Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ef 1 – Son 12 Jul 09

Verwelkoming & Afkondiginge

Toetrede  Lied 168

Votum
Seëngroet

Lof   Ps 100 & Lied 215

Gebed  Lied 271:1 (sit)

Skriflesing  Efesiërs 1:3-14
 

Preek

Efesiërs

Was nog nooit Engeland / Londen, behalwe stop vir vliegtuig,
maar lees in Londen “London Eye”.
Van ver af lyk soos massiewe wiel in speelpark,
maar is heelwat groter.
23 kapsules, elk 20 mense, halfuur volsirkel.
Sien wonderlike uitsig Londen. historiese geboue, katedrale, paleise, tuine, Big Ben…
Mense sê beste moontlik uitsig oor Londen
(amper soos kabelkarretjie Kaapstad, of nuwe een stadion Durban).

Sommige teoloë (my gunsteling elkgeval)
beweer boek Efesiërs is vir res van Paulus briewe soos London Eye.

Nie die langste of mees volledige van sy briewe,
maar bied asemrowende uitsig oor hele landskap.

Van hier, soos wiel draai,
kan een tema na ander in vroeë Christelike refleksie sien: 
• God
• die wêreld
• Jesus
• die kerk
• verlossing
• Christelike gedrag
• huwelik en gesin,
• geestelike oorlogvoering.

Dis soos iemand wat gewoond is daaraan om in Londen rond te loop,
en nou ewe skielik al die bekende plekke vanuit onbekende hoeke te sien –
en nou beter sien hoe met mekaar verband hou,
hoe een stad as geheel vorm.

Die teoloë beweer as res van Paulus briewe lees,
en dan Efesiërs,
sien hoe sy denkpatrone bymekaarkom,
in mekaar pas. 

Deur wie geskryf?

Eintlik redelik kontroversiële standpunt binne teologie,
omdat juis baie kontroversie rondom outeurskap van brief.
Die meeste teoloë van oordeel Efesiërs nié deur Paulus geskryf,
omdat skryfstyl so radikaal van Paulus ander briewe verskil.
Ook lyk asof teologie verskil bv. Romeine en Galasiërs.

Vraag dan of Paulus begin lees by Rom, Gal,
Ef. in lig daarvan probeer verstaan,
of andersom –
wat radikale implikasie vir ons verstaan van Paulus,
later uitbrei.

Vir wie geskryf?

Tweede vraag rondom Efesiërs-brief,
vir wie geskryf?

Beste en oudste manuskripte bevat nie naam van stad Efese.
Waarskynlik brief bedoel gesirkuleer, weet baie briewe gedoen.
Moontlik gemeente Efese gebêre, later naam ingevoeg.

Paulus heelwat briewe geskryf so gesirkuleer.
Lyk ook in Efesiër-brief asof Paulus met mense praat wat hy nie persoonlik ken,
nie eerstehands bekend met sy werk –
wat nie waar kan wees van Efese, want lank daar gebly.

Die meeste Paulus briewe persoonlike groete, nie Efesiërs nie.
Begin ook gewoonlik groete.

Lofgebed

In Efesiërs asof nie vinnig genoeg groetery agter rug kan kry,
losbars in hierdie gebed van danksegging en lof aan God.
Formele Joodse gebedstyl,
een lang sin.

Die groter storie

Al ervaar dat storie in agterkop het wat aanmekaar uitloer
terwyl oor iets anders gesels?

Gestel bv. gaan aansoek paspoort,
kom huis toe,
vertel vir familie:
ure in ry gestaan,
toe voor kom,
maak venster toe, gaan koffie drink.
Terwyl storie vertel,
kom agter eintlik ander storie:
ontevrede manier wat Dept Binnelandse Sake bestuur word.
Hoe langer vertel,
eintlik vermoede korrupsie,
eintlik ontevrede regering. 

Daar is groter raamwerk,
groter storie,
waarbinne ons kleiner stories interessant en belangrik raak.

Paulus se gebed hier aan begin van Efesiërs,
is viering van groter storie
waarbinne elke enkele Christelike storie –
elke storie van persoonlike bekering, geloof, geestelike lewe, gehoorsaamheid, hoop – inpas. 

En dis dan net deur hierdie groter storie te verstaan en te vier,
wat ons kan verstaan wat binne ons kleiner stories aangaan,
wat ons kan sien hoe God in ons eie lewens aan die werk is.

Hierdie gebed van Paulus,
hierdie opsomming van die groter storie,
val in drie dele,
baie nou aan mekaar verbind,
inmekaargeweef soveel lof en viering,
soms moeilik te sien wat waar.

  • Gaan groter storie probeer vertel in drie dele Paulus gebruik:
    Verse 4-6
    7-10
    11-14

Uiverkiesing (Verbond)

In verse 4-6 vier Paulus idee dat God se mense,
in die Messias,
deur genade gekies is. 

Verwys terug na God verkiesing van volk Israel
na verbond.

Dit is moontlik die grootste misterie van alles:
dat God,
skepper,
ons gekies het,
dat hy, nog voordat die wêreld geskep is,
ons gekies het om heilig en onberispelik voor hom te wees.

