Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Jes 6 – Son 7 Jun 09

Verwelkoming & Afkondiginge
Drie-eenheid Sondag – na Pinkster
andrej_rublv_001
Bekende Ikoon
Geverf ongeveer 1419 deur Andrei Rublev.

(Vir ‘n besondere oordenking oor hierdie ikoon, gaan kyk hier.)

Drie engele wat Abraham besoek het,
meestal geïnterpreteer as Drie-eenheid,
soms ikoon van OT Drie-eenheid genoem.
Vol simboliek, om mens in misterie van Drie-eenheid in te nooi.

Al drie dra blou kledingstuk – kleur van hemele –
maar elkeen dra iets van eie identiteit.

Gees uitgebeeld blou kledingstuk – goddelikheid
Groen kledingstuk – nuwe lewe.
Mens aanmoedig dink nuwe lewe gees in jou lewe bring.
Raak aan tafel –
God teenwoordig op aarde.

Berg agter –
dikwels plekke van godsontmoeting,
waar hemel en aarde ontmoet,

  • mens aanmoedig dink jou bergtop-ervarings,
  • ook hoe God teenwoordig in jou lewe.

Gees sit half vorentoe,
trek oog na sentrale figuur,
Jesus verteenwoordig. 

Blou van goddelikheid.
bruin van aarde – menslikheid
goud – koning.

  • Wil laat dink oor Jesus koningskap in ons lewens.

Twee vingers op tafel – goddelike en menslike natuur.

Wys na beker vol wyn – sy bloed.

Agter is boom –
moontlik boom waaronder Abraham engele verwelkom,

  • wil ons laat dink oor belangrikheid gasvryheid.

Kan ook kruis verteenwoordig.
Boom van dood wat boom van ewige lewe word –
terugverwys Adam & Eva sonde. 

  • Wil aanmoedig reflekteer op paradoks van kruis,

plek waar lewe en dood mekaar ontmoet. 

Kan ook boom van lewe uit Openbaring wees,
dra 12 tipes vrugte vir elke maand van jaar
en blare wat nasies genees,

  • wat ons nooi reflekteer oor belofte van toekoms.

Figuur Christus verteenwoordig, draai na links,
trek ons oë na figuur aan regterkant. 

Blou kledingstuk amper weggesteek in glimmende kleed.

Albei hande hou staf vas,
alle gesag in hemel en op aarde behoort aan Vader.

  • Wil laat dink oor gesag van God in eie lewe.

Agter figuur is huis – woonplek van God.

  • Laat dink woorde van Jesus:

Joh 14:2
In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.

Stilte, oordink God in Drie-eenheid, daarna sonder aankondiging:
Lied 450 (staan)
Votum
Psalm 29
Seëngroet
Lofsang
Psalm 29
Lied 451
Lied 454
Doop

Kindertyd
Prente (illusies)

Ou of jong vrou?  albei?
Goeie voorbeeld van hoe selfde ding verskillend kan sien.
Wat interessant, niemand kan albei goed gelyk sien,
Of ou vrou, OF jong vrou.

Wys vir julle, sodat aan God kan dink.
God is een – soos hierdie een prentjie.
Maar sien God op drie verskillende maniere:
Skepper en Vader,
Jesus
Gees.
God is drie goed – maar God is net een!

Soms as bid, sê Vader.
Ander kere Jesus, ander kere Gees –
maar praat altyd met selfde God as bid.

Dis wat belangrik –
nie dat verstaan,
maar dat bid – aanbid. 

Aanbidding
Lied 170×2 (sit)
Lied 171 (sit)
Gebed
God, gee dat ons
Stil sal wees voor u – sodat ons u mag hoor.
Tot rus sal kom in u – sodat u in ons kan werk.
Oop sal wees vir u – sodat u mag inkom.
leeg sal wees voor u – sodat u ons kan vul.
Laat ons bedaar,
sodat ons kan erken dat u God is.

Skriflesing
Enkele opmerkings oor teks in Joernaal – lees na tyd   
Jesaja 6:1-8

Preek
Terwyl Augustinus geworstel het met die Drie-eenheid,
het hy besluit om op die strand te gaan loop –
net om te kyk of hy nie ’n bietjie helderheid op die onderwerp kon kry nie. 

Hy het gesien hoe ’n seuntjie besig was om met oorgawe te speel.
Die seuntjie het met ’n emmertjie in sy hand
heen en weer na die see gehardloop
om die water in ’n klein gaatjie te gooi.

Augustinus het gewonder waarmee die seuntjie so ywerig besig was,
daarom het hy vir die seun gevra:
“Wat doen jy?”

Die seuntjie het dadelik ernstig aan Augustinus verduidelik:
“Ek probeer gou die hele oseaan in hierdie gat kry.” 

Daar het dadelik vir Augustinus ’n lig aan gegaan.

Hy het besef dat hy die heel tyd besig was
om die onbeperkte God
in sy beperkte verstand te probeer sit.
Dit was net so ’n onmoontlikheid
as die speletjie waarmee hierdie seuntjie homself besig gehou het!

