Vreesloos 04: Sê-nou ek stel God teleur? Maandagaand
Daar is niks wat ons so dapper maak, soos ’n helder verstaan van God se genade nie. En daar is geen beter teelaarde vir vrees as onkunde van God se genade nie.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Pinkster 2017 - Vreesloos, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Vreesloos 04: Sê-nou ek stel God teleur? Maandagaand
Daar is niks wat ons so dapper maak, soos ’n helder verstaan van God se genade nie. En daar is geen beter teelaarde vir vrees as onkunde van God se genade nie.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Pinkster 2017 - Vreesloos, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Vreesloos 03: Wat as ek nie saakmaak nie? Sondagaand
Volgens God is jy op ’n wonderbaarlike wyse geskep (Ps. 139:14). Kunstig aanmekaargeweef (Ps. 139:15) – interessant, dis nie eers in die N.A.V. vertaal nie! God kan nie ophou aan jou dink nie – sy gedagtes oor jou is meer as wat daar sand is (Ps. 139:18).
Jou waarde is nie gegrond in hoe mense jou behandel nie. Jou waarde is gegrond in hoe God jou behandel. God, wat die hare op jou kop tel. Wat vir jou SÊ dat jy kosbaar is, dat hy lief is vir jou. Wat dit vir jou wys deur sy lewe af te lê.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Pinkster 2017 - Vreesloos, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Vreesloos 02: Hoekom is ek bang – Sondagoggend
Vrees is die siekte van ons tyd. Blykbaar is gewone kindertjies vandag banger as psigiatriese pasiënte in die 1950’s! Dis hoe diep vrees in ons psige sit. Vrees deel nie graag nie. Vrees en geluk woon nie saam nie. Vrees in onproduktief. Dit hou ons vas, hou ons terug, verlam ons.
Maar wat as ons ’n lewe sonder vrees kon leef? Kan jy jou so ’n lewe indink? ’n Lewe waar jou eerste reaksie op bedreigings nie vrees is nie, maar geloof.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Pinkster 2017 - Vreesloos, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Vreesloos 01: Vrees vir God – Hemelvaartdiens
As dit lank terug was dat ons beeld van God ons knieë lam gemaak het, dan verklaar dit ook hoekom ons vrese ons verlam. Want wanneer Christus groot is, is ons vrese nie. Hoe groter ons beeld van Christus is, hoe kleiner word ons vrese.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Respek vir Randfigure
Respek vir Randfigure preek – Lukas 4:16-30
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Afskeidsgesprekke – Johannes 13-17 Preek
Een van die (magdom) wonderlike dinge van die evangelie van Johannes, is dat Jesus se openbare bediening effektief klaar is teen die einde van hoofstuk 12. Maar die verhaal van sy lyding en sterwe, word eers vertel van hoofstuk 18. Tussen-in (hoofstukke 13-17) is dit asof die hele evangelie in stadige aksie beweeg. Jesus eet saam met sy vriende, hy was hul voete wys sy verraaier aan. Nou wil Jesus hulle voorberei vir wat voorlê. Hy gaan weg.
Hievandaan, van hierdie tafelgesprekke – afskeidsgesprekke – vertrek Jesus direk na Getsemané. Maar vir nou praat Jesus met sy vriende, deel hy die laaste paar goed met hulle.
Dink jou in: jy gaan weg. Na ’n leeftyd saam met jou kinders, waartydens jy hulle na die beste van jou vermoë voorberei het vir wat voorlê, is dit nou jul laaste oomblikke saam. Hierna is jy weg. Hulle gaan moet leef van wat jy hulle geleer het. Wat sal jy wil sê?
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.