Dag 4 – Kolossense 4:12
Wat ‘n kosbare gebed om voor gebid te word! Geestelike volwassenheid gaan saam met gehoorsaamheid en standvastigheid.
Jy kan gerus Epafras se gebed jou eie maak.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dag 4 – Kolossense 4:12
Wat ‘n kosbare gebed om voor gebid te word! Geestelike volwassenheid gaan saam met gehoorsaamheid en standvastigheid.
Jy kan gerus Epafras se gebed jou eie maak.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dag 3 – Hebreërs 5:11-6:3
Gelowiges is dikwels leergestremd en ken nie die ABC van die Christelike geloof nie. In plaas daarvan om geestelik te groei, te onderskei tussen reg en verkeerd en ander te begin leer wie God is, sukkel ons dikwels steeds met die grondfase van die geloof.
Jou verhouding met God en jou kennis van die geloof moet groei. Dit is ‘n proses wat jou lewe lank sal duur. Wees bereid om te leer.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dag 2 – 1 Korintiërs 3:1-3
Met die stigting van die gemeente in Korinte kon Paulus vir die gemeente net melk (die sendingboodskap) gee. Sedertdien het heelwat tyd verloop, maar daar is maar weinig geestelike groei by die gemeente, soos blyk uit die vorming van partye in die gemeente. Hulle laat hulle nie deur die Gees lei nie, maar tree soos kindertjies op.
Met wie se tipe kos word jy gevoeg? Melk of vaste kos? Hoe kan jy leer om al meer vaste geestelike kos te verteer?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dag 1 – 1 Timoteus 4:6-9
Sukses vra harde werk – kyk maar na enige sportster. Niemand kan goed presteer sonder om te oefen nie. ‘n Lewe wat God verheerlik en geestelik verdiep, vra ook harde werk. Paulus weet hoe noodsaaklik geestelike oefening is. Daarom moedig hy vir Timoteus aan om homself te oefen in ‘n lewe waar God heeltyd nommer een is.
Ons sal net geestelik groei as ons ophou om slegs al die regte “godsdienstige passies” uit te voer en ‘n slag begin om die Here op sy voorwaardes te dien. Sonder so ‘n verbintenis, sonder ‘n vaste voorneme om die Here elke dag te verheerlik, is ons geloof gedoem tot onvolwassenheid.
Wil jy jou nie vandag daartoe verbind om die oefening te doen om geestelik te verdiep nie?
Written by Chris van Wyk on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dag 5 – 2 Korintiërs 4:1-6 – Hierdie waarheid maak ons aan almal bekend
Die Bybel was vir die kerk nog altyd ‘n skat van onbeskryflike waarde. Niks kan regtig daarmee vergelyk word nie. Niks kan die rol van die Bybel in die lewe van gelowiges verander nie. Vandaar die liedjie: “Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag.” Maar … dit is natuurlik ‘n skat wat bedoel is vir almal. Daarom dat Paulus onmiddellik nadat hy oor die spieël wat ons verander (2 Kor 3:12-18) praat oor ons as gelowiges wat hierdie waarheid aan almal bekend maak. Dit is ons bediening!
Dink na oor maniere waarop jy oor die krag van die Woord in jou en ander se lewe kan getuig. Dink ook oor maniere waarop jy mense rondom jou kan beïnvloed met die krag van die Woord: aanhalings op ‘n kennisgewingbord, wyshede in ‘n nuusbrief … wees kreatief!
Written by Chris van Wyk on . Posted in Dagstukkies. No Comments on Dag 3 – 2 Korintiërs 3:12-18 – Ons sien CHRISTUS raak in die spieël van die Woord
Paulus maak die ongelooflike stelling in 2 Korintiërs 3 dat ons in die spieël van die Woord vir Christus raaksien. Ons sien nie net onsself in ons sonde raak nie, ons sien nie net die hoofsaak van die liefde raak as ons na die lewe kyk nie, maar ons sien die belangrikste van alles raak, hoe Christus lyk. Want dit is net Hy wat ons kan verander. Daarom nooi die gedeelte ons uit om diep te kyk dat Hy ons kan verander.
Alles hang van Christus af. Hoe dieper ek in ‘n verhouding met Hom leef, hoe meer sal ek verander. Hoe meer ek die Bybel lees en oordink, hoe meer sal ek begin leef en optree soos Christus dit gedoen het. Maak ‘n lewenslange afspraak – van vandag af – om dit die hoofsaak van jou lewe te maak.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.