“Here, U is te groot vir my klein verstand,
daar is niemand soos U nie.”

Ons grootgeword,
nie geweet van Triniteitsondag.
Miskien te Rooms,
dalk eenvoudig te ingewikkeld,
dominee self nie lekker geweet wat te sê.

Christina Landman vertel,
haar tipiese tong-in-kies manier,
van man wat net een maal per jaar kerk toe gegaan.
Nie Kersdag, Paasfees,
Drie-eenheid Sondag –
om te kyk hoe dominee sukkel om Drie-eenheid te verklaar!

Want dit is die ding met God se Drie-eenheid –
al doen hoeveel moeite te verklaar,
gebruik watter beelde –
drie sirkels, water, ys, mis;
eier dop, wit, geel,
reënboog:  rooi, wit, blou.

Bly struikel oor ontoereikendheid van beelde,
van eie begrip. 
God is Vader, Seun, Heilige Gees.
God is Drie,
maar God is een.

Karl Barth definisie van Drie-eenheid:
Drie maal verskillend, dieselfde!

Maak nie saak hoe hard probeer,
kan nie verduidelik,
kan nie begryp.

Ek dink dis juis punt.
Ons nie bedoel God te verstaan.
Ons bedoel God te aanbid,
in verwondering (soos tema volgende kwartaal) voor hom te staan.

Teks gelees,
praat nie spesifiek Drie-eenheid.
Tradisie:  drie maal heilige lofsang van Serafs Drie-eenheid.

Maar hoewel teks nie praat Drie-eenheid,
leer tog gepaste manier ons reageer op ontmoeting met Drie-enige God.
In teks drie bewegings wat verhouding met Drie-enige God in ons lewens teweegbring. 

Eerste beweging van ontmoeting met God,
is dat jou in verwondering op knieë dwing. 

Daar is niemand soos Hy nie. 
Hy is almagtig.
Hy is uniek.
Hy is God.

Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige!
Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.
v 3.

God is Heilig.

Wat beteken dit?

Ons dink dikwels,
en is geleer,
dat om heilig te wees,
is om eenkant
of afgesonder te wees.
Apart van aardse, beestelike dinge.
Bo die gewone aardse goed.

Dis waar idee van kloosters in Middeleeue vandaan gekom:
om heilig wees
moet afsonder van wêreld,
eenkant hou.
Deur dus in klooster te woon,
sou nie hul hande vuil maak met morsigheid van alledaagse lewe,
sou nie hul oë en gedagtes besoedel
deur in skewe, stukkende wêreld vas te kyk.

Maar dis nie wat heiligheid beteken!
Ferdinand Deist gesê
God se heiligheid beteken nie afgesonder,
maar stralend.

In Jesaja visioen lees serafs voor God troon
oë toehou
terwyl God heiligheid besing.

Hulle kon die lig wat van die hoë, heilige God uitstraal,
nie verduur nie!

God se heiligheid
is nie hoe ver of afgesonderd hy van ons is nie!
God se heiligheid beteken eerder sy toewyding aan sy skepping,
aan jou en my.

Nie alleen die hemel nie,
maar die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid,
sing die serafs.

God se heiligheid beteken eerstens sy teenwoordigheid,
sy nabyheid.

Dink maar aan God se woord in Hosea 11:
Ek is God, nie ‘n mens nie.  Ek is die Heilige, wat by jou is.

Jesaja 57:15:
5  So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in ‘n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is.

God is heilig.

En ons sien sy heiligheid veral in Jesus se menswording,
in die nabyheid van Jesus,
in sy bediening – as mens – op aarde.
Ons sien God se heiligheid in die teenwoordigheid van die Gees,
in die leiding van die Gees in ons daaglikse lewens. 

Dink ons almal smag sulke belewenisse soos Jesaja hier –
God te sien!
Met donderweer
God se stem hoor soos wat in Ps 29 beskryf,
berge bewe,
seders oopkloof,
deure in kosyne rammel
en tempel met rook vul.

Maar God heiligheid beteken ons kan God sien,
kan God beleef,
elke oomblik
hier op aarde,
in die gewone, alledaagse dinge –
die skepping en die mense. 

Iemand gesê:
I discover the holy… by peering under the edges of the ordinary. 

Die besondere oomblik is nié die waar daar iets besonders is om na te kyk,
maar die oomblikke wat ons na die gewone kyk
en dit regkry om vir God te sien. 

Geestelike dissiplines, verlede kwartaal gepreek,
in geestelike gewoontes didage,
help natuurlik oë hiervoor oopmaak.

Inoefen in God se heilige teenwoordigheid raaksien.

Wanneer dit sien,
dwing op knieë,
neerval in aanbidding voor God. 

Pinkster se gesprek oor grense beweeg,
ons bewus gemaak –
elke oomblik ‘n moontlike oomblik van ontmoeting,
ln Gods-oomblik, ‘n Gods-ontmoeting.

