Skip to main content

Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011

Die orakel boodskappe van hoofstuk 13-23 word opgevolg in die “Apokalips van Jesaja” in hoofstukke 24-27 waar die oordeel van die Here universeel uitgebrei word na die hele aarde toe.  God gaan oor begin, waarin grootskaalse kosmiese ontwrigting ervaar gaan word (24), hemelse en aardse magte geoordeel sal word (24:21-22) en die oorwinning oor die dood behaal sal word deur die opstanding van die dode, een van die min plekke in die OT waar dié perspektief oopgebreek word (26:19).

Dit word geskryf in taal wat herinner aan die ander apokaliptiese gedeeltes in die Bybel (Daniël, profetiese redes in die evangelies en Openbaring).  Apokalips beteken “om die sluier te lig” en kan daarom ook met die woord openbaring vertaal word.

Dit sluit die wonderlike heilsboodskap in dat God aan die einde ’n feesmaal vir die volke sal voorberei, hoewel dit steeds sommige se vernietiging sal insluit, soos bv. Moab, ’n heuwelagtige gebied in die hedendaagse  Jordanië, oos van die Dooie See (25), maar deurgaans ’n totale lotsverandering vir sy volk inhou (26-27).

Hier volg die teks van die hele erediens

Continue reading

Jesaja 7 – Erediens: God vra geloofsmoed in krisisse – 6 Februarie 2011

Jesaja 7:
Begin inleiding,
vertel wat gebeur het – ook uitkoms
1 In die tyd toe Agas,
seun van Jotam
en kleinseun van Ussia,
koning van Juda was,
het die Aramese koning Resin [aan die een kant]
en die Israelitiese koning Peka seun van Remalja [aan die ander kant]
‘n veldtog teen Jerusalem onderneem.
groot bedreiging!
Net ingeval jy dink dis waaroor storie gaan –
politieke bedreiging –
sê teks:

Die veldtog het egter op niks uitgeloop nie.
[so gaan nie oor bedreiging, oorlog –
ons weet reeds uitkoms,
so sê gaan eintlik oor spelers reaksie,
eintlik geloofskwessie.
Val ook sommer deur in huis,
ongeloof, vrees:]

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011

Verwelkoming

God nooi ons uit en ons kom tot rus

In die TV-reeks Murphy Brown, vra Murphy in een episode haar personeel uit oor hulle gedagtes en gevoelens teenoor God.  Die een karakter, Jim, verduidelik dat hy ’n Presbiteriaan is en elke Sondag saam met sy vrou kerk toe gaan.  Hy het die volgende gesê: “I haven’t had any experience of God.  I go because it is obvious to me that the people who attend are experiencing God, and I am hoping that one day I will too.”

Die volk van God is geroep om ’n ontmoetingsplek met God te wees.   Dit is wat Jesaja 2 al op die tafel gesit het.  En dit is my gebed vir elkeen van ons in hierdie erediens.

Kom ons stel ons in om dié God te ontmoet, want Hy is hier en nooi ons uit om Hom te ontvang in ons lewe.

Continue reading

Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011

Voorbereiding vir ‘n besoek

My suster bel middel Desember en sê, hulle bring my ma en pa met die trein vir ‘n kort kuier.  Ons sê ja, maar moet toe ons vakansieplanne met 2 dae uitstel, omdat ons eintlik op pad is Kaap toe.  ‘n Dag voor die tyd bel my broer en sê hulle reën uit op Nature’s Valley, het ons plek vir hulle?

En skielik is ons 17 mense wat geslaap en geëet moet kom.  In ons familie dink ons eerste aan hoe ons saam gaan eet – so 3 kg fillet en ‘n paar lekker bottels wyn en 60 eiers en hope spek en 4 brode vind hulle plek in ons kombuis.  Dit is net vir een dag en nag!

Volgende aan die beurt is slaapplek, en dis matrasse en rondskuif en regmaak.  En toe skoonmaak, badkamers, kombuis, kamers, sorg vir beddegoed, en handdoeke en parkering om te sorg dat alles reg is, sodat ons darem almal kan saamkuier, en ons mekaar se teenwoordigheid kan geniet.

Ken julle dit?

Dit is wat ‘n mens doen as jy uitsien na die koms van mense na aan jou.  En dit was ‘n fees.  Natuurlik hopeloos te veel eiers gewees, maar die fillet het heerlik gesmaak en dit was ‘n onthou-fees, een wat ons lank sal onthou, al was dit so ’n kort kuier.

En dit is uit dié hoek wat ek ons teks wil ontsluit.

Hier volg die hele erediens

Continue reading