad bedek

en vir die eerste keer sedert hy ’n tuinier geword het,

kon Liam nie die plante besoek nie.

 

Eerder as om die winter te mors deur hom te bekommer oor sy tuin,

het Liam die tyd bestee om voor te berei vir die lente.

 

Na drie koue maande,

het die sneeu uiteindelik begin smelt

en Liam kon met sy nuwe tuin implemente in sy kruiwa

na sy tuin terugkeer.

 

Winter het ’n tol geneem op sy tuin,

maar danksy Liam se beplanning,

handige nuwe implemente

en met bietjie hulp van die son,

het die plante gou wakker geword van hul winterslaap.

 

Tuin wou nog altyd res van stad verken,

daardie lente uiteindelik gereed om skuif te maak.

 

Weereens geharde onkruid, mosse eerste begin beweeg.

Verder en vêrder van treinspoor opgeduik,

met meer delikate plante kort op hakke.

 

Tuin was veral nuuskierig oor ou, vergete goed.

 

Paar plante begin groei waar nie hoort,

ander onverklaarbaar

(goed, dalk bietjie skelm hulp Liam)

sommer eensklaps verskyn.

 

Maar mees verrassende ding opgeduik

nie plante

maar die nuwe tuiniers!

 

Almal in stad ewe skielik begin tuin maak.

Elke hoekie en draaitjie

tuin geword,

elke mens

klein en groot

tuinier

wat plantjies versorg.

 

Baie jare later

hele stad geblom.

Maar van al die tuine,

Liam se gunsteling tuin

steeds die een waar alles begin het.

 

Preek

Teks vanoggend

lees van belofte

van woestyn

ewe skielik in blomme-hemel verander.

 

Woestyn,

dor land,

sal jubel,

droë wêreld sal juig,

oortrek met affodille.

 

Pad voorheen onbegaanbaar,

lewensgevaarlik,

mense vermoei,

uitgeput –

sal veilig,

pragtige paradys word.

 

Dink nie ons SA’ers kan hierdie belofte lees

sonder Namakwaland in blomtyd te dink.

 

Self nog nie as volwassene gesien

(wel foto’s uit kinderdae –

net bokant van mus uitsteek) –

ek en Henry beplan wanneer afgetree,

moet iets hê na uitsien.

 

Maar foto’s soek powerpoint,

te veel van kies –

woestyn in ons land

elke jaar in vrolike tapyt blomme verander.

 

God se belofte

Teks natuurlik nog meer:

blindes sal kan sien,

dowes hoor

strome waters uit woestyn bars

geen roofdiere.

 

Aangrypende tekste Jesaja lees –

verlede week takkie stom Isai.

Duidelik wat God in boek Jesaja beloof:

Genesing &

Veiligheid.

 

Genesing helder uitgespel:

blindes sien

dowes hoor

lammes rondspring

stommes sing –

selfs skepping genees.

 

Hier natuurlik nie net sprake fisiese gestremdhede

maar ook emosionele,

geestelike blindheid

doofheid.

 

Tweede belofte veiligheid –

ook verlede week,

babas adders speel.

Hier:  geen roofdiere,

geen booswigte.

 

Is tuiskoms,

terugkeer.

 

Met natuurlik groot belofte,

belofte waarin al beloftes van genesing en veiligheid ingebed:

Belofte van God teenwoordigheid.

 

Dit is OMDAT God teenwoordig gaan wees,

dat mense genees gaan word,

dat mense veilig gaan wees.

 

Omdat God teenwoordig gaan wees,

dat mense nie bang hoef te wees,

mense hande slap hang,

knieë knik,

moed verloor,

sterk kan wees –

want God gaan teenwoordig wees.

 

Jesus vervul die belofte

Nou ons geneig die belofte lees

iewers vêr in toekoms –

verlede week verwys.

 

Gaan eers eendag gebeur.

 

Maar as NT lees,

dan duidelik dat NT –

en Jesus self –

Jesus se koms as vervulling hierdie belofte verstaan het.

 

Matteus 11,

wanneer Johannes volgelinge na Jesus stuur,

vra of hy een is belowe is –

of belofte in hom waar word –

Jesus antwoord o.a. verwysing vandag teks:

“Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien:

5Blindes sien,

lammes loop,

melaatses word gereinig,

dowes hoor,

dooies word opgewek,

en aan armes word die evangelie verkondig.

 

NT draai nie doekies om hieroor nie:

In Jesus

beloftes van Jesaja

vervul.

 

Leef in die woestyn

Maar laat ons nou maar met mekaar eerlik wees:

dit voel nie aldag vir ons asof hierdie beloftes waar geword het nie.

Gestremdes bly, in meeste gevalle, gestrem.

Voel dikwels asof geestelike blindheid meer raak, nie minder.

Onreg armes neem toe, eerder as af.

En veilig?

In week weer gehoor egpaar Cookhouse aangeval.

 

Dan praat ons nie eers

familie-konflik

hierdie tyd van jaar dikwels op spits gedryf

huweliksprobleme

siekte

finansiële krisisse…

 

Dan kan verstaan hoekom so opgevang raak “bling” van Kersfees –

onsself probeer flous,

net hierdie tydjie vanjaar

maak asof belofte waar geword het,

asof alles okay is.

 

As ligte helder genoeg brand,

papier genoeg blink,

ons hard genoeg sing,

genoeg eet,

kan dalk vergeet

dat dikwels voel asof eintlik in woestyn is.

Vergeet van bekommernis,

siekte,

sukkel –

so leef dat, kom Januarie,

bekommernisse net meer,

leegheid net dieper.

