Skip to main content

Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4

Laai hier die mp3 klankbaan af.

Terugvoer

Ons leer deur ons eie stories te vertel.

Dink eers alleen na oor jou kontak met mense vandag.

Lys almal wat jy kon groet, waar jy oor ‘n grens kon gaan, waar jy ingenooi is in hulle lewe of huise of kantore, en jy die geleentheid gehad het om aan ‘n dieper verhouding te bou.

o   Vanoggend

o   Vanmiddag

Sommige sal baie kontakte gehad het en ander minder.  En dit is heeltemal OK.  As jy niemand regtig kon groet nie, of daar nie grense oorgesteek is nie, dink dan oor mense wat jy graag môre sou wou groet.

Dit kan iemand wees wat vreemd was of jou uit jou gemaksone uitgeneem het.

Vertel vir mekaar die storie van jou ontmoeting met die persoon(e).

Konsentreer veral op hoe dié ontmoeting JOU geruk of getroos of geseën het.  Vertel dit asof hy/sy nou by julle is.  Onthou die waardes van leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid.

Dink na hoe God jou voorberei het vir die ontmoeting met die persoon (oop/kwesbaar).

Ek gaan tyd gee vir 3 persone om met ons te deel wat gebeur het – en wat julle geleer het van die Gees wat ons oor Grense stuur.

Teks

Handelinge kan opgedeel word in ongeveer 6 breë bewegings wat telkens afsluit met ‘n paar opsommende opmerkings van Lukas oor die vestiging en uitbreiding van die woord van God en die getal gelowiges.

Elke keer is dit asof Lukas ‘n pouse daarmee skep voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, kultureel, eties,  intellektueel, en polities.

Eerste beweging: 1:1-6:7 – Jode in Jerusalem

Die goeie nuus oor Jesus versprei na ander Jode in Jerusalem deur die werk van Petrus en Johannes en die ander apostels.  Dit sluit ‘n hele lys van “godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son” (2:5) in wat op Pinksterdag na Petrus-hulle luister: Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere.   ‘n Verlamde man word genees wat tot ‘n groot stuk getuienis teenoor die Joodse volk en twee keer teenoor die Joodse Raad lei.

Dit sluit af met die opmerking in 6:7 – “Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs ‘n groot aantal priesters het gelowig geword.”

Drie grense word hier oorgesteek:

1.      Die eerste interne Joodse gemeenskapsgrens na Jerusalem en die Joodse Raad word deur die gemeente oorgesteek, sowel as

2.      die eksterne Joodse gemeenskapsgrens na die godsdienstige Jode uit al die ander nasies.

3.      En die gemeente self steek die grens oor tussen die Hebreeussprekendes en Griekssprekendes deur hulle weduwees gelyke behandeling met die daaglikse versorging te gee.  En sewe Griekssprekendes word aangestel om dié werk te verrig, waaronder Filippus waarvan ons nou gaan lees.

Tweede beweging: 6:8-9:31 – Jode in Judea, Samaria en Afrika

Die goeie nuus oor Jesus versprei geografies, na die vervolging wat met Stefanus se marteldood begin, merendeels na Jode in Judea, Galilea en Samaria (van gemengde Assiriese en Joodse afkoms) sowel as Afrika (Etiopiese amptenaar – heel moontlik een van die godsdienstige Jode op pad terug na die Paasfees nadat hy God daar gaan aanbid het) met die Griekssprekende evangelis Filippus se grensoorskryding wat veral uitgesonder word, hoewel 8:4 sê dat dit ‘n beweging van gewone gelowiges was: “Die gelowiges wat uitmekaar gejaag is, het so ver as wat hulle gegaan het, die evangelie verkondig.”

Die beweging sluit af met die opmerking in 9:31 – “In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk ‘n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe, die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem.”

Die horisontale geografiese uitbreiding begin sy aanvang neem, maar hier word die grense nog merendeels na Jode in ander dorpe en stede oorgesteek, wel ook na Jode van ‘n ander etniese groep.

Oor Filippus:

Twee spesifieke stories van Filippus se grensoorskryding, een van die sewe brugbouers (nie die apostel nie), ‘n Grieksprekende Jood, word vertel:

1.      Sy uitreiking na ‘n stad in Samaria (moontlik Samaria self, wat in dié tyd oorwegend Grieksprekend was;

a.      Dit kon Sigem gewees het, naby Sigar, wat tot vandag toe eintlik die middelpunt van die Samaritaanse lewe was. Dit word vandag Neapolia genoem.

b.      Interessant is dat Sigem ook met Abraham verbind word [Gen 12:6] en dat Stefanus juis in sy toespreek na Sigem verwys [7:16]).  Dit word nou die plek waar die evangelie vir die tweede keer aan die Samaritane verkondig word.  Jesus het dit die eerste keer in Sigar gedoen aan die Samaritaanse vrou by die put.

c.       Dit bly verrassend dat Jesus in Matt 10:5 eintlik sy dissipels verbied het om die evangelie aan Samaritane te verkondig, maar tog self die ontmoeting met die Samaritaanse vrou gebruik het om die dorpie te bereik.  En hier kom die evangelie nou na hulle toe in die persoon van Filippus.

2.      die Etiopiër op die pad na Gasa toe, wat ‘n volgende grens is wat oorgesteek word, sosiaal-maatskaplik, etnies en ook godsdienstig (‘n ontmande was nie welkom in die Joodse gemeenskap nie).

Lukas het dié stories heel moontlik gehoor toe hy later by Filippus en sy 4 profetes-dogters in Sesarea oorgebly het (21:8).

Kom ons lees die verhaal – Handelinge 8:26-40

Woordverkondiging

God se beplanning

Die eerste perspektief wat ek op die tafel wil sit, is dat dié ontmoeting met die Etiopiese amptenaar haarfyn deur God beplan is.

Eers praat die Engel van die Here, baie keer met God self geassosieer in die OT, met Filippus om na die pad van Jerusalem af na Gasa te gaan.

Dan praat die Gees (λέγω) direk met Filippus, en beveel hom om te gaan loop saam met die wa van die Etiopiese amptenaar (8:29).

En na die Etiopiër tot geloof kom en gedoop is, neem die Gees van die Here vir Filippus weg (ἁρπάζω) (8:39).

Dit is nogal ‘n algemene ding in Handelinge – dat God mense inspan om Sy beplanning uit te voer.  Die gemeente en die leiers wag op God voordat hulle optree.

Begelei om te verstaan

Die tweede perspektief wat ek op die tafel wil sit, is die groot klem wat Filippus plaas op begrip van die evangelie.

Een van die groot hermeneutiese vrae van ons dag is volgens Dirkie Smit: “Verstaan jy eers iets as jy spesifieke metodes gebruik het om dit te verklaar of nie?” (Neem, Lees, 2006:66)

Daaragter lê die konflik tussen verklaar en verstaan, tussen die meer objektiewe, beskrywende verklaring van iets en die meer subjektiewe, toe-eienende, toepassende verstaan van iets.

Filippus se intree-vraag aan die Etiopiese amptenaar bly relevant tot vandag toe nog: “Verstaan jy wat jy lees?” (:30)

Deur ‘n interessante woordspel op die woord γινώσκω (verstaan) in die oorspronklike Griekse vraag: γινώσκω ἀναγινώσκω (verstaan jy wat jy lees), wys Filippus hoe verstaan nie gelyk is aan lees nie.

Die antwoord van die amptenaar is netso relevant.  “Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?” (:31) antwoord hy vir Filippus.   Die woord wat hy gebruik vir “uitlê” is ὁδηγέω, wat beteken om te “lei” of “begelei” (soos ‘n gids).  En dít is presies die tipe begeleiding wat Filippus vir hom gee.

Hy klim saam met die amptenaar op die wa en begin ‘n lewensveranderende reisgesprek met die amptenaar.  Hy sluit aan by die vrae wat die amptenaar het oor die lees van die teks (Jes 53:7-8) en beweeg daarvandaan na die evangelie van Jesus Christus.

Die evangelie gaan vir hierdie amptenaar oop, en dit is interessant dat hy vra of iets nou gaan verhinder dat hy gedoop word.  En met ‘n eenvoudige geloofsbelydenis klim Filippus en hy by ‘n riviertjie af en hy word in die koninkryk van God ingedoop.

