Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Bybelskool – Karakters na God se hart in 1 & 2 Samuel

Ek begin op 21 Oktober 2009 met ‘n 7 weke Bybelskool oor die boek van 1 & 2 Samuel.

Ons gaan kyk na die verhaal van Samuel, Saul en Dawid aan die hand van 4 hoofperspektiewe.

1.  As ‘n verhaal van oorgange:

  • van die laaste rigter na die eerste koning;
  • van ‘n koning wat sy eie pad volg na ‘n koning wat aan God gehoorsaam is;

2.  As ‘n verhaal wat fokus op die ware aanbidding van God:

  • waarin Jerusalem en die Ark ‘n belangrike rol speel.

3. As ‘n verhaal wat fokus op ware leierskap:

  • Die storie van die konings is die storie van die volk. Wat met hom gebeur, het ‘n direkte impak op die volk.  Daar is maar net een manier  om leierskap te beoefen, en dit is om met God rekening te hou en in afhanklikheid van Hom te lewe.

4.  As ‘n verhaal wat wys hoe karakter werk:

  • Die karakters in die boek is soos spieëls waarin ons ons eie lewens afgespieël sien, en in wie se lewens ons lewenslesse leer.
    • Eli se reaktiewe leierskap in sy huis, kos nie net vir hom en sy huis hulle lewens nie, maar veroorsaak baie pyn en donkerte vir die volk van Israel. Hy kon wel vir Samuel aan die Here wy, maar sy blindekol in terme van sy eie seuns, het gekeer dat hy hulle dissiplineer voordat dit te laat was.
    • Samuel weer was ‘n man van integriteit, wat met moed en wysheid die Israeliete gelei het van die Rigtertyd af tot en met die oorgang na die koningstyd. Hy salf beide vir Saul as Dawid as koning, terwyl hy steeds waarsku daarteen dat God nie as die eintlike koning geeër word nie. En hy nooi Israel uit om sy integriteit as leier te toets. Daarbenewens tree hy op as leier van die eerste profeteskool.
    • Saul illustreer baie van die gevare van leierskap. Sy mislukking as leier is ‘n klassieke verhaal van ‘n leier wat opgehou het om te lei, en sy magsposisie begin misbruik het vir sy eie belange.
    • Dawid wys vir ons hoe God iemand wat growwe foute gehad het, se hart raaksien, en hom toerus en gebruik om die volk in ‘n nuwe era in te lei. En in die tweede boek sien ons hoe Dawid se lewe blom weens sy gehoorsaamheid en dit ‘n ongelooflike bate vir die volk is. Maar na sy ongehoorsaamheid in hoofstuk 10, staan die res van sy koningskap in die teken van dissipline, met konflikte en bedreigings en teleurstellings wat ‘n hard leerskool vorm. Die een reddende eienskap van sy karakter, is dat hy telkens terugkeer na God in berou en boetedoening.

Program

Week 1 – 1 Samuel 1-7
Week 2 – 1 Samuel 8-15
Week 3 – 1 Samuel 16-23
Week 4 – 1 Samuel 24-31
Week 5 – 2 Samuel 1-7
Week 6 – 2 Samuel 8-13
Week 7 – 2 Samuel 14-24

Ek beplan om self die teks in my stiltetyd te lees en my insigte hier te publiseer. Kom kuier elke weeksdag hier – vir 7 weke van die 22ste Oktober af – om saam te gesels.

Ps 124 – Son 27 Sept 09

Verwelkoming & Afkondigings

Toetrede   Lied 179 (sit)

Votum (ps 123)
Seëngroet

Lofsang
Lied 516 (staan)
Ps 125 (sit)

Gebed

Skriflesing  
Ps 124
Preek
Iemand sê twee gebede meeste deur mense gebid:
Help, Here, help!
&
Dankie, Here, dankie!

Hierdie “dankie” gebed,
na die desperate hulproep,
dankie sê vir verlossing toe tog –
op laaste nippertjie –
gekom het. 
soos voël in wip gevang,
losgekom,
toe eintlik gevoel al te laat.

Natuurlik weet nie watter spesifieke situasie hier ter sprake. 
Daar tog baie kere wat getuig God volk verlos
van sekere dood,
magte van wêreld lyk asof oorhand kry.

Een helder in gedagtes opkom –
veral ook omdat hierdie kwartaal baie gelees van Eksodus –
is volk se verlossing uit slawerny.

Sien hoe volk swaarkry as slawe,
God opdrag gee volk bevry word,
Farao weier. 

Dan bring God Egipte op knieë met plae.
uiteindelik gee Farao toe. 
Volk kan maar gaan. 

Sodra volk vertrek,
verander Farao van plan.
Gee opdrag sy weermag Israeliete agtervolg. 

Staan Israeliete by see,
sien Egiptenare aankom,
hoor klank van groot weermag.

Soos in nagmerrie,
sien strydwaens,
perde,
soldate.

En hulle het geen wapens nie.

Vasgekeer,
letterlik tussen duiwel en diepblou see.
Kies:
swaarde van Egiptenare,
verdrink in see.

Bloedige volksmoord lyk verseker.
Mense raak paniekerig.
Skel op Moses:
Is nie genoeg plekke in Egipte begrawe te word?
Hoekom woestyn toe bring dood te gaan?
En dan,
wanneer alles verlore lyk,
gryp die Here in.

Stuur groot wind wat see in twee verdeel.
Sy mense loop op droë land,
maar wanneer Egiptenare probeer volg,
verdrink.

Bedreiging heeltemal vernietig!
Israel verlos!

Volk juig, sing, dans. 

Sou sekerlik op daardie stadium heelhartig met woorde van Ps 124 kon saam stem. 
Geweet as God nie by hulle was,
hulle vernietig sou wees.
Maar God ingegryp,
skielik,
ongelooflik,
alles verander.
Vry soos voël uit wip.

Natuurlik nie enigste verhaal in Bybel
wat pas in getuienis van Ps 124.
Keer op keer,
OT & NT,
wanneer dinge hopeloos lyk,
lyk asof vyand wen,
gryp God in,
bring verlossing uit dood.

• Abraham en Sarah kry op hoë ouderdom kind.
• Daniël in leeukuil. Sekere dood. Engele maak leeus monde toe.
• Petrus in tronk, in kettings, deur soldate opgepas.  God stuur engel, Petrus stap uit tronk.

Gebeur dikwels dat God handel in ons lewens
juis wanneer dinge op ergste lyk,
wanneer alles vir ons hopeloos lyk,
niks anders as God sê, mag kan red.