Frances Dominica stel so:
You will find the living God
in the pages of the Bible.
You will find Him
also just exactly where you are…
Nothing in your life is so insignificant,
so small
that God cannot be found at its center.
We think of God in the dramatic things…
but He is the little things too,
in the smile of a passer-by
or  the hands of an old person,
in a daisy,
a tiny insect,
falling leaves.
God is in the music,
in the laughter
and in the sorrow too…
There is no limit
to the ways in which God may make Himself known.
At every turn in our lives
there can be a meeting place with God.”

Tweede beweging van ontmoeting met heilige God,
op jou mond.

As jy skielik besef
jy is in die teenwoordigheid van die Heilige God,
dan raak jy bewus van jou eie sondigheid,
jou eie gesukkel
en dan is geen regverdiging geregverdig nie… 
Dis wanneer jy God se vergifnis soek –
en dit ontvang.

Calvyn:
Godskennis en selfkennis loop hand aan hand. 

In ou TV-reeks Murphy Brown praat almal een episode oor gevoelens oor God.
Een karakter, Jim, Presbiteriaan,
dat elke Sondag saam met vrou kerk toe.
Ek het nog geen ervaring van God gehad nie. 
Maar ek hou aan om te gaan,
want dit is vir my duidelik dat die mense wat by die kerk is,
God ervaar
en ek hoop dat ek ook eendag sal.

Dis presies wat met Jesaja gebeur.
Hy ervaar God.
En vir Jesaja gebeur hierdie God-oomblik
toe sy ontoereikendheid, sy onvermoë
en God se genade – mekaar ontmoet. 
Heilige oomblikke gebeur wanneer ons bewus word van God se teenwoordigheid in die alledaagse,
dit ons konfronteer met ons eie onvermoë en sondigheid
en ons bewus maak van die genade en vergifnis wat ons van hierdie heilige God ontvang het.

Bring ons by derde beweging van ontmoeting met God:
dwing jou op jou voete.

Toe het ek die Here hoor vra:
“Wie kan Ek stuur?
Wie sal ons boodskapper wees?”
Ek het geantwoord:
“Hier is ek!
Stuur my!”
Toe het die Here gesê:
“Gaan sê vir hierdie volk:… (vs 8,9a)

Ontmoeting met God mond altyd uit in roeping.

Terug by net-nou Deist God heiligheid is God lig.
As God sê ons heilig moet wees soos hy heilig is
(Lev 11:44)
beteken dit dat nuwe lewe wat hy ons gegee,
sigbaar moet word vir almal om te sien.
Die nuwe lewe moet soos ‘n lig uit ons straal.
Gelowiges Matt 5:14 lig vir wêreld genoem. 

In teenstelling met kloosters Middeleeue,
hervormers gesien God roep gelowiges nie UIT alledaagse lewe uit nie,
maar juis in alledaagse lewe in. 

As ons moet heilig wees omdat God heilig is,
beteken dit ons moet doen wat God gedoen het.

Dan beteken “heilig-wees” nie om eenkant handjies gevou te sit en vroom wees.
Heilig heilig heilig
beteken juis om jou hande vuil te maak
met probleme en lyding in wêreld.

Heilig lewe beteken om uit te reik na die swaarkry van ander.
Wanneer Jesus mense genees het,
lees ons keer op keer in evangelies –
het hy hulle aangeraak.

Hy het hulle nie net as God genees nie,
maar as mens het hy hulle aangeraak.
Dis is wat dit beteken om heilig te wees.

Om heilig te lewe,
is om respek te hê vir alle mense,
of hulle belangrik of melaats is.

Om heilig te lewe,
beteken om lief te hê wanneer jy gehaat word.

Wanneer jy dan heilig lewe,
is jy sterk.
En dit is wat die Heilige Gees doen.

Die Gees maak ons sterk om heilig
die onheilige te hanteer,
om die pyn,
die lyding,
die armoede om ons te hanteer. 

On grense oor te steek
uit te reik na bure
mense by werk
winkel
wat pad toevallig kruis. 

Heilig wees
deur respekvol, liefdevol, dáár te wees. 

Vandag Drie-eenheid Sondag. 
Ons kan dit vier deur saam met serafs te sing:
Heilig, heilig, heilig is die Here God.

Maar ons hoef dit nie net te sing en te vier nie –
ons kan dit glo ook.

Dat die heilige God drie kante het.

Hy skep alles heilig.

Hy het sy hande kom vuil maak hier op aarde met ons onheilighede.

En hy het vir ons sy Gees gestuur om ons sterk te maak
om self ook heilig te lewe. 

Gebed
Almagtige Vader, skepper van hemel en aarde:
laat u koninkryk in ons midde kom.
Here Jesus Christus, seun van God,
wees ons, sondaars, genadig.
Heilige Gees, asem van die lewende God,
vernuwe ons en die hele wêreld.