Filippus steek grense oor

Die derde perspektief wat ek op die tafel wil sit, is die grense wat in dié verhaal oorgesteek word:

  • Hy was kennelik ‘n vername man wat hoër op die sosiale leer was as Filippus. Hy was ook heel moontlik ryk, omdat hy die minister van finansies van sy koningin was. Daarby was hy van ‘n ander ras. ‘n man van Kus uit Afrika, Ethiopië aan die onderpunt van Egipte.
    • Interessant is die storie wat in Jeremia vertel word van ‘n ander Etiopiër Ebed-Melek (slaaf van die koning), wat ook ‘n ontmande was en in die paleis gewerk het. Met Jeremia se ontberinge in die put het hy ‘n bevel van die koning gekry om hom daar te gaan uithaal, waarna Jeremia toe in die koning se binneplaas gebly.
  • Maar die belangriker grens in terme van die Bybelse verhaal, is dat hy ‘n ontmande was. En laat ons onmiddellik onthou, dit het beteken dat hy nie in die Ou-Testamentiese volk van God opgeneem sou kon word nie (Deut. 23:1).
  • Die interessante is dat hy in Jesaja lees, en die vraag is of hy nie ook die gedeelte in Jes. 56:3-5 gelees het wat juis ‘n toekoms vir ontmandes voorspel: “‘n Nie-Israeliet wat by die volk van die Here aangesluit het, moenie dink: die Here sal my van sy volk afsny nie. ‘n Ontmande moenie van homself dink: ek is maar ‘n droë boom nie. So sê die Here: Aan die ontmandes wat my sabbatte onderhou, wat kies vir wat Ek wil, en wat lewe volgens my verbond, aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure ‘n teken gee, ‘n erenaam wat beter is as seuns en dogters. Ek sal aan sulke mense ‘n naam gee wat nie uitgewis sal word nie.”

Filippus volg die leiding van die Gees en steek hierdie grense oor om hierdie man met die evangelie van Jesus Christus te bereik.

Die betekenis vir ons

Ek dink dit lê op drie vlakke:

  • Om na God te luister en Hom te volg in sy leiding. Ons het gister al verwys na die apostels wat op gebed en die woord sou konsentreer. Die orde is nogal vir my relevant: om God se wil uit te vind is die sentrum van die lewe. Daarsonder kan ‘n gemeente nie sy roeping vervul nie. Dit is onder andere waarom ons sulke geleenthede soos Pinkster het, maar ook ons eredienste en kleingroepe. Die Biddend Luister is een plek waar al dié goed bymekaar kan kom.
  • Ons moet erns maak met ons begeleiding van mense om regtig te verstaan. Dit beteken dat ons aan ons taal en musiek en kommunikasie moet werk, sodat mense KAN hoor.
  • Die derde vlak waaraan ek meer aandag wil gee, is die grense wat ons moet oorsteek.

Etnisiteit

Etnisiteit was eintlik ‘n grens wat Filippus maklik oorgesteek het.  Eintlik is dit waar van al vier grense wat ek hier bo genoem het.  Die godsdienstige grens het ‘n groter potensiaal gehad om hom af te sit, maar dit het nie.

As ons egter na ons dag kyk, is dit steeds ‘n grens wat baie mense onder ons moeilik oorsteek.

Ons sukkel steeds met kleur in ons land.  Selfs die stemmery in die onlangse verkiesing volg basies kleur skeidslyne.  Miskien verander dit nou ‘n bietjie met die nuwe party Cope, maar die uitsonderings bevestig eintlik nog steeds die reël.

Nie dat ons nie weet dat dié eenheid wat God bring rondom die evangelie, soos die verhaal van die Etiopiër ons weereens herinner, die grense van ras moet oorsteek nie, sodat kleur, etnisiteit, en kultuur nie in ons pad staan om ‘n ware reënboog gemeenskap as beeld van God te vorm nie.

Want dít is waaroor dit gaan – ons almal is die beeld van God, en elkeen van ons het ‘n bydrae om te lewer.  As een van ons ons afskei, en nie wil saamstaan om God te verteenwoordig op hierdie aarde nie, dan skend ons die beeld van God.

Ons kan leer by kinders

Ek het onlangs ‘n kragtige boek van ‘n African-American, Brenda Salter McNeil,  A Credible Witness, gelees, waarin sy op treffende wyse hieroor skryf.

En sy vertel ‘n storie van haar jong kind wat haar lof besing het by sy onderwyser, en dié toe vir haar genooi het om met die graad vier klas oor rassisme te kom praat.

En het hy haar gewaarsku, sy moenie droogmaak en hom in verleentheid bring nie!

Sy besluit toe om ‘n puzzle te bou met hulle en deel vir elkeen ‘n stukkie van die puzzle uit.  En begin toe haar praatjie om eers te praat oor puzzle bou, en uit te vind hoe hulle dit gewoonlik doen – om dan uiteindelik natuurlik ‘n boodskap daaruit vir hulle te onderstreep, oor rassisme – dat almal van ons mekaar nodig het as die beeld van God.

Maar terwyl sy begin verduidelik, sien sy agter in die klas ‘n klompie wat besig is met iets, sy weet nie wat nie, maar hulle luister nie na haar nie.  Sy loop toe nader en kom agter, hulle is besig om die stukkies van die puzzle in mekaar te begin pas, sonder dat sy nog vir hulle die opdrag gegee het om dit te doen.

En toe sy hulle daarna vra, sê hulle:  “The pieces are supposed to go together.  It doesn’t make any sense if we don’t put all of our pieces together.” (2008:85)

Om Christus te kies is ook om vir sy liggaam te kies

Wat ‘n tydige boodskap – uit die mond van kinders!  Ons is bedoel om saam te wees.  As ons nie al ons stukkies by mekaar sit nie, dan maak die beeld nie sin nie.

En ons as kerk moet dié woord goed hoor.  Tony Campolo sê in die voorwoord van Salter se boek: “A church that is not unified is a scandal and a contradiction of the gospel.”

Salter McNeil onderstreep ‘n sentrale waarheid in haar boek, dat om Christus te kies, is om ook vir sy gemeenskap te kies – en dié gemeenskap is opgebou uit elkeen wat die naam van Christus noem, wat kies om met Hom geassosieer te word, wat bely dat hulle deur Hom uitgekies is om deel van sy liggaam te wees.

En die ongelooflike voorreg van só deel van sy gemeenskap te wees, is dat ons eenheid, midde in ons diversiteit, ons verskille van ras en kleur en kultuur, een van die kragtigste maniere is om die werklikheid van wat Jesus vir ons in Paasfees aan die kruis bewerk het, en deur die Gees op alle mense met Pinksterdag uit te stort, te demonstreer … sodat die wêreld kan glo.

Ons het ‘n nuwe storie nodig

Ek dink ons as kerk het ‘n nuwe storie nodig in dié land van ons – ‘n storie wat sin maak, ‘n storie wat die moeite werd is om voor te lewe, ‘n storie wat vir ons vertel wie ons is en wat ons sin en betekenis in die lewe gee.  En dit is ons almal se storie, elkeen van ons het ‘n rol daarin, soos ‘n stokvel, om die gesamentlike storie te kan skryf wat sy oorsprong het in die feit dat God vir ons lief is net soos ons is, swart, wit, bruin en geel, en ons en ons stories is die moeite werd vanweë Christus

En ek dink die begin van daardie storie, is die storie van Jesus by die put in gesprek met die Samaritaanse vrou wat ons Sondagaand gelees het. En die storie word voortgesit met Filippus in Samaria en hier by die Etiopiër en verder aan met Petrus en Kornelius en Paulus in Asië en Europa, waarop ons die res van die week gaan konsentreer.

Ons moet grense oorsteek – want dit is hoe die evangelie werk!

Ek dink die Here gee vir ons met hierdie tekste ‘n model wat wys hoe ‘n mens ander moet lief hê oor grense heen, grense van godsdiens, en etnisiteit en sosiale en politieke affiliasie.  Jesus wys hier vir ons hoe om verhoudinge te bou wat wederkerig is en daag ons uit om ‘n diep verrykende verandering in ons gemeenskappe te begin.

Te veel keer preek ons die vertikale waarheid van die kruis, dat ons met God versoen is deur Jesus Christus.  En dit is waar – maar dit is net een deel van die waarheid.  Daar is ‘n horisontale werklikheid wat ook aangespreek moet word, die mure wat ons verdeel, is afgebreek en ons is nou een bloed-verwante familie in Christus … en om enigiets minder as dit te preek, is ‘n een-dimensionele boodskap.  Soos Salter sê: “(it) is not the cross but a “stick” that we can use to hit people over the head.” (2008:21)

Wat beteken dit vir ons?

  • Ons moet doelbewus uitreik na mense wat anders as ons is om die eenheid in Christus te beleef en te vier.
  • Ons moet wederkerigheid en interafhanklikheid ontwikkel – Jesus vra vir water, en later die vrou ook!
  • Ons moet ons gemaksones verlaat – d.w.s. ons moet ons Etiopiër vind! Ons praat baie van ons getuienis wat gehoor moet word in Jerusalem en Judea en tot aan die uiterste van die aarde, maar minder oor ons getuienis wat gehoor moet word in Samaria, dié plekke wat vir ons ongemaklik is, waar ons grense van andersheid moet oorsteek. Dit is dié plekke ná aan ons, maar wat ons uit ons gemaksone uitneem. Dit is Afrika.
  • Dit beteken dat ons mag moet prysgee en ander se behoefte moet omhels. En ons moet dit nie net doen, omdat dit “nice” is nie, maar omdat dit noodsaaklik is. Die evangelie is net evangelie as dit bereid is om oor grense te gaan.
  • Uiteraard bly só ‘n grens oorsteek storie ‘n risiko – dit was ook vir Jesus ‘n risiko, sy reputasie was op die spel in gesprek met die Samaritaanse vrou en hier vir Filippus met ‘n Etiopiese ontmande. Maar die uitkoms was die risiko werd, ‘n vrou wat haar waardigheid terug gekry het, wat God gevind het, ‘n getuie in haar omgewing geword het en versoening tussen haar Samaritaanse dorpie en die Joodse geselskap van Jesus gebring het. En die Etiopiër se getuienis het ‘n omkeer in die Ethiopië gebring, wat tot vandag toe nog vrug dra.

Uitdagings in Afrika

Ons is vasgevang in ‘n onontwykbare netwerk van gemeenskaplikheid, verbind in ‘n enkele kleed van bestemming (Martin Luther King Jr.: “We are all caught in an inescapable network of mutuality, tied into a single garment of destiny.  Whatever affects one directly, affects all indirectly).  Wat ook al vir jou affekteer, affekteer vir my, en andersom.

Ons sal daarom moet leer om die verhouding wat mense in Afrika met die onsigbare wêreld van die geeste het, te hanteer.

Die drie groot vrese in Afrika is volgens ‘n nuwe boek Mission in an African Way die vrese vir voorouers, vir heksery en toordery en vir onreinheid (bv. die dood, aborsie, miskrame, geboorte van tweelinge, ‘n lang reis).

Tradisioneel het ons ons wenkbroue daaroor gelig en dit as bygeloof, en nog erger, as onbeskaafd beskou en iets wat hulle net moet los.  Ek dink baie van ons dink steeds, hulle moet net bykom!

Maar ons sal moet besef dat dit vir Afrikane net so ‘n werklike manier is om na die wêreld te kyk, as wat ons eie meer wetenskaplike wêreldbeeld vir ons is. En hulle moet met respek en sensitiwiteit hanteer word.

Hierdie idees is een van die maniere waarop Afrika sin maak uit goed wat gebeur waarvoor hulle nie ‘n verklaring het nie; dinge soos toevallige gebeure, veral die voortydige dood van kinders, en onverklaarbare voorspoed of teenspoed.

En deur Afrika bloot te stel aan die evangelie, sonder om hierdie vrese ook aan te spreek, laat mense in ‘n vakuum.

Voorvaders

Nou ek dink ons besef nie hoe baie die voorvader ding ooreenkom met die rol wat tradisie in ons eie geskiedenis speel nie.  Die groot manne en vroue in ons eie verlede is ook maar soos voorvaders.  Want, en dit is belangrik, die voorvaders word nie soseer aanbid nie, maar geëer en vir wysheid gevra, wat baie keer deur drome gebeur.  Daar moet in harmonie met hulle gelewe word, want dit beteken dat die waardes wat vir hulle gegeld het, ook vir jou en jou familie sal geld.

En as ‘n mens die Bybel uit die hoek van ‘n Afrika-verstaan lees, toon die aanhalings van die OT en selfs Jesus oor Abraham, Isak en Jakob asof hulle lewendes is, nogal verrassende ooreenkomste met die rol wat voorvaders speel in Afrika.  Julle moet leef soos julle vaders geleef het – of op ander plekke: julle moenie leef soos sekere van julle voorvaders geleef het nie.

En die berg van verheerliking?  Jesus in gesprek met Moses en Elia, lank reeds oorlede, in die teenwoordigheid van 3 dissipels?  Afrika mense noem hulle die “living dead”.  Moeilik om te sê, daar is nie so iets soos voorvaders nie, as jy só na die Bybel kyk!

Een voorstel van Yusufu Turake, in die nuwe Africa Bible Commentary (geskryf deur 70 Afrika teoloë, 2006:480), is om Jesus as die vervulling van die voorvader kultus te verkondig.  Hy is nou die een na wie toe ons gaan met ons probleme en wat met ons kommunikeer.  En die boek Hebreërs is ‘n goeie boek om as agtergrond daarvoor te gebruik.  Of, ‘n bietjie spitsvondig, na God se stem op die berg van verheerliking te verwys, wat met die verdwyning van Elia en Moses, gesê het, “Luister na Hom!”

Ek dink ons sal moet erken, Afrika se mense het nie net ‘n hoë premie wat hulle plaas op verhoudings onderling nie, maar ook ‘n hoë premie op verhoudings met die geestelike wêreld.  John Mbiti sê daaroor:

“Whatever science may do to prove the existence or non-existence of the spirits, one thing is undeniable, namely, that for African peoples the spirits are a reality which must be reckoned with, whether it is a clear, blurred or confused reality. ” (Mission in an African Way, 2007:20)

En dit moet ons respekteer.

Heksery

Nou voorvaders is nog een ding, en die hele storie van onreinheid kan ‘n mens nog met geduldige blootstelling aan bv. ‘n meer wetenskaplike verstaan van wat met aborsie en miskrame gebeur, hanteer.

Maar wat doen ‘n mens bv. met iemand wat kom vra om ge-ont-heks te word?

Dit is ‘n algemene ding in ‘n Afrika-kultuur.

Ek lees die storie van ‘n sendeling in Zambië wat gevra is om Elizabeth Mulenga in Lusaka te ont-heks (Mission in an African Way: 17).

Elizabeth was getroud met John, en moes toe van die platteland na die stad toe trek.  Maar sy kon nie aanpas by die stadslewe nie en het verskeie kere gevra dat hulle eerder na die platteland moes verhuis.

John het geweier want daar was beter geleenthede vir bevordering in die stad.  Toe sy dit nie langer kon uithou nie, het sy gevlug na haar familie in die platteland en daar haar frustrasie uitgespel met die woorde: “Ek wens ek kan skei.”

Drie dae later is John in ‘n motorongeluk dood in Lusaka.  Toe Elizabeth die nuus kry het sy ‘n kreet geuiter en flou neergeval.  Sy het geweet sy het ‘n heks geword en haar man doodgemaak.

Die hele gemeenskap het hierdie geloof gedeel.  Maar omdat daar nie vantevore hekse in Elizabeth se familie was nie, het hulle geglo, het sy nie die heksery geërf nie, en kon dus genees word.  Sy was ‘n “toevallige” heks.

So – die sendeling word gevra om haar te ont-heks.  Die probleem was, hy wou vir haar bid, en was seker die Here sou haar van die effek van die bygeloof genees.  Maar sy denominasie het dit nie goedgekeur nie, en die familie is na ‘n ander kerk waar sy ge-ont-heks kon word.

Wat dink jy moes hy gedoen het?  En wat sou jyself gedoen het?

Die Afrika Geïnisieerde kerke het geen probleem daarmee nie.  Nie net omdat hulle dié dinge self glo nie, maar omdat hulle weet dat as hulle bid en vra vir genesing, die vrou die ervaring sal hê dat sy genees is.

Hulle houding is hieroor as volg.

  • Daar is sekere goed in Afrika wat smaak aan die lewe gee, dinge soos musiek, dans en verhoudingsbou,
  • daar is ander goed wat goed is en bewaar moet word, ubuntu bv.,
  • en dan is daar ander goed wat genees moet word, omdat dit siek is.

Maar jy genees nie iets, deur eers vir die persoon op ‘n kursus te sit, hoe ek van my idiotiese idee van heksery ontslae kan raak nie! Jy doen dit deur te bid, en te bid vir genesing van die werklikheid van heksery, en die Here vertrou dat die waarheid mettertyd volledig sal vrymaak van alle vrese.

Een van die maniere waarop hierdie kerke dit doen, is deur ‘n nuwe “extended family” te verskaf vir mense wat hulle tradisionele huise verlaat het en hulle op die manier help om ‘n soort “split identity” te voorkom. En waarin nuwe Christelike kennis en houdings, vaardighede en gewoontes aangeleer kan word wat op die lang termyn ‘n nuwe wêreldbeeld tot gevolg kan hê.

Refleksie

Dink nou weer na oor die persoon(e) wat jy vandag kon groet.

