Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
NGK Somerstrand Aanddiens 18:30 23 Januarie 2020

Video van Aartsbiskop Nicholas Duncan-Williams van Ghana

Ek het die week die video van Aartsbiskop Nicholas Duncan-Williams van Ghana in die hande gekry. Dit kom uit ‘n preek van hom – dit is sy stem wat jy sal hoor – en die video gebruik sy woorde met agtergrond insetsels. Jy kan die res van die preek hier luister: https://bit.ly/2qS0xLx

Kom ons luister daarna: Video

Hoe lyk jou gebedslewe?

Hoeveel keer bid jy per dag? Wel, as jy een of twee keer bid, is dit al wonderlik, maar jou gebede moet eintlik in mekaar begin vloei dat dit ‘n lewenstyl word, dat jy niks doen sonder dat jy nie bid nie. Selfs wanneer jy nie daarna voel nie!

Daarom het Jesus so baie keer op die berg in stilte gaan bid en met sy Vader gepraat. Dit is waarom Hy moeite gedoen het om sy dissipels te leer om te bid met die Ons Vader – 3 gebede oor God se Naam, koninkryk en wil; 3 gebede oor ons behoeftes, vergifnis en versoekings.

Kom ons lees wat Paulus in sy eerste brief aan die Tessalonisense skryf:

“16 Wees altyd bly; 17 bid sonder ophou; 18 wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Tess 5:16-18 – 2020-vertaling)

Bid is ‘n lewenstyl in die Bybel

Gebed is ‘n lewenstyl. Dit is so natuurlik soos asemhaal. Jy kan bid vir enigiets op enige plek saam met enige kind van die Here.

Daarom is daar 150 Psalms in die Bybel wat vir jou taal gee waarmee jy met die Here kan praat.

Daar is Psalms vir wanneer jy depressief voel (Ps 6 – “ek is heeltemal vreesbevange … Ek is moeg van my gesug … My oë is dik geswel van verdriet”; vgl ook Ps 27; 40; 43; 46). Daar is Psalms vir wanneer jy dink dit is klaarpraat met jou (Ps 56 – “Hou tog my trane in u sak”). Aar is Psalms vir wanneer jy heeltemal desperaat is (Ps 61 – ek roep na U: “wanneer my moed my begewe”).

Maar, daar is ook die Psalms wat uitbundig en jubelend is (Ps 16 – “U is my Heer; buiten U is daar vir my niks goeds nie.” vgl ook Ps 23; 37; 91; en veral Ps 103 – “Bless the Lord, O my soul”). Daar is Psalms vir nadenke (Ps 1; 2). Daar is Psalms oor wysheid (Ps 34-37). Daar is Psalms vir op reis gaan met God (Ps 121-134).

Die Jode het elke aand hulle gebed afgesluit met Psalm 121 net voor hulle aan die slaap raak:

“7 Die HERE sal jou beskerm teen elke onheil;  Hy sal jou lewe beskerm.  8 Die HERE sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm  van nou af en vir altyd.”

Prakties

Maar, gebed is ten diepste gesprek met God. Die Psalms is wonderlik, maar gebed is ‘n baie spontane ding. Dit is iets wat jy kan aanleer en al hoe meer regdeur jou dag doen.

Heel prakties:

  • As iets goeds gebeur, sê in jou gedagtes: “Dankie, Here.” Dankie-sê gebede is die mees algemene gebed wat daar is. Jy hoef nie jou oë toe te maak nie. Jy hoef nie eers woorde te gebruik nie. Jy kan selfs net jou hand omhoog hou: “Dankie, Here.”
  • As iets slegs gebeur, sê in jou gedagtes: “Wat nou, Here?” En kry ‘n tyd om stil te word dat die Here ‘n oortuiging in jou wakker maak van wat jou nou te doen staan.
  • As iets baie slegs gebeur, maak ‘n langer tyd om daaroor te bid. Miskien jou gevoelens neer te skryf en met die Here deur te gesels. Miskien met jou ma of pa of ‘n vriend of vriendin of met ‘n onderwyser of dosent of ‘n predikant te gaan gesels sodat julle saam kan bid daarvoor.
  • As jy oor iets moet besluit, bid vir wysheid. Daar is die wonderlike belofte in Jakobus 1:5 in The Message: “If you don’t know what you’re doing, pray to the Father. He loves to help. You’ll get his help, and won’t be condescended to when you ask for it. Ask boldly, believingly, without a second thought.”
  • As jy iets slegs gedoen het: “Vergewe my, Here.” Daar is die wonderlike belofte in 1 Johannes 1:9: “As ons iets doen waarvan God nie hou nie, moet ons met God daaroor praat. Ons moet bid. Ons moet vir Hom sê ons is jammer oor wat ons gedoen het. Ons moet ook sê dat ons nooit weer daardie lelike ding wil doen en sy hart so seermaak nie … en dit regtig bedoel.”
  • As jy sien iemand anders doen iets slegs: “sê nou ek het ’n vriend wat ook ’n kind van die Here is. Skielik begin hy baie lelike dinge doen waarvan God niks hou nie. Dan moet ons vir ons Vader, God, bid om daardie persoon te help om die lelike dinge te los.” (1 Joh 5:16)
  • As jy sien iemand kry swaar of is siek, bid vir hulle. Nog beter, gaan bid saam met hulle. “14As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. 15En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. (Jak 5:14-15)

Kies een van hierdie spontane maniere van gebed en fokus daarop hierdie week. Bv om dankie te sê. Of om die Psalms te lees. Julle kan inskakel by ons Bybelleesprogram.