 

Lewe in die woestyn

Maar kyk nader.

Kyk dieper.

 

Ek Henry paar jaar gelede eerste keer Kgalagadi gaan vakansie hou.

Henry teësinnig,

sê ek behoefte groot stukke niks vakansie hou

omdat middel nêrens (Brandvlei) grootgeword.

 

Baie van julle gepraat voor die tyd,

almal opgewonde,

gaan so geniet.

 

en elke keer die raad:

moenie groot goed soek.

Kyk klein goedjies:

voëls,

goggas.

 

Klaasneusmuis wat rondom tent kom grawe.

Akkedis met rugpyn wat teen boom woon.

Versamelvoëls wat kos uit bord steel.

 

Dan praat nog nie eers van goed soos

fluitrotte,

blawwende geitjies…

 

Want kan op plek staan,

oor woestyn uitkyk,

dink daar is NIKS,

alles dood,

dor.

 

Maar as nader staan,

afbuk,

fyn kyk,

dan krioel van lewe.

 

Selfde God beloftes.

 

Kern God belofte Jesaja is God teenwoordigheid.

In Jesus waar geword.

 

Maar anders waar geword

as poëtiese taal Jesaja,

mense se verbeeldings so skouspelagtig aangegryp.

 

God se koms toe nie so skouspelagtig

dramaties

opspraakwekkend as verwag.

 

God verskyn op onverwagse plekke,

op onverwagse maniere.

 

In die onaansienlike,

magtelose.

Nie tussen belangrike mense

regte protokol in Jerusalem.

 

Tussen armes,

stal

in Betlehem.

 

Engele gaan vertel nie keiser,

maar skaapwagters.

 

Jesus bevry volk onderdrukking Romeinse ryk,

maar nie deur politieke mag vir hulle te gee.

 

Hy oorwin,

nie met oorwinnaarskroon

optog deur stad na vyand in oorlog uitgewis.

Oorwin

deur te sterf aan skandhoud.

 

DIT is die koms ons met Kersfees vier.

DIT is die teenwoordigheid waarna nie net uitsien,

maar waarmee elke dag lééf.

DIT is die belofte wat waar geword het.

 

God IS met ons.

Daar is vir ons genesing,

vryheid.

 

Maar nie altyd op die manier wat ons verwag het nie.

Nie altyd so skouspelagtig as wat in geestesoog gesien.

 

Maar dit IS daar.

Stop.

Kyk.

Luister.

God is hier –

in  jou lewe,

elke dag.

 

Die woestyn blom

Want ek dink hier’s ’n belangrike ding wat ons nog moet raaksien:

Dis die WOESTYN wat blom.

 

Dis deur die woestyn

wat die grootpad na Sion loop.

 

Nuwe lewe kom in die woestyn.

God kom in ons wildernisse

en worstelings

en vrese.

 

God kom in ’n stukkende wêreld,

vir stukkende mense.

 

Maar die woestyn blom!

Want God is daar.

Soms in helder plate blomme,

soms in een groen takkie uit ’n droë stomp.

Maar God is hier.

 

Wag

Maar wat as jy nou so stip gekyk het as wat oë toelaat,

so fyn geluister as wat moontlik kan,

maar voel bly blind vir God teenwoordigheid,

bly doof God stem.

 

Dalk een spesifieke situasie in lewe

wag dat blom,

bid,

soebat,

soek vir uitkoms,

genesing.

 

Maar voel God bly weg –

af dalk nie weg nie,

maar stil.

Niks verander.

Situasie bly selfde.

 

Dan help Advent ons,

herinner ons te wag.

Geduldig te wees.

(Vanaand – wag as geestelike dissipline.)

 

Advent tyd van wag,

vooruit kyk,

leef vanuit belofte,

ook – veral? –

wanneer nog nie realiteit sien.

 

Is nie leë,

sinnelose gewag –

kind kamp konsert “wagtyd om verby te gaan”.

Is vol wag,

verwagting,

afwagting –

in wete –

en vertroue –

God teenwoordig IS.

God se wil sal geskied.

 

Jaco gevra video kan wys hy en Karlien gemaak.

Jaco Potgieter ons gemeente grafika ontwerp.

Vrou Karlien, Banie Swart’le se digter, oorlede tannie Hettie Swart kleindogter.

 

Terwyl wys,

nooi:

dink saak, sake voor wag,

hoe wag,

wat verwagting –

bring (weer) vir Here.

 

Þ   Video

Gebed
Dankoffers

Gebed – Sopraan: Elsje Nelson

Slotlied

Lied 358:1-3 Somerkersfees (staan)

 

Seën = Ps. 146,

respons Lied 320 (net na votum gesing) refrein:  wees bly, God is met ons

ek sal amen sê

Seën

(Ps 146:6–10)

Die Here het die hemel en die aarde gemaak,

die see en alles daarin.

Hy bly vir altyd getrou,

Hy laat reg geskied aan verdruktes

en gee brood aan dié wat honger ly.

Die Here bevry die gevangenes,

die Here laat blindes sien,

Hy ondersteun dié wat bedruk is.

Die Here het die regverdiges lief.

Hy beskerm vreemdelinge

en help weeskinders en weduwees,

maar Hy versper die pad vir die goddeloses.

Die Here regeer vir altyd

Sion, jou God regeer

van geslag tot geslag.

Daarom weet ons

dat die genade van die Here Jesus

die liefde van God

en die teenwoordigheid van die Heilige Gees

met ons is en bly

 

Respons

Lied 320 Refrein

Amen

 

advent, belofte, Jesaja, preek, rethie, woestyn

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.