  • Wat dink jy is God besig om deur die persoon(e) met jou te laat gebeur?
  • Wat wil jy bevestig by dié mense?
  • Wat moet in jou verander?
  • Wat is jy besig om te leer wat jy beter sou wou doen?
  • Na wie toe stuur die Here jou weer terug?

Môreaand se Pinksterdiens

Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – Handelinge 10

  • Ons leer by Petrus hoe die Gees hom ‘n kultuur grens laat oorsteek na die Italiaanse soldaat, Kornelius (Handelinge 10 ) – en ons dink na oor hoe ons in gasvryheid die grense na ons eie omgewing kan oorsteek.
  • Die vraag: wie is in en wie is uit, word hier beantwoord.

Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5

Laai hier die mp3 klankbaan af.

Die hartland van die Christelike geloof skuif gedurig

Die worsteling met diversiteit is nie ‘n nuwe ding nie. Inteendeel, dit is interessant as ‘n mens terugkyk oor die afgelope 20 eeue, hoedat die geskiedenis van worstel met identiteit homself telkens herhaal.

Die sentrum van die Christelike geloof skuif gedurig.  Die Christelike geloof het ‘n herhalende patroon waarvan die hartland gedurig aan’t skuif is (Andrew Walls, The Cross-Cultural process in Christian History; studies in the transmission and appropriation of faith, 2002).

Tydens Jesus se hemelvaart was Jerusalem en Palestina die sentrum van die vroeë kerk. Ná die vervolging in Jerusalem begin (hfst. 7-8), vind die verspreiding van Christene oor die bekende wêreld van daardie tyd plaas. Só skuif die hartland van die Christelike kerk algaande na Klein-Asië, Europa, Rome, en ‘n paar eeue later na Egipte en Noord-Afrika. Dit beweeg oor geografiese, politieke, etniese en godsdienstige grense heen.

Walls beskryf dié proses (2002:32):

“In each case a threatened eclipse of Christianity was averted by its cross-cultural diffusion. Crossing cultural boundaries has been the life blood of historic Christianity. It is also noteworthy that most of the energy for the frontier crossing has come from the periphery rather than from the centre.

Die kerk steek hier die godsdiens grens oor na alle kulture

En dit is wat ons hier in Handelinge ook sien.

Die eerste grense wat oorgesteek was, was Joodse grense: na die Jode van ander nasies wat in Jerusalem vir die Paas- en Pinksterfees was; na die Joodse Raad; na die Grieksprekende gelowiges wat saam met die Hebreeussprekende gelowiges in een gemeente ingesluit is; na die half-Joodse Samaritane, na die Ethiopiese Jood op pad na sy geboorteland.

Alles dra by tot die groei van die kerk.

Maar tog bly die kerk steeds ‘n Joodse verskynsel.

Tot in Handelinge 10 met die epogmakende skuif van die evangelie na heidene, nie-Joodse mense, mens van ‘n ander kultuur en ‘n ander godsdiens.

En dit is insiggewend dat die Here die hoofindoena van die kerk van Jerusalem, Petrus, kies om die eerste treë te gee op hierdie pad.  Hy was ‘n getemperde leier, wat met groot vrymoedigheid en oortuiging opgetree het, van die verkiesing van Mattias af in hfst 1, regdeur al die toesprake op Pinksterdag en tot by die tempeltoespraak na die verlamde man se genesing en die gevolglike verskyning voor die Joodse Raad.

En met die optrede van Stefanus en Filippus in Jerusalem en Samaria, is die tyd ryp vir die volgende skuif.  En God gebruik vir Petrus.

Twee hoofstukke in Handelinge (10-11) word gewy aan Petrus se kultuur-en veral godsdiens-bekering wat hierdie skuif begin en motiveer en wat ook tot die bekering en grensoorskryding van die kerk lei.

Daar is drie perspektiewe wat my getref het, hoe dié bekering moontlik geraak het.

  • Die eerste is hoe God daarin gewerk het.
  • En die tweede is die wyse waarop vooroordele opgehef is.
  • Die derde is die rol wat gasvryheid gespeel het.

1.  God beweeg hemel en aarde om Kornelius te bereik!

Die verhaal begin met ‘n skets van Kornelius wat God dien, maar tog nie ‘n praktiserende Jood geword het nie.  In die oë van die Jode was hy dus nog ‘n heiden, van ‘n ander geloof of godsdiens.

Maar dit is juis hierdie heiden, hierdie man wat nie net van ‘n ander kultuur en ‘n ander etnisiteit is nie, maar boonop ook nog van ‘n ander godsdiensoortuiging is, wat deur die evangelie bereik word.

Hoe wonderlik dat ons hier leer dat God nie partydig is nie.  God tref nie onderskeid nie. Die mens se uiterlike voorkoms of uiterlike sosiale of godsdienstige verbintenis speel nie vir God ‘n rol nie, want God meet nie volgens menslike standaarde nie. God is Iemand wat veel meer geïnteresseerd is in mense se houding teenoor Hom.  God verwag van die mens eerbiedige respek vir Hom en en gehoorsaamheid aan sy wil. Daarom geniet Kornelius God se guns en seën.

En dit is wat ‘n mens sien in die lewe van Kornelius, die kaptein in die Italiaanse regiment, wat só gelewe het en daarom God se guns en seën geniet het.  Om die waarheid te sê, God het hemel en aarde beweeg om aan hierdie eerbiedige man sy genade in Jesus te gee:

  • ‘n Engel van God word gestuur om ‘n persoonlike woord aan hom te spreek,
  • Petrus kry ‘n visioen (3 keer) om hom oor te haal om Kornelius se vriende te ontvang,
  • en onder die preek van Petrus bars die hemel oop om die genade van die Heilige Gees in ‘n “Klein Pinkster” oor hulle almal uit te stort. Dis asof God nie kon wag dat Petrus nog klaar praat nie, Hy wou hierdie mens Kornelius en almal rondom hom seën!
  • Anders as met Pinkster, kom die Gees nie sigbaar en hoorbaar deur wind en vuur nie. Die koms van die Gees is egter herkenbaar in die herhaling van die spraakwonder van Pinkster (vers 46 – hoewel dit moontlik glossalie was) en die lof wat aan God gebring word.

God deurbreek so die vooroordele van die Jode

En Hy vestig ‘n nuwe grondbeginsel vir die kerk: “ook die nasies“.  Dit is ‘n nuwe konsep vir die Joodse gelowiges.  Aan die een kant was dit natuurlik van altyd af God se visie dat die totale skepping en mensdom aan Hom behoort.  Maar dit is deurgaans eintlik deur sy mense misverstaan (dink maar net aan die verhaal van Jona).

Maar aan die ander kant is dit nuut vir die Joodse en nou Christelike verstaan van die evangelie.  Wat ook beteken dat waar dié deur eenmaal oopgenaam is, dit nooit weer afgeswak mag en kan en sal word nie.  Dís die tipe God wat Hy is, en dís die tipe mense wat aan Hom behoort – almal!

En God bevestig sy keuse vir almal deur die gebeurtenis van die “Klein Pinkster”, die uitstorting van die Heilige Gees, sommer sonder seremonie op almal wat daar staan en luister het.

Die boodskap is: God neem uit elke nasie dié mense aan wat Hom vereer (respekteer) en doen wat reg is.  Dit is soos Hy is.  Dis waarop ons kan reken.  Elkeen wat in Hom glo, ontvang vergifnis en word deel van sy familie.  God is nie partydig nie.

2.  God hef vooroordele op

God laat Wie Hy is en Hoe Hy Homself laat ken en Hoe Sý mense in hierdie wêreld lewe nie aan die voorkeure van sy mense of aan die toeval oor nie.  Nee God tree beslissend op om die vooroordele juis van die mense in sy geledere te verander en hulle nie te laat opgaan in ‘n eksklusiewe kliekvorming nie.

Dis gevolglik nie net Kornelius wat “tot bekering” kom – as verteenwoordiger van die nasies – nie.  Dis ook Petrus – as verteenwoordiger van die kerk!  “Waarlik, ek begryp nou eers …”

Wat gebeur met Petrus?  Hy belewe ‘n paradigma-verskuiwing. Soos dit telkens vandag ook maar is, is ons minder oop vir mense as wat ons dink.  Daarom was daar ‘n duidelike teenkanting teen die inskakeling van gelowiges uit die heidene by die kerk.  Maar God laat Hom nie afsit deur die stywe nekke van sy mense nie.  Hy breek die persepsies wat ons van mekaar het af en laat egte gemeenskap tot stand kom.