Vir baie mense hierdie idee skokkend,
selfs moeilik te glo.
Hoe kan God sommige kies en ander nie?
Hoe kan God se uitverkiesing enige vrye keuse aan my kant troef?

Hier baie versigtig wees.
Te veel mense al oor hierdie idee gestruikel.
Soos Calvyn gesê, idee is om dankbaarheid by ons te bring,
harte aan brand te steek,
gedagtes tot oorlopens toe vol van die genade te maak.

Paulus hier beklemtoon dat alles wat on in Christus het,
is genadige geskenk van God –
in volgende hoofstuk sal verduidelik hoe ons dood was voordat hierdie genade ontvang het, hoe hierdie genade ons lewendig gemaak het. 

Ons kon niks doen om onsself te help –
verlossing ons nodig gehad,
moes van God se kant af kom.

Jammer vandag een Sondag nie doop,
omdat so perfek verduidelik –
(ook hoekom ek so baie hou van doop)
hoekom ons babatjies doop –
want verlossing kom volledig van God af.

Soos Willie Jonker destyds geskryf,
as oor reg en verdienste sou gaan,
was alle mense verlore,
Maar noudat dit oor die genade gaan,
is daar vir die ellendigste hoop. 

Ons het nie vir God gesoek nie,
maar hy het ons gesoek.
Ons het nie vir God gekies nie,
maar hy het vir ons gekies.

Dat ons in Christus glo,
dat ons van ons kant af vir God kies,
is nie die vrug van ons eie goedheid nie,
maar is reeds ‘n geskenk van God se genade.

Ons het hom lief
omdat hy ons eerste liefgehad het.

Die verlossing is van voor tot agter
vrug van God se liefdevolle genade en inisiatief.

Alles, alles is genade,
onverdiende, vrye guns alleen.

Maar punt van uitverkiesing ons dikwels mis,
omdat so gefikseer op eie vryheid en keuse,
is dat verlossing deur Christus net ‘n deel van God verhaal is.
Lewensbelangrike deel, natuurlik, maar net deel.
Deel van baie groter plan van God.

God se plan is vir die hele kosmos,
die heelal.
Wanneer hy ons dan kies en roep,
ons in Christus – dus in die Messias – sy kinder maak,
en ons vorm en lei,
dan is dit op ‘n manier verbind aan God se groter plan.
(Sal nou-nou sien hoe dit uitwerk – probeer alles bymekaar bring, soos Londen Eye, hopelik aan einde sien alles inmekaar pas). 

Maar punt is dat hy ons nie gekies het om eie ontwil nie,
maar daarvoor wat deur ons wil bereik. 

Verlossing (Egipte)

Dit herinner ons aan die ander storie wat Paulus vertel deur hierdie gebed:
de verhaal van die Eksodus uit Egipte.

God kies vir Abraham, Isak en Jakob as die draers van die beloofde verlossing van die wêreld –
die redding van die ganse kosmos,
veral die mensdom,
van die sonde en die dood wat deur menslike rebellie deel geraak het van die wêreld.

Wanneer Paulus dan sê dat God ons deur die bloed van sy seun verlos het,
is hierdie “ons” alle Christene –
Jode en nie-Jode.
Hy sê dat in Jesus daardie ou doel van God in vervulling begin gaan.

Maar hy hou nie daar op nie.
In verse 7-10 vertel hy die verhaal van Jesus se kruisiging
op so ‘n manier
dat ons onder dit ook die antieke verhaal van die Joodse  Paasfees kan hoor –
van die doodsengel wat in die nag in Egipte gekom het,
van die bloed van die lam aan die deurkosyne
wat die Israeliete van die oordeel verlos het.

En net soos wat God destyds die volk verlos het,
het die ware verlossing nou gekom
deur die bloed van Christus. 

So Paulus plaas hele verhaal binne groter storie God plan van verlossing kosmos –
uitverkiesing volk, verlossing,
maar kyk ook waar nou is.

Erfgename

Ons is erfgename,
ons dus deel van hierdie storie.

Dink nie ons verstaan idee van erfgenaam altyd volledig.
Ons tyd – geld, iets in geld omgeskep kan word.

Dink voorbeeld kasteel help verstaan:
Europa baie families kastele in familie – honderde jare.
Kastele moet onderhou word,
daarom toeriste.

Gestel eienaar kasteel sterf, geen kinders, broer erf.
Ewe skielik broer iets ge-erf wat lewe vir altyd verander.
Kan nie kasteel verkoop!
Moet versorg,
planne maak herstel,
toeriste lok,
sodat kan onderhou,
bly voortbestaan.

Dis nader aan Joodse idee van erf.

Basiese erfenis God Abraham, Isak & Jakob beloof,
is land.
Terwyl slawe in Egipte, hierdie hoop leef voort.

Dis dat betekenis van die eksodus –
is nou vry om erfenis te kry.
Swerf deur woestyn,
40 jaar,
God teenwoordig in wolk en vuur.
Waarborg dat aan einde van reis erfenis sal ontvang – en het. 

Nou vertel Paulus weer hierdie verhaal
aan einde van sy lang openingstonele van aanbidding en lfo. 

Maar hierdie keer, natuurlik,
nuwe eksodus van sprake,
nuwe erfenis,
nuwe wildernis waarin wandel.

Paulus sien kerk doen wat Israel in woestyn gedoen:
is uit slawerny verlos deur bevryding van Messias,
op pad na beloofde land.
Ons – kerk – is, volgens teks,
eerstes wat hoop op Christus stel,
eerstes wat bevry is uit slawerny,
eerstes wat beloofde land erf.

Maar dan uiters belangrik –
dink dis punt van preek –
dat vra wat hierdie beloofde land?
Wat is dit wat ons erf?

Is God se finale doel,
sy groot, kosmiese plan,
dat ons moet hemel toe gaan?

Want dis standaard antwoord:
erfenis is hemel.
En dan hemel soos wat idee in Middeleeue begin groei,
John Bunyan’s “Pilgrim’s Progress”.

Erfenis dus nie iets wat nou kry,
soos kasteel,
maar belofte van gelukkige einde. 

Probleem met idee dat hemel beloofde land – kasteel – is,
is dat wat hier gebeur, nie regtig saak maak.
Gebroke verhoudings,
ongeregtigheid,
vernietiging van aarde –
maak nie saak,
gaan elkgeval alles vergaan. 

Maar dis nie wat Paulus hier –
of, om waarheid te sê, enige ander plek in Bybel – sê.
Erfenis Paulus in gedagte het,
is hele wêreld,
wêreld verlos en vernuwe deur God se krag en liefde.

Reeds in v10 gesê God bedoeling alles op hemel en aarde onder hoofskap van Christus verenig. 

Dink dis deel wat dikwels miskyk:
hemel EN AARDE.
God bedoeling is om ALLES wat in die hemel en op die aarde is,
ja, selfs die regering van die dag,
die staatsdiens,
die kerk,
alle samelewingstrukture,
die huisgesin,
onder een hoof te verenig – Jesus. 

Miskien nog nie genoeg erns gemaak Jesus woorde:
u koninkryk kom – in die HEMEL net soos op die AARDE.

Dit verstaan, dalk gou kyk na betekenis Jesus opstanding en wederkoms:

Opstanding

Opstanding is “defining moment”
oomblik wat erf,
kasteel in ons name – of dan Jesus naam –  oorgeplaas.
In Jesus se opstanding het God se koninkryk gekom!
Hy regeer reeds
en in Jesus is God steeds besig om skepping te hernu,
te herstel.

v 22:
Ja, aan Hom het God alles onderwerp,
 Hom bo alles verhef
ook – reeds – in hierdie bedeling!

Dis wat Paulus bedoel wanneer net entjie verder,
v 19, sê:
[weet] hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
wat Hy uitgeoefen het
toe Hy Christus uit die dood opgewek [het].

Met Jesus opstanding,
is volk bevry,
het Jesus oorwin,
het nuwe wêreld van moontlikhede deurgebreek.

Dis hoekom Christene op Sondae begin bymekaar kom het,
i.p.v. Saterdae – omdat opstanding so belangrike gebeure was,
grootste gebeure waarvan kan weet.

Kerk

Ons, dan, is die kerk,
Hom aangestel as hoof van die kerk.
Die kerk is sy liggaam,
die volheid van Hom
wat alles in almal vervul
(22-23)

Ons taak is om te leef as die mense van die opstanding,
as ‘n eerste voorsmakie van die koninkryk –
wat kom,
maar wat reeds hier is. 
Deur Christus het God REEDS alles tot uitvoering gebring wat bepaal het,
ons is reeds onder om as hoof verenig. 

Ons is die volheid van hom wat alles in almal vervul –
die mense wat reeds in die kasteel woon,
leef onder die hoofskap van Christus. 

Daarom leef ons as mense wat nuut gemaak is,
nuwe skepsels,
mense wat merkers plant,
as merkers dien,
van wat uiteindelik finaal gaan gebeur.

Ons bely Jesus as Heer
en ons hele lewe word deur hom gevorm.
Om heilig te leef as Christen,
nie om so hard as moontlik probeer goed wees, nie sonde doen,
maar om te leer om te leef in die wêreld wat deur Jesus se opstanding tot stand gekom het,
‘n wêreld waarvan ons publiek tydens ons doop deel geword het.

Ons hoop dus eintlik min te doen met lewe na dood,
maar met baie konkrete lewe hier op aarde,
beide vandag
en in die toekoms. 
Die koninkryk kom (nie toekomstig, maar voortdurend, is dus hier)
wanneer kerk,
krag van Gees,
in wêreld leef
as kwesbare,
sukkelende
lofprysende
biddende
misverstande
veroordeelde
vierende
burgers van God se koninkryk.

En so is ons vir die wêreld ‘n teken van dit wat nog gaan kom.

Wederkoms

Want natuurlik is dit ook so –
koninkryk reeds hier,
maar ook nog op pad.

Wat op pad is,
nuwe bedeling,
bring by verstaan van wederkoms.

Om een of ander rede dink Jesus ons met wederkoms gaan kom haal,
wegneem.
Nie wat Bybel leer!

Wederkoms is wanneer God by ons kom wees,
wanneer hemel en aarde finaal vernuwe word
en by mekaar gaan wees.
Wanneer God by mense gaan wees.

Dis waarna uitsien –
Jesus terugkom,
nie alles hier te vernietig,
maar alles hier te herstel,
en hier regeer.

Gees

Teks:
Heilige Gees is die waarborg
dat ons ook verder sal ontvang
wat God belowe het,
wanneer hy almal wat aan hom behoort,
volkome sal verlos.

Op manier reeds ontvang,
want God reeds hier –
Gees vir ons as kerk wat wolk en vuur in woestyn was –
die kragtige, persoonlike teenwoordigheid van God. 

Reeds deel van die beloofde erfenis,
want God nou by ons,
ons reeds nuutgemaak,
in voorsmakie van Openbaring 21,
waar hemel en aarde bymekaarkom en
God by mense kom woon. 

As dan terugkyk op storie wat Paulus in hierdie eerste verse van Efesiërs vertel,
dan sien nie gaan oor ons,
maar oor God,
aan die prys van God se grootheid. 

God het die inisiatief geneem.
God het gedoen wat nodig was.
God het vir ons die Gees gegee as teken en voorsmakie van die nuwe skepping wat ons erfenis is. 

Daarom,
aan God,
die Vader van ons Here Jesus Christus,
kom al die lof toe!
Hy het ons
in Christus
geseën met al die seëning van die Gees
wat daar in die hemel is.

Gebed

Dankoffer

Slotlied  Lied 601: 1, 3 & 5

Seën

Lied

2 Sam 5 – Son 5 Jul 09

Verwelkoming & Afkondiginge

Toetrede   Lied 158: 1 en 3   (staan)

Votum  (Ps 123:1-3a)

Seëngroet

Lofsang  
Psalm 48:1 en 4  (staan)
Lied 190   (sit)

Doop   

Epiklese

Skriflesing   2 Samuel 5:1-10

Preek

Die Stad

Vertel storie van stad, eintlik verder terug begin as teks vandag, waar stad gevestig word.

Stad in Bybel byna eksklusief Kanaänitiese verskynsel.
Israeliete was nomadies, stamme.

Kanaäniet dan ook nie etniese term,
maar ideologiese term,
almal teen Israel se verbondsgeloof
en sosiale praktyke.

Praat stad,
metafoor, meer as blyplek.
Stad plek waar:
verdeling van werk, so

  • dat verskillende sosiale rolle en gevolglik ook klasse
  • magsverdeling, koning en amptenare bo
  • ekonomie van surplus waarde, waar “hoër klas” het wat leef van produkte werkersklas, lg leef hand tot mond.  Ekonomie nie gebaseer gebruikswaarde, maar surplus waarde.

Natuurlik presies wat Israeliete in Egipte beleef:
onderdruk, swaar werk, stede bou.
Uittog Egipte ook uittog waardes van stad.
Meer egalitêre gemeenskap (hoewel nie ver-romantiseer)
sterk klem op gemeenskap, mekaar versorg
ekonomie waar iets se waarde onmiddellike gebruikswaarde. 

Onder leierskap Josua hierdie gemeenskap dan gevestig,
Tipiese nomadiese leierskapsisteem,
stamme,
saam kom in tyd van krisis
lees in Rigters hoe Here spesifieke leiers opgerig,
met Gees toegerus,
tot taak weer afgehandel.

Maar dan begin mense vra vir koning.
En dis Samuel,
laaste van Rigters,
se taak om koning aan te wys. 

Nie so vanselfsprekend!
1 Sam 7-15 konflik duidelik sigbaar.

1 Samuel 8:11-17

 

Dawid

In hierdie tyd word Dawid oorgangsfiguur.

Weet Israel opgebreek 2 ryke,
wanneer teks lees,
Dawid reeds 2 Sam 2 heerser oor Juda gesalf.

Hier kom leiers Israel nou na hom –
Hebron, hoofstad Juda,
vra ook hul koning wees.

Motivering:
etnies (gemeenskaplike herkoms)
polities (sonder leier)
teologiese

Dawid aanvaar,
sluit verdrag
word as koning gesalf.

Baie belangrike woorde in vers 2:
Die Here het vir u gesê:
Jy moet vir my volk Israel ‘n herder wees; ja,
jy moet heerser oor Israel wees!

Heerser is nie koning,
is prins.
Waartoe God Dawid geroep,
HERDER
en PRINS –

volk versorg, God bly koning.

Belangrik in agterkop hou.

Hoe ook al sy,
Dawid briljante oorgangsfiguur,
uitstekende strateeg.

Neem Jerusalem in.
(Jerusalem = politieke naam,
Sion = godsdienstige naam)

Stad waarin Jebusiete reeds 1000 jaar woon!

Vreemde deel in teks oor kreupeles en blindes.
Jerusalem terrein almal vermy.
Niemand naby gewaag – spookstories en bygeloof.
Niemand het as strategiese plek gesien.

Volgens Rabbi was “blindes en kreupeles”
mismaakselbeelde van Jakob wat met engel geveg, kreupel.
Beelde was op manier gemeganiseerd,
westelike en noordelike stadsmure geplaas,
beweeg,
aardige geluide.
Vandaar spookstories.

Die Rabbi beweer dan dat Dawid besef het vrees veroorsaak deur hidroliese ingenieurswese, daarom dat hy die watertonnel inneem.

Maar Jerusalem baie strategiese plek:
Maklik verdedigbaar.
Geen verbintenis met spesifieke stam, neutrale stad.
Op grens tussen Juda en Israel,
meer sentraal geleë as Hebron.

Maar beste verstaan hoe Dawid brug slaan tussen stad en stamme,
kyk na priesters.

Priester taak in paleis hoofsaaklik om koningskap teologies legitimeer.

Dawid 2 priesters!

Een Abjatar:
Pa, Agimelek en hele familie deur Saul vermoor,
Dawid Abjater gered,
enigste oorlewende van familie.

Abjatar verteenwoordig ou stam-kultuur,
waardes van tradisie,
gemeenskaplike belang,
godsdiens van Tora,
Sinai tradisie.

Van Sadok weet nie veel.
Geleerdes beweer hy waarskynlik reeds Kanaänitiese priester in stad voor Dawid dit inneem.
Verteenwoordig dus “establishment”,
stad-staat,
met al waardes daarmee saam.

Maar hierdie balans tussen Abjater en Sadok,
tussen die Tora se gemeenskaplikheid
en toe-eiening van stad,
kon nie vir altyd gehou word.

Salomo

Toe Dawid sterf,
ontstaan diep konflik.

Dawid seuns:
Adonia,
ondersteun deur militaris Joab
en priester Abjatar.

Adonia en ondersteuners verteenwoordig meer tradisionele,
godsdienstige – Tora, gemeenskaplikheid,
stam-idee.

Ander seun Dawid:
Salomo,
ondersteun deur Profeet Natan
militaris Benaja
Priester Sadok. 

Soos weet,
Salomo hierdie stryd gewen,
onmiddellik broer Adonia en Joab doodgemaak.
Kan nie priester doodmaak,
dus verban Abjatar na tuisdorpie Anatot.

Sommige teoloë beweer hierdie oomblik –
Abjatar verban na Anatot,
draaipunt in storie van Jerusalem.

Metafories gesproke,
word die Tora-gewete verban,
met besliste keuse vir die toekoms van die stad,
stad sonder die gewete van Tora,
vry om eie voordeel na te jaag.

Verhaal van Salomo wel bekend.
Niks klein gedoen:
groot oorwinnings
groot harem
groot weermag
groot wysheid
groot geld
groot boubedryf
groot mag. 

Maar verhaal van Jerusalem onder Salomo nie net een van sukses.
Drie keer toekoms van stad deurskemer,
een keer omdat nie Tora onderhou (1 Kon 11:29)
een keer toe werkersklas in opstand kom (1 Kon 12)
en een keer toe belasting verhoog sodat “jong manne” gemakliker kan leef (1 Kon 12:10)

Onder Salomo het dinge in Jerusalem goed gegaan.
Maar op kante,
kon die wat oplettend is,
die dreigende mislukking reeds sien.

Profete

En so gaan stad voort –
vir 400 jaar!
Enige standaarde lang tyd regering!

Word al meer saak van bevoorregte elite.
Konings begin al meer gesag vir self toeëien,
namens God begin praat. 

Leef oortuiging geliefde stad altyd veilig sal wees,
• want messiaanse belofte in stad gesetel,
• tempel in stad waarborg God teenwoordigheid,
• ideologie van koning en tempel,
• idee dat volk God wil dank of wil vertrou,
dit in Jerusalem moet doen.

Maar die stem van Abjatar, verban na die dorpie Anatot,
kon nie stilgemaak word nie.
Herhaaldelik hoor ons dit in die stem van die profete,
wat so sterk teen die ideologiese aansprake van die stad gepraat het. 

Net twee profete uitlig:
Miga,
plattelander,
stem van die tradisie,
wat na stad kom,
praat spesifiek begeerte om te versamel.
Hoe hierdie begeerte om meer en meer te hê,
tiende gebod oortree.
Gesien as begeerte te versamel
gemeenskaplikheid, goeie buurmanskap, vervang,
kom daar moeilikheid.

Voorspel vernietiging van stad,
sien ‘n nuwe leierskap,
nie uit stad,
maar uit platteland,
leier uit Bethlehem, (Miga 5:2-4)
weer tradisie van gemeenskaplikheid laat posvat.

Dan, 100 jaar later,
kom profeet Jeremia.
Ook hy buitestander wat as verraaier van stad gesien word. 

Sê groot “as” oor stad se toekoms hang.
As weer na vreemdelinge, weduwees en wese omsien –
kwesbare, uitgelewerde randfigure,
soos wat verbond vra.

Jeremia gearresteer, hofsaak.
Hele stad teen hom, wil doodmaak.
Dan kom daar “leiers van die land”,
paar oudstes uit platteland
herinner stadsleiers aan profeet Miga,
Jeremia lewe word gespaar.

Interessante ding van Jeremia:
(1:1)  priester uit Anatot.
Hy behoort aan lyn van Abjater,
Abjatar, wat verban was deur Salomo,
se stem kon nie stilgemaak word nie.
Praat weer,
herinner stad aan plek waar vandaan kom,
aan verbond,
aan opdrag om na bure om te sien,
aan gemeenskaplikheid van Tora. 

Die Stad Val

En dan gebeur die ondenkbare:
die stad val.
Die tempel- en monargiese ideologie van
selfbelang
en self-sekuriteit
en self-voldaanheid,
word vernietig. 

Oomblik word op mees dramatiese wyse deur Esegiël uitgebeeld.
God maak vir Esegiël stom, sal nie kan praat voordat stad val (24:25-27).
En dan val die stad,
en Esegiël kan weer praat!

Die verlies aan die stad
is ook die herwinning van ‘n stem,
maak die na wie niemand geluister het nie,
weer hoorbaar
sodat hulle die waarheid kan praat.

Volk reageer eerstens deur te treur oor val van stad –
belangrike deel van enige oorgang, Deon verlede week gesê.
Lees daarvan Psalms, Klaagliedere.

Maar in klag word saad van hoop gebore.
Israel onthou hoe God in verlede gesorg,
onthou God genade, liefde.
Keer terug na God,
na Tora,
na omgee vir mekaar,
onthou dat geseënd is, sodat volke kan seën.

En te midde van verlies,
begin belofte hoor dat stad herbou sal word. 

In die tyd herinner Esegiël volk dat God goeie herder is (34:11-16),
dat God hulle genadig sal wees.

Stad word herbou

En dan, uiteindelik,
begin die herbou proses,

Nehemia, ‘n amptenaar met goeie posisie,
hoor van toestand Jerusalem en huil.
Verkry ondersteuning Persië
en begin stad herbou.

Sekere dinge maak herbou van stad moontlik:
1. Ezra doen Tora.  Herwin identiteit as volk van God.
2. Nehemia stel ernstige finansiële hervorming in,
oa rykes wat rente vra vir armes.
3. Ezra stel Sabbat weer in, simbool afhanklikheid van God,
nie te veel versamel, net genoeg, God sorg.

Jesus

Nou lang tydperk in geskiedenis van stad oorslaan,
tot plek wat weer aan Miga profesie herinner:

 (5:2) Maar jy, Betlehem-Efrata,
 jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou sal daar iemand kom
wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!

Weer koning uit nageslag van Dawid.

Hierdie koning by uitstek Herder.
Nie regeer met mag,
maar met liefde en aanvaarding.
Nie blindes en kreupeles wegjaag,
maar genees.

Nie aandring op belasting en status,
maar volgelinge se voete was.

Hy regeer nie met mag nie,
maar deur te sterf aan ‘n kruis.

Jesus kom herinner die volk hoe koningskap werklik lyk,
wat die ware waardes van die koninkryk van God is. 

Hy kom draai die stad se idees oor wie in en wie uit is, om.
Prostitute, tollenaars, kindertjies.

Hy verwerp waardes van versameling,
herinner God sorg,
verkoop al jou goed en gee aan armes;
skatte in hemel. 

Herinner waardes van Tora,
naaste kan selfs Samaritaan wees.

Liefde, genade, geregtigheid, diensbaarheid…
dít is toe die hele tyd die waardes van die stad!

Jesus hele bediening stuur af op Jerusalem.
Heel tyd op reis – op reis na Jerusalem,
die stad waaroor sê:
Lukas 13
33  In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit,
want dit is ondenkbaar dat ‘n profeet op ‘n ander plek as Jerusalem omkom.
34  “Jerusalem, Jerusalem!
Jy wat die profete doodmaak
en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is,
hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak
soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke,
maar julle wou nie!
35  Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat.
Maar Ek sê vir julle:
Julle sal My sekerlik nie sien nie
totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep:
Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”

En die stad?
Hoe reageer sy op die koms van die koninkryk?
Sy reageer deur die herder en koning te kruisig!

Die Koninkryk van God

Wat my bring by ons,
gelowiges,
koninkrykstyd
burgers van koninkryk van God,
voor enige ander lojaliteit,
enigiets anders waardes bepaal,
eerste plek waardes van koninkryk van God,
soos geleef deur Jesus.

Belangrik dat verhaal van stad hoor,
kennis neem,
eie waardes in oënskou neem.

Dink waardes waarmee ons leef,
as gemeente,
as gemeenskap.
Waardes waarmee kinders grootmaak,
waarmee besigheid doen,
waarmee politiek bedryf.

Waardes van stad en van koninkryk helder sien,
en kies.

Stilte – oordink

Verootmoediging  Lied 479   (sit)

Gebed

Dankoffer

Slotsang   Lied 467   (staan)

Seën
Lied 312

1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09

Verwelkoming

Vadersdag – seuntjie beskryf dit as volg: “Dit is amper net soos Moedersdag.  Jy spandeer net minder aan die present vir jou pa.”

Om ‘n Pa te wees is vandag baie uitdagend.