Daar is tye mense sê:
As God nie ingryp nie,
is alles verlore.

En dikwels gryp God in,
juis dan –
wanneer al wat ons oor het,
ons hoop op die Here is.

En natuurlike reaksie
is God te loof,
liedere soos Ps 124 te sing.

Maar in agterkop,
kan mens nie help te wonder:
as God mense uit sulke desperate situasies uithelp,
dan hoekom nie situasie in eerste plek verhoed? 

As God hele Egiptiese weermag kon verdrink,
vir Sarah op 90 ‘n seun gee,
leeus se bekke toemaak,
Petrus uit tronk bevry…
hoekom dan nie krisis geheel en al verhoed?

Kon nie keer dat Farao weermag agterna stuur?
Sarah nie maar op 20 swanger raak?
Petrus nie gearresteer?

En natuurlik, glo ons,
kon God dit doen.
Maar hy doen dit nie.
In stede daarvan om die situasie te verhoed,
laat God toe dat sy mense in verskriklike situasies beland.

As God dan vooraf weet dat volk gaan help,
hoekom plaas hy hulle in sulke situasies
van vrees
en twyfel
en bekommernis?
Hoekom mense deur soveel geestelike worsteling gaan?

Ongelukkig so dat ons in sulke situasies,
wanneer rug teen muur,
God se bedoelings verkeerd interpreteer.
Kan bv. dink dinge verkeerd loop,
omdat ons iets verkeerd gedoen:
het sonde gedoen,
of op manier God se doel vir ons lewens gemis. 

Ouers van moeilike, rebelse tiener:
waar verkeerd gegaan as ouer?

Christen besigheidsman wat bankrot raak –
het dalk roeping gemis?
wou God dalk gehad iets anders doen met lewe?

Iemand werk verloor,
sien as straf vir een of ander sonde gepleeg.

Vrou wie se man nie saam wil kom kerk toe –
dink met verkeerde man getrou,
nie God se wil was.

As ons omstandighede so donker is,
so hopeloos lyk,
dan geneig te dink ons iewers fout moes maak,
anders sou nie in hierdie situasie wees.

Moes êrens Here se stem verkeerd gehoor.

Maar dis nie waar nie.
Moses en volk Israel presies gedoen God van hulle gevra het.
En tog staan hulle daar,
met Farao se weermag wat op hulle af jaag. 

Swaarkry nie altyd teken dat nie binne God se wil is.
Ook nie teken van straf vir sonde – wat Jesus aan kruis gedoen.

Soms swaarkry juis OMDAT Christus volg. 

En selfs ons sonde
en verkeerde keuses,
kan nie God se planne omvêr werp.
God almagtig –
selfs ons foute
kan deel word God se plan. 

So, maak nie saak hoe hier gekom,
wat oorsaak is dat met rug teen muur staan,
uiteindelik dit tog ook deel God handeling met ons. 

Belangrik dit onthou,
Johan Ackerman:
God is acting in all things upon you,
so respond to all things
as though responding to God.

Want as hopelose situasie bv. sou beteken
dat ons God se wil gemis,
dan het ons nodig te verander,
terug te keer na vorige situasie. 

Wat is wat Israel wou doen.

Staan op rand van beloofde land.
Moses stuur spioene.
Wanneer spioene terugkeer,
op een na,
sê hierdie situasie hopeloos.
Land is inderdaad wonderlik,
maar inwoners te groot,
te veel,
te sterk.

Weer begin Israeliete kla:
as ons maar in Egipte gebly het,
kon liewer daar doodgaan.

Verstaan omstandighede verkeerd.
Sien hoe groot vyande is,
so besluit dat fout moes gemaak het. 
Dalk was leiers te blameer – Moses en Aaron. 

Hoe dit ook al sy,
hulle redeneer moet teruggaan.
Sê vir Farao dat jammer is,
vra mooi dat sal terugneem.

Natuurlik was reg in beoordeling van situasie:
mense van land was sterk, baie.
Maar was reg dat fout gemaak het deur Egipte verlaat?
Nee. 

God natuurlik nie tevrede met volk ongeloof.
Wil vernietig.
Moses tree in,
volk tog beloofde land in –
maar, en dit moet ons ook van kennis neem –
eers nadat 40 jaar in woestyn geswerf. 

Maar punt probeer maak,
hulle in hopelose situasie gedink terugkeer,
terwyl God eintlik wou gehad het vasbyt,
glo,
vertrou.

Waarmee nie sê mens nooit moet omdraai,
van rigting verander.
Wat wel sê,
is dat dinge soms anders is as wat voorkom.
Weë van die Here nie altyd so voor die hand liggend.

Soms reageer mense natuurlik op ander manier op probleme:
besluit dat God hulle verlaat het,
nie meer liefhet.

Maar net soos wat dit nie waar was van Israeliete,
ook nie waar van ons.
Ook wanneer rug teen muur,
situasie hopeloos lyk,
God steeds nie verlaat.

Wat uit Israel situasie sien,
uit weermag vs see,
woestyn vs sterk Kanaäniete,
is dat God dikwels situasie voorberei,
juis om sy mag aan ons te openbaar,
ons wys dat sorg,
dat magtig is om te bevry,
om uit wip uit te ruk. 

En dis natuurlik wat aan die gang was met Moses en Farao.

God verhard Farao hart,
sodat God mag kan wys
en Egipte kan besef dat Hy Here is.

Die hele ding is platform,
sodat God mag bekend kan word,
sodat volk mag kan sien,
kan weet kan op hom vertrou.

Soms ons moeilike situasies,
juis sodat kan leer dat God uitkoms gee,
dat God sorg,
dat God kan vertrou.

In proses leer ons God beter ken,
leer ons sy liefde ken,
EN groei ons geloof.

Nou vraag wat swaarste weeg,
min gaan sê
(wou eintlik hele preek)
Red God dan altyd mense?

Antwoord, natuurlik,
nee. 

As het,
sou geloof nie nodig gewees.

Hebreërs 11:
36  Ander weer
het bespotting
en lyfstraf verduur,
selfs boeie
en gevangenskap.
37  Gelowiges is met klippe doodgegooi,
in stukke gesaag,
met die swaard vermoor.
 Hulle het rondgeswerf
in skaapvelle
en in bokvelle.
Hulle het gebrek gely,
is verdruk en mishandel.
38  Die wêreld was hulle nie werd nie;
 hulle het rondgeswerf in woestyne
en op berge
en het in grotte
en in gate in die grond gelewe.
39  En hoewel daar oor hulle almal
vanweë hulle geloof
met soveel lof getuig is,
het hulle nie verkry wat beloof is nie,
40  omdat God vir ons iets beters beoog het,
 sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie.

