Huisgodsdiens: 8-14 Augustus 2011 – Omgee
RUS
Vertel vir mekaar wie julle in die week wat verby is bemoedig het en hoe julle dit gedoen het. Wat was maklik? Moeilik? Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
- Laat iemand Hand. 11:19-24 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
- Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
- Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.
LEEF
- Vertel vir mekaar wat julle dink omgee beteken. Het een van julle ‘n storie van iemand wat vir jou omgegee het? Hoe het hulle dit gedoen?
- Op watter maniere kan ’n mens alles wys dat jy omgee?
- Aan wie kan julle dink wat in nood is? Hoe kan julle vir hulle omgee? (As julle wil, kan julle op die gemeente se almanak kyk na al die bedieninge en oorweeg hoe julle saam by een daarvan betrokke kan raak.)
- Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid