Nagmaal vir Kinders
Sondag is Nagmaal en die kinders is welkom om dit saam met ons te vier! Ouers kan hier ‘n boekie aflaai met ‘n paar idees oor hoe om met jou kind vir die Nagmaal voor te berei.
Die Nagmaal is natuurlik een van daardie Sondae waar dit belangrik is dat daar in die kerk gefluister móét word, om kinders deur die diens te begelei en te verduidelik wat aangaan. Ons moedig ouers / grootouers / ander grootmense aan om tydens die diens vir kinders te fluister! Lees meer hier.
fluister, kindernagmaal, kinders, Nagmaal, voorberei, voorbereiding