Author: Chris van Wyk
Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43
Verwelkoming
Dit is tyd vir ons weeklikse asemskep spasie. Om saam die Here te aanbid. Om sy goedheid te bely. Hy is regtig getrou, maak nie saak wat die lewe aan ons opdis nie.
Ek het net een aankondiging:
Kerkdienste
Alle eredienste is afgestel ter wille van veiligheid. Ons het wel drie dienste op Youtube: Ligkids en Pulse vanaf 06:00 beskikbaar op Sondae; Familiediens 09:00 op Sondae. Pulse handel vandag oor die getuienis van Hettie Brittz: Waar was God toe ek verkrag is? Jy kan dit nie misloop nie.
Wat as ek bang is? 1 Sam.17 Erediens 20 Jun 2021
Written by Chris van Wyk on . Posted in Thania Botha. No Comments on Wat as ek bang is? 1 Sam.17 Erediens 20 Jun 2021
Ons lees 1 Samuel 17…Die bekende verhaal van Dawid en Goliat. Dit is relevant ongeag hoe jonk of oud jy mag wees, want dit spreek die vreesfaktor in ons lewens aan. Ons is almal, van die skrikkeriges tot die brawes (of altans, die wat dink hulle is braaf) onder ons, bekend met die ervaring van: om bang te wees. “Goliat”, daardie persoon, gebeurtenis, verwagting, daardie “ding”, wat die ervaring van vrees by ons aanwakker, neem verskillende gedaantes op verskillende stadiums van elkeen van ons se lewe aan. Waarvoor is jy bang? Wees eerlik en laat God jou help. Een van die frases wat die meeste in die Bybel gesê word is: Moenie bang wees nie. Deur die verhaal van Dawid en Goliat gee God vir ons as mense wat onsself maar gedurig betrap met vrees in ons harte, drie vastrapplekke sodat ons as Sy kinders Sy opdrag kan uitvoer: Moenie bang wees nie. Mag jy nie deur vrees oorweldig te word nie, maar te midde van bedreigings, bekommernisse, “vrees”-like situasies, die oorweldigende vrede van die Here kan beleef, soos wat Dawid het, nie net in hierdie situasie nie, maar voortdurend in sy lewe.
Reuse en dapper muise1 Sam.17 Ligkids 20 Junie 2021
Written by Chris van Wyk on . Posted in Ligkids. No Comments on Reuse en dapper muise1 Sam.17 Ligkids 20 Junie 2021
Waarvoor is jy bang? Goggas? Slange? Die donker? Wat van om skool toe te gaan, omdat daar ‘n maatjie is wat met jou lelik is? Of dalk is jy bang vir die toets of eksamen wat jy moet gaan skryf… God weet ons word soms bang en Hy wil ons help! Ons luister na die storie van Dawid en Goliat. God het vir Dawid dapper gemaak om teen die reus te veg en te wen. Soms voel die dinge waarvoor ons bang is ook reus-agtig, dis sommer vir ons sleg en moeilik, MAAR God leer ons: Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” – Jos.1:9 Kom ons wees dapper, maak nie saak hoe klein of groot ons is nie! Ons maak vandag ‘n oulike kettie, wat ons herinner aan Dawid se slingervel!
Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16
Waak en bid – die hele reeks
Written by Chris van Wyk on . Posted in Pinkster 2021 - Waak en bid. No Comments on Waak en bid – die hele reeks
Gebed ontsluit God se krag
Ek het al baie oor gebed gepreek. Ook verskillende Pinksterreekse oor gebed gehou. Maar, hierdie reeks is anders. Hierdie reeks is vir gelowiges wat dieper in die praktyk van gebed wil ingaan. Wat wil leer hoe om beter te bid. Ek het die raamwerk van Dick Eastman in sy boek The Hour That Changes the World aangepas om dit my eie te maak. Ek gebruik ‘n horlosie metafoor wat jy kan gebruik om ‘n uur aan gebed te spandeer. Daar is 12 temas of onderwerpe vir gebed. Dit is bedoel vir ‘n uur se gebed, maar jy kan elkeen van die temas ook een op ‘n slag beoefen, of afwissel, of korter of langer bid, of selfs in ‘n ander volgorde gebruik. Dit is net ‘n riglyn. Jy moet deur die Here Jesus self geleer word hoe om te bid.
Hier is die hele reeks as jy dit wil lees en gebruik:
Waak en bid: hele reeks
