Skip to main content

Tag: haggai

Huisgeloof 27 April tot 3 Mei

Haggai 2

OMGEE-GESPREKKE

Vertel vir mekaar wat jou bang maak. Wat help jou om dapper te wees, al is jy bang?

BYBEL LEES

Lees Haggai 2:1-9

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Wat gaan mamma doen as jy eerder speel en nie jou kamer reg pak soos wat sy gevra het nie? God het vir sy volk gesê om sy tempel (hul kerkgebou) weer te bou (dit is lank gelede in ’n oorlog vernietig). Maar vir 19 jaar lank het hulle gedraai en eerder hul eie goed gedoen. Toe hulle uiteindelik weer begin, was dit baie moeiliker as wat hulle gedink het. Hulle was skoon moedeloos! Kyk weer in verse 4 en 5 hoe God reageer.
  • Wat beteken “skep moed”?
  • God belowe dat hy by ons is. Hoe kan dit jou help om nie bang te wees nie?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Bid vir die Christene in die Midde-Ooste. Mense is baie lelik met hulle omdat hulle vir Jesus dien. Bid dat hulle sal dapper wees, sal moed skep. Gee ’n geloofsoffer bydrae vir een van ons sendelinge se werk. Ons sendelinge help o.a. hierdie mense deur hulle te herinner dat God by hulle is, sodat hulle nie bang sal wees nie.

GESEËN OM TE SEËN

Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge

Haggai – 27 April tot 3 Mei

Kleingroepmateriaal 27 April tot 3 Mei

RUS

  • Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
  • Wat is die goed wat geneig is om jou moedeloos te maak? Wat help jou om moet te hou en deur te druk?

HOOR

Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.

Lees Haggai 2:1-9

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
2. Haggai tree op oor vier maande in 520 v.C., die tweede regeringsjaar van die Persiese koning Darius. Hy bemoedig die volk wat besig was om die tempel te herbou, nadat hulle ongeveer 19 jaar gelede reeds teruggekeer het uit ballingskap. Hy help hulle dus om hulle prioriteite in lyn met God s’n te kry.
Op 17 Oktober 520 v.C. kom die woord van die Here weer tot Haggai. Dit is vier weke ná hulle met die werk begin het, waarin hulle waarskynlik die meeste van die tyd aan die opruim van die rommel van die vorige ruïnes spandeer het.
3. Hoekom dink julle maak die bou van die tempel soveel saak? Waarmee sou ons dit vandag kon vergelyk?
4. Daar is allerhande afleidings wat die volk se aandag aftrek van dié taak wat die Here hulle opgelê het. Hul fokus op ander dinge, laat God se opdrag vir hulle onmoontlik lyk. Het jy al dieselfde beleef? Vertel vir mekaar daarvan.
5. Die Here bemoedig die moedelose volk op twee maniere: eerstens deur belofte van God se teenwoordigheid en tweedens deur ’n toekomsvisie. Hoe bemoedig hierdie dinge jou?

LEEF

• Wat vra die Here vir jou om te “bou”? Waarmee moet jy besig wees?
• Wat is die dinge wat jou aandag aftrek?
• Herinner mekaar aan God se woorde: “Skep moed” (2:1) en “my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” (2:5). Waarvoor het jy tans nodig om hierdie woorde te hoor?
• Hoe help die belofte van die Gees se teenwoordigheid jou om moed te skep en nie bang te wees nie?
• Bid vir mekaar vir die spesifieke sake wat julle genoem het.
• Bid ook vir die spesifieke sendeling vir wie jul groep ondersteun.

22-28 Julie – Terug Huis Toe

RUS

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • Vertel vir mekaar van projekte of stokperdjies wat jy begin het, maar halfpad mee opgehou het.

HOOR

Lees Hoofstuk 19 van Die Storie (dit is die verhaal van die volk se terugkeer uit ballingskap en die begin van die herbou van die tempel – Esra 3:7-6:22

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Die mense spring vol energie weg en begin die tempel bou, maar later hou hulle op en begin op ander goed fokus.  Natuurlik werk dit so met ons verhouding met God ook:  partykeer leef ons naby aan God, maar ander kere word ons aandag afgetrek deur ander goed.  Vertel vir mekaar van tye wat jou lewe saam met God vir jou baie spesiaal was.
  • Wanneer hulle ’n ent gevorder het met hul bouwerk, kyk hulle wat hulle reggekry het en is baie teleurgesteld.  Ten spyte van hul harde werk, is die tempel nie naastenby so pragtig soos die vorige een nie.  Vertel vir mekaar van tye wat jy ook so gevoel het:  dat jy jou beste gedoen het, maar die resultate was nie soos jy gehoop het nie.
  • Die tempel was vir die volk ’n teken dat God by hulle is.  Ons dink nie meer so oor die kerk nie – dit is nie “die huis van God” nie.  God woon in ons.  Maar hoekom gaan ons kerk toe?  Hoekom is kerke vir ons belangrik?  Vertel vir mekaar wat kerk toe gaan vir julle beteken.

LEEF

  • Hoe het God vandag deur die storie met jou gepraat?  Vertel vir mekaar hoe jy daarop wil reageer.
  • Hoe gaan julle hierdie week ’n seën wees?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.