Skip to main content

28 Okt – 3 Nov: Huis is ook Kerk

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  HUIS IS OOK KERK

HUISGODSDIENSMATERIAAL 29 OKT TOT 4 NOV

RUS EN ONTVANG

Wat is die belangrikste kamer in julle huis? Hoekom? Waar is die plek in julle huis waar dit die maklikste en/of beste is om na te dink oor God se teenwoordigheid?

HOOR EN ONTGIN

Lees Spreuke 6:20-22

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Hierdie verse beskryf die impak van dít wat ons by ons huise leer. Die voordeel van gehoorsaamheid is leiding, beskerming en bewussyn van wat waar en waardevol is. Wat beteken elkeen van die drie goed prakties?
  • Kyk weer na Deut. 6:4-9. Watter ooreenkomste sien julle tussen die twee skrifgedeeltes?
  • Sommige mense sê Spreuke 6 kan net waar wees vir kinders, as die ouers Deut. 6 leef. Wat dink julle?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Waartoe roep die Here jou nou?
  • Hoeveel keer per week eet julle saam by ‘n tafel? Stel vir julleself die mikpunt om elke week één keer meer saam aan tafel te eet. As julle bv. tans twee keer ‘n week saam aan tafel eet, maak dit drie.
  • Sondag is ons Tiende Dankofferfees. Kyk terug oor die afgelope jaar: waarvoor wil jy vir God dankie sê? Ouers kan gerus op ons HIER gaan kyk hoe om met hul kinders te gesels oor dankoffers.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.