Dankoffer
Lied 449 vers 1 en 4 (staan)
Seën
Lied 189 (staan)

Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7

Verwelkoming

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 435 – Heil’ge Gees, u bou ‘n tempel deur die Woord wat kragtig werk – staan

Lied 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – sit

Kindertyd

Kinders bly in kerk vir nagmaal

‘n Groeigogga is iemand wat geestelik groei deur:

  • Duim – Bybel lees
  • Wysvinger – bid
  • Middelvinger – getuig
  • Ringvinger – bely sonde
  • Pinkie – gaan kerk toe.

Skriflesing (English on the screen)

Handelinge 16: 11-40 – Die Heilige Gees stuur ons gemeente oor grense

Inleiding

Lukas het nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit in Filippi (hy skryf nou weer in die eerste persoon, ons),’n Romeinse kolonie in Masedonië (prentjie op skerm).  Dit is ongeveer 50 of 51 n.C.  Daar was nie ‘n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by ‘n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.

Die eerste Europeër wat glo, is ‘n vrou

En dan gebeur die wonder, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met ‘n eenvoudige verhaal van ‘n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo.  Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.

Interesting how God uses unusual people in the spreading of the gospel into new areas.  In Africa it was a Ethiopian eunuch, in Europa it was a Grecian-Jewish woman.  It is as if God chooses these people to show from the start that He is behind the diversity in people and brings change from the fringes to forge a strong unity between diverse peoples.

Sy nooi Paulus-hulle onmiddellik na haar huis, en so word haar huis die eerste huisgemeente in Europa, een van die mooiste gemeentes waarvan ons lees in die Nuwe Testament.  Daar is geen gemeente wat die apostel so hoog geroem het as dié van Filippi nie en geen gemeente van wie hy meer liefde ontvang het nie.

We read in the letter to the Philippians how Paul loved this first congregation in Europe and how they loved him back.  No wonder that the letter to the Philippians is so full of joy and gladness and the call to spread that joy to everybody and everything we do.

Soos met die proseliete-doop vir heidene wat die Joodse geloof aanneem, word Lidia se huismense (oikos) ingesluit toe sy gedoop word as een wat in Jesus glo.  Interessant is dat kinders ingesluit is en dat dit onmiddellik gebeur het.

Paul does not waste time – when you believe with all your heart, you are already part of the body of Christ, and therefore should be baptized. No catechism, just straightforward believing in Christ.

‘n Slavin word bevry

En soos in alle vorige plekke waar die evangelie verkondig is, bly die teenstand nie uit nie.

No good thing ever happens without the evil one mustering his forces to thwart it.

Die slavin met ‘n waarsêergees is die eerste teenstand.  Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees.  Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is.  Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, d.w.s. sonder dat hulle lippe beweeg het.

Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy die tweede lidmaat van die gemeente was.

So the first obstacle, this slavegirl, demonstrates unequivocally that God is more powerful than the forces of darkness.  But the war has only started.

‘n Tronkbewaarder word gered

Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld ingebring nie, verskerp die teenstand en word hulle in die tronk gegooi.

Net om daar die derde lidmaat van die gemeente tot bekering te bring, die tronkbewaarder.  Hy en sy huisgesin (oikos) word ook gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang.  Interessant dat die Romeine Brutus en Cassius juis in Filippi selfmoord pleeg, soos ons lees dat die bewaarder wou doen om sy eer te red.  Jesus red hom egter van homself en daarby ook sy huisgesin.

The second obstacle the evil one uses, the city council that throws Paul and Silas into jail, are not only overcome by the earthquake that throws open the doors of the jail, but the jailor himself becomes converted, him and his whole household, and they are all baptized.

Die eerste gemeente in Europa word gestig

Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal weer bymekaar kom in Lidia se huis.  En die grondslag vir die eerste gemeente is gelê.

Paulus sou hulle nog twee keer besoek (20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf uit die tronk in Rome.  En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het.

The first congregants of this beautiful congregation began their life together in the house of Lydia and became the biggest support group of Paul in the rest of his ministry.

Wat leer ons uit die verhaal?

1.  As jy oor grense beweeg, is jou lewe nie meer net in jou hande nie.

If you cross boundaries, your life is not in your own hands anymore.

Walls, kruis-kulturele ekspert, sê kategories: “The fundamental missionary experience is to live on terms set by others.”

En ons moet dit baie goed besef.  Want dit kos jou iets.

Paulus is hier afhanklik van mense se gasvryheid.

Die goeie wat hy doen, is nie noodwendig goed in ander se oë nie, veral nie in die eienaars wie se inkomste hulle ontneem is deur die slawemeisie wat nie meer kon waarsê nie.

Die boodskap het ook onbeplande gevolge: die stadsbestuur laat hulle op sleeptou neem deur die eienaars van die slawemeisie en Paulus en Silas, lyk asof die ander twee te jonk was of nie prominent genoeg nie (Timoteus en Lukas), beland in die tronk.

Die vrug op die evangelie kom deur konflik heen, deur baie teenstand, deur lyfstraf en met jou voete in houtblokke in die tronk.

It will never be different for us – to live the gospel life, is to live it on terms that other people set.  And conflict and obstacles and suffering should not deter us from venturing across the safe boundaries of our congregational life.

