12-18 November: Volwasse Gelowiges
Lees Markus 13:1-13
RUS EN ONTVANG
Van watter rampe wat ons stad in onlangse tye getref het, het die Here julle bewaar?
Van watter gevare wat elke dag rondom ons plaasvind, het die Here julle tot dusver bewaar?
Gebed: Vra iemand om die Here te dank vir Sy beskerming en bid vir hulle wat getref is deur rampe en gevare.
HOOR EN ONTGIN
Lees verse 1-2: Die tempel was vir die Jode die sentrum van hulle geloof en godsdiens. Nou sê Jesus dit gaan van hulle weggeneem word. Wat is die sentrum van jou/ons geloof en wat sal gebeur as dit van jou/ons weggeneem word?
Lees verse 3-8: Baie mense vra vandag: Hoe kan ‘n liefdevolle God rampe en oorloë toelaat? Watter nut het die tekens van die tye?
Die boodskap van die Evangelie is liefde. Hoe is dit versoenbaar met die vervolging van gelowiges (verse 9-13)?
LEEF EN ONTPLOOI
Besluit as gesin of groep watter lewenswyse hierdie gedeelte van ons as gelowiges vra.