Skip to main content

Leer jou kinders van Dankoffers

Maak vir jou kinders 3 houers, gemerk “Geld vir God”, “Spaargeld” en “Geld om te spandeer.” So kan jy jou kinders van vroeg af leer hoe om met geld te werk.  Gee hul sakgeld in kleingeld (bv. R10 as R1e).  So kan hulle self besluit hoeveel in watter houer kom.  Laat hulle dan elke Sondag geld uit die “Geld vir God” houer neem en by die kerk in die kollektebord gooi.

 Gesels met jou kinders:

  • ­ God maak alles, so alles is God s’n.  Ook ons.  Ons is dankbaar omdat God alles gemaak het.  Hy het vir ons so baie gegee dat ons vir hom wil teruggee.
  • ­ Ons dink eerste oor God.  Daarom gooi ons eerste geld in die “Geld vir God” houer.
  • ­ Ons gee vir God omdat ons hom liefhet.  Ons wys ook vir God dat ons hom liefhet deur kerk toe te gaan, met hom te gesels in gebed en deur goed te doen aan ander.  Ons gee ons dankoffer by die kerk, sodat die kerk die dinge kan doen wat God wil hê.  Dit help die kerk om mense van God te leer en om mense te help.

 Hoekom so?

Gewoonlik stop ouers Sondae vir kinders geld in die hand om in die sakkie te gooi.  Dit is goed vir jonger kinders (ongeveer 2-4), omdat hulle kan deelneem.  Vir ouer kinders kan dit egter die verkeerde boodskap stuur:

  • ­ Die geld was in die eerste plek nie hulle s’n nie, so hulle beleef nie die bevrediging van gehoorsaam geld vir God gee nie.  Dankoffer is ‘n manier om ons liefde vir God uit te druk.
  • ­ Hulle gee al die geld wat jy vir hulle gee, so hulle leer nie om ‘n gedeelte van hul geld vir God te gee nie.  As ons werklik vir ons kinders leer van dankoffer, sal hulle die R1 wat jy vir hulle gee vat, in hulle sak steek en 10c in die bordjie gooi!
  • ­ Dit leer hulle nie om God eerste te stel in hul finansies nie.  Jou kinders moet leer om intensioneel te wees in die manier waarop hulle geld hanteer – ook die manier waarop hulle God dien met hul geld.

Moenie met jonger kinders praat oor 10% nie – hulle weet nog nie van persentasies nie!  Met die houers kan hulle besluit hoeveel hulle gee, sonder dat dit wetties raak.

Vertaal van hierdie artikel deur Dan Pezet.

Leer jou kind bid

DOEL: 

Om families met Gr 1-3 kinders te bemagtig om kinders toe te rus om ‘n groeiende gebedslewe te hê.

VOORAF:

  • Ark met rondte tafeltjies vir 30 mense
  • Boekmerke en inkleurkryte op elke tafeltjie
  • Skoon papier op elke tafel vir hand-tekeninge
  • Papiere met teksverse op tafeltjie
  • Kopie van Psalms vir Families vir elke gesin
  • Blaaibord & koki

BYEENKOMS

Aankoms

Elke gesin gaan sit by ‘n tafel, Kleur solank hul boekmerke in

Verduidelik dit

Welkom!

Doel van byeenkoms:  help ouers om kinders te help om groeiende gebedslewe te ontwikkel.

  • Gebed verbind kinders op kragtige manier aan God!
  • Beplan om saam met jou kinders te leer van gebed.
  • Moenie verwag om ‘n gebedskundige te wees nie.  Jy hoef nie lang gebede met groot teologiese woorde te bid nie.
  • Al wat jy moet doen, is om te bid!  Wees eg (authentic) en God sal die res doen!

Modelleer

Wat sê ons wanneer ons bid?  Ons het nie regtig patrone en modelle nodig nie. Ons kan gewoon bid wat op ons hart is.  Tog help dit om in ons gereelde gebedstyd ‘n sekere patroon te volg.   Sodoende leer ons ons kinders om nie net selfsugtig te bid nie, maar om die volle omvang van gebed te leer ken.

Daarom wil ons in gebed:

  • Loof
  • Jammer
  • Dankie
  • Vra

 

Elke kind sit hand op papier, ouers teken omtrek van hand. Skryf soos ons aangaan by elke vinger waaraan dit ons herinner.

 

Loof

Duim is eerste – ons begin altyd by God deur God te loof – deur vir God te sê hoekom ons lief is vir hom.

ð  Gesinne gesels:  waarvoor kan ons vir God loof?  (Voltooi die sin:  Ek loof God, want hy is… liefdevol, magtig, genadig, slim, getrou…)

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

Kom ons bid almal saam: 

Bid:  Here, ons prys U, want u is (lees die woorde op die blaaibord).  In Jesus se Naam, Amen.

 

Jammer

Wysvinger – wanneer iemand met jou raas of sê wat jy moet doen, wys hulle met hierdie vinger.

Volgende sê ons vir God jammer vir die goed wat ons verkeerd gedoen het.  Billy Graham het gesê dat die Christelike lewe nie ‘n konstante “high” is nie. Soms moet ons met trane in ons oë na God toe gaan en vra:  ‘Here, vergewe my’, of ‘Help my’.”

1 Joh 1-9 Ons moet vir Hom sê ons is jammer oor wat ons gedoen het. Ons moet ook sê dat ons nooit weer daardie lelike ding wil doen en sy hart so seermaak nie … en dit regtig bedoel. God sal ons vergewe en nie meer vir ons kwaad wees oor die sonde nie. Ons kan God maar vertrou. Hy doen altyd wat Hy sê en Hy weet wat reg is. (Die Nuwe Testament vir Kinders)

ð  Gesinne gesels:  waarvoor kan ‘n mens alles vir God jammer sê?  (Voltooi die sin:  Here, ek is jammer dat ek… nie my kamer skoongemaak het nie, ongeduldig was met ‘n familielid, lelik was met mamma, gejok het…)

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

Kom ons bid almal saam: 

Bid:  Here, ons is jammer vir al die dinge wat ons verkeerd gedoen het.  Ons is jammer vir al die kere wat ons … (lees die woorde op die blaaibord).  In Jesus se Naam, Amen.

Dankie

Middelvinger – dis die langste vinger, want dis belangriker dat ons “dankie” sê as om te vra vir goed.

Ons sê ook vir God DANKIE wanneer hy ons gebede beantwoord, wanneer hy iets in ons lewens doen en vir al die seëninge wat hy vir ons en ander gee. 

Psalm 107:1 Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. (Die Bybel vir Almal)

ð  Gesinne gesels:  waarvoor kan ‘n mens alles vir God dankie sê?  (Voltooi die sin:  Here, dankie dat U… my hond gesond gemaak het, my Pappa veilig teruggebring het na sy reis, my beter laat voel het, altyd by my is, vir my wonderlike vriende gegee het, vir ons die Bybel gegee het…)

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

Kom ons bid almal saam: 

Bid:  Here, dankie vir alles wat U vir ons doen.  Dankie vir … (lees die woorde op die blaaibord).  In Jesus se Naam, Amen.

 

Vra

God wil ook hê ons moet VRA vir wat ons of ander mense nodig het. 

Ringvinger – dis die swakste vinger, daarom bid ons vir ander mense wat swak is.

Pinkie – dis die kleinste, so ek bid heel laaste vir myself.

Matt 7:7-8 7–8 “Bid gereeld. Moet nooit ’n dag oorslaan nie. Elke gebed is soos ’n klop aan die deur van God se hemelse paleis. Hoe ernstiger jy bid, hoe harder klop jy aan sy deur. En nou ’n stukkie goeie nuus: as jy so bid, sal God die deur vir jou kom oopmaak! Hy luister na elkeen wat ernstig bid. (Die Nuwe Testament vir Kinders)

ð  Gesinne gesels:  waarvoor kan ‘n mens alles vir God vra?  (Voltooi die sin:  Here, sal u asseblief… by ouma wees, my help met my toets, gee dat ek ‘n kontrak kry, help my om met my boetie oor die weg te kom…)

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

om ons bid almal saam: 

Bid:  Here, ons het U so nodig en is so dankbaar dat U ons versoeke hoor.  Ons vra… (lees die woorde op die blaaibord).  In Jesus se Naam, Amen.

 

Hersien & Oefen

  • Duim = God = Loof
  • Wysvinger = Jammer
  • Middelvinger = langste = Dankie
  • Ringvinger = swakste = Vra vir ander
  • Pinkie = kleinste = Vra vir jouself

Gesinne oefen ‘n kort gebed saam

Neem dit huis toe

Elke gesin kry ‘n Gebede uit die Psalms vir julle Familie-plakkaat.

Verdere bron:  Faith Begins @ Home Prayer – jy kan dit hier koop.

Hoe om saam te bid (4-6 jariges)

HuisGeloof:  Familie Gebed : 4-6 jariges 

DOEL: 

Om families te bemagtig om die gereelde gewoonte van gebed te ontwikkel en sodoende die volgende generasie op ‘n kragtige manier aan God te verbind.

VOORAF:

  • Ark met rondte tafeltjies vir elke gesin
  • Inkleurprente en inkleurkryte op elke tafeltjie
  • Papiere met teksverse op tafeltjie
  • Kopie van Psalms vir Families vir elke gesin
  • Kopie van CLF pamflet “Kom, laat ons bid” vir elke gesin
  • Blaaibord & koki

BYEENKOMS

Aankoms

Elke gesin gaan sit by ‘n tafel

Kleur solank hul prente in

Verduidelik dit

Welkom!

Doel van byeenkoms:  help gesinne om gebed as gereelde gewoonte te ontwikkel

  • Gebed verbind kinders op kragtige manier aan God!
  • Beplan om saam met jou kinders te leer van gebed.
  • Moenie verwag om ‘n gebedskundige te wees nie.  Jy hoef nie lang gebede met groot teologiese woorde te bid nie.
  • Al wat jy moet doen, is om te bid!  Wees eg (authentic) en God sal die res doen!
  • Vandag net inleiding – om mekaar te herinner dat gebed belangrik is en ‘n commitment te maak om saam te bid.

     

Gesels as gesin:  Wat is gebed?

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

Moontlike antwoorde:

  • Tyd saam met God
  • Kommunikeer met God
  • Praat met God
  • Vra vir God om hulp
  • Luister na God
  • Laat God jou lei in jou lewe
  • Soek God se wil vir jou lewe
  • Vertel vir God hoe lief jy hom het
  • Vra vir God om ander te help

ð 

Gesels as gesin:  Hoekom is gebed belangrik?

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

Moontlike antwoorde:

  • Help ons om God te ken
  • Herinner ons dat God by ons is
  • Herinner ons dat God ons kan help
  • Help ons om ons moeilikhede en moeilike tye met God te deel.

Hierdie is fundamentele goed!  Ons wil graag hê ons kinders moet selfversekerd kan bid.

ð 

Gesels as gesin:  Hoekom bid mense nie?

[Gee tyd vir gesprek.  Vra vir terugvoer.  Skryf terugvoer op blaaibord.]

Moontlike antwoorde:

  • Geïntimideer:  Ons voel dat ons lank moet bid en groot woorde moet bid.  Jesus sê dit is nie so nie! 

Matteus 6:7-8 Wanneer julle bid, moenie ’n klomp woorde sê en weer en weer dieselfde dinge vra nie. Mense wat nie vir God ken nie, bid so. Hulle dink hulle afgode sal luister na hulle as hulle baie woorde gebruik en lank bid. Julle moenie soos hulle bid nie. Want julle Vader weet wat julle nodig het, Hy weet dit voordat julle dit vir Hom vra.  [Die Bybel vir Almal]

  • Dis nie ‘n gewoonte nie:  Ons is dalk nie gewoond daarom om gereeld te bid nie.
  • Besig:  Ons lewens  is so vol, dat ons nie altyd tyd maak vir gebed nie. 

Mark 4:19 Die dinge van die wêreld is soos die dorings wat die koringplantjies  toegroei. Vir hierdie mense word ander dinge belangriker as die boodskap van God.

  • Nie effektief nie:  Kan God ons hoor wanneer ons met hom praat?

Psalm 4:3 Die Here sal nou ook hoor wanneer ek roep en vra dat Hy my moet help.

Twee benaderings

Julle gesin kan op twee maniere ‘n lewe van gebed vestig.

Eerstens, ontwikkel ‘n roetine van gebed. 

Alle mense het roetine nodig – veral kinders!  Roetine help ons om belangrike goed te onthou en konsekwent te wees.  Ons moet ‘n tyd kies wat ons elke dag kan gebruik om met God te praat.

Gesinne noem voorbeelde van verskillende tye wat kan werk as daaglikse gebedstyd:

  • Voor ons bed toe gaan
  • Voor etes
  • In die oggend
  • Voor skool
  • Wanneer Mamma en Pappa terugkom van werk af
  • Wanneer ons saam in die kar ty op pad êrens heen.

ð  Gesinne gesels:  Wil julle ‘n gereelde gebedstyd vestig?  Wanneer gaan julle gebedstyd wees?

 

Tweedens, wees op die uitkyk vir gebedsgeleenthede.

Dis dalk selfs nog belangriker as gereelde gebedstye – om daaglikse geleenthede te gebruik om ons kinders te leer, nie net van gebed nie, maar ook van God se krag en werk in ons lewens.  Wanneer ons as deel van ons daaglikse lewe na God toe draai, demonstreer ons op ‘n kragtige manier vir ons kinders dat God altyd by ons is en dat ons in ‘n verhouding met hom leef.

1 Tessalonisense 5:17 17 Bid elke keer as julle die kans kry. Moet nooit moeg word om te bid nie. God hoor julle!  (Die Nuwe Testament vir Kinders)

Inspireer

Dave Teixeira vertel:

My vrou is baie lief vir diere en is veral ‘n honde liefhebber.  Gevolglik is sy baie sensitief oor hoe mense hul diere versorg.  Sy raak veral gespanne wanneer sy sien dat mense hulle honde sommer agter op bakkies laat ry.  So, as ons in ons kar ry en ons sien ‘n hond agter op ‘n bakkie, dan word daar vir die hond gebid. 

Hierdie gewoonte het afgesmeer op ons dogtertjie van drie.  Sy freak letterlik uit en dring daarop aan dat daar gebid word elke keer wat hy ‘n hond agter op ‘n voertuig sien. 

Oor-gebruik van gebed?  Dalk, maar die wonderlike deel van die storie is dat gebed uit die roetine van kerk en etes beweeg het, in ons kar in, enige dag op enige oomblik.  Ons gebruik ook gebedsgeleenthede wanneer ons ‘n motorongeluk of ambulans sien.  Die punt is om te kyk vir geleenthede en om dwarsdeur die dag te bid.

ð  Gesinne gesels:  Wat sal goeie geleenthede wees om te bid?

  • Wanneer iemand seerkry.  In plaas van die tradisionele “Laat mamma dit beter soen”, gebruik die seerkry om hulle te leer dat ons met God kan praat wanneer ons seer het.  ‘n Eenvoudige troosgebed kan ‘n groot impak hê.
  • Wanneer iemand hartseer is.  Kinders voel hartseer oor verskillende goed.  Leer jou kinders om regtig hulle bekommernisse op Jesus te werp en eerlik hul gevoelens te verwoord.
  • Wanneer iemand bang is.  Kinders voel dalk bank vir die donker, vir skool toe gaan, vir Kersvader, vir die bure se hond.  Moedig hulle aan om vir God te vertel van hul vrese en te vra vir sy beskerming.
  • Wanneer iemand suksesvol is.  Vier jy kind se suksesse deur God te prys vir die gawes wat hy vir hulle gegee het.
  • Wanneer iemand iets nuuts probeer.  Daar is altyd ‘n nuwe sport, nuwe vermoë, nuwe stokperdjie.  Herinner hulle om God te vra om hulle te help.

Modelleer

Julle het nou twee goed bepaal:

  • ‘n Roetine van gebed – gereelde gebedstye.  (Sê weer vir mekaar wanneer dit gaan wees.)
  • Wees op die uitkyk vir gebedsgeleenthede

Ons gaan nou saam bid.  Party mense noem die manier waarop ons gaan bid, ‘n “popcorn gebed”,  omdat springmielies so een-een pop.

Elke gesin vat hande.  Ek gaan ‘n sin sê en elke gesin gaan dan op die ry af die sin voltooi.  Ons wag in stilte totdat ek die volgende sin sê.  Wanneer ek “amen” sê, sê julle ook almal “amen”.

  • Here, dankie vir…
  • Here, kyk asb mooi na…
  • Here, help ons gesin om…
  • Here, help my om…
  • Amen

Neem dit huis toe

Elke gesin kry ‘n Gebede uit die Psalms vir julle Familie-plakkaat.

Elke gesin kry “Kom, laat ons bid” pamflet van CLF.

Verdere bron:  Faith Begins @ Home Prayer – beskikbaar by loot vir R70.

 

[Vertaal en aangepas uit Take it Home van Mark Holmen en Dave Teixeira] 

Oop Kaarte

Oop Kaarte is ‘n kaartspel vir 3 tot 7 spelers.  Die spel wil mense help om mekaar beter te leer ken en lewendige gesprek aanmoedig.

Illustrasies deur Alida Bothma.

Gebruik gerus die aangehegte dokumente (ongeveer 5MB) om jou eie kaarte te maak.  (Ons het dit soos visitekaartjies laat druk.)

Ons vra net twee goed:

  • Moenie geld vra daarvoor nie.
  • Stuur vir ons ‘n e-pos as jy dit gebruik

Laai die dokumente hier af:

Oop Kaarte Voor

Agterkant van kaarte

Kerkbiblioteek

Hulpmiddels vir Families in ons Kerkbiblioteek

Die biblioteek is oop Sondag-oggende na die erediens.  Aan die bo-kant van die trappe by die mansbadkamer.

aaFaith Begins At Home – The Family Makeover with Christ at the Center

Mark Holmen

In the past, faith was a central part of the family’s home life, yet the reality for many families today is that faith is no more than one-hour, drop off Christianity. To become the strong, healthy, joy-filled families God intended begins with parents establishing their homes as the primary place where faith is nurtured. Faith Begins at Home combines inspirational stories and practical ideas with biblical truth to help families rediscover how to bring the basics of faith back into their home.

aa3Faith Begins @ Home Prayer

Mark Holmen

Parents want to pray at home with their children but many don’t know where to start. Parents will find step by step tips and age-appropriate guides for leading kids into a lifestyle of prayer, as well as true life stories from families experiencing the power and blessing of God in their homes as they develop their “spiritual skills” with their children.

aacFaith Begins @ Home Devotions

Mark Holmen

Christian parents hear all the time about the importance of family devotions, but if they never experienced the impact of seeking God together as a family during their own childhoods, getting started can be intimidating. Parents will find step by step tips and age appropriate guides for leading daily family devotions, as well as true life stories from other parents experiencing the power and blessing of God in their homes as they develop their “spiritual skills” with their children.

aa1Faith Begins @ Home Mom

Maria & Mark Holmen

There is a special bond between mothers and their children. In Christian families, this bond can grow beyond biology to the life of the spirit, but many moms don’t know how to begin nurturing their children’s relationship with God. Moms will find step by step tips and age appropriate guides for instilling a vibrant and growing faith in their children’s lives, as well as true-life stories from other moms experiencing the power and blessing of God in their homes as they develop their “spiritual skills” with their children.

aabFaith Begins @ Home Dad

Mark Holmen

Most Christian dads want to be the kind of father who guides his children in their walk with God but many don’t have the first clue where to start. Dads will find step-by-step tips and age appropriate guides for leading their family’s spiritual development, as well as true life stories from other dads experiencing the power and blessing of God in their homes as they develop their “spiritual skills” with their children.

 

03I’d Choose You!

John Trent

Have you ever been the last one picked for a team?  Everyone knows what it’s like to have a bad day. And when Norbert comes home from school, he has had a “really” bad day. As he and his mother talk through the day’s mishaps, she gently imparts “The Blessing” on him through spoken word, meaningful touch, attachment of high value, portraying a special future, and genuine commitment.  By the end of the book, Norbert knows he is loved, and that even if he wasn’t the first pick for the team, he will always be chosen by his parents . . . and by God.

04Grandma, I Need Your Prayers – Blessing Your Grandchildren Through the Power of Prayer

Quin Sherrer, Ruthanne Garlock

Powerful stories and practical advice to motivate and equip grandmothers to pray consistently and strategically for the emotional, physical, and spiritual well being of their grandchildren, no matter how young or old.

 

01Seën Met Slaaptyd

John Trent

Gebruik saans die kosbare oomblikke saam met jou kind en seën jou kind. Seen met slaaptyd volume 1 bevat 100 prettige idees om jou kleinding saans in die bed te sit, wat onder andere stories vir voorlees, verstommende eksperimente, boeiende kopkrappers, verbeeldingryke aktiwiteite en nog vele meer insluit. Op elke slaaptydaktiwiteit volg boonop ‘n seengebed – sodat jy jou kind volgens die Bybelse voorbeeld van seen kan bekragtig en van God se liefde kan verseker.

02Seën Met Slaaptyd, Volume 2 

John Trent

Seën met slaaptyd 2 is spesifiek gemik op kinders jonger as sewe en sal slaaptyd vir jou en jou kind ‘n heerlike ervaring maak. Nes die uiters gewilde Seen met slaaptyd volume 1 bevat die opvolgboek ook 100 maklike idees, waaronder stories wat jy vir jou kind kan voorlees. En net voordat jy die ligte afskakel, is daar ook ‘n gebed wat jy hardop kan lees. Op hierdie manier bevestig jy jou liefde vir jou kind en verdiep jy jou kind se verhouding met God.