Soos die 43 jarige Duitse pa wat van die tweede vloer van ‘n woonstelblok se balkon afgeval het en met ‘n helikopter hospitaal toe geneem moes word.  Hy was besig met ‘n spoeg-kompetisie met sy 12-jarige seun om te kyk wie die vêrste kan spoeg van die balkon af.  Om sy seun te wen, het hy te ver vooroor geleun en toe geval.

Twee stukkies raad:

  • Daar is net soveel plofstof in ‘n gemiddelde klapper (firecracker) as in ‘n geweerkoeël. Die klapper maak ‘n groot geraas, maar veroorsaak min skade. Die geweerkoeël maak nie net ‘n geraas nie, dit is ook dodelik. En die verskil is net: die koeël is in ‘n geweer se loop wat dit in ‘n sekere rigting fokus en die plofstof maksimaal aanwend. So – gebruik jou tyd vir gefokusde aandag aan jou kinders en konsentreer om een ding goed te doen.
    • Dit kan wees om ‘n rolmodel te wees vir jou kinders, waar hulle in jou teenwoordigheid kan sien hoe jy praat, ontspan, moeilike situasies hanteer, saam met jou vrou beplan en julle huislike verantwoordelikhede hanteer.
    • Of om hulle emosionele tenk vol te hou, deur met aandag te luister na hulle daaglikse uitdagings en daaroor saam met hulle te reflekteer.
  • En onthou in die tweede plek wat Jesus gedoen het. Hy het soms die skare weg gestuur om alleen by sy dissipels te wees en tyd met hulle te spandeer. Dit is dié tye wat die deurslag gegee het om die kerk te vestig en te laat groei, deur ‘n klomp manne en vroue wat in die nabye kontak met Hom lewensverandering ervaar het. Soms was dit so eenvoudig soos ‘n ete saam met hulle. Ander tye was dit ‘n stuk lering. Nog ander tye was dit die saamgesels oor wat belangrik is. Spandeer tyd saam met jou kinders, nie net deur saam met hulle te gaan kuier by ander mense nie, maar juis sonder ‘n klomp ander mense wat altyd ‘n mens se aandag verdeel.

Toetrede

Lied 158:1 – Bring my na u woning, Here – sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 185 – Kom alle volke (sing 3x in kanon, Groep I: middelblok; Groep II: gallery; Groep III: syblokke) – sit

Lied 198 – God is my lied – staan

Toewyding

Lied 200:1 – U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – sit

Geloofsbelydenis

Kindertyd

Raaisel:  Wat lyk soos ‘n  olifant, is so groot soos ‘n olifant, maar weeg baie minder as ‘n olifant?

Antwoord:  Sy skaduwee.

Jou skaduwee is die een iets waarvoor jy nie kan weghardloop of wegkruip nie.  Jy kan dit nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie!

Raaisel 2:  Wat werk nog soos ‘n mens se skaduwee?

Die antwoord:  God.

Jy kan ook nie vir Hom weghardloop, of wegkruip nie.  Jy kan Hom nie verloor, laat wegraak, afskrik, wegjaag, of wegwens nie.

En die resultaat is – vreesloosheid.  Dis mos hoe jy is as jou pa by jou is!  Om alleen in die donker straat te loop, is vreesaanjaend, maar as pa saamstap, is jy vreesloos.

Daar is egter een plek waar dit vir jou lyk asof jou skaduwee nie meer by jou is nie en dit is as jy in die donker is!

Ja, om jou skaduwee te sien, het jy lig nodig en hoe skerper hoe beter.

Die Bybel beskryf die Here as die lig vir die wêreld (Joh 1).  As ons in sy lig lewe, dan  hoef ons nooit bang te wees nie, want dan is Hy soos ons skaduwee, digby ons.

Skriflesing

1 Samuel 17:57-18:5, 10-16

Woordverkondiging

Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid

Die skrywer sê vir ons in vers 16, dat die hele Israel en Juda was lief vir Dawid.

Hoekom?

1.  Die eerste rede was sy geveg met Goliat.

Abner bring hom juis hier na Saul toe, terwyl Dawid nog Goliat se kop in sy hand vashou.  Dit was ‘n defining moment in die lewe van Dawid en van die volk.  Die vrees vir die  Filistyne was verby – en Dawid was die man wat Goliat oorwin het.  Die volk kon weer kop optel, sonder vrees en vernedering, en met meer moed lewe.

2.  Die tweede rede was Jonatan se liefde vir hom.

Jonatan, die kroonprins, het Dawid omhels as sy boesemvriend.  Hulle het ‘n verbond gesluit, en Jonatan het sy mantel en uitrusting vir Dawid gegee, eintlik ‘n soort profetiese aksie, waarmee hy sy aanspraak op die troon en die weermag afgee. En ons moet onthou, Jonatan was self dapper en baie geliefd onder die volk, soveel so dat hulle hom op ‘n punt gered het, toe hy die koning se bevel verontagsaam het (hfst. 14). Jonatan se besondere band met Dawid het dus heel moontlik gelei daartoe dat die volk se agting vir Dawid gegroei het.  Dit is in elk geval heel onwaarskynlik dat Dawid dit sonder hierdie band met Jonatan sou gemaak het in die huis van Saul.

