Skip to main content

Paasverhaal met koekies – vir die kinders

Gebruik hierdie uitstekende hulpmiddel om die Paasverhaal in die proses van koekiesbak te verduidelik. Die koekies is nie net heerlik nie, die bakkery nie net ‘n heerlike tydverdryf in ons inperking nie, maar gee jou die geleentheid om op ‘n eenvoudige manier die hele verhaal van Jesus se kruisdood en opstanding op ‘n konkrete visuele manier oor te dra.

Laat die volle instruksies hier af.

Met groot dank aan Eden Gemeente Kinderbediening!

Huisgodsdiensmateriaal Heilige Week

Families kan die week voor Paasfees die Paasverhaal op lekker interaktiewe manier lees.  Klik op die prentjie, laai dit af en druk dit op ‘n A3 vel.  Lees elke dag van 25 Maart tot 1 April die teksgedeelte, kleur die prentjie in en plak die regte prentjie op die regte blokkie.

Hier is ook ‘n Engelse weergawe: On-our-way-to-Easter.pdf

Nagmaal vir Kinders

Sondag is Nagmaal en die kinders is welkom om dit saam met ons te vier!  Ouers kan hier ‘n boekie aflaai met ‘n paar idees oor hoe om met jou kind vir die Nagmaal voor te berei.

Die Nagmaal is natuurlik een van daardie Sondae waar dit belangrik is dat daar in die kerk gefluister móét word, om kinders deur die diens te begelei en te verduidelik wat aangaan.  Ons moedig ouers / grootouers / ander grootmense aan om tydens die diens vir kinders te fluister!  Lees meer hier.