Hierdie mense het geloof gehad,
en tog nie ontvang wat beloof is nie.
Het God hulle verlaat?
Nee. 

Maar die toekoms nie gelyk soos wat hulle verwag het nie.

Want op die ou end kan God nie gemanipuleer word nie –
selfs nie deur gelowiges se volle oorgawe nie. 

En op ou end kan elkeen van ons bely
van God se sorg,
bevryding uit wip,
toe gedink te laat.

Maar al kan getuig van bevryding,
moet ook erken dat nie weet,
dan nie verstaan hoekom soms uit vloed gered,
sommige soms verdrink in tsoenami’s. 
Hoekom een van vyande bevry word,
ander vermoor word.

Ons weet nie. 

Wat belangrik is,
dat erken wanneer God verlos,
klein, alledaagse sorg raaksien,
God eer gee,
erken dit ook sy sorg.

En wanneer daar geen vaste antwoord is nie,
dat ons nie daarom ophou vra,
ophou God wil soek,
ophou vertrou op God nie. 

Want ook te midde van worsteling,
kan steeds bly vashou
aan God se teenwoordigheid by ons –
intieme, betrokke teenwoordigheid,
soos wat hierdie kwartaal gesien. 

Soos kunswerk Fritz Eichenberg (1950)
Christ of the breadlines,
beeld Christus uit saam met armes in ry by sopkombuis staan,
waarmee wys,
dat God teenwoordig is,
JUIS waar mense ergste swaarkry en lyding ervaar.

So dalk voel dat met rug teen muur staan,
tussen duiwel in diepblou see.
Situasie lyk hopeloos.
Verhoudingsprobleme.
Geldelike probleme.
Mediese probleme.
Werksprobleme.

Versoeking om aan moedeloosheid oor te gee.
Teks vandag sê,
dalk – dalk –
situasie nie hopeloos.

Waarskynlik wel van menslike oogpunt hopeloos.
Ook moontlik dat God hierdeur
vir jou gaan leer dat sorg,
iets van sy mag
of iets van sy liefde en teenwoordigheid
in jou lewe vir jou gaan wys.
Op ‘n onverwagse manier gaan ingryp.

En as dit waar is,
dan moet jy nog nie opgee nie.
Dan moet jy nog bid,
Nog op God vertrou,
nog op God wag,
aanhou soek,
aanhou klop. 

Want God het in die verlede gehelp.
En soms moet ons in die geloof leef.

Gebed

Dankoffer

Slotlied  Lied 500 (staan)

Seën

Amen   Lied 313

Eks 3 – Son 20 Sept 09 – God is méér

God is méér
In Verwondering oor God

Verwelkoming
Afkondigings
Toetrede
    Koor:  Ek kniel hier in die oggendlig

Votum Jes 44: 6&8
Seëngroet

Lofsang  
Lied 547 (staan)
Lied 184  (sit)

In verwondering oor God
Vandag eindig reeks “In verwondering oor God,
waar ou Godsbeelde nuut afgestof.
(Joernaalblad)

Ons het hierdie kwartaal gesien dat:
dit saak maak hoe ons oor God dink.
 Hoe oor God dink,
bepaal hoe oor lewe dink,
oor onsself dink,
oor mekaar dink.
 Gaan daarom ook bepaal hoe optree teenoor mekaar,
hoe reageer op krisisse van lewe. 

Tydens Nagmaal Ds. Fransman van Bloemendal VGK ons herinner
 God na ons toe uitreik in Christus.

Ons gesien God barmhartig & genadig is. 
Gehoor verband woord barmhartig & baarmoeder.
Sy barmhartigheid is soos ‘n baarmoeder
waar ons intiem veilig en versorg is.

Gesien God passievol is – God word kwaad,
maar huil ook saam met sy kinders
oor sy kinders.

 God se verlossing
konkrete bevryding behels. 
God homself beskryf as kryger of ‘n vrou in kraam,
intiem betrokke by bevryding van volk.

God se sorg sigbaar is in sy voorsiening
van manna soos moedersmelk.
Verband Rabyne getrek tussen manna en moedersmelk –
weereens weens verband tussen Hebreeuse woorde –
nie in prediking aangeraak,
tog onder indruk God voorsien.

God soos ‘n pottebakker skeppend in ons lewens werk.
Met klei gespeel,
gevoel hoe naby,
gesien hoe vorm.

Verlede Sondag God gelyk naby én ver is. 

Doop
Lied 200 v 1 (sit)

Epiklese

 Kindertyd
My naam Margeretha – pêrel, kosbaar vir iemand.
Van Niekerk – voorouers uit Europa.
Naam sê wie is,
waar vandaan kom.

Babatjie – Riley, dapper

Wat beteken jou naam?
Johan, Jan, John, Johanna, Hanna, Ann… God is genadig
Elizabeth, Elise, Lisa, Liesl, Lizette… God sorg oorvloedig
Carl, Karel, … sterk een
Andre, Andrew… dapper
Nico, Nicolas, Nic = oorwinnaar, wenner
Willem, William, Liam, Will, Willie = vasbeslote oppasser
Christo, Chris, Christien, Kristi, = Christen, volgeling van Jesus
Isak = lag
Zak = of lag van Isak of Sagaria = God het onthou
Inge = eiland

theron = jagter
van der merwe = iemand wat by meer woon
Ellis = afstammeling van God / God is redding
Louw = leeu
van Wyk = woon in dorpie
Koen = priester
du Plessis = woon hedge formed of interlace branches

Moses Egipte, vermoor Egiptenaar,
vlug Midian,
skape oppas,
brandende bos,
God roep Israel bevry,
vra wat God naam.
Wat sê God?
Ek is.
Nie naam soos ons,
kan nie weet van God,
kan sekere goed weet,
maar God altyd meer.

Toewyding  Luisterlied Koor v 1, 2, 3; Gemeente refrein (sit)

Skriflesing  Eksodus 3:1-15

Preek
Ons sluit af waar ons begin het…
Moses is ver van die huis af,
besig om skape op te pas.

En daar,
in die woestyn,
het hy ‘n ontmoeting met die lewende God.
Hierdie ontmoeting verander sy lewe ingrypend. 

En van hierdie ontmoeting af het ons die kwartaal aanbeweeg,
klomp goed wat altyd van God weet, bevestig,
paar nuwe goed geleer.

