Jesaja 35 – Advent 3
God beloof om by ons te wees en in Jesus word die belofte waar. Maar as mens die skouspelagtige beloftes in Jesaja lees, kan jy nie anders as om te voel dat ons steeds in die woestyn leef nie. Waar is die tekens van die vervulling van die beloftes dan?