Skip to main content

Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7

Verwelkoming

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 435 – Heil’ge Gees, u bou ‘n tempel deur die Woord wat kragtig werk – staan

Lied 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – sit

Kindertyd

Kinders bly in kerk vir nagmaal

‘n Groeigogga is iemand wat geestelik groei deur:

  • Duim – Bybel lees
  • Wysvinger – bid
  • Middelvinger – getuig
  • Ringvinger – bely sonde
  • Pinkie – gaan kerk toe.

Skriflesing (English on the screen)

Handelinge 16: 11-40 – Die Heilige Gees stuur ons gemeente oor grense

Inleiding

Lukas het nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit in Filippi (hy skryf nou weer in die eerste persoon, ons),’n Romeinse kolonie in Masedonië (prentjie op skerm).  Dit is ongeveer 50 of 51 n.C.  Daar was nie ‘n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by ‘n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.

Die eerste Europeër wat glo, is ‘n vrou

En dan gebeur die wonder, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met ‘n eenvoudige verhaal van ‘n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo.  Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.

Interesting how God uses unusual people in the spreading of the gospel into new areas.  In Africa it was a Ethiopian eunuch, in Europa it was a Grecian-Jewish woman.  It is as if God chooses these people to show from the start that He is behind the diversity in people and brings change from the fringes to forge a strong unity between diverse peoples.

Sy nooi Paulus-hulle onmiddellik na haar huis, en so word haar huis die eerste huisgemeente in Europa, een van die mooiste gemeentes waarvan ons lees in die Nuwe Testament.  Daar is geen gemeente wat die apostel so hoog geroem het as dié van Filippi nie en geen gemeente van wie hy meer liefde ontvang het nie.

We read in the letter to the Philippians how Paul loved this first congregation in Europe and how they loved him back.  No wonder that the letter to the Philippians is so full of joy and gladness and the call to spread that joy to everybody and everything we do.

Soos met die proseliete-doop vir heidene wat die Joodse geloof aanneem, word Lidia se huismense (oikos) ingesluit toe sy gedoop word as een wat in Jesus glo.  Interessant is dat kinders ingesluit is en dat dit onmiddellik gebeur het.

Paul does not waste time – when you believe with all your heart, you are already part of the body of Christ, and therefore should be baptized. No catechism, just straightforward believing in Christ.

‘n Slavin word bevry

En soos in alle vorige plekke waar die evangelie verkondig is, bly die teenstand nie uit nie.

No good thing ever happens without the evil one mustering his forces to thwart it.

Die slavin met ‘n waarsêergees is die eerste teenstand.  Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees.  Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is.  Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, d.w.s. sonder dat hulle lippe beweeg het.

Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy die tweede lidmaat van die gemeente was.

So the first obstacle, this slavegirl, demonstrates unequivocally that God is more powerful than the forces of darkness.  But the war has only started.

‘n Tronkbewaarder word gered

Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld ingebring nie, verskerp die teenstand en word hulle in die tronk gegooi.

Net om daar die derde lidmaat van die gemeente tot bekering te bring, die tronkbewaarder.  Hy en sy huisgesin (oikos) word ook gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang.  Interessant dat die Romeine Brutus en Cassius juis in Filippi selfmoord pleeg, soos ons lees dat die bewaarder wou doen om sy eer te red.  Jesus red hom egter van homself en daarby ook sy huisgesin.

The second obstacle the evil one uses, the city council that throws Paul and Silas into jail, are not only overcome by the earthquake that throws open the doors of the jail, but the jailor himself becomes converted, him and his whole household, and they are all baptized.

Die eerste gemeente in Europa word gestig

Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal weer bymekaar kom in Lidia se huis.  En die grondslag vir die eerste gemeente is gelê.

Paulus sou hulle nog twee keer besoek (20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf uit die tronk in Rome.  En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het.

The first congregants of this beautiful congregation began their life together in the house of Lydia and became the biggest support group of Paul in the rest of his ministry.

Wat leer ons uit die verhaal?

1.  As jy oor grense beweeg, is jou lewe nie meer net in jou hande nie.

If you cross boundaries, your life is not in your own hands anymore.

Walls, kruis-kulturele ekspert, sê kategories: “The fundamental missionary experience is to live on terms set by others.”

En ons moet dit baie goed besef.  Want dit kos jou iets.

Paulus is hier afhanklik van mense se gasvryheid.

Die goeie wat hy doen, is nie noodwendig goed in ander se oë nie, veral nie in die eienaars wie se inkomste hulle ontneem is deur die slawemeisie wat nie meer kon waarsê nie.

Die boodskap het ook onbeplande gevolge: die stadsbestuur laat hulle op sleeptou neem deur die eienaars van die slawemeisie en Paulus en Silas, lyk asof die ander twee te jonk was of nie prominent genoeg nie (Timoteus en Lukas), beland in die tronk.

Die vrug op die evangelie kom deur konflik heen, deur baie teenstand, deur lyfstraf en met jou voete in houtblokke in die tronk.

It will never be different for us – to live the gospel life, is to live it on terms that other people set.  And conflict and obstacles and suffering should not deter us from venturing across the safe boundaries of our congregational life.

Maar dit is gelukkig ook net so waar:

2.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, is jou lewe in God se hande.

If you cross boundaries, your life is also in God’s hands.

Die onbeplande gevolge van die tronk word deur God getroef deur ‘n aardbewing en die oopgaan van die tronkdeure en die vernederende verskoning-vra van die stadsbestuur.

En God skep met die skraal begin van ‘n paar vroue en ‘n tronkbewaarder een van die mooiste gemeentes van die antieke tyd.

Sonder dat jy jou voet oor ‘n ander se drumpel sit, en toelaat dat jou lewe ook deur daardie persoon se optredes bepaal word, goed of sleg, sal jy ook nie ervaar dat jou lewe en die lewe van ander mense in God se hande is nie.

If suffering and opposition is part of the life of the gospel, then it is equally true that boundary-crossing throws you in the hand of the God who is able to keep you and give fruit on your message and witness.

3.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, raak mense van anderkant die grense deel van die gemeente van God.

If you cross boundaries with the gospel, people from the other side of the boundaries become part of the congregation of God.

Die kerk is die fees van die vereniging van andersins onversoenbare entiteite.  Die gemeente in Filippi word van die begin af uit ‘n diverse groep mense saamgestel.  Die eerste drie gemeentelede (kom ons aanvaar dat die slawemeisie deel van die gemeente geword het) was baie verskillend:

  • ekonomies: arm (slawe-meisie), middelklas (tronkbewaarder) en ryk (Lidia);
  • gender: ‘n paar vroue en ‘n man;
  • generasies – Lidia en haar gesin, die tronkbewaarder en sy gesin;
  • etnies: ten minste ‘n Romeins en ‘n Griekse Jood en nog ‘n onbekende etnisiteit (slawemeisie)
  • en polities: tronkbewaarder, Grieks-Joods vrou en slawe-meisie.

Dit moet ons laat kyk na ons bediening.  As ons te eenders lyk, skuif ons nie genoeg oor die grense nie, en ek bedoel nou ekonomies, sosiaal, ouderdom, polities ens.

In closing – the whole concept of the church is founded on the unity of diverse people on the basis of their faith in Jesus Christ.  That was the message of the Pentecost experience, that the Spirit of God was poured out on people of all the nations of the world that was gathered there on Pentecost Day.

That means that we should not only cross gender and generation and ethnic and cultural boundaries, but we should strive to include all those into one body – because that is the key to the motivation for the world to believe that Jesus is indeed God and able to save us from the judgement of God.

Gebed

Terugvoer Gerrit en Sonja Brink

Nagmaal

Lied 303 – Eet die brood, drink die wyn, Kom na Christus, Hy stil u honger (Engels en Afrikaans x2) – sit

Dankoffer

NMMU koor onder leiding van Junita van Dijk – Salvation (Paul Tschesnokoff)

Slotlied

Biffy Joubert en Ronell Boshoff gaan iets deel oor die 21ste Junie se Gemeente-ete

Lied 440 – Die Here salf ons met sy Gees tot diens en heiligheid – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Aankondigings

Kort uitvoering

NMMU koor

 

1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09

Verwelkoming

Vadersdag – seuntjie beskryf dit as volg: “Dit is amper net soos Moedersdag.  Jy spandeer net minder aan die present vir jou pa.”

Om ‘n Pa te wees is vandag baie uitdagend.

Soos die 43 jarige Duitse pa wat van die tweede vloer van ‘n woonstelblok se balkon afgeval het en met ‘n helikopter hospitaal toe geneem moes word.  Hy was besig met ‘n spoeg-kompetisie met sy 12-jarige seun om te kyk wie die vêrste kan spoeg van die balkon af.  Om sy seun te wen, het hy te ver vooroor geleun en toe geval.