Maar dit is gelukkig ook net so waar:

2.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, is jou lewe in God se hande.

If you cross boundaries, your life is also in God’s hands.

Die onbeplande gevolge van die tronk word deur God getroef deur ‘n aardbewing en die oopgaan van die tronkdeure en die vernederende verskoning-vra van die stadsbestuur.

En God skep met die skraal begin van ‘n paar vroue en ‘n tronkbewaarder een van die mooiste gemeentes van die antieke tyd.

Sonder dat jy jou voet oor ‘n ander se drumpel sit, en toelaat dat jou lewe ook deur daardie persoon se optredes bepaal word, goed of sleg, sal jy ook nie ervaar dat jou lewe en die lewe van ander mense in God se hande is nie.

If suffering and opposition is part of the life of the gospel, then it is equally true that boundary-crossing throws you in the hand of the God who is able to keep you and give fruit on your message and witness.

3.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, raak mense van anderkant die grense deel van die gemeente van God.

If you cross boundaries with the gospel, people from the other side of the boundaries become part of the congregation of God.

Die kerk is die fees van die vereniging van andersins onversoenbare entiteite.  Die gemeente in Filippi word van die begin af uit ‘n diverse groep mense saamgestel.  Die eerste drie gemeentelede (kom ons aanvaar dat die slawemeisie deel van die gemeente geword het) was baie verskillend:

  • ekonomies: arm (slawe-meisie), middelklas (tronkbewaarder) en ryk (Lidia);
  • gender: ‘n paar vroue en ‘n man;
  • generasies – Lidia en haar gesin, die tronkbewaarder en sy gesin;
  • etnies: ten minste ‘n Romeins en ‘n Griekse Jood en nog ‘n onbekende etnisiteit (slawemeisie)
  • en polities: tronkbewaarder, Grieks-Joods vrou en slawe-meisie.

Dit moet ons laat kyk na ons bediening.  As ons te eenders lyk, skuif ons nie genoeg oor die grense nie, en ek bedoel nou ekonomies, sosiaal, ouderdom, polities ens.

In closing – the whole concept of the church is founded on the unity of diverse people on the basis of their faith in Jesus Christ.  That was the message of the Pentecost experience, that the Spirit of God was poured out on people of all the nations of the world that was gathered there on Pentecost Day.

That means that we should not only cross gender and generation and ethnic and cultural boundaries, but we should strive to include all those into one body – because that is the key to the motivation for the world to believe that Jesus is indeed God and able to save us from the judgement of God.

Gebed

Terugvoer Gerrit en Sonja Brink

Nagmaal

Lied 303 – Eet die brood, drink die wyn, Kom na Christus, Hy stil u honger (Engels en Afrikaans x2) – sit

Dankoffer

NMMU koor onder leiding van Junita van Dijk – Salvation (Paul Tschesnokoff)

Slotlied

Biffy Joubert en Ronell Boshoff gaan iets deel oor die 21ste Junie se Gemeente-ete

Lied 440 – Die Here salf ons met sy Gees tot diens en heiligheid – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Aankondigings

Kort uitvoering

NMMU koor

Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6

Laai hier die mp3 klankbaan af.

Terugvoer oor gesprekke

  • žOns leer deur ons eie stories te vertel.
  • ž Dink oor jou kontak met mense.
  • ž Waar kon jy grense oorsteek?
  • ž Deel met mekaar

Skriflesing

Kaart van Griekeland

Inleiding

In sy bekroonde boek Wie was Jesus regtig? waarsku Francois Wessels dat daar in Suid-Afrika dikwels meer met die hart as die verstand geglo word.  So verplaas gelowiges dikwels die openbare gesprek wat ons geloof moet verantwoord na ‘n private innerlike ruimte. Hy noem dit ‘n intellektuele emigrasie.

Dit is só anders as wat ons hier van Paulus sien.

Ek wil vannaand:

1.      stilstaan by dié gedeelte en die betekenis daarvan ontsluit vir ons, en dan aan die einde

2.      ‘n paar opmerkings maak oor die redelikheid van ons geloof.

Paulus in Atene

Paulus is in Atene waar hy wag vir Silas en Timoteus om van Berea af te kom, na daar ‘n opstand rondom Paulus losgebreek het.  Dit is op die tweede sendingreis, waar hulle nou weens die Gees se werking ook in Europa, Griekeland, optree.

Griekeland was teen dié tyd nie meer ‘n politieke mag nie, maar wel ‘n kulturele en filosofiese mag.  Grieks was bv. steeds die amptelike wêreldtaal.  En hulle demokratiese model het tot vandag toe ‘n groot invloed in die wêreld.  Die Nuwe Testament is ook in koine-Grieks geskryf.

Atene was destyds ‘n soort wêreld op sy eie. Amper soos Londen of New York. ‘n Soort kultuursentrum van tempels, teaters, markpleine – waar mense van oor die hele wêreld saamgetrek is.  Amper ‘n soort geestelike middelpunt vir die denkendes van daardie tyd.  Atene het ‘n ryke verskeidenheid, iets van die kreatiewe veelvoud van die skepping en die kultuur wat hieruit gegroei het, weerspieël. Dit was die soort plek waar die lewe nie stilstaan nie, maar waar nuwe dinge daagliks gebeur.

Soos Lukas dit hier stel: “Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuut te sê of te hoor nie.”

Paulus se strategie

Paulus raak verontwaardig (sy gees roer in hom) weens die baie afgodsbeelde in die stad.  Maar let op dat hy nie sy verontwaardiging uitspreek en op ander mense aflaai nie.  Nee, hy begin waar hulle is, en hak mettertyd die evangelie daaraan.

Sy strategie is om eerstens in die sinagoge met die Jode en ander godvresendes te begin praat (διαλέγομαι – publieke optredes) en tweedens dieselfde te doen met die verbygangers op die stadsplein.  Dit is ‘n goeie voorbeeld van Godsvallige ontmoetings – παρατυγχάνω – op die pottebakkersmark, die kerameikos, wat weens die baie afgodsbeelde ook die godemark genoem is.  Aan die westekant was die Stoa Poikile, ‘n pilaargang wat met bont kleure geverf was, waar die wysgere en redenaars, die retore, bymekaargekom het.

Hy kryt nie alles as boos uit nie, en hy begin nie om die afgodsbeelde en altare af te breek nie of geestelike oorlogvoering op die manier wat dit soms vandag gedoen word nie.  Hy begin eerder ‘n gesprek daaroor!

Die filosowe begin met hom praat

Dan begin ‘n klomp filosowe met hom in gesprek tree (συμβάλλω – eintlik ‘n strydgesprek), veral Epikureërs en Stoïsyne, Lukas sê hulle het met hom gestry en hom ‘n praatjiesmaker genoem.  Die woord kom van ‘n beskrywing van ‘n voël wat saadjies oppik, en wat ook gebruik is om mense wat stukkies kennis hier en daar oppik te beskryf.

Sommige het hom ‘n boodskapper van vreemde gode genoem, omdat hy van “Jesus en die opstanding” gepraat het.  Leringe oor vreemde gode kon terloops met die dood gestraf word.  Die woord vir opstanding, Anastasis, kon vir hulle geklink het soos die naam van ‘n godin, en vandaar die idee van vreemde gode.

Epikureërs (Epikuris – 3de eeu v.C.) was baie materialisties en praktiese ateïste – nie gedink dit is belangrik of nodig om God te soek nie.  Geluk en plesier was die enigste lewenstyl wat sin gemaak het.  Hulle het geglo dat die grootste goed was om eenvoudige plesier na te streef en pyn te vermy. Lewensgenot was die hoogste goed.  Dit kon jy kry deur kennis, vriendskap en matigheid. Dit staan teenoor die radikaliteit van die offervaardigheid van Christus en die lewe van gehoorsaamheid aan God in dissipelskap.

Epikurus het daarby geleer dat die hele wêreld bestaan uit atome en alles ontstaan het uit die toevallige bymekaar kom van die atome.  Klink dit nie verdag baie soos die modernistiese idee van die toevallige evolusie van alles uit ‘n oersop van materie nie?  Voeg daarby hulle idee dat God de facto nie kan bestaan nie, veral vanuit die voorkoms van lyding in die wêreld, en dit is nie moeilik om die vertrekpunt van baie van vandag se moderniste se filosofiese idees oor God se nie-bestaan by hulle te vind nie.

Die Stoïsyne weer was panteïste wat geleer het dat die goddelike logos, die goddelike rede, die hele wêreld besiel en dat ‘n redelike en deugdelike lewenstyl die meeste sin maak.  Dit is gebaseer op die idees van Zeno (ook 3de eeu v.C.) wat klem gelê het op self-beheersing en die regte gedrag ten spyte van impulse van buite af of selfs emosies van binne af. Innerlike onverstoorbaarheid en uiterlike gedissiplineerde optrede.  Die gode was onpersoonlik en ‘n soort noodlot waarin jy moes berus.  Na jou dood keer jy terug na die kosmiese siel.

Die Areopagus wil hom hoor

Hulle neem hom toe na die Areopagus waar hulle hom kans gee om beter te verduidelik wat hy bedoel met die nuwe leringe, want dit het vir hulle baie vreemd voorgekom.  Die Areopagus is vernoem na Ares, die god van oorlog, ook Mars genoem.  Aanvanklik was dit op ‘n heuwel wes van die Akropolis, soms ook Mars heuwel genoem, maar met tyd het die Areopagus na ‘n saal in Atene geskuif waar uitsluitsel oor allerlei gegee is, ook oor sulke goed soos nuwe leringe.

Lukas onderbreek sy storie om net te sê dat die Ateners en ander uitlanders wat daar gewoon het, eintlik niks anders gedoen het as om iets nuuts te sê of na te luister nie.

Paulus praat (φημί) dan met die Ateners en hak aan by hulle godsdienstigheid (hy kon ook bedoel het, bygelowig) en lig spesifiek die agnostici uit – die mense wat ‘n altaar gebou het vir die onbekende god (ἄγνωστος θεός).

Paulus se toespraak

Dié God verkondig hy dan aan hulle (en let op hy praat glad nie oor die Joodse geskiedenis nie, want dit sou nie relevant wees nie).  Hy begin met dít wat hulle in gemeen het in hulle denke oor God en vorder dan na die boodskap van die opstanding. Hy skets God:

  • as die Skepper, en hy doen dit uitvoerig met verwysing na die kosmos, die hemel en die aarde, en die skepping van mense.
  • Daarna skets hy God as die God van die Geskiedenis wat die nasies en hulle wel en wee bepaal. Interessant is dat hy nie hiermee eintlik die bestaan van die verskillende nasies en hulle grense in beton wil giet nie (soos dit verkeerdelik soms in die verlede verstaan is), maar dat hy eintlik wil wys hoe dit een God is wat die verskillende nasies tot gevolg het, en dat daar nie verskillende gode vir die verskillende nasies bestaan nie, ‘n baie algemene geloof in daardie tyd.
  • Daarna gee hy vir hulle ‘n antropologiese les. Hy sê dat God die mens gemaak het met ‘n ingebore behoefte na Homself (iets wat Augustinus later ook sou sê). “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.”
  • En dan gee hy ‘n skets van God se teenwoordigheid, wat nie ver is van enigeen van ons nie. Om die waarheid te sê, “deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons” en “van Hom stam ons af”. Hy gebruik hier twee aanhalings van hulle digters om die punt te maak dat ons in ons wese aan Hom verbind is en van Hom afhanklik is.
    • Die eerste frase “deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons” kom waarskynlik van Epimenides. Hoewel Epimenides begin by die lewende mens en van hieruit argumenteer tot by ‘n lewende God, en die lering van Jesus eintlik presies die teenoorgestelde is (vgl. bv. Luk 20:37 e.v.), gebruik Paulus dit net as ‘n aanknopingspunt.
    • Die tweede aanhaling, naamlik “ons stam van Hom ook af” is van beide Kleantes en Aratus. In hulle gebruik daarvan, is die lof van Zeus besing, maar weereens is dit net ‘n aanknopingspunt vir Paulus.
  • En hy sluit met ‘n afwysing van afgodsbeelde as ‘n toegang tot God en ‘n oproep tot bekering wat hy koppel aan die opstanding van Jesus.

Bruce wys daarop dat hy baie behendig die Epikureërs se leer dat God niks van die mens nodig het en daarom nie deur mense gedien  kan word nie, asook die Stoïsyne se geloof dat God die bron van alle lewe is, kombineer. Paulus praat dus met ‘n soort retoriese tegniek wat hom soveel moontlik gemene grond met sy gehoor gee.

Die reaksie.  Die meeste lag hom uit.  Ander wil verder hoor.  En net ‘n paar mense, onder andere Dionisius, ‘n lid van die Areopagus, en ‘n vrou Damaris, en ‘n paar ander kom tot bekering, of soos Lukas dit stel, word gelowig.  Dionisius was moontlik later die biskop van Atene.

Geloof is redelik

Die stryd tussen die rede en geloof is so oud soos die mens.

Een van die besware teen geloof is dat sommige geleerdes beswaar maak dat wat geglo word nie empiries bewys kan word nie.

Dit is so – en ons moet dit erken.

Maar dit is ook waar van baie ander dinge.  Die aannames waarop eksperimente berus, kan nie altyd self bewys word nie.

Maar dit maak nie noodwendig die aannames onredelik nie.

Alle mense het immers ‘n hele klomp aannames (beliefs) wat nie noodwendig bewys kan word nie.  Maar dit bly steeds redelik om so te glo.

Dit is byvoorbeeld redelik vir my om te glo dat jou meisie of jou man vir jou lief is, omdat ek kan sien dat jy vir haar of hom belangrik is, dat jou geselskap geniet word, of dat hy op die hande gedra word.  Maar dit is net bewyse as ek met die aanname werk dat dit bewyse van die liefde is.  En ek hoef nie self vir haar of vir hom lief te wees om dit te glo nie of om die bewyse as getuienis te aanvaar nie.  Die koffie in die bed en die ete by Squires kan mos nie op ‘n balansstaat opgetel word om te bewys dat die liefde eg of waar is nie.

Ek hoef dus nie my liefde eksperimenteel en wetenskaplik te bewys voor ek of ander dit kan of mag glo nie.  Dit moet net redelik wees.

Bewyse van ‘n wetenskaplike eksperiment, bv. wat die eienskappe van ‘n ligstraal is, berus in elk geval op een of ander aanname.  In die geval van ‘n ligstraal, bewys sommige eksperimente dat dit ‘n golf is, as jy met die aanname werk van wat ‘n golf is (dit het bv. ‘n frekwensie).

Maar as jou aanname is dat jy dink dat dit materie is, dan gaan die eksperimente dit ook bewys (dit het bv. massa).  Eintlik is die twee aannames uitsluitend, maar albei bewysbaar, en albei redelik.