Ons lees en bid ‘n Psalm ‘n dag. Dit begin môre. Stuur jou naam en van saam met jou selnommer na my toe en sit my nommer ook op jou sel: Chris van Wyk (082 vyf sewe vier 9191). En begin môre saam met ons lees en bid. Ek stuur vir jou elke dag ‘n Whatsapp wat jou sal help om die Psalm te verstaan en as gebed te gebruik.

Daar is ook ander opsies vir Bybel lees in die Event.

Lofprysing

Seën

Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23

Dit is eenvoudige ‘n feit dat sommige mense na die Woord luister en dit vergeet, nooit iets daarmee doen nie. Dit het gee effek in hulle lewe nie. Sommige luister en raak selfs opgewonde daaroor, maar kry nie dit reg om te doen wat die Woord sê nie. Ander luister nog dieper, maar as slegte dinge met hulle gebeur of goeie dinge hulle aandag aflei, dan volhard hulle nie om na die Woord te luister en dit te doen nie.

Gelukkig is daar ook dié mense wat aanhou luister en aanhou om te leef in die Woord. Dit is hulle wat vrug dra in die koninkryk van God. Hulle kan deur God gebruik word om sy wil te laat geskied.

“Wie ore het, moet luister.”

Download the English translation: He who has ears let him listen – Matthew 13_18-23

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23

Eendag het ’n boer saad in sy land gaan saai.

  • ’n Deel van die saad beland toe op die pad. Die voëls het dit vinnig opgepik.
  • ’n Ander deel het tussen ’n klomp klippe geval. Omdat daar ’n klein bietjie grond tussen die klippe was, het die saad gou begin groei. Maar die saad se wortels kon nie diep wortel skiet nie. Daarom het die son die plantjies gou dood gebrand.
  • Van die ander saad het tussen die dorings en die bossies beland. Dit het die plantjies verstrik en dood gegroei.
  • ’n Ander deel van die saad het in goeie grond geval. Dit het begin groei en groot plante geword. Hierdie plante het baie meer graan gegee as wat almal gedink het.”

“Wie ore het, moet luister.”

Continue reading

Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15

Het jy al ooit nikswerd gevoel?

Jy staan op die speelgrond en julle kies spanne om sokker te speel. Een na die ander word gekies, net jy bly oor. Niemand wil jou graag in die span hê nie. Hoe voel jy dan? Nikswerd, nie waar nie?

Die juffrou verduidelik ‘n som op die bord. Almal verstaan dit, maar jy kry dit net nie reg nie. Dan vra sy wie sal die som kom doen? Jy probeer wegkruip, maar sy sien jou raak, en roep jou vorentoe. Jy vat die kryt en jy staan en staan daar voor die bord. Want jy weet jy gaan dit nie regkry nie. Hoe voel jy dan? Nikswerd, nie waar nie?

Maar, hoe sal jy voel as jou naam Nikswerd was? Nie ‘n mooi naam nie, nê! ‘n Naam wat jy graag sal wil verander, nie waar nie! Dit is egter wat met Abel in die Bybel gebeur het. Kom ons lees die verhaal in die Bybel van Kain en Abel, Genesis 4 (NLV):

Download English translation: Abel still speaks today – childrens service Genesis 4

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4

Praise and Worship
Tema: Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
Somerstrand 18:30 9 Februarie 2020

Ons gaan vanaand die Here loof en prys met sang en fokus op Filippense 4 met die tema “Verbly julle altyd in die Here!”

Lofprysing en aanbidding

  • Look to the Son
  • Our God
  • Indescribable – God is amazing

God is onbeskryflik groots

Ons het die Here nou geloof en aanbid vir sy onbeskryflike grootsheid. Ek wil ‘n gedeelte in die Bybel lees wat hierby aansluit, ‘n oproep van Paulus dat ons bly moet wees in die Here.

Filippense 4:4-9

4 Verbly julle altyd in die Here! Ek sê weer: Verbly julle! 5 Laat julle welwillendheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle versoeke aan God bekend deur te bid, te smeek en Hom te dank. 7 En die vrede van God wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.  8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, wat reg is, wat rein is, wat lieflik is, wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig. 9 Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het — doen dit. En die God van vrede sal met julle wees. (Fil 4:4-9)

Continue reading

Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11

Die lewe is darem nie maklik nie! Van die hoogtepunt van die doop en die duif word Jesus gelei na die dieptepunt van die duiwel se versoeking.

Dit is egter nie slegte nuus nie. Dit is goeie nuus. Dit is die evangelie. Hoekom? Want Jesus aanvaar die uitdaging sonder skroom, sonder klag, sonder om terug te deins.

Dit is immers al die eerste oorwinning. Om nie in te gee voor die behoefte om dinge makliker in die lewe te hê nie. En Jesus slaag die toets uiteindelik met vlieënde vaandels as ewige getuienis dat ons in Hom die oorwinning oor die duiwel, die versoeker en aanklaer, het.

Wat ons moet raaksien is dat dit die Gees se eerste taak was ná Hy op Jesus neergedaal het. Die Gees moes Jesus sterk maak vir die uitdagings wat in sy bediening op Hom gaan wag.

“Jesus must face these temptations now, and win at least an initial victory over them. If he doesn’t, they will meet him suddenly, in the middle of his work, and they may overwhelm him.” (NT Wright – Matthew for Everyone).

En ‘n mens kan kwalik aan drie versoekings dink wat beter aan God se doel met dié woestyn tydperk in Jesus se lewe beantwoord.

Let op die hele versoeking in die konteks van ‘n vas geplaas word. Jesus moes dus enduit die vas volhou.

Kom ons lees dit in Matteus 4:1-11.

Download translation in English: Satan tempts Jesus in the wilderness – Matthew 4_1-11

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading