Skip to main content

Dag 3 – Wie ons is – 04/11/09

Lees 1 Johannes 3:11-24

Liefde is vrygewig.  Dit is die voorbeeld wat Jesus vir ons gegee het.  Hy het sy lewe vir ons afgelê.  Daarom behoort ons ook ons lewe af te lê vir mede-gelowiges.  Die oomblik dat ons ons hart en ons hand toe maak vir iemand wat gebrek lei, leef ons nie meer in die liefde nie.  Vrygewigheid met woord en daad is die toets vir ‘n ware geloof. En dit maak ons vrymoedig om na God te gaan en van Hom te vra wat ons nodig het.  En die eindresultaat is dat ons in God bly en Hy in ons.  Dink goed na oor mense wat jy weet gebrek lei en oorweeg voor die Here hoe jy met dade gaan help.

Dag 2 – Wie God is – 03/11/09

Lees Jesaja 54:1-10

God se liefde vergaan nooit nie, selfs al is Hy vir ‘n kort tydjie toornig op ons.  Met pragtige metafore beskryf God sy liefde: “Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie.” Oral in die Bybel word God geteken as ‘n God wat vergewe, genadig en barmhartig is, lankmoedig en vol liefde.  Hy is “die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is” (NGB artikel 1). Dit is die basis vir ons eie vrygewigheid, wat ons met begrip, verdraagsaamheid en vriendelikheid laat optree teenoor ander. “Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees.” (2 Kor 6:6)  Skryf een van dié gedagtes op ‘n kaartjie en lees dit elke uur.  Laat God se oorvloed jou menswees vandag volmaak.

Dag 1 – om met vrygewigheid te leef – 2/11/09

Lees 1 Samuel 25

Nabal en Abigajil word hier kontrasterend geteken as onderskeidelik dwaas en wys, inhalig en vrygewig, ondankbaar en waarderend.  Die vraag is of Dawid soos Nabal of soos Abigajil gaan optree.  En nog dieper as dit, óf hy uiteindelik maar net so ‘n dwase koning as Saul gaan wees, wat sy eie belang vooropgestel het, óf die wyse man na God se hart sal bly, wat aan God gehoorsaam is al kos dit hom ook wat.  Inhaligheid haal jou in, terwyl vrygewigheid jou vrymaak. Dink na oor situasies waar jy op die oomblik ook voor ‘n keuse gestel word soos Dawid, en vra die Here om vir jou die wyse pad te wys, sodat jy die dwase keuse kan vermy.