Twee stukkies raad:

  • Daar is net soveel plofstof in ‘n gemiddelde klapper (firecracker) as in ‘n geweerkoeël. Die klapper maak ‘n groot geraas, maar veroorsaak min skade. Die geweerkoeël maak nie net ‘n geraas nie, dit is ook dodelik. En die verskil is net: die koeël is in ‘n geweer se loop wat dit in ‘n sekere rigting fokus en die plofstof maksimaal aanwend. So – gebruik jou tyd vir gefokusde aandag aan jou kinders en konsentreer om een ding goed te doen.
    • Dit kan wees om ‘n rolmodel te wees vir jou kinders, waar hulle in jou teenwoordigheid kan sien hoe jy praat, ontspan, moeilike situasies hanteer, saam met jou vrou beplan en julle huislike verantwoordelikhede hanteer.
    • Of om hulle emosionele tenk vol te hou, deur met aandag te luister na hulle daaglikse uitdagings en daaroor saam met hulle te reflekteer.
  • En onthou in die tweede plek wat Jesus gedoen het. Hy het soms die skare weg gestuur om alleen by sy dissipels te wees en tyd met hulle te spandeer. Dit is dié tye wat die deurslag gegee het om die kerk te vestig en te laat groei, deur ‘n klomp manne en vroue wat in die nabye kontak met Hom lewensverandering ervaar het. Soms was dit so eenvoudig soos ‘n ete saam met hulle. Ander tye was dit ‘n stuk lering. Nog ander tye was dit die saamgesels oor wat belangrik is. Spandeer tyd saam met jou kinders, nie net deur saam met hulle te gaan kuier by ander mense nie, maar juis sonder ‘n klomp ander mense wat altyd ‘n mens se aandag verdeel.

Toetrede

Lied 158:1 – Bring my na u woning, Here – sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 185 – Kom alle volke (sing 3x in kanon, Groep I: middelblok; Groep II: gallery; Groep III: syblokke) – sit

Lied 198 – God is my lied – staan

Toewyding

Lied 200:1 – U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – sit

Geloofsbelydenis

Kindertyd

Raaisel:  Wat lyk soos ‘n  olifant, is so groot soos ‘n olifant, maar weeg baie minder as ‘n olifant?

Antwoord:  Sy skaduwee.

Jou skaduwee is die een iets waarvoor jy nie kan weghardloop of wegkruip nie.  Jy kan dit nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie!

Raaisel 2:  Wat werk nog soos ‘n mens se skaduwee?

Die antwoord:  God.

Jy kan ook nie vir Hom weghardloop, of wegkruip nie.  Jy kan Hom nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie.

En die resultaat is – vreesloosheid.  Dis mos hoe jy is as jou pa by jou is!  Om alleen in die donker straat te loop, is vreesaanjaend, maar as pa saamstap, is jy vreesloos.

Daar is egter een plek waar dit vir jou lyk asof jou skaduwee nie meer by jou is nie en dit is as jy in die donker is!

Ja, om jou skaduwee te sien, het jy lig nodig en hoe skerper hoe beter.

Die Bybel beskryf die Here as die lig vir die wêreld (Joh 1).  As ons in sy lig lewe, dan  hoef ons nooit bang te wees nie, want dan is Hy soos ons skaduwee, digby ons.

Skriflesing

1 Samuel 17:57-18:5, 10-16

Woordverkondiging

Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid

Die skrywer sê vir ons in vers 16, dat die hele Israel en Juda was lief vir Dawid.

Hoekom?

1.  Die eerste rede was sy geveg met Goliat.

Abner bring hom juis hier na Saul toe, terwyl Dawid nog Goliat se kop in sy hand vashou.  Dit was ‘n defining moment in die lewe van Dawid en van die volk.  Die vrees vir die  Filistyne was verby – en Dawid was die man wat Goliat oorwin het.  Die volk kon weer kop optel, sonder vrees en vernedering, en met meer moed lewe.

2.  Die tweede rede was Jonatan se liefde vir hom.

Jonatan, die kroonprins, het Dawid omhels as sy boesemvriend.  Hulle het ‘n verbond gesluit, en Jonatan het sy mantel en uitrusting vir Dawid gegee, eintlik ‘n soort profetiese aksie, waarmee hy sy aanspraak op die troon en die weermag afgee. En ons moet onthou, Jonatan was self dapper en baie geliefd onder die volk, soveel so dat hulle hom op ‘n punt gered het, toe hy die koning se bevel verontagsaam het (hfst. 14). Jonatan se besondere band met Dawid het dus heel moontlik gelei daartoe dat die volk se agting vir Dawid gegroei het.  Dit is in elk geval heel onwaarskynlik dat Dawid dit sonder hierdie band met Jonatan sou gemaak het in die huis van Saul.

3.  Die derde rede was die verdere oorwinnings wat Dawid behaal het.

Saul het hom oral gestuur om te gaan veg, en Dawid was oral suksesvol.  Soveel so, dat hy die aanvoerder geword het van die manskappe, eerder as Abner.  En dit het twee gevolge gehad wat uiters betekenisvol vir die volk se toekoms was: 1) dat hulle van ‘n teokrasie na ‘n monargie kon skuif, wat natuurlik nie ‘n onbedekte sëen was nie, maar darem , en 2) ‘n eenheid tussen die 12 stamme kon smee.  Sonder Dawid se uiteindelike koningskap sou die volk moeilik ‘n eenheid kon word.

4.  Maar die belangrikste rede was die feit dat die Here by Dawid was, en nie meer by Saul nie.

Twee keer sê die skrywer: “Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was” (:12) en “(Dawid het) in alles sukses behaal … omdat die Here by hom was.” (:14).

Wat leer ons uit Dawid se storie?

Een somernag was daar ‘n groot donderstorm terwyl ‘n mamma haar seuntjie in die bed sit. Sy was oppad om die lig af te skakel, toe die seuntjie in ‘n bewende stemmetjie vra:  “Mamma, sal jy nie die hele nag by my bly nie?” Die mamma het hom ‘n drukkie kom gee en saggies gesê: “Ek kan nie, skat. Ek moet in pappa se kamer slaap.”

Na ‘n lang stilte het seuntjie gesê:  “Die groot bangbroek!”

Vrese werk verlammend op mense van alle generasies in …

Vrees is ‘n lelike ding.  Ons het al almal vrees beleef. Dis ‘n natuurlike emosie, maar as dit jou lewe oorneem, werk dit negatief in op ‘n mens. Daarom bereik baie mense nooit hulle maksimum potensiaal in hulle lewens nie, omdat hulle nooit dit wat hulle die meeste vrees, oorwin nie.

“Vrees het ‘n groot skaduwee, alhoewel hyself maar klein is.” Ruth Gendler

“Vrees maak die wolf groter as wat dit is.” (Duitse spreekwoord)

Kyk Goliat was groot.  Hy was ook vir Dawid groot.  Maar in die oë van die volk het Goliat dimensies aangeneem wat buitensporig was.

Hoekom kon Dawid vir Goliat troef?

1.  Dawid het God raakgesien langs wie Goliat ‘n dwergie was.

Dawid was ‘n man van God, wat lewe in die groot wêreld van God en kan daarom die klein wêreld van bere en leeus en Goliat hanteer.

Ons moet leer om God raak te sien – volgende kwartaal gaan ons die hele kwartaal ons verwonder aan wie God is!

Dit het ‘n impak op ons ervaring van die gemeente, van ons finansies, van ons bediening, van die toekoms; en op ons ervaring van die kerk in die breë; en wanneer ons koerant lees of TV kyk oor die toekoms van ons land en wêreld.

Maar Hoe doen ons dit?

2.  Vrees word getroef deur naby God te lewe.

“Moed is net vrees wat begin bid het.” Anne Lamont

God moet so werklik vir jou raak soos jou skaduwee.

Jou ervarings in die gemeente en die gemeenskap moet met God deurgebid word.  Jou daaglikse lewe moet bepaal word deur jou daaglikse ontmoetings met God en met ander wat saam met jou die Here kan dien.

Vrees word getroef deur naby God te lewe!

3.  Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel.

“Hou jou vrese vir jouself, maar deel jou moed met ander.” Robert Louis Stevenson

Vir al die pa’s – dit kan ‘n ongelooflike fokus vir jou wees: deel jou visie op God met jou kinders.  Laat dít die ding wees wat hulle van jou sal onthou – want dit is ‘n legacy wat ruggraat gee in die moeilikste van omstandighede.

Daarom konfronteer hierdie bekende Bybelstorie ons met hierdie vrae:

  • Gaan jy gevorm word deur jou vrese vir die Goliats van die lewe óf deur God?
  • Gaan jy op jou knieë leef, naby aan God, gefokus op God?
  • Gaan jy jou visie op God deel, en so moed eerder as vrees versprei in hierdie wêreld?