En die belangrike wending (bekering) by Petrus sien ons in sy getuienis dat hy nou begryp dat God só is, dat Hy nie-Jode volledig inlyf in Sý kerk.   Die insig dat volksverbande in die Christelike kerk gerelativeer word, bring bekering!

Hierdie toespraak in Kornelius se huis neem dus ook ‘n besondere plek in Handelinge in omdat dit die eerste sogenaamde “heidenprediking” is (Roloff). Die saak het reeds in beginsel begin aandag geniet toe die Etiopiër tot bekering gekom het (Hand 8:26-40). Dit het egter tot nou geen permanente invloed op die kerk gehad nie (Marshall).

Hoe belangrik hierdie gebeurtenisse was, blyk uit die verwysing deur Petrus daarna in sy verdediging in Jerusalem (Hand 15:7-9). Dit word ook benadruk dat hierdie keuse nie deur mense gemaak is nie, maar deur God self. Dit gaan dus hier oor ‘n beslissende gebeurtenis in die geskiedenis van die vroeë kerk, naamlik dat die evangelie Jode en Grieke geld.

Ook die besnyde gelowiges, dit wil sê die Joodse Christene, was baie verbaas oor die uitstorting van die Gees en kom tot bekering.  Vir die Jode was die besnydenis immers die maatstaf wat bepaal het of ‘n mens ‘n Jood was en dus aan die volk van God behoort het.  Laasgenoemde was uiters belangrik aangesien God sy Gees volgens hulle net aan Israel belowe het.  Selfs die godvresendes uit die heidendom was dus nie volledig as deel van God se volk gereken nie.  Hulle kon dus nie deelneem aan die pasga-maal nie (Eks. 12:44) en kon nie verder as die voorhof van die heidene gekom het nie.  Let op, laasgenoemde was nie gereserveer net vir heidene nie, maar is so genoem omdat heidene ook daar toegelaat is.

Die koms van die Gees op hulle het egter die Christene uit die heidendom se status finaal verander.  Hulle was nou volwaardig deel van God se familie.  Aanvanklik was die Joodse Christene net verbaas oor die toedrag van sake, maar later het hulle God hieroor geprys (11:18).  Die belangrikste is egter dat hulle self getuies was daarvan dat God besluit het dat die heil ook vir die heidene bedoel is (11:12).  Hulle het naamlik by Kornelius en sy mense van die tekens gehoor (dat hulle die heidene in tale hoor praat en God prys) wat die uitstorting van die Gees op Pinksterdag vergesel het.  Dié dat hulle sê dit was “net soos ons?” (vers 47).

Let ook op: Bekering is Bybelsgesproke nooit net ‘n individuele vertikale bekering nie.  Dit dra altyd ‘n gemeenskapskarakter.  Die punt is die kerk is ‘n familie en dis die tipe metafoor waarmee ons ook in dié jaar moet werk.  En ons het bekering nodig om hieraan gehoorsaam te word.

Dit het ‘n impak oor hoe ons die mense in ons straat beskou / die mense wat by en vir ons werk / die mense saam met wie ons op ons paaie ry / die mense wat oor ons aangestel is / die mense in ons kerkfamilie / die mense in hierdie wye wêreld waaroor God sy genade wil uitstort.  God neem uit elke volk en nasie dié mense aan wat Hom respekteer en wat doen wat reg is – ons moet doen wat reg is / ons moet Hom respekteer en eerbiedig.

3.  God gebruik gasvryheid

Wat baie insiggewend is, is dat God gasvryheid gebruik as die manier waarop die Gees deur die grense kan breek.

En daarmee word dit ‘n model vir die oorsteek van grense – om in gasvryheid mense in te sluit en ook om die grense na hulle gasvryheid oor te steek.  So het Jesus immers sy dissipels in Lukas 10 uitgestuur om die gasvryheid van die Jode te geniet en in die proses die evangelie te verkondig.  En Jesus self bly 2 dae by die Samaritane in Sigar en geniet hulle gasvryheid en verkondig die evangelie.

Petrus geniet die gasvryheid van Simon, die leerlooier in Joppe, toe die 3 mans hom kom vra om Kornelius in Sesarea te besoek.

Met Petrus se intrek by Kornelius, en die genieting van sy gasvryheid, het dit wat vroeër ongehoord was, nou werklikheid geword het: dat ‘n Jood saam met mense geëet het wat nie Jode was nie.  Dat Petrus in die huis van Kornelius gebly het en tafelgemeenskap met hom beoefen het, is ‘n bewys dat hy Kornelius ten volle as Christen beskou en aanvaar het.  Só maak Lukas dit bekend dat die bekeerde heidene nie meer as onrein beskou is nie.  Niemand het blykbaar ook voorgestel dat Kornelius besny moes word nie.

Gasvryheid raak dus die kanaal waardeur die evangelie beweeg van Jood na heiden en so verder.  En dit raak ook die voertuig waardeur die Jode die heidene in ‘n ander lig begin sien, as mense vir wie God lief het en wat die evangelie moet hoor.

Die gedeelte leer ons dus om verby ons aannames en vooroordele te beweeg.

Die kerk maak die skuif na insluiting van ander kulture

Die verhaal vorm dus deel van ‘n baie belangrike storie van die eerste gemeente in Handelinge, hulle insluiting van nie-Jode, d.w.s. heidene in die gemeente van die Here.  Dit het beteken dat die kerk ‘n beslissende skuif na die insluiting van ander ander kulture gemaak het.

Daar is daarom eintlik nie ‘n manier om die betekenis hiervan te oorskat nie.  Met die verblyf van Petrus en die Joodse gelowiges by Kornelius het hulle ‘n gemeenskapsgrens oorgesteek, wat nooit weer terug getrek mag word nie.  Die middelmuur van skeiding tussen Jood en heiden is weggeneem.

Dit vervul die beloftes in die Ou Testament – Genesis 12 en Joël 2-3 om maar net twee te noem – dat die nasies ingesluit is in God se plan vir die kerk.

Dit is ook duidelik dat hier `n nuwe episode vir die kerk begin: mense wat nie Jode is nie word ingesluit in die kerk en klaarblyklik gaan daar nie van hulle verwag word om in te val by Joodse godsdiensgebruike nie!

Die kerk moet altyd weer sy grense oorsteek

En dit bly iets wat die kerk se wese bepaal.

Reg rondom die Middellandse See het die evangelie na dié gebeure soos ‘n vloedgolf versprei. Rodney Stark en sy span navorsers se werk oor The Rise of Christianity (1997: San Francisco: Harper) vertel hoe hierdie, eintlik obskure groep, van ongeveer 7 000 gelowiges oor drie eeue heen gegroei het tot die dominante geestelike invloed wat die Westerse wêreld in sy diepste wese beïnvloed het. Teen die tyd dat Konstantyn die Christelike kerk tot staatsgodsdiens verklaar het, was 33 miljoen van die 56 miljoen mense in die Ryk geassosieer met Jesus, die Here (Kurios).

En ons moet vir mekaar sê, die kerk se toekoms lê in voortdurende oorsteek van grense.

Luister weer na Walls (2002:78-79):

There are two dangers. One lies in an instinctive desire to protect our own version of the Christian faith, or even to seek to establish it as the standard, normative one. The other, and perhaps the more seductive in the present condition of Western Christianity, is the postmodern option: to decide that each of the expressions and versions is equally valid and authentic, and that we are therefore each at liberty to enjoy our own in isolation from all the others.

Die patroon van die eerste eeue, is weer op ‘n dramatiese globale skaal aan die afspeel.

Oorweeg die volgende gegewens (uit Lamin Sanneh: Whose religion is Christianity? Grand Rapids: Eerdmans, 2003).

Teen 1962 verlaat die meeste sendelinge Afrika. In dié stadium is daar in Afrika 60 miljoen Christene en 145 miljoen Moslems.

Toe gebeur die Handelinge 10-proses en die evangelie kry sy vrye loop in Afrika. Tussen 1970 en 1985 is daar gemiddeld 16 500 bekerings per dag in Afrika tot die Christelike geloof… en ‘n leegloop van kerke in die Noorde en Weste.

In 2005 tel Afrika 408 miljoen mense wat met Christus assosieer, 46% van sy bevolking. Moslems tel 355 miljoen, 40% van die Afrika-bevolking.

Dit sê mos vir ons, die kerk se geestelike heil en toekoms lê daarin dat dit voortdurend oor grense gaan.

Die kerk moet sonder ophou strewe om saam met “die ander” aan tafel te gaan sit. Dit is ook waar van die nagmaalstafel.  In die breek van brood en die drink van wyn moet dit Jesus se visie op die wêreld gedenk.