As in verwondering staan oor al hierdie goed,
dan moet altyd ook onthou:
God is méér.
Soos eerste Sondag gesê:
God pas nie in ‘n boks.
Wanneer gesê God is genadig & barmhartig,
passievol,
verlosser,
voorsiener,
skepper…
dan nog nie naastenby alles gesê.
En as lewe lank nét hiermee aangaan,
net praat oor wie God is,
sal steeds nie klaar wees.

Soos kamera met outomatiese fokus
wat nie wil fokus:
net as dink:  nou het ek prentjie vasgevang,
beweeg weer.
Beeld van God op manier altyd uit fokus,
sekere tye in lewe sekere gedeeltes sterker in fokus,
terwyl weet net een, klein stukkie.

God is altyd meer as wat ons oor hom dink of sê. 

Dink maar aan al kere wat in Bybel lees van ontmoetings met God.
Feitlik nooit kry mense God letterlik te sien nie.
Visioene, drome,
sien in geestesoog.

Hoor duidelik dat God praat,
maar sien nie. 

Ook hier in Eksodus 3,
wanneer aan Moses verskyn,
in vuur.
Die vuur verbloem God.
En vuur nie substansiële voorwerp,
kan nie vasgryp.

Wat duidelik van moet kennis neem,
al sien niemand vir God nie,
kan tog sy stem duidelik
en helder hoor.

Moses uit bos,
sien nie vir God –
hoor hom.

As ons vir God wil ontmoet,
hoef ons nie soseer te kyk nie.
Wat belangriker is,
is dat ons reg en goes sal luister.

God praat –
God praat steeds.
kan hom hoor.
En dis hoe ons vir God leer ken,
deur sy stem,
deur na hom te luister.

Ander interessante aspek van hierdie ontmoetings van God:
Wanneer God ontmoet,
word ons tegelyk bewus
van sy heiligheid
én sy liefde.

Sy heiligheid laat jou soms huiwer,
terugdeins,
maar sy liefde trek jou nader,
lok jou. 

Iemand praat van God se heiligheid wat ons tegelyk
boei én
laat bewe.

Waar God se liefde ons ander trek,
ons help om God te leer ken,
besef hoe intiem naby hy is,

help heiligheid ons onthou
God méér,
is nie ons,
al is lief vir ons,
intiem betrokke,
vriend,
vader,
steeds nie familiêr,
want God is heilig,
God is méér. 

Wat dit des te wonderliker maak
dat God ons duld –
dat God gesprek met Moses voer,
luister na Moses vrae,
bekommernisse,
verskonings –
én antwoord!

Teks wat gelees Nehemia,
volk kla,
Moses vra eerder doodmaak –
wonderlik intieme verhouding
waarin ook toys uit cot kan gooi,
al ís God heilig. 

Nog ding raaksien uit hierdie verhaal
en ander ontmoetings met God in Bybel:
Here loop ons selde direk van voor af tegemoet.

Gewoonlik gebeur dit om ‘n draai,
in iets wat op die rand van jou gesigsveld gebeur.

Jy sou dit kon mis!

Let op in teks gelees,
brandende bos nie reg voor Moses verskyn nie,
maar ver genoeg
dat moes besluit om nader te gaan,
te gaan kyk.

Hy sou natuurlik ook kon miskyk,
kon besluit om verby te stap.

Ook uit res van Bybel sien
daar iets geheimsinnigs en
ontwykend
in God se ontmoetings met ons. 

Beteken dat ons sulke ontmoetings sou kon misloop,
miskien anders sou kon verstaan of interpreteer
as ontmoeting met God,
heeltemal misloop. 

Moet kamera gerig hou.
Al is God meer,
ontmoet God ons tog.

Verlede week God gelyk naby én ver.
Maklik God ver,
kamera te bêre,
ophou soek.
Ons moet egter gereed wees vir daardie ontmoeting,
op die uitkyk wees daarvoor,
daarna soek en smag,
sodat kan raaksien
en aangryp
as verbykom.

In ons teks staan Moses nader wanneer God verskyn.
Vra vraag wat ons ook so graag wil vra:
Wat is sy Naam?

Weet Moses daarmee greep op God probeer kry,
kamera in fokus probeer kry,
sodat knoppie kan druk
in beeld kan vasvang,
kan sê:
só is God,
Dít is God.

Om iemand se naam te vra,
is ‘n gewigtige saak.
‘n Kerndeel van ‘n mens se identiteit sit in jou naam,
sodat iemand naam weet,
mag oor hulle het,
tot eie voordeel kan gebruik of misbruik.
En dan antwoord by ons net so bekend:
Ek is wat ek is. 
Ook vertaal word:  Ek sal wees wat ek sal wees.

Ontwykend.
God laat nie vasvang,
want God altyd meer as wat ons kan begryp.
Sy antwoord op Moses se vraag
bring eintlik nog meer vrae. 

Nogtans weet ons,
in die oomblik wanneer ons besef
dat ons nie vir God in ‘n naam kan vasvang nie:
Ons moet aanhou om oor hierdie God-wat-is
te praat.

Natuurlik uit God antwoord tog sekere goed kan weet:
• God van voorouers,
• wat beloftes doen en hou.
• God van toekoms.
• Reddergod wat Israel uit slawerny gaan bevry,
• God wat voorsien in land van melk en heuning.

So leer tog ietsie van God ken.
Maar bly ontwyk.
Heschel:
The deeper we search
the nearer we arrive
at knowing
that we do not know. 

Hoe meer ons vrae stel,
hoe meer ons na God soek,
hoe meer besef ons
dat daar op die ou end
perke is aan wat ons kan weet.

Dit keer egter nie dat ons bly soek nie!

Om mens te wees,
beteken om aan te hou vrae stel,
aan te hou soek,
aan te hou om vir God op nuwe maniere te leer ken.

En juis dít,
hierdie besef dat dit ‘n lewenslange proses is,
dat ons altyd, daagliks, nuwe goed van God kan leer,
en dat God dan steeds MEER sal wees,
wat ons met verwondering vul.

En dis die belangrikste stap van geloof:
verwondering.
awe.
Om te besef:
ek kan nie vir God vasgryp nie,
ek kan maar net in verwondering staan
en hom aanbid. 

Mag ons daarom met groot entoesiasme voortgaan
om vir God te bly vra wie God is.

Mag ons saam met mense deur die eeue heen
oor God nadink.
Mag ons by die Bybelskrywers leer
hoe hulle God ervaar het…
maar ook voortgaan om self vir God in ons daaglikse lewe te soek.