Mag wie jy en ek is, bepaal word deur Wie ons in hierdie wêreld raaksien – God, want dis Sy plek dié én omdat ons Hom sien, gaan ons op ons knieë voor Hom en dit gee vir ons krag om daardie volgende tree in die rigting van Goliat te gee…

Gebed

Dankoffer

Aankondigings

Belydenisgroep kom HALF VYF (i.p.v. half 6) in KONSISTORIE (i.p.v. Women’s Club) bymekaar.    Ons gaan fliek “Luther” kyk.  Ander mense is welkom om by ons aan te sluit as hulle die fliek saam met ons wil kyk (maar moet hul eie springmielies en koeldrank bring).

Slotlied

Lied 286 – Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Gemeentevergadering

Gemeente ete

Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09

Tema

God is die Pottebakker – Sy hande vorm die klei van ons lewe (Hy is in ‘n intieme verhouding met ons)

God versamel ons voor Hom

  • Verwelkoming by die deure
  • Video oor die Pottebakker speel met ‘n CD – The John Michael Talbot Collection – A library of 35 favorite songs – Disk Two
  • Verwelkoming in kerk
    • Kinders, verjaarsdae, nuwes
    • Dankie vir almal wat gehelp het – Ian, Albert, Susan, Ursula, Rethie, Lynette vir die klei, Louise vir die wiel, Brenda vir die potte uitstalling, voorsangers, musiekgroep, graad 7’s.
  • Votum en Seëngroet

God praat met ons

God is Skepper

Die Bybel is ‘n biblioteek van beelde, ‘n magdom daarvan, wat manlik én vroulik is, wat persoonlik én onpersoonlik is (Vader en ‘n Rots), wat soms teenstrydig is (Vriend en Vyand), maar altyd dinamies en lewend teenwoordig.

Al hierdie beelde vir God is metafore, uitdrukkings wat vir God gebruik word, omdat dit ons ‘n konnotasie gee met iets wat vir ons bekend is.

Hierdie Godsbeelde is aannames oor God se karakter of sy aard.  Dit bepaal letterlik hoe ons Hom ervaar.  Walter Brueggemann: “The God you speak, is the God you get.”

Vandag praat ons oor God as Skepper.

Ons gaan daaroor sing, ons gaan daaroor praat en nadink, en ons gaan dit ervaar met die klei wat elkeen van ons in die portaal gekry het.

  • 472 Kom lofsing die Heer, loof Hom op sy troon – vers 1 en 3 staan

Tradisioneel word aan God as Skepper gedink in terme van sy Almag en verhewenheid – die God wat orde skep uit die chaos.

Ons gaan nou na ‘n PowerPoint kyk wat iets daarvan vir ons wys.

Terwyl die musiek speel (Psalm 91/Wedding Dance – John Michael Talbot – track 3), kyk na die PowerPoint en raak bewus van die grootsheid van God se Skepping.  Ons wil ons verwonder oor God en sy werk.

  • 509 Op berge en dale en oral is my God – vers 2 en 3 staan
God is Pottebakker

Die Bybel beskryf sy skeppingswerk egter ook in baie persoonlike terme.  God as Skepper word op baie plekke in ‘n intieme verhouding met mense en die wêreld en die hemel geteken.

Kom ons lees daaroor.

  • Gen 2:4b-7

Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie. 6Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.

Hier in Gen 2 sê die skrywer: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas”.  Die woordjie “vorm” is die woord wat gebruik word vir ‘n pottebakker terwyl hy die klei in ‘n voorwerp vorm.

Dit beteken dat Genesis aan  God as die Pottebakker dink.  Soos ‘n Pottebakker die klei vorm, só vorm God die mens.  God skep “hande in die klei” soos ‘n pottebakker.

En hierdie Pottebakker stel belang in alles wat ons doen of dink of ervaar.

Elke uur van elke dag van elke week van elke jaar stel God belang in jou lewe, sorg Hy vir jou, is Hy lief vir jou.

Nou, ek hoef jou nie te oortuig nie.  Vertel vir mekaar daarvan:

  • Vertel vir mekaar van ‘n keer wat julle God se liefde tasbaar ervaar het.
Inset oor die pottebakkerskuns

Om ons te help om oor God as Pottebakker na te dink, gaan ek julle ietsie meer vertel oor die hele proses van potte bak.  Terwyl ek ‘n bietjie meer vertel oor die pottebakkerskuns, maak solank julle houertjies oop en haal die klei daaruit.

Klei is ‘n heerlike medium om mee te werk.  Dit is lekker elasties en plooibaar, sodat jy allerhande voorwerpe daarmee kan maak.  Hierdie klei is van meel gemaak – julle kan die resep by Lynette kry.

Ek het kers opgesteek by ‘n pottebakker, David Moss, en die volgende by hom geleer.  En ek wil hê julle moet dit saam met my ervaar:

  • Klei moet goed gebrei word. Alle lugblasies moet uitgewerk word. Dit voorkom dat die pot bars as dit in die oond warm gemaak word.
  • Brei ‘n bietjie julle klei.
  • Voel julle hoe dit amper-amper kleef aan julle hande? Jy raak as’t ware deel van die klei.
  • Dan moet klei in die middel van die wiel geplaas word, anders kan ‘n mens nie ‘n ronde amper perfekte simmetriese pot maak nie.
  • Ons gaan egter nie met ‘n wiel werk nie. Louise Eksteen sê my, dat sy in elk geval verkies om sonder die wiel te werk.
  • Besluit op iets wat jy graag wil maak.
  • Ek gaan aan die einde vir die voorskoolse kinders vra om vir my te kom wys wat hulle gemaak het.
  • As jy wil, kan jy soos ek, net werk met die klei, en spontaan iets skep, net soos jou hande en die klei jou begelei.
  • Dit is hoe kreatiwiteit werk – die klei vra as’t ware dat iets spesifiek daarvan gemaak word. Die kleur speel ‘n rol. Die hoeveelheid speel ‘n rol. Hoe plooibaar dit is, speel ‘n rol. Hoe jy voel en waaraan jy nou dink, speel ‘n rol.
  • Wys vir mekaar wat julle gemaak het.
Die Pottebakker en jy

Nou ‘n mens moet versigtig wees om alles hiervan op God en ons van toepassing te maak.  Maar, kom ons dink ‘n bietjie hieroor na en verwonder ons aan God as Skepper, as die Pottebakker.

  • God is net so intiem by jou lewe betrokke as wat jy nou met die klei gespeel en daarvan iets gemaak het. Hy werk nie van ‘n afstand af met jou nie. Hy hou sy hand op jou. Hy is bewus van elke gedagte, van elke beweging, van elke besluit wat jy maak. Soos die Psamdigter sê, Hy omvou my van agter en van voor. En Hy gee om oor wat met jou gebeur. Niks wat met jou gebeur, is toevallig nie, en niks is onbelangrik vir God nie.
  • Daar is ‘n spontane interaksie tussen jou en God, tussen jou gawes en vermoëns en wat God daarvan kan maak. Dit is iets wat my van verlede week se teksgedeelte die meeste getref het. Die eerlike interaksie tussen Moses en God in die woestyn (Numeri 11). Jy kan maar praat met God, jy kan selfs verskil van wat God doen, en dit eerlik vir Hom sê. En Hy sal daarna luister, en daarop reageer. Uiteraard is dit Hy wat jou vorm, so sy wil sal altyd die deurslag gee. Maar reg deur die Bybel is daar gedeeltes wat ons oortuig, God verander dinge in reaksie op jou, en jou gebede, en jou wense en behoeftes. Jy kan Hom daarvoor vertrou.
  • Soms is daar ‘n groot stuk breiwerk nodig in jou lewe. Om jou voor te berei vir dié voorwerp wat God van jou wil maak. Niemand van ons hou van die druk van moeilike besluite of moeilike omstandighede nie. Dit sou masochisties wees! Maar, dit is nou eenmaal so, as die druk nie daar is nie, bereik ons minder. Van die groot leiers in die wêreld is dit waar, so sê navorsing by Harvard, dat hulle een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n tyd van stres en disoriëntasie gegaan het, waarna hulle gewoonlik meer kon bereik.
  • Daarom is dit so belangrik dat ek plooibaar in die hand van God se werk bly. Op die wiel, in sy hande, in gesprek met Hom, maar sonder om teë te stribbel, sonder om self te besluit wat ek wil word, maar in die interaksie met God te groei en te floreer. Dit is eintlik die heel belangrikste perspektief van alles. Sonder hierdie onmiddellike reaksie op God, kan ‘n mens nie ontplooi in die instrument wat God van jou wil maak nie.
En as die pot flop

‘n Verdere interessante ding van die klei, veral as jy met regte klei werk, is dat dinge nie altyd so voorspoedig gaan nie:

  • As dit flop op ‘n wiel, moet jy oor begin, maar jy kan nie dadelik nie. Jy moet eers wag tot die klei droër raak, voordat jy weer begin.
  • En as jou pot uiteindelik in die oond bars, eintlik ontplof, dan is dit nie klaar met die klei nie. Pottebakkers vat daardie stukkies, maal dit fyn, hulle noem dit “grog” en dan meng hulle dit met nuwe klei. Potte wat met grog gemaak word, is sterker potte. Nie dat dit sonder seerkry is nie. Die Pottebakker se hande gaan baie keer stukkend van die werk met die growwe, harde stukkies “grog”.

