Skip to main content

Dag 5 – om met die regte waardes te leef – 30/10/09

Lees Filippense 1:21-24

Paulus het met groot deursettingsvermoë geleef, omdat hy die vermoë gehad het om sy begeertes aan sy waardes te koppel.  Omdat sy kernwaarde Christus was, kon hy onderskei tussen sy begeertes.

Hackman en Johnson (Leadership) onderskei twee tipe waardes: einddoel (terminal) en instrumentele waardes.  Laasgenoemde bevorder eersgenoemde.  Einddoel waardes is dinge soos self-respek, volwasse liefde, ware vriendskap en wysheid.  Instrumentele waardes is dinge soos liefdevolheid, onafhanklikheid, eerlikheid en verantwoordelikheid.  Lys jou eie einddoel en instrumentele waardes in rangorde.  Skryf ‘n kort samevatting van jou lewenswaardes en vra die Here om dit in jou lewe waar te maak.

Dag 4 – Hoe dit werk – 29/10/09

Lees Matteus 6:19-21

Om by jou waardes te hou, kan jou duur te staan kom.  Daarom raai Jesus sy dissipels aan om te focus op waardes wat ewigheidswaarde het.  Die kernwaarde wat jou lewe moet rig, is die vraag: “Stel wat ek doen vir God tevrede?”  Elke ander waarde is daaraan ondergeskik.  Maak hierdie waarde jou diepste filosofie van die lewe.

Dag 3 – Wie ons is – 28/10/09

Lees Eksodus 20:1-17

Die wet is een van die helderste opsommings van God se waardes vir sy mense.  Dit druk ook sy eie karakter by uitnemendheid uit.  Let op hoe die wette begin met ons verhouding met God en eindig met ons verhouding met ons medemense.  Geregtigheid kom altyd in verhoudinge tot sy reg.  Die wet is egter nie iets wat ons uit ons eie kan nakom nie.  Vra die Gees om hierdie waardes in jou lewe ‘n werklikheid te maak.