3.  Die derde rede was die verdere oorwinnings wat Dawid behaal het.

Saul het hom oral gestuur om te gaan veg, en Dawid was oral suksesvol.  Soveel so, dat hy die aanvoerder geword het van die manskappe, eerder as Abner.  En dit het twee gevolge gehad wat uiters betekenisvol vir die volk se toekoms was: 1) dat hulle van ‘n teokrasie na ‘n monargie kon skuif, wat natuurlik nie ‘n onbedekte sëen was nie, maar darem , en 2) ‘n eenheid tussen die 12 stamme kon smee.  Sonder Dawid se uiteindelike koningskap sou die volk moeilik ‘n eenheid kon word.

4.  Maar die belangrikste rede was die feit dat die Here by Dawid was, en nie meer by Saul nie.

Twee keer sê die skrywer: “Saul het bang geword vir Dawid omdat die Here by hom was” (:12) en “(Dawid het) in alles sukses behaal … omdat die Here by hom was.” (:14).

Wat leer ons uit Dawid se storie?

Een somernag was daar ‘n groot donderstorm terwyl ‘n mamma haar seuntjie in die bed sit. Sy was oppad om die lig af te skakel, toe die seuntjie in ‘n bewende stemmetjie vra:  “Mamma, sal jy nie die hele nag by my bly nie?” Die mamma het hom ‘n drukkie kom gee en saggies gesê: “Ek kan nie, skat. Ek moet in pappa se kamer slaap.”

Na ‘n lang stilte het seuntjie gesê:  “Die groot bangbroek!”

Vrese werk verlammend op mense van alle generasies in …

Vrees is ‘n lelike ding.  Ons het al almal vrees beleef. Dis ‘n natuurlike emosie, maar as dit jou lewe oorneem, werk dit negatief in op ‘n mens. Daarom bereik baie mense nooit hulle maksimum potensiaal in hulle lewens nie, omdat hulle nooit dit wat hulle die meeste vrees, oorwin nie.

“Vrees het ‘n groot skaduwee, alhoewel hyself maar klein is.” Ruth Gendler

“Vrees maak die wolf groter as wat dit is.” (Duitse spreekwoord)

Kyk Goliat was groot.  Hy was ook vir Dawid groot.  Maar in die oë van die volk het Goliat dimensies aangeneem wat buitensporig was.

Hoekom kon Dawid vir Goliat troef?

1.  Dawid het God raakgesien langs wie Goliat ‘n dwergie was.

Dawid was ‘n man van God, wat lewe in die groot wêreld van God en kan daarom die klein wêreld van bere en leeus en Goliat hanteer.

Ons moet leer om God raak te sien – volgende kwartaal gaan ons die hele kwartaal ons verwonder aan wie God is!

Dit het ‘n impak op ons ervaring van die gemeente, van ons finansies, van ons bediening, van die toekoms; en op ons ervaring van die kerk in die breë; en wanneer ons koerant lees of TV kyk oor die toekoms van ons land en wêreld.

Maar Hoe doen ons dit?

2.  Vrees word getroef deur naby God te lewe.

“Moed is net vrees wat begin bid het.” Anne Lamont

God moet so werklik vir jou raak soos jou skaduwee.

Jou ervarings in die gemeente en die gemeenskap moet met God deurgebid word.  Jou daaglikse lewe moet bepaal word deur jou daaglikse ontmoetings met God en met ander wat saam met jou die Here kan dien.

Vrees word getroef deur naby God te lewe!

3.  Vrees word getroef deur jou visie op God met ander te deel.

“Hou jou vrese vir jouself, maar deel jou moed met ander.” Robert Louis Stevenson

Vir al die pa’s – dit kan ‘n ongelooflike fokus vir jou wees: deel jou visie op God met jou kinders.  Laat dít die ding wees wat hulle van jou sal onthou – want dit is ‘n legacy wat ruggraat gee in die moeilikste van omstandighede.

Daarom konfronteer hierdie bekende Bybelstorie ons met hierdie vrae:

  • Gaan jy gevorm word deur jou vrese vir die Goliats van die lewe óf deur God?
  • Gaan jy op jou knieë leef, naby aan God, gefokus op God?
  • Gaan jy jou visie op God deel, en so moed eerder as vrees versprei in hierdie wêreld?

Mag wie jy en ek is, bepaal word deur Wie ons in hierdie wêreld raaksien – God, want dis Sy plek dié én omdat ons Hom sien, gaan ons op ons knieë voor Hom en dit gee vir ons krag om daardie volgende tree in die rigting van Goliat te gee…

Gebed

Dankoffer

Aankondigings

Belydenisgroep kom HALF VYF (i.p.v. half 6) in KONSISTORIE (i.p.v. Women’s Club) bymekaar.    Ons gaan fliek “Luther” kyk.  Ander mense is welkom om by ons aan te sluit as hulle die fliek saam met ons wil kyk (maar moet hul eie springmielies en koeldrank bring).

Slotlied

Lied 286 – Here God van liefde, waar ons ook mag gaan – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Gemeentevergadering

Gemeente ete