Kom ons lees twee gedeeltes wat hierdie aspek behandel.  Die eerste is:

  • Jeremia 18:1-6

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Jeremia leef in ‘n tyd van groot afvalligheid.  Polities het hulle verkeerde verbintenisse aangegaan.  Ekonomies het die rykes die armes uitgebuit.  In die regspraak was daar onreg en partydigheid.  En geestelik het baie Jode die uiterlike tempel-toegaan en die gee van tiendes nog nagekom, maar hulle hart was ver van die Here af.

Daarom waarsku die Here die volk deur hulle te herinner daaraan, dat die Pottebakker die meester is van die klei.  “Kan ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie?”  En spel hy die gevolge uit as hulle hulle nie bekeer nie.  “Wanneer jy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien ek af van die goeie wat Ek aan jou wou doen.”

Nou ons moet nie hieruit aflei dat die Here geen genade het vir die volk nie.  Hoegenaamd nie.  Hy sê immers, al het ek besluit om op te hou om die goeie aan julle te doen, en julle bekeer julle, sien Ek af van die straf wat Ek oor julle wou bring.  Bekering is wat die Here wil hê.

Maar Jeremia wil hê dat ons onder geen illusies sal wees oor wie God is en wie ons is nie.  En die geskiedenis het ons geleer dat die volk nie geluister het nie, en weggevoer is in ballingskap.  Hulle moes wag vir sewentig jaar voordat hulle weer die land Israel kon binnekom.

En die wonder is, dat dit nie net die volk is wat iets hieruit geleer het nie.  Die Here self het geweet, die tyd was ryp vir die koms van sy Seun, al sou dit hom ‘n vreeslike prys kos, die prys van menswording, van lyding en uiteindelik die dood.

Maar, die Here het geweet, dat daardeur kan Hy seker maak dat die potte wat Hy maak sterker sal wees.  Want Hy kon vir elkeen wat in Jesus glo, wat hulle lewens aan Hom verbind, die gawe van Sy Gees gee om binne ons harte die vermoë te kom gee om aan Hom gehoorsaam te kan lewe.

Dit is wat 2 Korintiërs. 4:7 ook sê. Kom ons lees dit.

7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Al bly ons dus kleipotte wat maklik breek, is die krag van God self in ons binneste, sodat ons kan staande bly al word ons verdruk, al is soms verleë, al word ons vervolg.

En dit is die wonder van hierdie Pottebakker, die Skeppergod.  Hy gooi nooit tou op met ons nie.  Hy hou aan en Hy sorg dat daar ‘n uitkoms is.  Daarop kan ons reken.

Kom ons wy ons toe aan dié God.

  • 528 Leer my u wil, Heer, u doel met my – U, Pottebakker, met my, die klei – sit

Ons praat met God

  • Gebed – voorbidding, danksegging, items op aankondigings
    • PE Afrikaanse Opvoedingsfonds – 1,2 miljoen Rand
    • Kerkraad vir vergadering
    • Egskeiding – Divorce Care
    • Leiers vir Koffiekroeg en graad 6 kategese
    • Bloemendal – Seyesi gemeente uitreik – verf
    • Ramadan – bid vir insig dat U Moslems liefhet
    • Siekes – bid vir onsekerheid, vir krag met slegte tyding – dank vir beterskap
  • Dankoffers – graad 7’s en PowerPoint met ander aankondigings
    • Bid en sê dankie vir die dankoffer en die wyse waarop die Here ons seën die afgelope paar maande. Ons het ‘n oorskot op begroting!

God stuur ons uit

Onthou om julle voorwerpe vir my te kom wys.

Onthou om ‘n joernaal te neem vir gesprek by die huis.

  • Slotsang – 488 Helder skyn u lig vir die nasies
  • Seën
  • Amen – 314

 

Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09

Verwelkoming

Nederlanders

Toetrede

Lied 154:1,3 – Kom nou tesaam, laat ons vergader – sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 84:1,5 – Hoe lief het ek u woning, Heer – staan

Lied 185 – Kom alle volke (sing 3x in kanon, Groep I: middelblok; Groep II: gallery; Groep III: syblokke) – sit

Toewyding

Lied 200:1 – U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – sit

Doop

Vincent en Lezan Calonne se twee dogters, Viné en Zanel

Lied 293:1,3

Kindertyd

Wie is julle leiers?

  • In Summerwood is dit die hoofmeisie en die hoofseun en die prefekte.
  • Wil julle ook graag leiers wees?
  • Maar net een meisie en een seun kan elke jaar hoofmeisie en hoofseun word en so ‘n paar ander wat prefekte word.
  • Elke jaar is daar groot teleurstelling, want baie wil graag leiers wees, maar min word verkies.
  • Dit is maar swaar nê?

Ons lees in die Bybel van ‘n leier.

  • Sy was nie ‘n man nie. Sy was ‘n vrou!
  • Vir daardie tyd was dit sommer ‘n groot ding gewees – dat ‘n vrou ‘n leier was.
  • Haar naam was Debora.
  • Ken julle iemand wat Debora genoem word?
  • Wie van julle se naam begin met ‘n D?
  • Nou sy was Debora.
  • En sy was ‘n leier.
  • Maar sy was nie ‘n hoofmeisie nie. Sy was die leier van die volk van Israel.

Nou hoe het dít gebeur?

  • In Rigters 4 in die Bybel lees ons dat die volk van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here.
  • En die Here het hulle oorgegee in die hand van koning Jabin.
  • Ken julle iemand wie se naam Jabin is?
  • Wie se naam begin met ‘n J?
  • Nou hy was Jabin.
  • En hy het negehonderd ysterstrydwaens gehad.
  • En die Israeliete niks nie.
  • En vir twintig jaar het hy vir hulle sleg behandel.
  • Hy het hulle geld gevat.
  • Hy het hulle oeste gevat.
  • Hy het met hulle geveg en hulle jong seuns doodgemaak met sy ysterstrydwaens.
  • En almal in die land het later die Here gesmeek dat Hy tog iets moet doen.
  • Hulle het nie net gebid nie. Hulle het sommer hardop geskree dat die Here tog iets moes doen.
  • En nou sê die Bybel – daar was iemand wat al dié dinge gesien en gehoor het. Debora.
  • Sy het gesien dat Jabin slegte goed aan die Israeliete doen.
  • Sy het gehoor hoe die mense kla en roep dat die Here tog iets moet doen.
  • Om die waarheid te sê: sy het by ‘n boom gesit, so ‘n groot palmboom en daar het die mense met haar kom praat en vir haar gesê hoe erg dit vir hulle is.
  • En dit het haar harsteer gemaak.
  • En wat het sy dan gedoen?
  • Sy het vir hulle getroos en vir hulle gesê wat die Here sê.
  • Een dag het sy weer so geluister en toe sy met die Here praat, sê die Here vir haar: Ek wil vir Jabin ‘n les leer. Roep vir my vir Barak.
  • Het julle al van só ‘n naam gehoor?
  • Wie se naam begin met ‘n B?
  • Nou hy was Barak.
  • En Debora het vir Barak geroep en vir hom gesê die Here wil vir Jabin ‘n les leer.
  • Maar Barak was ‘n bietjie bang.
  • Toe sê Debora – kyk die Here het ‘n wonderlike plan. Jy moet vir Jabin by ‘n rivier gaan aanvat dat sy waens nie vir julle kan seermaak nie.
  • Maar Barak wou nog steeds nie. Hy wou hê Debora moet saamgaan. Want sien – sy was die leier en Barak wou vir haar volg!
  • Toe sê sy – dit is goed. En toe gaan sy saam oorlog toe – en hulle wen. Die Here gee vir hulle die oorwinning. Hulle verwoes vir Jabin.

Wat leer ons uit dié verhaal?

  • Dat ‘n leier iemand is wat iets raaksien wat verkeerd is.
  • En wat hoor as dit sleg gaan met mense.
  • En wie se hart brand van hartseer vir sulke mense.
  • ‘n Leier is iemand wat dan met die Here daaroor praat.
  • En as die Here ‘n plan gee, besluit om dít te gaan doen.
  • Dit is wat Debora gedoen het.
  • Sy het gesien hoe swaar die Israeliete kry. Sy het gehoor hoe hulle roep. En toe het sy met die Here daaroor gepraat en gedoen wat God vir haar gesê het. Sy het selfs saam met die mans gaan oorlog maak!

Ons kan dieselfde doen!

