Skip to main content

Dag 4 – Lees Filippense 2:3-11

Paulus gebruik Jesus as voorbeeld van ’n dienende leier.  Nadat hy by sy lesers daarop aangedring het dat hulle in nederigheid onselfsugtig moet leef (Fil 2:2-4), herinner hy hulle aan Jesus se menswording.  Hy het die heerlikheid van die hemel en die hoogste posisie agtergelaat om nie net mens te word nie, maar die nederigste vorm van menswees, die misdadigersdood aan die kruis, aan te neem.   ’n Leier wat onselfsugtig dien roep ons op om dieselfde te doen en te wees!

Dag 5 – Lees Filippense 2:25-30

Daar is heelwat leiers in die Bybel wat glad nie “groot name” is nie.  Hulle is mense wat nooit so bekend soos Moses of Dawid of Paulus geword het nie, al het hulle ’n belangrike rol in die Koninkryk gespeel.  Epafroditos was so ’n mens.  Daar word net in Filippense van hom gepraat.  Daar is nie boeke oor hom geskryf nie, en hyself het nie ’n boek geskryf nie.  Hy was nie ’n groot naam nie.  En tog word hy vir Paulus belangrik.  Hy kom al die pad van Filippi na Rome om by Paulus in die tronk te kom aansluit om hom te versorg.  Hy neem ook hierdie brief terug na die Filippense.  Paulus sê van hom dat hy ’n medestryder en medewerker is, iemand wat sy lewe gewaag en amper verloor het, ’n leier-helper wat onselfsugtig gedien het!

Dag 5: Lees Markus 10:46-52 – Jesus antwoord gebede volgens sy beloftes

Let op hoe Jesus die versoek van die blinde man toestaan, terwyl Hy nie Johannes en Jakobus se versoek toestaan om op die trone langs Hom in die oordeelsdag te sit nie.  Hoekom?  Die man se versoek is gebaseer op die Messiaanse belofte van Jesaja, terwyl die twee dissipels se versoek gebaseer is op hulle eie behoefte aan status en voorrang in die koninkryk.  Let ook op die simboliese betekenis van hierdie genesing: Jesus het gekom om die volk van hulle blindheid te verlos, maar hulle weier om tot insig te kom, soos ons met die Intog in Jerusalem hierna sal sien.

Jesus antwoord steeds vandag gebede, veral dié wat gebaseer is op sy beloftes.  Dink na oor mense en sake waarvoor jy kan intree en God se beloftes kan afbid.

Dag 4: Lees Markus 10:35-45 – Die wat eerste wil wees, word almal se dienaar

Die gesprek het al vroeër in Kapernaum begin waar die dissipels gestry het met mekaar oor wie van hulle die belangrikste is.  Jakobus en Johannes het duidelik gedink dat hulle kwalifiseer vir ereposisies, moontlik omdat hulle waarskynlik neefs van Jesus was, en saam met Hom op die berg van verheerliking was.  Jesus hanteer die arrogansie met deernis, deur weereens sy lering te herhaal dat dié wat eerste wil wees, almal se dienaar moet word, soos Hy inderdaad deur sy eie manier van lewe gewys het.  Dit is die sleutel tot ware diensbaarheid: om jouself nie hoër te ag as ander nie, maar jou te gee vir diens.

Dink na oor wat dit vir jou beteken in jou eie situasie en besluit watter praktiese diens jy vandag kan doen in navolging van Jesus.