Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ligkids Die Ons Vader: Gee ons vandag ons daaglikse brood

 

Wie van julle kry broodjies in skool toe? In wie van julle sê huise is daar gewoonlik ‘n brood? In die antieke tyd (baaaaie lank terug!) was brood al “stapelvoedsel”. Stapelvoedsel is mos iets waarvan mense kan lewe. Brood is vandag nog net so belangrik vir ons. So wanneer ons aan brood dink, dan dink ons aan iets wat ons baie nodig het. Daar is ‘n verskil tussen dinge wat ons graag wil hê en wat ons nodig het! Wanneer Jesus ons leer om te bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”, dan wil Hy hê
1)dat ons sal onthou dat ons vir God nodig het (ons is afhanklik van Hom!)
2)dat ons sal dink aan hoe God in die verlede vir Sy kinders gegee het wat hulle nodig gehad het,
3)dat ons vir Hom sal vra om elke dag vir ons ook te sorg en te glo dat Hy dit sal doen.
Bak saam brood as gesin deur die maklike resep te volg!

Onthou ook om hierdie werkvelle uit te druk en in te kleur en in te vul terwyl julle na die video kyk of na die tyd, om te sien hoeveel julle kan onthou 😉 Kliek net op die skakels hieronder:

Ons Vader Gee ons vandag ons daaglikse brood Voorskool tot Gr.3 Werkvel

Die Ons Vader Gee ons vandag ons daaglikse brood Gr4 tot 6 werkvel

God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26

Die Internet toegang vir die lewendige video Sondag het eers na ‘n halfuur oopgegaan. Daarom is ‘n groot deel van die erediens nie opgelaai nie. Ek het egter ‘n video met my selfoon gemaak. Jy kan die erediens nou as ‘n geheel kyk, of net na die klankbaan luister.

Video
Klankbaan