  • Maar dit beteken elkeen van ons wat iets raaksien wat verkeerd is en hoor as dit sleg gaan met mense, en wie se harte begin brand van hartseer vir hulle, kan mos dieselfde doen!

Ons kan ook met die Here daaroor praat en dan gaan doen wat Hy sê.

Is daar nie dinge wat julle raaksien wat verkeerd is nie?

  • Hoor julle nie ook as dit sleg gaan met mense rondom julle nie?
  • En wat dink julle wil die Here hê dat julle moet doen?
  • Gaan julle dit doen?

Dan is julle leiers

  • Selfs al word julle nie êrens in ‘n skool tot ‘n prefek gekies nie. Dan is julle net soos Debora!

Bid vir hulle as leiers

Skriflesing

Die Bybel beskryf karakter as ‘n manier van leef , ‘n pad wat jy loop, en die vrug wat jou lewe gevolglik dra.  En daar is baie beskrywings van karakter: bv.  1) eerbaarheid, d.w.s. mense wat hul beloftes nakom 2) regverdigheid, d.w.s. mense wat reg oordeel, reg lewe en reg laat geskied aan ander, 3) integriteit, d.w.s. waar mense nie onregverdige voordeel uit hul posisie of vermoëns sal trek nie .  Karakter is dus ‘n morele begrip, waar jou lewenswyse gemeet kan word aan jou lewensbeginsels.

Die wonderlike is dat dit prakties geïllustreer word in die diverse stories van menslike karakters.  Hierdie karakters word in al hulle fasette geteken, die goeie en die slegte. Ons word telkens daarmee uitgenooi om in hulle voorbeeld ons eie pad, ons eie manier van leef te vind, ‘n lewe van karakter.

Ons neem dus ons invalshoek by hierdie stories van menslike karakters.  Ons gaan kyk na mense wat karakter getoon het in hulle manier van leef.  Ons wil deur hulle iets leer van God se karakter en hoe ons karakters kan word na God se hart.

Lees Rigters 4

Woordverkondiging

Laurie Beth Jones skryf in Jesus CEO dat Bybelse leiers gewoonlik een van drie vure in hulle lewe ervaar het, wat van hulle leiers gemaak het.

  • Die eerste is die brandende bos ervaring – ‘n bonatuurlike ervaring waar iemand soos Moses geroep is.
  • Die tweede is die brandende hart ervaring – iemand wie se hart aan die bloei gegaan het vir ‘n land in nood soos Nehemia.
  • Die derde (wat nou aansluit by die tweede) is die brandende land ervaring, soos hier in Rigters 4 met Debora.

Jare lange verdrukking

Israel is gekonfronteer met ‘n formidabele vyand.  Sisera, die aanvoerder  van die Kanaänitiese leër, het 900 ysterstrydwaens gehad waarmee hy die Israeliete kon intimideer.  Dit was aan die begin van die Yster tydperk in die Midde-Ooste, wat beteken dat die Kanaäniete regtig tegnologies gevorderd was vir die tyd.  Hulle kon wapens van yster maak, wat baie beter was as die brons waarvan Israel se wapens gemaak is.  Met hulle skaarste aan goeie sterk wapens, laat staan nog ysterwaens, was Israel menslik gesproke nie opgewasse teen Sisera nie.

Dit het die Israeliete baie bang gemaak.  Hulle het traag geraak om te reis.  As hulle êrens gereis het, as hulle nie anders kon nie, het hulle ompaaie gebruik.  Die lewe buite die stede van Israel het gekwyn en agteruitgegaan.  Die boere het in sulke omstandighede swaar gekry en kon nie hulle lande bewerk soos hulle wou nie.  Hulle het langs bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke gaan bly (6:2).  Hulle het regtig wegkruip-lewens gelei.

Debora, moeder van Israel

Debora was ‘n formidabele vrou.

  • Sy was die leier van die volk.
  • As regter het sy geskille tussen die volk bygelê, daar waar sy onder die Deborapalm in die Efraimsberge tussen Rama en Bet-el gesit het. Die palm is inderdaad na haar vernoem, vanweë haar besondere regspraak.
  • As profeet het sy God se wil vir die volk uitgelê.
  • En in hierdie swaar tyd, wat twintig jaar lank geduur het, ‘n tyd waar vrees en wanhoop geheers het, tree sy na vore as “‘n moeder in Israel” (5:7), en lei hulle na rus en vrede. Met moederlike sorg hou sy die wag oor die volk, en sorg sy dat God se belofte van oorwinning waar word.

Haar naam beteken letterlik by (heuningby), en soos ‘n koninginby het sy alles beïnvloed rondom haar.  Sy was die eerste werkende ma – die vrou van Lappidot – waarvan ons in die Bybel lees.

Let net op hoe sy te werk gaan, waaruit ‘n mens die kaliber van hierdie vrou agterkom:

  • Haar vertroue in God het die mense om haar met geloof gevul. Sy het gewerk met die visie wat God haar gegee het dat dinge anders kon wees. En hierdie visie het lewenskrag ingeblaas in ‘n volk wat vasgevang was in ‘n wanhopige siklus.
  • Sy kon aanpas by ‘n weifelende Barak en hom die moed gee om ten spyte van sy vrees, die Israeliete in die oorlog te lei.
  • Sy kon strategies dink, onder leiding van die Here, deur die Kisonspruit te kies as die plek waar die geveg sou plaasvind. En so, sonder dat sy ‘n swaard optel, bewerk sy ‘n klinkende oorwinning vir Israel.

Die veldslag

Die veldslag het plaasgevind by die Kisonspruit.  Interessant is dat in die verhaal in hoofstuk 4 self, net gesê word dat die Here Sisera en sy hele leër baie bang laat word het.  So bang dat sommige van die strydwaens afgespring het en te voet gevlug het.

Maar uit die lied wat Debora en Barak sing (hfst. 5), wil dit voorkom of daar iets baie ongewoons gebeur het, iets wat hulle groot vrees verklaar.  Hulle sing in vers 4-5 dat die aarde gebewe het, die hemel reën gegee het, die wolke strome water gegee het, en dat die berge weggesmelt het voor die Here.  En in vers 20-21 word vertel van die sterre wat uit hulle bane gewyk het en die Kisonspruit wat die vyand meegesleur het.

Nou, dit is ‘n gedig waarin met beeldspraak gepraat word.  Maar dit kan wees, dat iets daarvan ook letterlik gebeur het.  Miskien was daar ‘n geweldige wolkbreuk, en ‘n aardbewing by die Kisonspruit, wat ‘n groot vloed veroorsaak het.  Moontlik was daar selfs een of ander kosmiese gebeure, hoewel sterre ook op engele kan dui.  Nietemin, dit het die leër van Sisera onkant gevang, sodat hulle gevlug het.

Daarom dat die lied so sterk en duidelik stel, dat hierdie oorwinning van God af gekom het.  Die Israeliete het hulle hart uit baklei, hulle het die leër van Sisera afgemaai, sodat daar nie eers een oorgebly het nie.  Maar die oorwinning het aan die Here behoort.

Jael maak Sisera dood

‘n Tweede vrou speel egter ook ‘n groot rol, Jael, wat uiteindelik vir Sisera doodmaak.

Nou haar storie is ook interessant.

Op sy halsoorkop vlugtog kan Sisera skaars sy “geluk” glo toe hy die tent van Jael, Geber die Keniet se vrou, sien. Geber se familie en koning Jabin, Sisera se koning, was ou vriende. Maar Sisera was salig onbewus daarvan dat Geber intussen weggetrek het van sy familie af … (:11)

Jael is die vriendelikheid self, en volgens die gasvryheidsgebruike van daardie tyd, nooi sy die vreemdeling in haar tuiste in. Met haar uitnodiging bied sy aan hom ‘n veilige hawe. Wat meer is, sy versteek horn van die buitewereld wanneer sy die tentdoek oor die opening laat sak …

Met die woorde wat ‘n moeder vir haar kind sou sê, troos sy hom: Moenie bang wees nie (:18).  Dorstig ná sy vlugtog, vra Sisera water om te drink. Jael bied horn meer aan as wat hy vra. Sy gee vir hom dikmelk van haar bokke.  As ‘n mens tussen die lyne lees, wonder jy of hier nie dalk iets seksueels gesuggereer word nie. Die toe tentdeur, die feit dat Jael hom boonop agter ‘n gordyn wegsteek; dat hy water vra en heelwat meer kry …?

Sisera – doodmoeg na die geveg en die vlug te voet, emosioneel afgetakel deur die skande van nederlaag – val in ‘n diep slaap.

Dit is presies waarvoor Jael gewag het.  Sy tel ‘n tentpen en ‘n hamer op, en sy sluip suutjies na Sisera toe … Sy lig die hamer, en kap die tentpent dwarsdeur die slaap van sy kop met soveel krag dat sy sy kop in die grond vasslaan. En Sisera sterf in sy slaap …

Wat Jael se motivering was, weet ons nie. Bes moontlik was daar onmin tussen haar man en sy familie wat sy toe oorgedra het op hulle vriende: koning Jabin en sy generaal Sisera. Of miskien was sy lojaal teenoor Barak en sy manskappe. Dalk het sy vir Debora geken. Miskien het sy bedreig gevoel … wie sal weet?