Dit beteken dat alle feite altyd afhanklik is van een of ander verstaansraamwerk.  Daar is nie iets soos naakte of blote feite nie.  Dit word altyd geïnterpreteer en dan aan die toets van redelikheid onderwerp.  Jy kan nie ‘n onafhanklike waarnemer word van jou eie waarnemings nie!

Neem bv. die aanname dat alles wat ons vandag sien, die gevolg is van natuurlike seleksie.  As jy met hierdie aanname werk, dan maak dit sin.  Wat jy waarneem, sal vir jou as bewyse daarvan dien.  Sterker diere oorleef makliker as swakker diere, en as iets gebeur in die omgewing wat ‘n dier met ‘n spesifieke eienskap bevoordeel, dan oorleef dié spesie.

Maar as jy die aanname van natuurlike seleksie as verklaring vir jou waarneming laat vaar, dan word die oorlewing en uitsterwe van sekere diersoorte absurd en moet jy ander verklarings kry.  Die waarneming is net bewyse as jy met ‘n spesifieke aanname werk, anders nie.

En, let op, ek maak nie nou ‘n uitspraak of dit waar is of nie, net of dit redelik is of nie, en volgens die aanname, lyk dit vir my wat ‘n leek is, na ‘n redelike geloof.

En dit is diesélfde tipe redelike geloof wat ons bely as ons sê dat ons in Jesus Christus glo wat gebore is, gekruisig is, opgestaan het uit die dode, opgevaar het na die hemel, en sy Gees op ons uitgestort het.  Ons kan met baie redelikheid die hele storie vertel, ons kan na ‘n verskeidenheid bronne gaan om dit te verduidelik, ons kan die ontwikkeling van die Christelike geloof verduidelik, ons kan ons eie geloofstorie vertel, en dit alles gebruik om te wys dat sin maak en redelik is.  Ons kan selfs die gevolge van ons geloof verduidelik en aantoon wat nog meer gewig gee aan die redelikheid daarvan.

En dit maak mos sin.  Ons aanname is dat God daar is en dat dit daarom redelik is om in Hom te glo.  Hebreërs sê mos: “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (11:6)  En ons kan met oortuiging dit verkondig, sonder dat ons eers iets onafhankliks daarvan hoef te bewys of nie.

Ons dink bv. oor God dat Hy die antwoord is op die vraag waarom daar iets is, eerder as niks nie.  Dit is redelik, al kan ‘n mens dit nie bewys nie.  Die wetenskap kan nog minder oor die bestaan van die heelal bewys.  Selfs met al die teorieë oor die Big Bang, of oor die Big Crunch, want sommige is mos bang die heelal stort op homself in, kan wetenskaplikes steeds nie ‘n antwoord gee, wat empiries bewysbaar is, hoekom daar iets is eerder as niets nie.

Geleerdes wat hieroor skryf, sê die wetenskaplikes gaan gewoonlik nie ver genoeg terug in hulle ondersoeke en eksperimente nie (Eagleton).  En dan neem hulle nog in die laaste instansie hulle toevlug tot ‘n onsinnige geloof, toeval.

Dit is baie meer redelik om te aanvaar dat God gesorg het dat daar iets is eerder as niets, bv. deur te kyk na die ordelikheid daarvan, die skoonheid daarvan, die samehang daarvan, die wye voorkoms van die geloof daarin ens, as om te dink dat dit toevallig gebeur het.  Toeval is ‘n dwase geloof.

Maar, onthou, jy kan altyd net jou geloof op die tafel sit, en dit op ‘n redelike manier, sodat ander kan beoordeel of dit sin maak of nie. Om die waarheid te sê, die Here verwag van ons dat ons juis dit sal doen (1 Pet 3:15-16 – “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe … Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God!”.)

En die redes wat jy gee vir jou geloof, sal natuurlikerwys uit jou geloof in God voortspruit – want dit is jou aanname, dat Hy bestaan – net soos enige ander persoon redes sal gee vir sy geloof wat uit sy geloof sal spruit!

Jou redes is nie onafhanklik van jou geloof nie, dit kom daaruit voort en gee vleis daaraan (Lees gerus wat Stanley Fish – New York Times – hier sê op sy blog: http://fish.blogs.nytimes.com).

Die ateïste is verbasend onontwikkeld op hierdie vlak, want die enigste en beste wat hulle mee vorendag kan kom, is, dit was toevallig.  Maar dit is nou soos die ou tannie wat ‘n versekeringseis ingedien het, omdat ‘n boom toevallig voor haar ingeswaai het in die pad.

Nie redelik nie!

Uitdaging

Ek daag jou dus uit: Raak betrokke in gesprekke waar jou geloof uitgedaag word.  Moenie bang wees daarvoor nie.  Wees net redelik, fokus op die betekenis daarvan vir jou en maak dit ‘n oop gesprek.  En onthou om ook te luister, want dit moet ‘n ware gesprek wees!