Mag ons altyd onthou dat ons stamelend praat oor God;
dat nie eens ons mooiste woorde
en kreatiefste beelde
God se volheid vasvang nie.

Mag ons soeke dus gekenmerk word deur nederigheid,
sodat ons met ywer
na die lewende God sal soek
maar terselfdertyd
ten diepste sal verstaan
dat menslike insig en kreatiwiteit beperk is.

Mag ons midde-in hierdie soeke na God
telkens verras word
deur die God wat belowe
om die pad saam met ons te loop.

(Julie Claassens)

Voorbidding

Dankoffer   Koor:  Laat my mense gaan

Lied 529

Seën
Lied 228

Jes 63 – Son 13 Sept 09 – As God ver is

Verwelkoming
Afkondigings

Toetrede Lied 153 Koor verse 1&2, Gemeente vers 3 (sit)
Gebed vir die Kerk –
Dowes:
Ons Hemelse Vader
Ons bid voor U
Dankie dankie vir alles wat U vir ons gedoen het
Ons NID bid vir die gemeente
sodat hulle kan ryklik seen deur God die Vader
Here, Ons bid ook vir leiers
lidmate wat deur die Here dien
sodat hulle vol vreugde kan vind,
sodat hulle kan versprei
God se woord
in die naam van Jesus Christus alleen.
Amen
Seëngroet

Dankoffer as aanbidding Koor:  Ons vind ons krag in die Here

Aanroeping 
Fokus vanoggend afwesigheid van God,
wanneer God ver
Baie daarvan in Bybel,
veral Psalms,
daarom nie tradisionele lofsang,
aanroeping.
As tans voel God ver,
kry situasie in gedagte,
maak roeplied tot God:
Ps 143 (staan)
Ps 44 (gemeente en koor) (sit)

Gebed
 
Kindertyd
Video – baie moeilike oefening, hard konsentreer.
Eers:  wie beter, seuns of meisies?
Seuns en meisies verskil,
een groepe beter oefening as ander.
Mense in swart hemde en wit hemde,
bal heen-en-weer gooi.
Tel hoeveel keer mense in wit hemde bal heen-en-weer gooi.
Nie weggee terwyl kyk!
Moeilik!
Wie gaan beste – seuns of meisies?
Grootmense ook!
(Onthou nie weggee!)
Tel:  hoeveel keer mense in wit hemde bal heen-en-weer gooi.

Iets interessant gesien?

Hou van stories uit Ou Testament,
God praat brandende bos,
see oop kloof.
Julle ook soms spyt God nie meer so praat?

Ken storie van Samuel?
Slaap, hoor stem,
dink Eli,
gaan vra,
sê nee – drie keer,
Eli besef God.
Vierde keer Samuel antwoord.

Soms God tog daar,
praat met ons,
maar ons sien nie raak,
want besig ander goed te kyk –
soos netnou vir mense wit hemde kyk,
dalk nie gorilla gesien.

Kan op verkeerde plek kyk, vir verkeerde goed,
dan nie vir God hoor praat.

Hoe praat God?
Uit Bybel,
ander gelowiges,
As lees, vra help dink:  wat sê God vandag?
In Kerk.
 
Skriflesing 
Jesaja 63:11-16  (eintlik 7-64:12, net hierdie lees, enkele verse verder)

Preek
Reeks Godsbeelde,
vandag miskien vreemd – as God ver.

Gevoel dat God ver gereeld in Bybel –
veral in Psalms kry gevoel van gelowiges
na wêreld om hulle kyk
en voel asof God weg is.

Ps 22:
My God my God,
waarom het U my verlaat?

Ps 88
Waarom verstoot u my, Here
Waarom trek u u van my af terug?

Ps 44
Waarom draai u u rug vir ons?
Waarom steur u u nie aan ons ellende en smaad nie?

Ps 143
Antwoord my tog gou, Here,
ek is heeltemal gedaan.
Moet tog nie van my af wegkyk
dat ek word soos dié wat sterwe nie.

Asof gelowiges na lyding en swaarkry in wêreld kyk
en dit voel asof God gesig weggedraai het.
Ons OT volgorde boeke Septuagint – Griekse vertaling
Hebreeuse kanon:
• Genesis,
• Tora (1e vyf boeke)
• Vroeë profete
• Latere profete
• Geskrifte
• Kronieke
• Esre
• Nehemia
• Meggilot
• (sien Joernaalblad) –
• eindig Ester.

As mens in die volgorde lees,
lyk asof God teenwoordigheid geleidelik afneem.
Wanneer Ester – laaste boek van Hebreeuse Bybel – lees,
God se naam nie een keer genoem.
Waar God Genesis / Eksodus dramaties teenwoordig,
in Ester dramaties afwesig. 

Na bevryding uit Egipte raak direkte kontak met God al minder.
Na Sinai praat God nooit weer met die hele gemeenskap
met stormwind en donderslae.

Na boek Josua verdwyn vuurkolom, wolk en manne –
sigbare tekens God teenwoordigheid.

Laaste persoon aan wie God self openbaar,
Samuel.

Laaste persoon aan wie God verskyn,
Salomo.

Laaste openbare wonderwerk met vuur as teken God teenwoordig,
1 Kon 18,
God verskyn aan Elia 1 Kon 19.

Maar in 1 Kon 19 is God nié
in stormwind,
of aardbewing
of vuur,
maar in stilte.

Aan einde van Konings
sien ons hoe enigste sigbare kommunikasielyn met God,
tempel –
waar ark is,
wat in woestyn simbool was van God teenwoordigheid,
deur Babiloniërs vernietig word,
self in vlamme opgaan.

In daardie tyd praat God nog deur profete,
maar ook dít eindig ná die ballingskap. 
Waar teks van vanoggend lees,
nostalgie na tyd God see opgekloof,
berge verbrokkel
vuur wat hoog vlam…

nou ervaring dat God self verberg.
OAV v 6:
U het u aangesig vir ons verberg.

So sien hoe volk se ervaring van God teenwoordigheid met tyd ontwikkel:

Eers God in wonderwerke,
manna, wolkkolom, vuurkolom.

Later God teenwoordigheid aan Ark verbind,
of gesê dat God in tempel woon.
Beteken dat God teenwoordigheid aan plek gekoppel,
wat natuurlik uitgebreide godsdiens met priesters en rituele tot gevolg gehad,
wat mense gehelp in teenwoordigheid van God leef.

Wat dan hier gebeur,
is dat klem skuif in hoe mense God teenwoordigheid ervaar:
God nie meer direk teenwoordig,
word deur mense bemiddel.

God werk deur mense soos priester,
koning,
profete,
tussenganger tussen God en mens. 

In tyd tussen twee testamente,
nadat tempel verwoes,
nog verdere skuif:
God teenwoordig in studie en aanbidding.

God dus teenwoordig in studie van heilige geskrifte,
uitlegging en worsteling met Tora.

Vir ons,
God geopenbaar in Immanuel,
God met ons,
Jesus.

Wanneer Jesus terugkeer na sy Vader,
stuur Gees,
is God deur Gees by ons teenwoordig.

Is hoe verstaan van God teenwoordigheid oor eeue ontwikkel.

Maar is so dat ook ons,
wat bely God teenwoordig deur sy Gees,
dikwels ervaring het dat God afwesig is,
sy aangesig vir ons verberg,
om woorde van Jesaja te gebruik.

Soos daardie liedjie jare gelede gewild:
From  a distance:
From a distance, there is harmony,
From a distance we all have enough,
and no one is in need.
And there are no guns, no bombs, and no disease,
no hungry mouths to feed.
God is watching us. God is watching us.
God is watching us from a distance.

Deur eeue – millennia
worstel gelowiges met ervaring van God afwesigheid.

In mistieke tradisie selfs naam gegee aan hierdie ervaring:
Donker nag van die siel,
n.a.v. gedig deur St John of the Cross.

sê dat minstens ‘n kwart van gelowiges
deur hierdie donker nag van die siel gaan.

Soms is dit tydelik,
soms kan vir jare aanhou.
Vir die Heilige St Paul of the Cross
het dit vir 45 jaar aangehou.

Na haar dood,
was ons geskok om te hoor dat ook Moeder Teresa
in hierdie donker nag geleef het –
van 1948 tot 1997,
met kort tydjies van lig tussenin.

Feit is,
hierdie belewenis dat God jou skielik verlaat het,
redelik algemeen.
Sommige lys dit selfs as deel van fases van geloofsontwikkeling
(joernaalblad).

Wat natuurlik vir Israel so erg maak –
en vir ons:
Leef vanuit veronderstelling God teenwoordig,
glo – wéét dat God nooit afwesig,
altyd
in alles teenwoordig…
maar wanneer om rondkyk,
beleef teendeel.

Lyk asof hierdie ervaring van God afwesigheid,
gewoonlik ontstaan vanuit krisis –
vir Israel spesifiek Ballingskap.

Ook vir ons kom hierdie donker nag
ervaring God ons vergeet,
dalk selfs verwerp –
dalk ontydige dood van geliefde,
uitgerekte siekte,
onregverdige behandeling.

Is natuurlik ook so dat hierdie afwesigheid van God
soms die gevolg is van gelowiges se sonde,
nie omdat God gesig weggedraai,
maar omdat gelowiges van God af weggedraai het.

Lees in Woord dat God vir goddelose generasie
gesig verberg
sodat kan terugkeer na hom,
juis sodat hom soek. 

Maar óók so
dat God dikwels teenwoordig is
ons hom nie sien
omdat op verkeerde plekke kyk.

Soek God in aardbewings
en vuur
en donderweer…
terwyl God in stilte is.

Soek God in wonderwerke,
oorwinning,
terwyl God in nood is,
waar mense swaarkry
of onderdruk word.

Godsbeeld veroorsaak soms
dat dink moet goed gaan waar God teenwoordig is,
as dan nie goed gaan,
God nie teenwoordig.
Soek God dus in voorspoed.

Maar God juis aan kruis,
daardie uiterste simbool van Godverlatenheid,
waar God self uitgeroep het:
My God, My God, waarom het u my verlaat?

Kan ook wees dat te haastig is,
Ken uitdrukking:  hoe meer haas, hoe minder spoed.
Dat verwag God moet self nóú,
vandag, openbaar.
Nie kan bly wag,
wanneer God nie onmiddellik sien,
weghardloop,
aangaan iets anders.
Hans du Plessis gediggie:
Nou kyk ons nog in ‘n donker spieël
en ons draai om
en vergeet wat ons gesien het.

Al hierdie dinge kan redes wees waarom ons ervaar God ver is.

Maar wil nog ‘n opsie voorstel:
dalk ervaar soms dat God ver is,
omdat God ver ís.

God is tegelyk naby én ver
teenwoordig én afwesig.

Dit is deel van unieke aard van God –
is nie afgod wat in klip of hout kan vasvang.

Wanneer in Bybel uitgebeeld in vuur en wolkkolomme:
iets wat mense kan sien,
maar steeds iets mense nié kan vasgryp.

Moses antwoord:
“Ek is”,

Selfs wanneer Moses vra God gesig sien,
nie God gesig,
slegs heerlikheid.

Selfs tydens diepste Godservaring,
blý God se gesig verborge.

God ontwyk altyd menslike begrip,
kan daarom ook nie deur mense gemanipuleer word nie.

Dis hoekom Martin Luther soveel waarde geheg
aan God verborgenheid
(Joernaalblad skakel na artikel)  –
want dis ‘n integrale deel van God se vryheid.

God se verborgenheid verhoed dat enigiemand God kan beheer of misbruik.

Pascal gesê:
‘n Godsdiens wat nie bevestig dat God verborge is nie,
is nie eg nie. 

Maar hoe dan gemaak met hierdie verborgenheid van God,
as om rondkyk
sien oorloë
korrupsie
M.I.V. & Vigs,
armoede…

As leef in donker nag van siel…

As tot God roep,
en voel nie hoor,
gesig van jou af weggedraai…

Wat dan? 

Coenie Burger sê drie kort woordjies,
soveel inhoud.

Eerste ding doen:
WAG.

Nie opgee,
aanhou soek.

BLY in donker nag van siel,
nie aandag verplaas,
Volhard.

Met geduld
én met ongeduld.

Psalms – ongeduldig,
roep tot God,
soebat

Tweedens:
GLO

Interessant, wanneer Israel God afwesig beleef,
hou nie op om met God te praat nie. 
Hou aan roep,
aan probeer aandag trek
God herinner nog altyd vir hulle God was.

Bly Skeppergod,
bly God van verbond
bly verlosser.

Beteken dat ‘n mens –
deur God se genade –
kan leer om mét jou vrae te leef,
daarmee saam te leef,
sonder om vinnige antwoorde te kry,
én sonder om bitter en hard te word,
te bly glo, te midde van vrae.