Die hoogtepunt van die verhaal is wanneer Barak daar aangehardloop kom, steeds besig om na Sisera te soek. Jael, die onbekende vroutjie iewers in ‘n tent op die vlakte, kan na die “dapper” generaal toe gaan,  en ewe koel aankondig dat sy die man het wat hy soek! En toe Barak by die tent instap, sien hy Sisera daar dood lê met ‘n tentpen deur sy slaap.

Debora se woorde (4:9) was profeties. God het inderdaad vir Sisera in die hand van ‘n vrou gegee …

Ware leierskap

1. Sulke leierskap is onontbeerlik vir die kerk van die Here.  Ons het mense nodig wat kan luister na God en begin doen wat Hy op hulle hart lê.

Rigters 4 wys vir ons hoe Debora deur die brandende land aangevuur word om leierskap te openbaar.  Wat sy gesien het en wat sy gehoor het van haar land terwyl sy as profetes vir hulle opgetree het, het haar oortuig dat iets gedoen moes word.  Dit laat haar vir Barak roep en aan hom die opdrag van die Here oordra.  Dit laat haar strategies betrokke raak om met wyse raad die gang van die oorlog te bepaal.  Dit laat haar saamgaan toe Barak dit van haar vra.  En dít laat haar sing (Rigters 5) van die oorwinning wat God gebring het.

En let op: wat Rigters 4 vir ons sê oor leierskap, is dat dit niks met posisie of aanstellings of vermoëns in die eerste plek te make het nie.  Dit is ook heeltemal geslagsloos.  Dit is iets wat suiwer afhang van wat gehoor word, wat gesien word en hoe daarop voor die Here gereageer word.  Dit is wanneer die hart se vuur aangesteek word om die Here se wil in ‘n krisissituasie te doen, dat ware leierskap na vore kom.  En dít is onontbeerlik.

God gee dieselfde beloftes en voorsiening vir leiers vandag.  En die vraag is: Vir watter situasie roep die Here jou vandag? Wat laat jou hart brand?  Watter goed wat jy raaksien laat jou dink die land is aan die brand?  Of is dit iets in die gemeente wat jy dink aan die brand is?  En is dit nie miskien die stem van die Here wat met jou praat en jou oproep om iets daaraan te doen nie?

Hierdie verhaal is bedoel om jou die moed en oortuiging gee om dit onder God se leiding aan te pak.

2. Leierskap is per definisie die inspirasie om mense in ‘n rigting te beweeg wat hulle nie andersins gewillig sou wees om te neem nie. Van tyd tot tyd vra goeie leierskap van mense om onbekende terrein te betree en verg dit baie moed.

En dit gaan baie keer gepaard met konflik op grondvlak, mense wat wil saamgaan en mense wat nie wil saamgaan nie.   Debora en Barak moes die apatie van die mense Oos van die Jordaan hanteer: Ruben, Gilead (deel van die Makir groep uit die stam van Manasse wat oos van die Jordaan gebly het) sowel as dié wat langs die see gebly het: Dan en Aser.

Dit was net dié Israeliete Wes van die Jordaan wat saam geveg het: Efraim, Makir [deel van die Manasse stam wat wes van die Jordaan gebly het], Benjamin, Sebulon, Issaskar en Naftali.

Maar Debora het haar nie daardeur laat afsit nie.  Sy het drie dinge gedoen: 1) sy het na God se stem geluister en dit vir die volk as profeet geïnterpreteer.  2) Sy het gekonsentreer op dié mense wat sy kon connect en saam met haar neem, Barak en die 6 stamme wat die oproep gehoorsaam het. En 3) sy het gesorg dat die planne wat die Here haar gegee het, geïmplementeer is, deur Barak na die Kisonspruit te begelei.

Twee dinge wat ek by Bill Hybels in dié verband geleer het: Make the big ask en Don’t say other people’s NO for them.

As die Here jou ‘n visie gee, is dit baie keer so dat jy mense moet vra om dit saam met jou waar te maak.  Die raad wat hy gee, is dat jy die konteks en agtergrond moet uitspel, dit duidelik en bevatlik moet kommunikeer, en dan voorstel dat dit voor die Here besluit word.  Hy maak die volgende stelling:

The nature of human beings is such that we tend not to drift into better behaviors.  We usually have to be asked by someone to consider taking it up a level. (axiom p 23)

Bill maak darem ook die volgende stelling wat ‘n mens hoop gee daarvoor:

When handled properly, people are actually quite flattered to be asked to do significant things for God.

So die uitdaging is: 1) Hoe lees jy die situasie wat die Here op jou hart lê? 2) Wie moet dit saam met jou aanpak? 3) Wat is die beste manier om dit reg te kry?

En die tyd is nou, vandag, selfs nie eers môre nie, vandag, om te doen wat die Here van jou vra.

3.  En laat ons eerlik wees.  Dit kos jou alles wat jy het!

Jael is vir ons ‘n kragtige voorbeeld van die moed om risiko’s te neem.  Die moed kom uit ‘n diep oortuiging en verbintenis aan die God en die mense van Israel.  Sy dra by daartoe dat hulle weer kan wees “soos die son wat in sy volle krag skyn”.  Sy leer ons ook dat om risiko’s te neem geensins roekeloos is nie. Let op die berekende wyse waarop sy Sisera op sy gemak stel, meer doen as wat hy vra, totdat sy uiteindelik die risiko neem om hom dood te maak.

Vandag sal ons nie meer sulke dade pleeg nie.  Maar die oproep om met moed jou oortuigings na te streef, bly dieselfde.  Wat is die oortuigings waarvoor jy vandag die moed het om jou lewe te waag?

Slot

Ek sluit af.

Ons moet onthou, leierskap word nie gebore in gemak of in gemaklike of beheerbare situasies nie.  Leierskap word gebore in pynlike oomblikke van ‘n gemeenskap of ‘n gemeente se geskiedenis.

Wat dan nodig is, is leiers, soos Braam Hanekom sê: ” wat ‘n brandende passie het om van die wêreld ‘n beter plek te maak … wat geen steen onaangeroer laat om dit waar te maak nie.” (Gebede wat leiers bid).

Ek weet nie wat jy op die oomblik raaksien of wat jy op die oomblik hoor nie.  Dit kan goed in jou omgewing wees – kinders op ons strate, geweld teen ons ouer mense, verskeurdheid tussen kerke wat dieselfde Here dien.  Dit kan dinge in die gemeente wees – die jongmense wat geestelike leiding in die kategese en ander aktiwiteite nodig het, die behoefte aan ‘n groei in ons omgee groepe, die behoefte aan pastorale uitreik na families wat onder druk verkeer.

Dalk voel jy die hand van die Here op jou skouer om iets daaraan te doen.  Of dit nou ‘n brandende braambos, ‘n brandende hart of ‘n brandende land is.

Die tyd om te antwoord daarop is nou.

Gebed

Dankoffer

Aankondigings

Didage – Make the big ask, Don’t say other people’s no for them – my Big ask is, raak betrokke hierby – dít is spesifiek gemik op geestelike groei, waarsonder ons as gemeente en jy as gelowige nooit volwassenheid sal bereik nie.  Ons gaan binnekort navorsing in die gemeente doen om beter te bepaal wat die tipe dinge is wat hierdie gemeente se mense op die tafel sit, hulle geestelik laat groei, maar kan dit eers met die oog op volgende jaar implementeer.  Skakel dus solank in by die een wat die naaste is aan jou behoefte.

Slotlied

Lied 286 – Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

 

Die karakter van Dawid

Passie vir God

Uit die Psalms van Dawid kan ‘n mens agter kom dat hy ‘n passie vir God gehad het, soos min ander van sy tyd, trouens soos min voor of na hom.  So as hy in Psalm 15 skryf, ” Wie mag op u heilige berg vertoef?”  dan is dit met ‘n diep eerlike soeke en begeerte na God.

Hy was lief vir die Here en selfs in sy donkerste uur het hy telkens teruggekeer na die grond van sy bestaan, om God met sy hele wese lief te hê en te dien.

Kunssinnige streep

Daarby het hy kunssinnige streep gehad, wat in musiek en veral lirieke die wêreld verryk het.  Nie net kon hy koning Saul kalmeer met sy lierspel (1 Sam 16:23 – voorloper van die ghitaar, sonder ‘n sleutelbord, wat met ‘n plektrum gespeel is) nie.  Hy kon ook met passie woorde inspan om God te loof met sy digkuns (in tientalle Psalms).

