Skip to main content

Joh 12 (2) Week vanaf 26 Maart 2012

Huisgodsdiensmateriaal 26 Maart – 1 April 2012

RUS

• Wat het die week gebeur waarvoor julle dankbaar is? Vertel vir mekaar en sê vir die Here dankie. Laat iemand dan bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Johannes 12:12-15. Lees dit uit ‘n eenvoudige Kinderbybel of vertel dit dramaties.

Gesels oor die teksgedeelte.

• Wat in die teksgedeelte spreek julle aan?

• Die mense het takke gewaai omdat hulle vir Jesus wou wys hulle is lief vir hom soos wat ‘n mens lief is vir ‘n koning.

• Wat beteken dit dat Jesus jou koning is?

• Hoe kan jy vir Jesus wys dat jy lief is vir hom?

LEEF

• Maak Palmkruisies! Kyk by http://www.kingofpeace.org/palmcrosses/ hoe om dit te doen. As julle wil, kan julle sommer baie maak. Bring dit dan Sondag saam kerk toe en gee dit vir van die mense.

• As julle Sondag aan die diens wil deelneem deur palmtakke of klere te swaai, kontak vir Rethie.

• Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir die dinge op jul lys.

Huisgodsdiens Johannes 12

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.