Kinders en die media
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Kinders en die media
Hier is ‘n handige riglyn vir ouers van tieners en tweens oor hoe om met jou kinders te gesels oor die impak van media in hul lewens.
Onse Vader Illustrasies
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Onse Vader Illustrasies
Illustrasies van die “Ons Vader”- gebed deur Hermien van der Merwe kan hier afgelaai word.
Gr 2-3 Huisgodsdiens
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Gr 2-3 Huisgodsdiens
Huisgodsdiens Gesinsbyeenkoms vir Gr 2-3 ouers
Deur Audrey van Wyk
Hoe DOEN ek huisgodsdiens sodat my 8/9 jarige leer om eindelik self Bybel te lees?
Hoe om jou kind te seën
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Hoe om jou kind te seën
Inleiding
Ons gee om vir julle en jul kind(ers). Saam met julle wil ons graag hê dat jul kind(ers) die Here sal dien. Derhalwe wil ons julle bystaan in jul taak om jul kinders van ons geloof te leer. Een so ‘n manier waarop ons ons kinders van geloof leer, is deur die seën van die Here oor hulle te bid.
Seënbedes
Dink aan verskillende maniere waarop jy mense kan seën (bv. deur dinge wat jy sê wanneer mense nies, dinge wat jy sê wanneer iemand seer het of in nood is). Hoe sal die teenoorgestelde lyk? (Afdruk, vloek, negatiewe kommentaar) Ons vermoed dat mense baie meer van die negatiewe as van die seën hoor in hul huise!
Hoekom God se seën oor my kind bid?
Kyk gou na Numeri 6:22-27:
22Die Here het vir Moses gesê: 23“Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: 24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! 27“So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”
Die sleutel tot seën is die Here. Dit gaan oor hom en sy mag en gesag.
So hoekom bid ons die seënbedes oor ons kinders?
Rede 1: “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep”.
Wie se naam wil jy oor jou kind hê? Nike? Reebok? Springbok? Wil jy hê dat jou kind bekend sal wees as God se kind? Ander name is net vir ‘n tyd lank geldig; God se naam is ewig.
Rede 2: “en Ek sal hulle seën.”
Dink ‘n bietjie: Hoe lyk God se seën?
Jy kan ook na die volgende teksgedeeltes kyk:
- Deuteronomium 28:1-14
- Gen 12:2-3
- Matt 19:13-16
Hoewel daar ‘n maniere is waarop God ons seën, sal ons graag twee wil uitlig:
- God seën om ons tot ‘n seën te maak en
- Om God te ken, is om geseënd te wees.
Hoe werk dit?
Gaan kyk na hierdie video, waarin Mark Holmen vertel van die gebruik
Dink nou eers na:
Hoe gereeld sal jy die seënbede oor jou kind bid?
- Aan die begin van elke dag, aan die einde van die dag wanneer hulle gaan slaap, elke keer wat jy vir hulle totsiens sê, elke keer wat hulle die huis verlaat? [Onthou, daar is nie ‘n regte of verkeerde tyd of manier nie – dit gaan oor wat vir julle gemaklik voel!]
Hoe gaan jy dit doen?
- Ons dink dis belangrik dat jy jou kind(ers) aanraak wanneer jy hulle seën. Party mense maak ‘n kruisie op hul voorkop. Dalk kan jy jou hand op hul koppie(s) sit, of op ‘n armpie. Laat jou lei deur elke kind se temperament.
- Dis belangrik dat jy dit hardop doen, dat jou kind(ers) hóór hoe jy die seën oor hulle bid!
Kies een van die seënbedes
18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Efesiërs 3:18–19).
16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matteus 5:16).
13Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (2 Kor 13:13).
2Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here! (2 Petrus 1:2).
24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Numeri 6:24–26).
16–17En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2 Tessalonisense 2:16-17).
Oefen dit gou!
Moenie bekommerd wees as dit vreemd voel of jy oor jou woorde struikel of die kind onder jou hande uit wriemel nie! Die eerste keer is die moeilikste – julle sal gou in jul patroon gevestig raak.
Leef dit
Onderneem om die seënbede wat julle gekies het, so gereeld soos wat julle besluit het, vir julle kind te bid! Druk een van die gebede met jul seëngebed op mooi in kleur. Plak dit in die kind se kamer waar jy dit maklik kan sien.
Bronne
Jy het nie regtig nodig om meer te lees nie – dis belangrik dat jy dit doen! As jy egter nog inligting soek, kan jy na die volgende bronne en hulpmiddels kyk:
Boeke:
I’d Choose You deur John Trent
Seën met Slaaptyd deur John Trent
Internet artikels:
- Blessing Your Children deur Dr John Trent – hoe om kinders van verskillende ouderdomme te seën
- Bless the Children deur Marilyn Sharpe – kyk sommer na ‘n paar van VibrantFaith se artikels!
- Blessing Your Child deur John Trent – ‘n reeks kort artikels wat begin by
Waardevol: Ontdek die skat aan die binnekant
Written by Chris van Wyk on . Posted in Hulpmiddels vir families. No Comments on Waardevol: Ontdek die skat aan die binnekant
Waardevol: Ontdek die skat aan die binnekant
Gesinsbyeenkoms Gr 4-7
Inleiding
Wat is jou naam? Wat beteken jou naam? Na wie is jy genoem? Hoekom? Wat beteken jou naam?