  • “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre … wat is die mens dan dat U aan hom dink?” (Ps 8:4)
  • “‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.” (Ps 16:6)
  • “Ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” (Ps 23:6).

Met net soveel passie kon hy ook die donkerte van die lewe beskryf en voor God se troon bring:

  • “Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, het my in die rug gesteek.” (Ps 41:10).
  • “My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?” (Ps 22:2)
  • ” U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink!” (Ps 22:4)

Dapper vegter

Maar Dawid was ook ‘n dapper vegter, wat lief was vir ‘n uitdaging, veral waar hy hoë risiko’s moes neem.  Dink maar aan die keer dat hy nader gekruip het na Saul in die grot, terwyl dié besig was om ‘n draai te loop, en ‘n deel van sy klere afgesny het, om hom die boodskap te gee, dat hy nie vir Saul wil kwaad aandoen nie (1 Sam 24).

Maar sy dapperheid het uiteindelik oorgegaan in ‘n liefde vir bloed, en het Dawid ‘n hele paar gruweldade gepleeg.  Op ‘n keer het hy die Moabiete in groepe op die grond laat lê, en vir elke groep wat hy laat lewe het, het hy twee groepe doodgemaak (2 Sam 8:2).  En ‘n ander keer het hy toegelaat dat 7 seuns van Saul se nageslag doodgemaak word (2 Sam 21), al het hy anders aan hulle belowe (1 Sam 24:21).

En tog kon hy met deernis optree teenoor manne saam met hom wat nie die pas in die oorlog kon volhou nie.  Op ‘n keer wou die manne wat enduit teen die Amalekiete geveg het, nie die buit deel met dié wat agter geraak het nie, en Dawid het net besluit almal kry gelykop van die buit (1 Sam 30:24).  ‘n Ware komplekse volronde karakter!

Maar dapper was hy beslis.  Geen wonder dat Israel gaande was oor hom nie.  ” U is soos tien duisend van ons”, sê die leër op ‘n keer, toe hulle wou keer dat hy teen Absalom uittrek (2 Sam 18:3).

Net vir Joab en sy broers, die seuns van Seruja, Dawid se half-suster, d.w.s. sy susterskinders, was hy versigtig (2 Sam 3:39), al was hulle blind-lojaal aan hom.  Hulle sou enigiets doen om Dawid se posisie te verstewig, al kos dit ook wat, en al is dit boos.  En Dawid het die voordeel daarvan gehad, hoewel hy nie altyd saamgestem het met hulle metodieke nie.  Eers op sy sterfbed het Dawid vir Salomo opdrag gegee om Joab te straf vir sy wandade, toe dié al oud was (1 Kon 2:5-6, 28 vv.).

Wyse man

Maar die belangrikste kenmerk van Dawid was dat hy wys was.  Hy het geweet om meer vriende te maak as vyande.  En hy kon ongelooflik strategies dink.  As Absalom hom laat vlug uit Jerusalem, dan maak Dawid planne soos hy uit die stad saam met sy mense stap, om die raad van Agitofel, die een wat Absalom gehelp het, en self ‘n strateeg van formaat, te verydel.  En ook dié opstand word die hoof gebied, al is dit met baie pyn en skade.

En sy keuse van hoofstad was in die kol – 3 000 jaar later is dit nog steeds die hoofsentrum van sy volk.

1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09

Abigajil – om met vrygewigheid te leef

1 Samuel 25

Verwelkoming

Toetrede

Ek is bly, ek is bly, ek verbly my in die Heer – Flam 111 en ou Jeug-tot-Jeugaksie lied – 35 jarige viering – koor

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 199 – Loof die Here uit die hemel, loof Hom deur wie ons bestaan – staan

Lied 190 – Grote God, aan U die eer!  Heerlik is waar U regeer – koor vers 2, gemeente vers 1 en 3 – sit

Kindertyd

Vertel die verhaal van Nabal.

  • As ‘n mens suinig is, hou niemand van jou nie.
  • As jy mededeelsaam is, maak jy baie vriende.

Dankoffer

Gebed

Skriflesing

God se liefde vergaan nooit nie, selfs al is Hy vir ‘n kort tydjie toornig op ons.  Met pragtige metafore beskryf God sy liefde in Jesaja 54 : “Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie.”  Soos iemand die week vir my sê: “Liewe Jesus is lief vir my.”

Oral in die Bybel word God geteken as ‘n God wat vergewe, wat genadig en barmhartig is, lankmoedig en vol liefde.  Hy is “die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is” (NGB artikel 1).

Dit is die basis vir ons eie vrygewigheid, wat ons met begrip, verdraagsaamheid en vriendelikheid laat optree teenoor ander. Soos Paulus sê: “Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees.” (2 Kor 6:6)

En ons gaan nou een van die beste voorbeelde hiervan in die hele Bybel lees, om dié beginsel te illustreer, die verhaal van Abigajil in 1 Samuel 25, ‘n vrou wat geleef het uit die liefde van die Here.

Woordverkondiging

Samuel se dood het die volk diep geraak.  Hy was ‘n man van integriteit; hy het die volk weer geleer wat dit beteken om met God in ‘n verhouding te lewe, sonder die ark; en hy was die laaste rigter-profeet.

Na hom was die vraag krities vir die volk.  Met watter tipe koning gaan hulle die toekoms in: Saul, die een wat eie-belang nastreef, of Dawid, die een na God se hart?

‘n Mens lees met groeiende kommer hierdie eerste verhaal na Samuel se dood.  Gaan Dawid uiteindelik regtig anders as Saul wees? En die antwoord draai om twee keuses: wysheid of dwaasheid – sal die komende koning wys wees of dwaas?

Jou hart sak nogal in jou skoene as ‘n mens lees dat Dawid hier gevaar loop om dwaas op te tree.  Net tevore, in die En-Gedi woestyn, het hy wys opgetree om nie vir Saul te probeer doodmaak nie, al kon hy.  Nou dreig hy om tot dwaasheid oor te gaan, omdat hy wraak wil neem vir die beledigings wat Nabal na sy kant toe slinger.  Dat Nabal ondankbaar is vir die beskerming wat Dawid ‘n jaar lank aan hom gebied het, stuit hom teen die bors.

Nabal

Die verhaal begin by Nabal, ‘n ryk en invloedryke man, wat ‘n oesfees hou nadat hy skape geskeer het. Dit is die regte tyd vir Dawid om hom te vra vir ‘n beloning, aangesien Dawid en sy manskappe die veewagters en hulle kuddes die hele jaar lank beskerm het en die fees gereël is vir almal wat betrokke was by die boerdery.

Nabal is egter nie net kortaf en onbeskof nie, maar ook beledigend teenoor Dawid.  Hy noem hom sommer ‘n wegloperslaaf. Hy tree heel anders op as sy voorvader Kaleb, wat ‘n man uit een stuk was.  Hy tree eerder op soos ‘n hond, die betekenis wat die naam Kaleb eintlik het.

Daarmee illustreer Nabal interessant genoeg dat hy dieselfde karakter eienskappe as Saul het.  Hy is net so dwaas soos Saul, van wie ons in hoofstuk 24 lees dat hy regtig jammer geklink het vir sy moorddadige gedagtes, toe Dawid sy lewe gespaar het in die grot waar Saul niksvermoedend ‘n draatjie gaan loop het en Dawid en sy manne geskuil het.  Maar, soos hoofstuk 26 gaan vertel, het Saul, soos ‘n dwaas, sy jammerte gou vergeet en weer vir Dawid in die Sifwoestyn agtervolg, hoewel Dawid dit darem weer daar reggekry het om vry te kom, en weer wys optree deur Saul se lewe te spaar.

Nabal se naam beteken nie verniet, dwaas nie.  Want dit is wat hy is – ‘n dwaas.

Ons leer in sy verhaal dat inhaligheid jou uiteindelik inhaal.  As jou hart toe is vir jou medemens, en nog erger, as jou hand toe is as jy die vermoë het om te help, dan boemerang dit uiteindelik op jou.  Regdeur die Bybel is daar die Nabals en die ryk jongmanne wie se hande vasgegroei het aan hulle besittings.  Maar dit is ‘n sonde wat jou uiteindelik inhaal.

Dit is wat Jesus ons ook leer in die Nuwe Testament.  Liefde is vrygewig.  Dit sien ons die beste in die voorbeeld wat Jesus vir ons gegee het.  Hy het sy lewe vir ons afgelê.

Daarom sê Johannes, in 1 Joh 5, behoort ons ook ons lewe af te lê vir mede-gelowiges.  Die oomblik dat ons ons hart en ons hand toe maak vir iemand wat gebrek lei, leef ons nie meer in die liefde nie, raak ons ‘n Nabal, ‘n dwaas.

En dit help nie ons doen dit ook net met woorde nie. Vrygewigheid met woord EN daad is die toets vir ‘n ware geloof.