Die groter vreugde en bevryding vir die kerk is om saam met ander uit te beweeg na die uitdagings van ons gebroke wêreld. Die Een aan wie alle mag gegee is, kán dit verander. Hy spesialiseer in die doen van die onmoontlike. Kultuur- en godsdienstige grensoorskryding is ‘n hekkie … maar die oorwinning daaroor is ‘n deur tot die lewe en hoop vir die wêreld!

Die evangelie is vir almal bestem

Ek sluit af.

Die evangelie van Jesus Christus is goeie nuus en dit is vir die hele wêreld bestem.

Die oomblik dat jy dit vir jouself hou en God vir jouself en vir jou eie belang opeis, begin die stadige kanker van geestelike dood intree.

Die oomblik egter dat jy die deure van jou hart en lewe vir ander oopmaak – in navolging van Christus se koms aarde toe – en jy daarmee oor die grense van jou eie lewe, kultuur en belange beweeg, word die liefde en diensbetoon, die gemeenskap en genade, die reg en vrede van God se teenwoordigheid herontdek.

Soos wat dit inspoel in mense se lewe en kultuur en dit omswaai en suiwer, bring dit ongekende nuwe lewe.

Dit is waarvoor ons ons lewe moet gee!

Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6

Laai hier die mp3 klankbaan af.

Terugvoer oor gesprekke

  • žOns leer deur ons eie stories te vertel.
  • ž Dink oor jou kontak met mense.
  • ž Waar kon jy grense oorsteek?
  • ž Deel met mekaar

Skriflesing

Kaart van Griekeland

Inleiding

In sy bekroonde boek Wie was Jesus regtig? waarsku Francois Wessels dat daar in Suid-Afrika dikwels meer met die hart as die verstand geglo word.  So verplaas gelowiges dikwels die openbare gesprek wat ons geloof moet verantwoord na ‘n private innerlike ruimte. Hy noem dit ‘n intellektuele emigrasie.

Dit is só anders as wat ons hier van Paulus sien.

Ek wil vannaand:

1.      stilstaan by dié gedeelte en die betekenis daarvan ontsluit vir ons, en dan aan die einde

2.      ‘n paar opmerkings maak oor die redelikheid van ons geloof.

Paulus in Atene

Paulus is in Atene waar hy wag vir Silas en Timoteus om van Berea af te kom, na daar ‘n opstand rondom Paulus losgebreek het.  Dit is op die tweede sendingreis, waar hulle nou weens die Gees se werking ook in Europa, Griekeland, optree.

Griekeland was teen dié tyd nie meer ‘n politieke mag nie, maar wel ‘n kulturele en filosofiese mag.  Grieks was bv. steeds die amptelike wêreldtaal.  En hulle demokratiese model het tot vandag toe ‘n groot invloed in die wêreld.  Die Nuwe Testament is ook in koine-Grieks geskryf.

Atene was destyds ‘n soort wêreld op sy eie. Amper soos Londen of New York. ‘n Soort kultuursentrum van tempels, teaters, markpleine – waar mense van oor die hele wêreld saamgetrek is.  Amper ‘n soort geestelike middelpunt vir die denkendes van daardie tyd.  Atene het ‘n ryke verskeidenheid, iets van die kreatiewe veelvoud van die skepping en die kultuur wat hieruit gegroei het, weerspieël. Dit was die soort plek waar die lewe nie stilstaan nie, maar waar nuwe dinge daagliks gebeur.

Soos Lukas dit hier stel: “Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuut te sê of te hoor nie.”

Paulus se strategie

Paulus raak verontwaardig (sy gees roer in hom) weens die baie afgodsbeelde in die stad.  Maar let op dat hy nie sy verontwaardiging uitspreek en op ander mense aflaai nie.  Nee, hy begin waar hulle is, en hak mettertyd die evangelie daaraan.

Sy strategie is om eerstens in die sinagoge met die Jode en ander godvresendes te begin praat (διαλέγομαι – publieke optredes) en tweedens dieselfde te doen met die verbygangers op die stadsplein.  Dit is ‘n goeie voorbeeld van Godsvallige ontmoetings – παρατυγχάνω – op die pottebakkersmark, die kerameikos, wat weens die baie afgodsbeelde ook die godemark genoem is.  Aan die westekant was die Stoa Poikile, ‘n pilaargang wat met bont kleure geverf was, waar die wysgere en redenaars, die retore, bymekaargekom het.

Hy kryt nie alles as boos uit nie, en hy begin nie om die afgodsbeelde en altare af te breek nie of geestelike oorlogvoering op die manier wat dit soms vandag gedoen word nie.  Hy begin eerder ‘n gesprek daaroor!

Die filosowe begin met hom praat

Dan begin ‘n klomp filosowe met hom in gesprek tree (συμβάλλω – eintlik ‘n strydgesprek), veral Epikureërs en Stoïsyne, Lukas sê hulle het met hom gestry en hom ‘n praatjiesmaker genoem.  Die woord kom van ‘n beskrywing van ‘n voël wat saadjies oppik, en wat ook gebruik is om mense wat stukkies kennis hier en daar oppik te beskryf.

Sommige het hom ‘n boodskapper van vreemde gode genoem, omdat hy van “Jesus en die opstanding” gepraat het.  Leringe oor vreemde gode kon terloops met die dood gestraf word.  Die woord vir opstanding, Anastasis, kon vir hulle geklink het soos die naam van ‘n godin, en vandaar die idee van vreemde gode.

Epikureërs (Epikuris – 3de eeu v.C.) was baie materialisties en praktiese ateïste – nie gedink dit is belangrik of nodig om God te soek nie.  Geluk en plesier was die enigste lewenstyl wat sin gemaak het.  Hulle het geglo dat die grootste goed was om eenvoudige plesier na te streef en pyn te vermy. Lewensgenot was die hoogste goed.  Dit kon jy kry deur kennis, vriendskap en matigheid. Dit staan teenoor die radikaliteit van die offervaardigheid van Christus en die lewe van gehoorsaamheid aan God in dissipelskap.

Epikurus het daarby geleer dat die hele wêreld bestaan uit atome en alles ontstaan het uit die toevallige bymekaar kom van die atome.  Klink dit nie verdag baie soos die modernistiese idee van die toevallige evolusie van alles uit ‘n oersop van materie nie?  Voeg daarby hulle idee dat God de facto nie kan bestaan nie, veral vanuit die voorkoms van lyding in die wêreld, en dit is nie moeilik om die vertrekpunt van baie van vandag se moderniste se filosofiese idees oor God se nie-bestaan by hulle te vind nie.

Die Stoïsyne weer was panteïste wat geleer het dat die goddelike logos, die goddelike rede, die hele wêreld besiel en dat ‘n redelike en deugdelike lewenstyl die meeste sin maak.  Dit is gebaseer op die idees van Zeno (ook 3de eeu v.C.) wat klem gelê het op self-beheersing en die regte gedrag ten spyte van impulse van buite af of selfs emosies van binne af. Innerlike onverstoorbaarheid en uiterlike gedissiplineerde optrede.  Die gode was onpersoonlik en ‘n soort noodlot waarin jy moes berus.  Na jou dood keer jy terug na die kosmiese siel.

Die Areopagus wil hom hoor

Hulle neem hom toe na die Areopagus waar hulle hom kans gee om beter te verduidelik wat hy bedoel met die nuwe leringe, want dit het vir hulle baie vreemd voorgekom.  Die Areopagus is vernoem na Ares, die god van oorlog, ook Mars genoem.  Aanvanklik was dit op ‘n heuwel wes van die Akropolis, soms ook Mars heuwel genoem, maar met tyd het die Areopagus na ‘n saal in Atene geskuif waar uitsluitsel oor allerlei gegee is, ook oor sulke goed soos nuwe leringe.

Lukas onderbreek sy storie om net te sê dat die Ateners en ander uitlanders wat daar gewoon het, eintlik niks anders gedoen het as om iets nuuts te sê of na te luister nie.

Paulus praat (φημί) dan met die Ateners en hak aan by hulle godsdienstigheid (hy kon ook bedoel het, bygelowig) en lig spesifiek die agnostici uit – die mense wat ‘n altaar gebou het vir die onbekende god (ἄγνωστος θεός).

Paulus se toespraak

Dié God verkondig hy dan aan hulle (en let op hy praat glad nie oor die Joodse geskiedenis nie, want dit sou nie relevant wees nie).  Hy begin met dít wat hulle in gemeen het in hulle denke oor God en vorder dan na die boodskap van die opstanding. Hy skets God:

  • as die Skepper, en hy doen dit uitvoerig met verwysing na die kosmos, die hemel en die aarde, en die skepping van mense.
  • Daarna skets hy God as die God van die Geskiedenis wat die nasies en hulle wel en wee bepaal. Interessant is dat hy nie hiermee eintlik die bestaan van die verskillende nasies en hulle grense in beton wil giet nie (soos dit verkeerdelik soms in die verlede verstaan is), maar dat hy eintlik wil wys hoe dit een God is wat die verskillende nasies tot gevolg het, en dat daar nie verskillende gode vir die verskillende nasies bestaan nie, ‘n baie algemene geloof in daardie tyd.
  • Daarna gee hy vir hulle ‘n antropologiese les. Hy sê dat God die mens gemaak het met ‘n ingebore behoefte na Homself (iets wat Augustinus later ook sou sê). “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.”
  • En dan gee hy ‘n skets van God se teenwoordigheid, wat nie ver is van enigeen van ons nie. Om die waarheid te sê, “deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons” en “van Hom stam ons af”. Hy gebruik hier twee aanhalings van hulle digters om die punt te maak dat ons in ons wese aan Hom verbind is en van Hom afhanklik is.
    • Die eerste frase “deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons” kom waarskynlik van Epimenides. Hoewel Epimenides begin by die lewende mens en van hieruit argumenteer tot by ‘n lewende God, en die lering van Jesus eintlik presies die teenoorgestelde is (vgl. bv. Luk 20:37 e.v.), gebruik Paulus dit net as ‘n aanknopingspunt.
    • Die tweede aanhaling, naamlik “ons stam van Hom ook af” is van beide Kleantes en Aratus. In hulle gebruik daarvan, is die lof van Zeus besing, maar weereens is dit net ‘n aanknopingspunt vir Paulus.
  • En hy sluit met ‘n afwysing van afgodsbeelde as ‘n toegang tot God en ‘n oproep tot bekering wat hy koppel aan die opstanding van Jesus.

Bruce wys daarop dat hy baie behendig die Epikureërs se leer dat God niks van die mens nodig het en daarom nie deur mense gedien  kan word nie, asook die Stoïsyne se geloof dat God die bron van alle lewe is, kombineer. Paulus praat dus met ‘n soort retoriese tegniek wat hom soveel moontlik gemene grond met sy gehoor gee.

Die reaksie.  Die meeste lag hom uit.  Ander wil verder hoor.  En net ‘n paar mense, onder andere Dionisius, ‘n lid van die Areopagus, en ‘n vrou Damaris, en ‘n paar ander kom tot bekering, of soos Lukas dit stel, word gelowig.  Dionisius was moontlik later die biskop van Atene.

Geloof is redelik

Die stryd tussen die rede en geloof is so oud soos die mens.

Een van die besware teen geloof is dat sommige geleerdes beswaar maak dat wat geglo word nie empiries bewys kan word nie.

Dit is so – en ons moet dit erken.

Maar dit is ook waar van baie ander dinge.  Die aannames waarop eksperimente berus, kan nie altyd self bewys word nie.

Maar dit maak nie noodwendig die aannames onredelik nie.

Alle mense het immers ‘n hele klomp aannames (beliefs) wat nie noodwendig bewys kan word nie.  Maar dit bly steeds redelik om so te glo.

Dit is byvoorbeeld redelik vir my om te glo dat jou meisie of jou man vir jou lief is, omdat ek kan sien dat jy vir haar of hom belangrik is, dat jou geselskap geniet word, of dat hy op die hande gedra word.  Maar dit is net bewyse as ek met die aanname werk dat dit bewyse van die liefde is.  En ek hoef nie self vir haar of vir hom lief te wees om dit te glo nie of om die bewyse as getuienis te aanvaar nie.  Die koffie in die bed en die ete by Squires kan mos nie op ‘n balansstaat opgetel word om te bewys dat die liefde eg of waar is nie.

Ek hoef dus nie my liefde eksperimenteel en wetenskaplik te bewys voor ek of ander dit kan of mag glo nie.  Dit moet net redelik wees.

Bewyse van ‘n wetenskaplike eksperiment, bv. wat die eienskappe van ‘n ligstraal is, berus in elk geval op een of ander aanname.  In die geval van ‘n ligstraal, bewys sommige eksperimente dat dit ‘n golf is, as jy met die aanname werk van wat ‘n golf is (dit het bv. ‘n frekwensie).

Maar as jou aanname is dat jy dink dat dit materie is, dan gaan die eksperimente dit ook bewys (dit het bv. massa).  Eintlik is die twee aannames uitsluitend, maar albei bewysbaar, en albei redelik.

Dit beteken dat alle feite altyd afhanklik is van een of ander verstaansraamwerk.  Daar is nie iets soos naakte of blote feite nie.  Dit word altyd geïnterpreteer en dan aan die toets van redelikheid onderwerp.  Jy kan nie ‘n onafhanklike waarnemer word van jou eie waarnemings nie!

Neem bv. die aanname dat alles wat ons vandag sien, die gevolg is van natuurlike seleksie.  As jy met hierdie aanname werk, dan maak dit sin.  Wat jy waarneem, sal vir jou as bewyse daarvan dien.  Sterker diere oorleef makliker as swakker diere, en as iets gebeur in die omgewing wat ‘n dier met ‘n spesifieke eienskap bevoordeel, dan oorleef dié spesie.

Maar as jy die aanname van natuurlike seleksie as verklaring vir jou waarneming laat vaar, dan word die oorlewing en uitsterwe van sekere diersoorte absurd en moet jy ander verklarings kry.  Die waarneming is net bewyse as jy met ‘n spesifieke aanname werk, anders nie.

En, let op, ek maak nie nou ‘n uitspraak of dit waar is of nie, net of dit redelik is of nie, en volgens die aanname, lyk dit vir my wat ‘n leek is, na ‘n redelike geloof.

En dit is diesélfde tipe redelike geloof wat ons bely as ons sê dat ons in Jesus Christus glo wat gebore is, gekruisig is, opgestaan het uit die dode, opgevaar het na die hemel, en sy Gees op ons uitgestort het.  Ons kan met baie redelikheid die hele storie vertel, ons kan na ‘n verskeidenheid bronne gaan om dit te verduidelik, ons kan die ontwikkeling van die Christelike geloof verduidelik, ons kan ons eie geloofstorie vertel, en dit alles gebruik om te wys dat sin maak en redelik is.  Ons kan selfs die gevolge van ons geloof verduidelik en aantoon wat nog meer gewig gee aan die redelikheid daarvan.

En dit maak mos sin.  Ons aanname is dat God daar is en dat dit daarom redelik is om in Hom te glo.  Hebreërs sê mos: “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (11:6)  En ons kan met oortuiging dit verkondig, sonder dat ons eers iets onafhankliks daarvan hoef te bewys of nie.

Ons dink bv. oor God dat Hy die antwoord is op die vraag waarom daar iets is, eerder as niks nie.  Dit is redelik, al kan ‘n mens dit nie bewys nie.  Die wetenskap kan nog minder oor die bestaan van die heelal bewys.  Selfs met al die teorieë oor die Big Bang, of oor die Big Crunch, want sommige is mos bang die heelal stort op homself in, kan wetenskaplikes steeds nie ‘n antwoord gee, wat empiries bewysbaar is, hoekom daar iets is eerder as niets nie.

Geleerdes wat hieroor skryf, sê die wetenskaplikes gaan gewoonlik nie ver genoeg terug in hulle ondersoeke en eksperimente nie (Eagleton).  En dan neem hulle nog in die laaste instansie hulle toevlug tot ‘n onsinnige geloof, toeval.

Dit is baie meer redelik om te aanvaar dat God gesorg het dat daar iets is eerder as niets, bv. deur te kyk na die ordelikheid daarvan, die skoonheid daarvan, die samehang daarvan, die wye voorkoms van die geloof daarin ens, as om te dink dat dit toevallig gebeur het.  Toeval is ‘n dwase geloof.

Maar, onthou, jy kan altyd net jou geloof op die tafel sit, en dit op ‘n redelike manier, sodat ander kan beoordeel of dit sin maak of nie. Om die waarheid te sê, die Here verwag van ons dat ons juis dit sal doen (1 Pet 3:15-16 – “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe … Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God!”.)

En die redes wat jy gee vir jou geloof, sal natuurlikerwys uit jou geloof in God voortspruit – want dit is jou aanname, dat Hy bestaan – net soos enige ander persoon redes sal gee vir sy geloof wat uit sy geloof sal spruit!

Jou redes is nie onafhanklik van jou geloof nie, dit kom daaruit voort en gee vleis daaraan (Lees gerus wat Stanley Fish – New York Times – hier sê op sy blog: http://fish.blogs.nytimes.com).

Die ateïste is verbasend onontwikkeld op hierdie vlak, want die enigste en beste wat hulle mee vorendag kan kom, is, dit was toevallig.  Maar dit is nou soos die ou tannie wat ‘n versekeringseis ingedien het, omdat ‘n boom toevallig voor haar ingeswaai het in die pad.

Nie redelik nie!

Uitdaging

Ek daag jou dus uit: Raak betrokke in gesprekke waar jou geloof uitgedaag word.  Moenie bang wees daarvoor nie.  Wees net redelik, fokus op die betekenis daarvan vir jou en maak dit ‘n oop gesprek.  En onthou om ook te luister, want dit moet ‘n ware gesprek wees!

Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7

Verwelkoming

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 435 – Heil’ge Gees, u bou ‘n tempel deur die Woord wat kragtig werk – staan

Lied 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – sit

Kindertyd

Kinders bly in kerk vir nagmaal

‘n Groeigogga is iemand wat geestelik groei deur:

  • Duim – Bybel lees
  • Wysvinger – bid
  • Middelvinger – getuig
  • Ringvinger – bely sonde
  • Pinkie – gaan kerk toe.

Skriflesing (English on the screen)

Handelinge 16: 11-40 – Die Heilige Gees stuur ons gemeente oor grense

Inleiding

Lukas het nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit in Filippi (hy skryf nou weer in die eerste persoon, ons),’n Romeinse kolonie in Masedonië (prentjie op skerm).  Dit is ongeveer 50 of 51 n.C.  Daar was nie ‘n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by ‘n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.

Die eerste Europeër wat glo, is ‘n vrou

En dan gebeur die wonder, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met ‘n eenvoudige verhaal van ‘n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo.  Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.

Interesting how God uses unusual people in the spreading of the gospel into new areas.  In Africa it was a Ethiopian eunuch, in Europa it was a Grecian-Jewish woman.  It is as if God chooses these people to show from the start that He is behind the diversity in people and brings change from the fringes to forge a strong unity between diverse peoples.

Sy nooi Paulus-hulle onmiddellik na haar huis, en so word haar huis die eerste huisgemeente in Europa, een van die mooiste gemeentes waarvan ons lees in die Nuwe Testament.  Daar is geen gemeente wat die apostel so hoog geroem het as dié van Filippi nie en geen gemeente van wie hy meer liefde ontvang het nie.

We read in the letter to the Philippians how Paul loved this first congregation in Europe and how they loved him back.  No wonder that the letter to the Philippians is so full of joy and gladness and the call to spread that joy to everybody and everything we do.

Soos met die proseliete-doop vir heidene wat die Joodse geloof aanneem, word Lidia se huismense (oikos) ingesluit toe sy gedoop word as een wat in Jesus glo.  Interessant is dat kinders ingesluit is en dat dit onmiddellik gebeur het.

Paul does not waste time – when you believe with all your heart, you are already part of the body of Christ, and therefore should be baptized. No catechism, just straightforward believing in Christ.

‘n Slavin word bevry

En soos in alle vorige plekke waar die evangelie verkondig is, bly die teenstand nie uit nie.

No good thing ever happens without the evil one mustering his forces to thwart it.

Die slavin met ‘n waarsêergees is die eerste teenstand.  Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees.  Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is.  Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, d.w.s. sonder dat hulle lippe beweeg het.

Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy die tweede lidmaat van die gemeente was.

So the first obstacle, this slavegirl, demonstrates unequivocally that God is more powerful than the forces of darkness.  But the war has only started.

‘n Tronkbewaarder word gered

Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld ingebring nie, verskerp die teenstand en word hulle in die tronk gegooi.

Net om daar die derde lidmaat van die gemeente tot bekering te bring, die tronkbewaarder.  Hy en sy huisgesin (oikos) word ook gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang.  Interessant dat die Romeine Brutus en Cassius juis in Filippi selfmoord pleeg, soos ons lees dat die bewaarder wou doen om sy eer te red.  Jesus red hom egter van homself en daarby ook sy huisgesin.

The second obstacle the evil one uses, the city council that throws Paul and Silas into jail, are not only overcome by the earthquake that throws open the doors of the jail, but the jailor himself becomes converted, him and his whole household, and they are all baptized.

Die eerste gemeente in Europa word gestig

Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal weer bymekaar kom in Lidia se huis.  En die grondslag vir die eerste gemeente is gelê.

Paulus sou hulle nog twee keer besoek (20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf uit die tronk in Rome.  En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het.

The first congregants of this beautiful congregation began their life together in the house of Lydia and became the biggest support group of Paul in the rest of his ministry.

Wat leer ons uit die verhaal?

1.  As jy oor grense beweeg, is jou lewe nie meer net in jou hande nie.

If you cross boundaries, your life is not in your own hands anymore.

Walls, kruis-kulturele ekspert, sê kategories: “The fundamental missionary experience is to live on terms set by others.”

En ons moet dit baie goed besef.  Want dit kos jou iets.

Paulus is hier afhanklik van mense se gasvryheid.

Die goeie wat hy doen, is nie noodwendig goed in ander se oë nie, veral nie in die eienaars wie se inkomste hulle ontneem is deur die slawemeisie wat nie meer kon waarsê nie.

Die boodskap het ook onbeplande gevolge: die stadsbestuur laat hulle op sleeptou neem deur die eienaars van die slawemeisie en Paulus en Silas, lyk asof die ander twee te jonk was of nie prominent genoeg nie (Timoteus en Lukas), beland in die tronk.

Die vrug op die evangelie kom deur konflik heen, deur baie teenstand, deur lyfstraf en met jou voete in houtblokke in die tronk.

It will never be different for us – to live the gospel life, is to live it on terms that other people set.  And conflict and obstacles and suffering should not deter us from venturing across the safe boundaries of our congregational life.

Maar dit is gelukkig ook net so waar:

2.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, is jou lewe in God se hande.

If you cross boundaries, your life is also in God’s hands.

Die onbeplande gevolge van die tronk word deur God getroef deur ‘n aardbewing en die oopgaan van die tronkdeure en die vernederende verskoning-vra van die stadsbestuur.

En God skep met die skraal begin van ‘n paar vroue en ‘n tronkbewaarder een van die mooiste gemeentes van die antieke tyd.

Sonder dat jy jou voet oor ‘n ander se drumpel sit, en toelaat dat jou lewe ook deur daardie persoon se optredes bepaal word, goed of sleg, sal jy ook nie ervaar dat jou lewe en die lewe van ander mense in God se hande is nie.

If suffering and opposition is part of the life of the gospel, then it is equally true that boundary-crossing throws you in the hand of the God who is able to keep you and give fruit on your message and witness.

3.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, raak mense van anderkant die grense deel van die gemeente van God.

If you cross boundaries with the gospel, people from the other side of the boundaries become part of the congregation of God.

Die kerk is die fees van die vereniging van andersins onversoenbare entiteite.  Die gemeente in Filippi word van die begin af uit ‘n diverse groep mense saamgestel.  Die eerste drie gemeentelede (kom ons aanvaar dat die slawemeisie deel van die gemeente geword het) was baie verskillend:

  • ekonomies: arm (slawe-meisie), middelklas (tronkbewaarder) en ryk (Lidia);
  • gender: ‘n paar vroue en ‘n man;
  • generasies – Lidia en haar gesin, die tronkbewaarder en sy gesin;
  • etnies: ten minste ‘n Romeins en ‘n Griekse Jood en nog ‘n onbekende etnisiteit (slawemeisie)
  • en polities: tronkbewaarder, Grieks-Joods vrou en slawe-meisie.

Dit moet ons laat kyk na ons bediening.  As ons te eenders lyk, skuif ons nie genoeg oor die grense nie, en ek bedoel nou ekonomies, sosiaal, ouderdom, polities ens.

In closing – the whole concept of the church is founded on the unity of diverse people on the basis of their faith in Jesus Christ.  That was the message of the Pentecost experience, that the Spirit of God was poured out on people of all the nations of the world that was gathered there on Pentecost Day.

That means that we should not only cross gender and generation and ethnic and cultural boundaries, but we should strive to include all those into one body – because that is the key to the motivation for the world to believe that Jesus is indeed God and able to save us from the judgement of God.

Gebed

Terugvoer Gerrit en Sonja Brink

Nagmaal

Lied 303 – Eet die brood, drink die wyn, Kom na Christus, Hy stil u honger (Engels en Afrikaans x2) – sit

Dankoffer

NMMU koor onder leiding van Junita van Dijk – Salvation (Paul Tschesnokoff)

Slotlied

Biffy Joubert en Ronell Boshoff gaan iets deel oor die 21ste Junie se Gemeente-ete

Lied 440 – Die Here salf ons met sy Gees tot diens en heiligheid – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Aankondigings

Kort uitvoering

NMMU koor