Skip to main content

Tag: lukas 4

Herstel van gesig vir blindes – Pinkster Luk 4

Die neuroloog Oliver Sacks vertel in ‘n essay getiteld “To see or not to see” van Virgil, ‘n man wat blind was van sy kinderdae af, maar op 50 ‘n operasie ondergaan wat sy sig herstel het.  Behalwe, soos Virgil en Dr. Sacks uitvind, die fisieke vermoë van sig is nie dieselfde as om te sien nie.  Virgil se eerste ervarings met sig is verwarrend.  Hy kan kleure en bewegings uitmaak, maar kan nie ‘n  verstaanbare prentjie vorm van wat hy sien nie.  Sy brein kan nie vir hom sê wat hy sien nie.  Oor tyd leer hy onderskei tussen verskillende objekte, maar sy gewoontes, sy gedrag, bly dié van ‘n blinde.

Continue reading