Dag 3 – Wie ons is – 04/11/09
Lees 1 Johannes 3:11-24
Liefde is vrygewig. Dit is die voorbeeld wat Jesus vir ons gegee het. Hy het sy lewe vir ons afgelê. Daarom behoort ons ook ons lewe af te lê vir mede-gelowiges. Die oomblik dat ons ons hart en ons hand toe maak vir iemand wat gebrek lei, leef ons nie meer in die liefde nie. Vrygewigheid met woord en daad is die toets vir ‘n ware geloof. En dit maak ons vrymoedig om na God te gaan en van Hom te vra wat ons nodig het. En die eindresultaat is dat ons in God bly en Hy in ons. Dink goed na oor mense wat jy weet gebrek lei en oorweeg voor die Here hoe jy met dade gaan help.