Ons almal is al ander dinge genoem: soos “stupid”, simpel, “a loser”. Hoe het dit gevoel?
Almal van ons het ander skatte. Vandag gaan ons begin om jou skatte aan die binnekant te ontdek.
Eers net ‘n paar woorde met jou ouers:
Waarom is dit voordelig om jou kind se skatte te ontdek?
• So wys jy waardering vir jou kind en sy skatte.
• Hierdie skatte word later jou kind se identiteit. Hy besef dan wie hy is en hoekom hy spesiaal is.
• Jy leer jou kind dat almal van ons inherent goed is, en dat almal potensiaal het.
• Omdat jy doelbewus soek vir jou kind se inherente skatte, bly jy optimisties.
• Jy ontwikkel en versterk jou kind se eiewaarde, sodat dit hom selfvertroue gee.
• Hierdie skatte ontwikkel positiewe emosies in beide jy en jou kind. Later, as daar moeilike situasies oor jul/jou kind se pad kom, sal jul dit makliker kan aanpak omdat jul reeds gemaklik oor emosies kan gesels.
Waar begin ek as ouer?
• Kyk hoe jou kind speel. Luister en neem waar.
• Vra bietjie rond: wat is ander se opinie van jou kind se skatte, of hoe sal hy jou kind beskryf. Wat sê sy Sondagskoolonderwyser, of ‘n grootouer, of sy sportafrigter?
• Stel jou kind bloot aan ‘n groot verskeidenheid van aktiwiteite, soos onder meer musiek, woordkuns, dans, kuns, natuur, buitelewe, buitengewone sport, en nie net die aktiwiteite wat jyself geniet nie. Kyk dan of enige hiervan ‘n liggie brandsteek.
• Wanneer is hy op sy beste? Wanneer blink hy uit?
• Luister na jou kind se stories. Skep ruimte en tyd vir gesprekke en stories aan die etenstafel, terwyl jul skool toe/terug ry, en met bedtyd. Luister vir skatte in aksie: reflekteer dan oor die skat wat jy kan identifiseer.
• As jy jou kind se skatte vroeg kan identifiseer en dit laat groei, help jy jou kind om homself te waardeer vir wie hy is. So werk jy die moontlike ontwikkeling van angs en depressie later in sy lewe, teen.
Hoe vermeerder ek my kind se skatte?
• Hou ‘n skat-aandete: gestel jou kind se een skat is dankbaarheid. Vier dit een aand deur ‘n kaartjie by sy eetplek te sit met die woord “dankbaarheid” op. Noem dan voorbeelde van hoe jy dankbaarheid in sy lewe gesien het.
• Help jou kind om sy skatte op nuwe vars maniere te gebruik. Maak ‘n lys met elke kind van al die dinge wat hy gedurende ‘n week doen wat sy skatte kan aanhelp en laat groei. Hou die lys sigbaar, en moedig jou kind aan om ‘n nuwe skat per dag/week te probeer – dink byvoorbeeld aan die vrugte van die Gees, as jy nuwe idees soek.
• Maak opmerkings oor mekaar se skatte bymekaar. Kry ‘n wit tafeldoek, en vra elk in die familie om iets oor die ander te skryf met n lapmerker.
• Lok oop gesprekke aan tafel uit, deur bv. sinne te begin, en vra jou kind om dit klaar te maak. ‘n Voorbeeld is: “Wat sou jy doen as…”
• Gesels oor merkwaardige eienskappe in mense, veral figure uit die Bybel. Laat jou kind voorbeelde van hierdie figure se skatte in sy eie lewe identifiseer.
• Skattestories: deel met jou kind die skatte (karaktereienskappe of talente) wat in Bybelstories voorkom wanneer julle saam die Bybel lees.
• Geloofsboks/skatkis: laat jou kind prente/fotos bymekaarmaak waarvan hy hou. Sit dan op n dag rustig en laat hom die boks versier na wense. Maak dan allerlei (kunswerke, artikels, klein goedjies) bymekaar wat jou kind herinner aan sy geloofsreis: enige herinnering aan ‘n mylpaal in sy geloofsreis. Sit koppe bymekaar en help jou kind met idees. Dalk ‘n foto van sy doopdag?
Elke kind ontvang ‘n geloofsboks/skatkis
- Vandag sit ons solank ‘n kersie daarin. Dit sal jou kind herinner daaraan dat hy ‘n lig vir die wêreld is, en dat hy sy liggie in die wêreld moet laat skyn.
- Ons sit ook ‘n klippie in, waarop jou kind vandag ‘n simbool/woord/kleur/gedagte aanbring wat hom herinner aan die beste in homself.
- Op die wit lappie is jou kind se naam. Laat hy uitvind waar dit vandaan kom, wat dit beteken, wie ook so genoem is in die familie, en teken dan alles op die lappie aan. Laat dit lamineer (as bv. ‘n plekmatjie vir etenstye) of laat hy dit opsit waar hy wil.
Let wel:
• Ek gebruik die manlike vorm om omslagtigheid te verminder maar die vroulike geslag word by implikasie ook ingesluit. Dieselfde geld vir “kind” wat ook “kinders” insluit.
• Enige positiewe eienskap, karaktertrek of talent van jou kind word beskou as ‘n skat.
• Meeste inligting hierbo is geneem vanaf die webtuiste van Elizabeth Elizardi
Carisa Smuts
Sielkundige
0833245710
