Skip to main content

Dag 4 – Hoe dit werk – 12/11/09

Lees Matteus 23:1-39

Jesus noem die Fariseërs 6 keer “huigelaars” – die teenoorgestelde van mense wat met integriteit leef.  Elke keer gaan dit saam met die stelling “Ellende wag vir julle”.

Etiek is ‘n gedefinieerde standaard van reg of verkeerd; moraliteit is die geleefde standaard van reg of verkeerd; Integriteit is om geïntegreerd te lewe, om so te leef dat ons etiek en ons moraliteit ooreenkom.  Om met integriteit te leef, is om ons etiek te kies en daarvolgens te leef.

Die Bybel leer ‘n baie hoë en heilige etiese standaard.  Elkeen wat sê dat hulle ‘n Christen is, sê daarmee dat hulle volgens hierdie Bybelse standaard leef.  So ‘n persoon is verbind tot moraliteit.  Om dan integriteit te hê, beteken dat ons sal lééf met die Bybel se etiek.  Jesus maak dit duidelik dat die slegste keuse is om te huigel.

Dag 5 – om met integriteit te leef – 13/11/09

Lees 1 Timoteus 4:15-16

Wat ons doen, sal altyd ‘n baie groter impak hê as wat ons sê.  Mense kan 90% van wat jy doen vergeet, maar hulle sal nooit jou lewe vergeet nie.  Dit beteken nie dat ons perfek moet wees nie.  Dit beteken wél dat ons modelle sal wees van groei, van mense wat vorder in hul geloof.  Kyk weer na vers 15.

Dag 5 – om met vrygewigheid te leef – 06/11/09

Lees Spreuke 3:5-10

Die bottomline van vrygewigheid is volkome vertroue op die Here. Daarsonder kan ‘n mens eintlik nie anders as om inhalig te wees soos Nabal nie.  Dit sluit in dat jy nie op jou eie insigte staat maak nie, maar God ken in alles wat jy doen.  Dan sal Hy jou die regte pad laat loop.  Hierdie absolute fokus op God, beteken dat jy die slegte kan vermy, en dat jou lewe fisies en geestelik genees word.  Oorweeg weereens biddend hoe jy die Here kan vereer met offerandes uit alles wat jy besit, en met die beste uit jou oes.  En beproef die belofte van die Here: “dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.”

Dag 4 – Hoe dit werk – 05/11/09

Lees 2 Korintiërs 9:6-15

Paulus beskryf hier ‘n baie belangrike geestelike beginsel: “Wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.” God het die blymoedige gewer lief, een wat nie teësinnig of uit dwang gee nie.  Ons vrygewigheid sluit die sluise van die hemel oop, want God is by magte om aan ons alles in oorvloed te skenk, sodat ons in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.  God kan ons vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.  Beproef die Here hierdie week hierin: Wees vrygewig teenoor mense in nood en teenoor die werk van die Here in die gemeente en gemeenskap.  Jy sal verstom staan met die opbrengs van dankbaarheid en voorsiening.