Derdens:
WERK.

Moeder Teresa:  God vir haar opdrag gegee.
Miskien nie gereeld weer van God gehoor,
voortgegaan opdrag uitvoer. 

Ons weet wat God van ons verwag.
Al beleef nie God teenwoordigheid direk,
al voel omring deur donker nag van siel,
kan steeds doen God van ons vra.

En proses,
dalk,
teenwoordigheid van God vir iemand anders raak. 
Amen

Gebed
Lied 519
Seën
Lied 317

Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09

Tema

God is die Pottebakker – Sy hande vorm die klei van ons lewe (Hy is in ‘n intieme verhouding met ons)

God versamel ons voor Hom

  • Verwelkoming by die deure
  • Video oor die Pottebakker speel met ‘n CD – The John Michael Talbot Collection – A library of 35 favorite songs – Disk Two
  • Verwelkoming in kerk
    • Kinders, verjaarsdae, nuwes
    • Dankie vir almal wat gehelp het – Ian, Albert, Susan, Ursula, Rethie, Lynette vir die klei, Louise vir die wiel, Brenda vir die potte uitstalling, voorsangers, musiekgroep, graad 7’s.
  • Votum en Seëngroet

God praat met ons

God is Skepper

Die Bybel is ‘n biblioteek van beelde, ‘n magdom daarvan, wat manlik én vroulik is, wat persoonlik én onpersoonlik is (Vader en ‘n Rots), wat soms teenstrydig is (Vriend en Vyand), maar altyd dinamies en lewend teenwoordig.

Al hierdie beelde vir God is metafore, uitdrukkings wat vir God gebruik word, omdat dit ons ‘n konnotasie gee met iets wat vir ons bekend is.

Hierdie Godsbeelde is aannames oor God se karakter of sy aard.  Dit bepaal letterlik hoe ons Hom ervaar.  Walter Brueggemann: “The God you speak, is the God you get.”

Vandag praat ons oor God as Skepper.

Ons gaan daaroor sing, ons gaan daaroor praat en nadink, en ons gaan dit ervaar met die klei wat elkeen van ons in die portaal gekry het.

  • 472 Kom lofsing die Heer, loof Hom op sy troon – vers 1 en 3 staan

Tradisioneel word aan God as Skepper gedink in terme van sy Almag en verhewenheid – die God wat orde skep uit die chaos.

Ons gaan nou na ‘n PowerPoint kyk wat iets daarvan vir ons wys.

Terwyl die musiek speel (Psalm 91/Wedding Dance – John Michael Talbot – track 3), kyk na die PowerPoint en raak bewus van die grootsheid van God se Skepping.  Ons wil ons verwonder oor God en sy werk.

  • 509 Op berge en dale en oral is my God – vers 2 en 3 staan
God is Pottebakker

Die Bybel beskryf sy skeppingswerk egter ook in baie persoonlike terme.  God as Skepper word op baie plekke in ‘n intieme verhouding met mense en die wêreld en die hemel geteken.

Kom ons lees daaroor.

  • Gen 2:4b-7

Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, 5was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie. 6Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. 7Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.

Hier in Gen 2 sê die skrywer: “Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas”.  Die woordjie “vorm” is die woord wat gebruik word vir ‘n pottebakker terwyl hy die klei in ‘n voorwerp vorm.

Dit beteken dat Genesis aan  God as die Pottebakker dink.  Soos ‘n Pottebakker die klei vorm, só vorm God die mens.  God skep “hande in die klei” soos ‘n pottebakker.

En hierdie Pottebakker stel belang in alles wat ons doen of dink of ervaar.

Elke uur van elke dag van elke week van elke jaar stel God belang in jou lewe, sorg Hy vir jou, is Hy lief vir jou.

Nou, ek hoef jou nie te oortuig nie.  Vertel vir mekaar daarvan:

  • Vertel vir mekaar van ‘n keer wat julle God se liefde tasbaar ervaar het.
Inset oor die pottebakkerskuns

Om ons te help om oor God as Pottebakker na te dink, gaan ek julle ietsie meer vertel oor die hele proses van potte bak.  Terwyl ek ‘n bietjie meer vertel oor die pottebakkerskuns, maak solank julle houertjies oop en haal die klei daaruit.

Klei is ‘n heerlike medium om mee te werk.  Dit is lekker elasties en plooibaar, sodat jy allerhande voorwerpe daarmee kan maak.  Hierdie klei is van meel gemaak – julle kan die resep by Lynette kry.

Ek het kers opgesteek by ‘n pottebakker, David Moss, en die volgende by hom geleer.  En ek wil hê julle moet dit saam met my ervaar:

  • Klei moet goed gebrei word. Alle lugblasies moet uitgewerk word. Dit voorkom dat die pot bars as dit in die oond warm gemaak word.
  • Brei ‘n bietjie julle klei.
  • Voel julle hoe dit amper-amper kleef aan julle hande? Jy raak as’t ware deel van die klei.
  • Dan moet klei in die middel van die wiel geplaas word, anders kan ‘n mens nie ‘n ronde amper perfekte simmetriese pot maak nie.
  • Ons gaan egter nie met ‘n wiel werk nie. Louise Eksteen sê my, dat sy in elk geval verkies om sonder die wiel te werk.
  • Besluit op iets wat jy graag wil maak.
  • Ek gaan aan die einde vir die voorskoolse kinders vra om vir my te kom wys wat hulle gemaak het.
  • As jy wil, kan jy soos ek, net werk met die klei, en spontaan iets skep, net soos jou hande en die klei jou begelei.
  • Dit is hoe kreatiwiteit werk – die klei vra as’t ware dat iets spesifiek daarvan gemaak word. Die kleur speel ‘n rol. Die hoeveelheid speel ‘n rol. Hoe plooibaar dit is, speel ‘n rol. Hoe jy voel en waaraan jy nou dink, speel ‘n rol.
  • Wys vir mekaar wat julle gemaak het.
Die Pottebakker en jy

Nou ‘n mens moet versigtig wees om alles hiervan op God en ons van toepassing te maak.  Maar, kom ons dink ‘n bietjie hieroor na en verwonder ons aan God as Skepper, as die Pottebakker.

  • God is net so intiem by jou lewe betrokke as wat jy nou met die klei gespeel en daarvan iets gemaak het. Hy werk nie van ‘n afstand af met jou nie. Hy hou sy hand op jou. Hy is bewus van elke gedagte, van elke beweging, van elke besluit wat jy maak. Soos die Psamdigter sê, Hy omvou my van agter en van voor. En Hy gee om oor wat met jou gebeur. Niks wat met jou gebeur, is toevallig nie, en niks is onbelangrik vir God nie.
  • Daar is ‘n spontane interaksie tussen jou en God, tussen jou gawes en vermoëns en wat God daarvan kan maak. Dit is iets wat my van verlede week se teksgedeelte die meeste getref het. Die eerlike interaksie tussen Moses en God in die woestyn (Numeri 11). Jy kan maar praat met God, jy kan selfs verskil van wat God doen, en dit eerlik vir Hom sê. En Hy sal daarna luister, en daarop reageer. Uiteraard is dit Hy wat jou vorm, so sy wil sal altyd die deurslag gee. Maar reg deur die Bybel is daar gedeeltes wat ons oortuig, God verander dinge in reaksie op jou, en jou gebede, en jou wense en behoeftes. Jy kan Hom daarvoor vertrou.
  • Soms is daar ‘n groot stuk breiwerk nodig in jou lewe. Om jou voor te berei vir dié voorwerp wat God van jou wil maak. Niemand van ons hou van die druk van moeilike besluite of moeilike omstandighede nie. Dit sou masochisties wees! Maar, dit is nou eenmaal so, as die druk nie daar is nie, bereik ons minder. Van die groot leiers in die wêreld is dit waar, so sê navorsing by Harvard, dat hulle een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n tyd van stres en disoriëntasie gegaan het, waarna hulle gewoonlik meer kon bereik.
  • Daarom is dit so belangrik dat ek plooibaar in die hand van God se werk bly. Op die wiel, in sy hande, in gesprek met Hom, maar sonder om teë te stribbel, sonder om self te besluit wat ek wil word, maar in die interaksie met God te groei en te floreer. Dit is eintlik die heel belangrikste perspektief van alles. Sonder hierdie onmiddellike reaksie op God, kan ‘n mens nie ontplooi in die instrument wat God van jou wil maak nie.
En as die pot flop

‘n Verdere interessante ding van die klei, veral as jy met regte klei werk, is dat dinge nie altyd so voorspoedig gaan nie:

  • As dit flop op ‘n wiel, moet jy oor begin, maar jy kan nie dadelik nie. Jy moet eers wag tot die klei droër raak, voordat jy weer begin.
  • En as jou pot uiteindelik in die oond bars, eintlik ontplof, dan is dit nie klaar met die klei nie. Pottebakkers vat daardie stukkies, maal dit fyn, hulle noem dit “grog” en dan meng hulle dit met nuwe klei. Potte wat met grog gemaak word, is sterker potte. Nie dat dit sonder seerkry is nie. Die Pottebakker se hande gaan baie keer stukkend van die werk met die growwe, harde stukkies “grog”.

Kom ons lees twee gedeeltes wat hierdie aspek behandel.  Die eerste is:

  • Jeremia 18:1-6

Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5Toe kom die woord van die Here tot my: 6Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Jeremia leef in ‘n tyd van groot afvalligheid.  Polities het hulle verkeerde verbintenisse aangegaan.  Ekonomies het die rykes die armes uitgebuit.  In die regspraak was daar onreg en partydigheid.  En geestelik het baie Jode die uiterlike tempel-toegaan en die gee van tiendes nog nagekom, maar hulle hart was ver van die Here af.

Daarom waarsku die Here die volk deur hulle te herinner daaraan, dat die Pottebakker die meester is van die klei.  “Kan ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie?”  En spel hy die gevolge uit as hulle hulle nie bekeer nie.  “Wanneer jy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien ek af van die goeie wat Ek aan jou wou doen.”

Nou ons moet nie hieruit aflei dat die Here geen genade het vir die volk nie.  Hoegenaamd nie.  Hy sê immers, al het ek besluit om op te hou om die goeie aan julle te doen, en julle bekeer julle, sien Ek af van die straf wat Ek oor julle wou bring.  Bekering is wat die Here wil hê.

Maar Jeremia wil hê dat ons onder geen illusies sal wees oor wie God is en wie ons is nie.  En die geskiedenis het ons geleer dat die volk nie geluister het nie, en weggevoer is in ballingskap.  Hulle moes wag vir sewentig jaar voordat hulle weer die land Israel kon binnekom.

En die wonder is, dat dit nie net die volk is wat iets hieruit geleer het nie.  Die Here self het geweet, die tyd was ryp vir die koms van sy Seun, al sou dit hom ‘n vreeslike prys kos, die prys van menswording, van lyding en uiteindelik die dood.

Maar, die Here het geweet, dat daardeur kan Hy seker maak dat die potte wat Hy maak sterker sal wees.  Want Hy kon vir elkeen wat in Jesus glo, wat hulle lewens aan Hom verbind, die gawe van Sy Gees gee om binne ons harte die vermoë te kom gee om aan Hom gehoorsaam te kan lewe.

Dit is wat 2 Korintiërs. 4:7 ook sê. Kom ons lees dit.

7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Al bly ons dus kleipotte wat maklik breek, is die krag van God self in ons binneste, sodat ons kan staande bly al word ons verdruk, al is soms verleë, al word ons vervolg.

En dit is die wonder van hierdie Pottebakker, die Skeppergod.  Hy gooi nooit tou op met ons nie.  Hy hou aan en Hy sorg dat daar ‘n uitkoms is.  Daarop kan ons reken.

Kom ons wy ons toe aan dié God.

  • 528 Leer my u wil, Heer, u doel met my – U, Pottebakker, met my, die klei – sit

Ons praat met God

  • Gebed – voorbidding, danksegging, items op aankondigings
    • PE Afrikaanse Opvoedingsfonds – 1,2 miljoen Rand
    • Kerkraad vir vergadering
    • Egskeiding – Divorce Care
    • Leiers vir Koffiekroeg en graad 6 kategese
    • Bloemendal – Seyesi gemeente uitreik – verf
    • Ramadan – bid vir insig dat U Moslems liefhet
    • Siekes – bid vir onsekerheid, vir krag met slegte tyding – dank vir beterskap
  • Dankoffers – graad 7’s en PowerPoint met ander aankondigings
    • Bid en sê dankie vir die dankoffer en die wyse waarop die Here ons seën die afgelope paar maande. Ons het ‘n oorskot op begroting!

God stuur ons uit

Onthou om julle voorwerpe vir my te kom wys.

Onthou om ‘n joernaal te neem vir gesprek by die huis.

  • Slotsang – 488 Helder skyn u lig vir die nasies
  • Seën
  • Amen – 314