Skip to main content

Dag 2 – Wie God is – 10/11/09

Lees Hebreërs 13:8

God se karakter verander nooit nie.  Sy liefde, trou en goedheid word nie deur eksterne faktore beïnvloed nie.  Gevolglik kan ons vir God vertrou, want sy onveranderlike karakter is die fondament van sy beloftes.  Kyk ook na 1 Samuel 15:29 en Maleagi 3:6.

Oordink God se onveranderlike karakter.  Kyk in watter kontras dit met mense staan.  Watter implikasies het God se perfekte en konstante karakter vir jou verhouding met hom?  Is daar enigiets wat verhoed dat jy hom vertrou? 

Dag 5 – om met integriteit te leef – 13/11/09

Lees 1 Timoteus 4:15-16

Wat ons doen, sal altyd ‘n baie groter impak hê as wat ons sê.  Mense kan 90% van wat jy doen vergeet, maar hulle sal nooit jou lewe vergeet nie.  Dit beteken nie dat ons perfek moet wees nie.  Dit beteken wél dat ons modelle sal wees van groei, van mense wat vorder in hul geloof.  Kyk weer na vers 15.

Dag 3 – Wie ek is – 11/10/09

Lees Jesaja 6:1-7

Wanneer die profeet Jesaja ‘n visioen van God sien, word hy oorweldig deur God se heiligheid.  R.C. Sproul se kommentaar hierop sê:  “To be undone means to come apart at the seams, to be unraveled.  What Isaiah was expressing is the experience of personal disintegration, to ‘dis-integrate’.  To integrate something is to put pieces together in a unified whole… The word integrity… [suggests] a person whose life is whole or wholesome.  In modern slang we say, ‘They have it all together.'”

Voor God se heiligheid besef Jesaja dat hy rekonstruksie nodig het.  Jesaja demonstreer vir ons elkeen die moontlikheid om met God se hulp ‘n lewe van integriteit te leef.

Dag 4 – Hoe dit werk – 12/11/09

Lees Matteus 23:1-39

Jesus noem die Fariseërs 6 keer “huigelaars” – die teenoorgestelde van mense wat met integriteit leef.  Elke keer gaan dit saam met die stelling “Ellende wag vir julle”.

Etiek is ‘n gedefinieerde standaard van reg of verkeerd; moraliteit is die geleefde standaard van reg of verkeerd; Integriteit is om geïntegreerd te lewe, om so te leef dat ons etiek en ons moraliteit ooreenkom.  Om met integriteit te leef, is om ons etiek te kies en daarvolgens te leef.

Die Bybel leer ‘n baie hoë en heilige etiese standaard.  Elkeen wat sê dat hulle ‘n Christen is, sê daarmee dat hulle volgens hierdie Bybelse standaard leef.  So ‘n persoon is verbind tot moraliteit.  Om dan integriteit te hê, beteken dat ons sal lééf met die Bybel se etiek.  Jesus maak dit duidelik dat die slegste keuse is om te huigel.

Dag 5 – om met integriteit te leef – 13/11/09

Lees 1 Timoteus 4:15-16

Wat ons doen, sal altyd ‘n baie groter impak hê as wat ons sê.  Mense kan 90% van wat jy doen vergeet, maar hulle sal nooit jou lewe vergeet nie.  Dit beteken nie dat ons perfek moet wees nie.  Dit beteken wél dat ons modelle sal wees van groei, van mense wat vorder in hul geloof.  Kyk weer na vers 15.

Dag 1 – om met integriteit te leef – 09/11/09

Lees 1 Samuel 12:1-4

Elkeen van ons besluit self waarvoor ons onthou wil word, wat ons nalatenskap gaan wees.  Kyk in v 3 wat vir Samuel belangrik was.  Samuel se integriteit het elke aspek van sy lewe deursuur.  Dit het bepaal hoe hy sy besittings hanteer het, besigheid gedoen het en hoe hy diegene wat swakker as hy was, behandel het.  Hy was verantwoordbaar teenoor die mense wat hy gelei het.

Samuel se voorbeeld roep ons elkeen om dieselfde hoë standaard van integriteit te handhaaf.  Of jy nou ‘n multi-miljoen randse maatskappy of ‘n tweejarige kind lei, laat jou persoonlike verbintenis aan integriteit elke dag sigbaar wees.