Die wonder is dat 1 Johannes 5 dit vir ons uitspel dat vrygewigheid aan ons die vrymoedigheid gee om na God te gaan en van Hom te vra wat ons nodig het.  En die eindresultaat is dat ons in God bly en Hy in ons.

God roep jou dus vandag op om goed na te dink oor mense wat jy weet gebrek lei en om te oorweeg voor die Here hoe jy met dade gaan help.

Abigajil

Terug by die verhaal.  Terwyl Dawid woedend optrek teen Nabal om wraak te neem, verskyn Abigajil, Nabal se vrou, op die toneel en, anders as in beide Dawid en haar man Nabal se geval, tree sy met groot wysheid en sjarme op. Haar naam het dan ook ‘n positiewe konnotasie: “my God gee vreugde”.

  • Sy stuur ‘n groot versoeningsgeskenk vooruit (amper soos Jakob toe hy Esau tegemoet gegaan het – Gen 32), terwyl sy self agterna kom.  En dit is amper oordadig en uiters vrygewig, in direkte kontras met haar man se inhaligheid: 200 brode, wyn, 5 gaar skape, koring, rosyntjies en vye.  Dat dit so onmiddellik gereed was, beteken dat dit uit die feeskos bymekaar gemaak is.
  • En dan kom sy direk, amper asof dit ‘n Goddellike afspraak is, op Dawid af.  En sy vra om met hom vertroulik te praat, heel moontlik sodat hy nie in ‘n slegte lig gestel word voor sy manskappe nie.
  • En met roerende en welsprekende woorde, spreek sy haar onomwonde uit teen die dwaasheid en onreg van Nabal en maak eintlik verskoning dat sy nie vroeër raakgesien het wat gebeur nie.

Met hierdie optrede doen sy vier goed:

  1. Sy tree vrygewig op teenoor Dawid, en vergoed so vir Nabal se inhaligheid;
  2. Sy erken die goeie wat Dawid vir hulle gedoen het, en die kwaad wat Nabal hom aangedoen het, waarmee sy sy gevoel van onreg aanspreek;
  3. Sy erken Dawid as koning waarmee sy hom eintlik herinner waarheen hy op pad is, en eksplisiet haarself agter die roeping wat God vir hom het, skaar;
  4. Sy keer dat Dawid se woede hom net so dwaas laat optree as Saul en Nabal, sodat daar ruimte kom vir God om op te tree.

Sy illustreer eintlik die twee waardes waaroor ons verlede week in Psalm 15 gepraat het, omgee en geregtigheid.  Sy gee om wat Dawid gaan doen, uiteraard ook omdat dit haar mense gaan raak, maar nog dieper, herinner sy Dawid aan wat die wraak aan homself gaan doen.  En sy erken dat Nabal verkeerd was en bevredig so Dawid se sin vir regverdigheid.

Hoe mooi sê sy nie vir Dawid nie: “mag hierdie voorval dan nie vir u tot kwelling en gewetenswroeging wees omdat u onskuldige bloed vergiet het deur die reg in eie hande te neem nie.” (:31)

Dit is ‘n belangrike lewensles.  Sy leer ons dat wysheid is om op God se tyd te wag en die wraak aan Hom oor te laat.  Paulus sou heelwat later hieroor skrywe (Rom 12:19-21): “Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God” … “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld.” (uit Deut 32:35 aangehaal) … “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

En so wys Abigajil ons hoe ‘n mens moet optree wanneer dwaasheid en wraak dreig om die storie van God met sy volk te laat ontspoor.  Sy spandeer geen tyd met die dwase een, Nabal, nie, maar doen baie moeite om die een wat nog nie tot dieselfde vlak gedaal het nie, Dawid, te oortuig om met wysheid op te tree en God ‘n kans te gee om op te tree.

En laat ons dit goed onthou, dit is nie net Dawid en Nabal, en natuurlik ook Abigajil se lewens wat hier op die spel is nie.  Dit is die volk se lewe wat hier geraak word – Samuel is dood, Saul maak droog, en Dawid se woede dreig om hom te laat daal tot dieselfde vlak waarop Saul opereer.  En as hy sou wraakneem, sou daar regtig ‘n baie donker tyd vir die volk aanbreek …

Die Here tree dan ook inderdaad op, wanneer die ruimte vir hom gelaat word deur Dawid.  Wanneer Nabal die volgende oggend van alles hoor, kry hy ‘n hart aanval (letterlik: sy hart het soos klip geraak in hom – ek verstaan nie regtig die verwysing na ‘n beroerte-aanval in NAV nie) en sterf tien dae later. Die Here het dus opgetree sonder dat Dawid self bloed vergiet het en sonder dat hy die inwoners van suidelike Juda, waar Nabal ‘n invloedryke persoon was, die harnas ingejaag het.

Abigajil illustreer ook hier vir ons ‘n baie belangrike geestelike beginsel, wat Paulus later in 2 Korintiërs 9:6-15 sou beskryf: “Wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.” God het die blymoedige gewer lief, een wat nie teësinnig of uit dwang gee nie.

En die belofte van die Here is, dat ons vrygewigheid die sluise van die hemel oopsluit, want God is by magte om aan ons alles in oorvloed te skenk, sodat ons in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.  God kan ons vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.

Ek wil jou daarom uitdaag die week om die Here te beproef hierin: Wees vrygewig teenoor mense in nood en teenoor die werk van die Here in die gemeente en gemeenskap.  Jy sal verstom staan met die opbrengs van dankbaarheid en voorsiening.

Dawid

Terug by die verhaal.  Dawid kon dus ervaar dat ook wat betref die koningskap, hy sake rustig in die hande van die Here kon laat.

Daar is immers niks so gevaarliks as wanneer ‘n mens dink dat jy benadeel is nie. Die woede as jy meen dat jy veronreg is, kan jou dryf tot erge stryd en wraak en vergelding.

Daarom moet ‘n mens ten alle koste waak daarteen dat die gevoel die oorhand oor jou kry. Dit is waarom die Bybel sê dat ons ons nie teen die kwaadwillige moet verset nie (Matt 5:38-42) en nie kwaad met kwaad moet vergeld nie (Rom 12:17-19; vgl 1 Kor 6:7-8; 1 Tes 5:15; 1 Pet 3:9), omdat dit God se verantwoordelikheid is (Deut 32:35; Rom 12:19; Heb 10:30) – vgl die Bybel in Praktyk.

Wat die gelowige moet doen, is om sy vyand lief te hê (Matt 5:43-48; Rom 12), in gesprek te tree dat dinge reggestel kan word en daar versoening kan kom, en die Here te vertrou vir die uitkoms, selfs al lyk dit soms of dit aanvanklik selfs nog slegter gaan.

Dawid kry uiteindelik baie meer as wat hy met die wraak sou regkry.

  • Sy manskappe word beloon deur die vrygewigheid van Abigajil.
  • Nabal word deur die Here getref en is nie verder ‘n faktor in die verhaal nie.
  • Hy trou uiteindelik met Abigajil, waarmee hy ‘n bekwame vrou kry, ‘n vrou van dieselfde formaat as sy groot-ouma Rut.
  • Maar die bonus is ook ‘n versterkte invloed in suidelike Juda wat uiteindelik ‘n groot rol in die erkenning van sy koninskap sou speel.

En breër gesien, hy kry dit reg om anders as Saul op te tree en wys onomwonde aan die volk dat hy die regte tipe koning gaan wees. Hy is dapper … EN gehoorsaam aan God, hy tree met krag op teen die bedreigings van die Filistyne … EN hy wag met wyse geduld op God se ingrype om regstelling waar sy eie belange in gedrang kom.

Dawid leer hier dus om nie geestelik of polities dwaas op tree nie, maar om die verloop van sake in God se hande te laat en te doen wat die Here op sy hart lê.

En dit alles weens die vrygewigheid, sjarme en wysheid van Abigajil.  Sy staan soos ‘n helder baken uit in die verhaal, en sy is die een wat die skrywer vir ons voorhou as die voorbeeld om te volg, om ‘n karakter na God se hart te wees.

Ek sluit af

Die bottomline van vrygewigheid is volkome vertroue op die Here. Lees gerus Spreuke 3:5-10 die week wat dit beklemtoon.  Daarsonder kan ‘n mens eintlik nie anders as om inhalig te wees soos Nabal nie.  Dit sluit in dat jy nie op jou eie insigte staat maak nie, maar God ken in alles wat jy doen.  Dan sal Hy jou die regte pad laat loop.  Hierdie absolute fokus op God, beteken dat jy die slegte kan vermy, en dat jou lewe fisies en geestelik genees word.

My uitdaging aan jou die week is: Oorweeg weereens biddend hoe jy die Here kan vereer met offerandes uit alles wat jy besit, en met die beste uit jou oes.  En beproef die belofte van die Here: “dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.”

Gebed

Aankondigings

Slotlied

Lied 523 – Goddelike liefdebande bind in Jesus mense saam – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan