Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

27 Jan – 3 Feb: Josef

Huisgodsdiens

RUS

  • Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 3 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Josef (Genesis 37-50) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Josef sê vir sy broers:  “Al het julle iets slegs gedoen, het God dit gebruik om iets goeds te doen.” Vertel vir mekaar hoe julle al beleef het dat God slegte goed gebruik om iets goeds te doen.
  • Is daar op die oomblik sulke “slegte goed” in jul lewens waarvoor julle God moet vertrou? Vertel vir mekaar daarvan en bid spesifiek daarvoor.

    LEEF

  • Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

10-17 Feb: Wet en verbond

Huisgodsdiens

RUS

  • Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Hoofstuk 5 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van die wet (Eksodus 18-40) uit enige kinder-vriendelike Bybel.

Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. 
  • Gesels oor elkeen van die tien gebooie en wat elke wet vir elkeen van ons vandag beteken.  Hoe kan hierdie reëls ons help en veilig hou?

 

LEEF

 

  • Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Oujaarsdiens 2012 Jesaja 62

Skriflesing 

Jesaja 62:1-5

Preek

2012…
Wat vanjaar gebeur?
• ANC 100
• Marakana
• Spear
• Vloede
• Brande St Francis
• Malema uit ANC geskop
• 633 renosters doodgemaak
• Olimpiese spele – Chad le Clos 
• Obama president VSA
• einde van wêreld
• Egipte verkiesing
• Sirië
• Laerskool skietery VSA
• Gangnam style
• Koningin Elizabeth 50e jubilee
Beloofde toekoms
Jesaja 62 gelees,
waarin God vir volk sê,
deur profeet Jes,
hoe hy wil hê hul toekoms moet lyk.
Ten spyte van omstandighede – 
onthou, wanneer hierdie boodskap kry,
ballinge – 
is God se plan nog op koers.
Alles is wel.
So hulle moenie na hul huidige omstandighede 
of selfs verlede
kyk om hul omstandighede
of hul roeping
of selfs identiteit te verstaan nie.
Hul id,
roeping,
en omstandighede
word beste vanuit hul toekoms verstaan.
Want sien,
as terug kyk,
na verlede,
dan min lig.
Verlede storie van hardnekkige sondaars,
soveel so
dat in ballingskap geëindig.
Hede nie veel beter – 
moeilik balling in vreemde land te wees!
Maar wanneer na hede kyk
deur lens van belofte van toekoms,
dan het hoop.
Is baie meer as net
optimisme
of positive thinking.
Is meer,
want gaan oor God.
God wys vir hulle watter toekoms hy vir hulle wil gee.
Beste van alles
is waaruit hierdie beloftes kom:
liefde.
God beloof vir hulle hierdie toekoms
omdat vir hulle omgee,
omdat liefhet
soos bruidegom bruid liefhet
(beeld gereeld in Bybel vind – 
NT Kerk – ons!  ek en jy! – bruid van Christus)
Nou sit die volk in ballingskap,
moedeloos,
vasgekeer,
troebel verlede,
onseker toekoms…
Kry hierdie brief van Jesaja,
beloof nuwe toekoms.
Wat maak dit tog saak vir omstandighede nou?
Maar juis in lees van brief,
in uitspreek van toekoms,
wat toekoms werklikheid word!
Onthou hoe God geskep het?
Gepraat!
Hierdie profesie selfde mag,
want gebaseer op God belofte – 
is God se stem.
Maar wat sal ons
wat vandag,
vooraand 2013,
hierdie profesie lees,
met hierdie belofte doen?
1.  Dink toekomsgerig oor gehoorsaamheid
Einde ou jaar,
begin nuwe jaar,
altyd geleentheid nadink oor tyd – 
verlede,
veral toekoms.
Hierdie gedeelte help ons
diep na te dink
oor toekoms.
Help ons
vertroue vir toekoms
in God te plaas,
vandag,
in hede,
leef vanuit God beloofde toekoms.
Maar sien tog ook iets anders van hierdie toekoms:
mense kan
God se beloofde toekoms
misloop
deur ongehoorsaamheid.
Is nie noodwendig straf – 
daarvoor Jesus aan kruis gesterf,
juis sodat NIE gestraf.
Voetnoot:
raak so kwaad
mense sê hierdie of hierdie ramp straf van God.
Nonsens.
Jesus kruis gesterf,
straf gedra,
juis sodat ons nie weer gestraf.
Maar kan God beloofde toekoms mis,
nie straf,
maar gewoon gevolg!
Consequences.  
Goeie vb ekologie:
ons nie God opdrag omsien planeet ernstig opneem,
krag mors
water mors,
onbeheersd verbruik:
vernietig aarde – 
vloede,
orkane,
hittegolwe.
Week weer so aaklige beeld gesien 
van wat toekoms kán wees – 
nuusberig nog twee sterftes bendegeweld PE.
Mense kommentaar:
sogenaamd beskaafde mense
reageer bloeddorstig:
These peole are uneducated worthless and a loss to life.they deserve what they get.
Vat almal op oop veld en skied dood…
Kan ons reaksie op verskeie ander nuusgebeure noem.
Solank as wat ons liefdeloos
haat
nyd
disrespek
ander – 
dan is dit toekoms waarop ons afstuur.
As ek ander menswaardigheid afkraak,
sê mense diere,
verdien dood te gaan – 
dan ongehoorsaam aan God.
En dan kan mos sien watter toekoms op afstuur!
Maar kan gehoorsaam wees God,
mekaar liefhê,
VYANDE liefhê,
armes versorg,
ander wang draai,
ekstra myl loop
ens.
Dan gaan ons daardie ekstra myl
in God se beloofde toekoms inloop.
So ons moet toekomsgerig dink,
veral oor gehoorsaamheid.
In nuwe jaar,
wanneer op bepaalde manier wil optree,
sekere goed wil sê,
dink:
wat is die gevolge van ons dade?
Wat gaan gebeur as ons aangaan soos wat ons nou aangaan?
As EK – jy! – aangaan optree soos wat ons optree.
Omdat God ons liefhet,
nooi hy ons in ‘n pragtige nuwe toekoms in.
Uitdaging 2013
God se hand te vat
saam hom in daardie toekoms in te stap.
2.  Nooit in die verlede vasgekeer 
Die evangelie,
die goeie nuus van God,
is dat hy enige iets
so nuut kan maak,
dat dit is asof daar nooit iets verkeerd was nie.
En die rede daarvoor,
is sy liefde vir mense.
Wat ook al gebeur het,
God se liefde
en trou
en beloftes
toorn bo elke situasie uit,
moedeloosheid
verlies
straf
vasgelooptheid:
geen situasie 
kan ooit so dood wees
dat God nie vernuwing kan bring nie – 
selfs nie eers die dood nie.
Israel se ongehoorsaamheid
het hulle natuurlik steeds
in ballingskap laat eindig.
Want God se liefde
beteken nie noodwendig
dat ons van die gevolge van ons keuses gespaar word nie.
Dink maar klem Bybel op wysheid,
baie gepraat vanjaar.
Maar tog
is ons dwaasheid
sonde
opstand
ongehoorsaamheid
nie die laaste woord
in ons lewens nie.
God se liefde
is laaste woord.
Daarom het ons belofte van meer,
kan ons meer genade
seën
liefde
en trou beleef – 
want God belowe dit.  
3.  Versterk deur die toekoms
In teks word volk bemoedig
en versterk
deur vanuit toekoms wat God beloof
oor hede te dink.
Is ook sentrale perspektief in NT.
Dink bv Hebreërs,
voortdurend bemoedig word
vas staan in geloof
op grond van beloftes toekoms.
Dit ons onthou vir 2013:
Jesus nie net gekruisigde
verlede tyd
Heers op oomblik aan regterhand van God
teenswoordige tyd
Maar is ook Here wat aan einde weer gaan kom
om ons finaal vry te maak.
Wat ons moet doen
inoefen toekomsgerig te dink,
te glo
en te hoop.
Want dit sal ons help
om vandag
reg te kies
en reg te leef.

Gebed

Dink terug 2012:
Al die kere nie die Here ons God liefgehad
met hele hart,
hele siel,
hele verstand.
Al die kere liefdeloos teenoor ons naaste was.
Stil gebed – bely
Dink na oor jaar wat voorlê,
alles waarvoor bang,
waaroor bekommerd
waarna opsien:
stilte – noem vir Here
Wat ook al in 2012 gebeur het,
wat ook al in 2013 gaan gebeur,
God se liefde
troon oor elke situasie
van hartseer
en bekommernis
en moedeloosheid.
Geen situasie kan so erg wees
dat God nie vernuwing kan bring nie.
Daarom sê Fil 3:13b-15a:
ek maak my los v
an wat agter my is
en strek my uit 
na wat voor is.
Ek span my in 
om by die wenstreep te kom,
sodat ek die hemelse prys kan behaal
waartoe God my geroep het
in Christus Jesus.

Psalm 148 30 Desember 2012

Skriflesing 

Psalm 148

Preek

Lees storie van mense in Nisswa, 
in Minnesota in VSA.
Oor algemeen baie besadig – 
bedaard,
skugter self
en gereserveerd.
Maar elke jaar,
gedurende die somer,
klim hulle elke Woensdag-middag uit hulle kassies uit.
Dan kom hulle op ‘n spesiale parkeerterrein bymekaar vir ‘n skilpadresies.
Het bedryf geword – 
stalletjies skilpaaie uithuur,
skilpadprodukte te koop.
Mense kom van vroeg bymekaar,
Pak stoele en komberse uit.
Onlangs 435 skilpaaie in 15 uitdunrondtes gekompeteer.
Skare gaan mal terwyl die skilpadjies hul twee meter “hardloop”.  
Mense spring op en af,
beduie woes,
gooi skilpaaie met water nat,
moedig hulle in rigting van wenstreep aan.
Wenskilpad se hanteerder
kry R50 en ‘n spesiale skilpadhangertjie.
Dan gaan mense weer huis toe,
vir res van week weer stil,
besadig…
tot volgende Woensdag.
My laat dink aan fenomeen ons waargeneem in Swede.
Swede vreeslik besadig – 
dink woord spesiaal vir hulle uitgedink.
Stil,
ingetoë,
presies – 
nooit enige iets “te”.
Het selfs woord vir hoe hulle is:
Largum – 
“net reg”. 
Nie te hard,
nie te opgewonde,
nie te opruiend…
Behalwe,
dan’s daar hierdie spesiale feesdae.
En ewe skielik spring hierdie klomp Swede uit hul boksies.
Mees ingetoë Sweed 
staan op stoel en sing 
(terwyl ek en Henry ons oopmond sit en vergaap!).
Voete in beweging
Psalm 148 is so Psalm – 
baie soos Psalm Kersdag gelees.
Entoesiasties.
Kan skaars voete stilhou wanneer lees – 
kry lus op spring begin dans!
Ps 148 deel van laaste vyf Ps Psalmboek – 
sg “Prys die Here” of “Halleluja” Psalms.
Slot v Psalmboek:
al die intense gebede
en diep menslike ervarings
wat Ps verwoord,
bereik in laaste 5 Ps hoogtepunt.
Gaan oor uitbundige
ongeëwenaarde lof,
wat as’t ware alle inhibisies oorboord goo
en God van harte prys!
Twv die van julle lief letterkunde,
belangstel tegniese aspekte teks:
Ps 148 stilisties ryk aan ritme
herhaling
poëtiese merkers.
Deurtrek van opdrag Prys!
Begin en eindig met selfde woorde:
hallelu  (Hebreeus vir prys) Yah (verkorte vorm God Naam).
bo en behalwe begin en eindie,
kom ww Hallal (prys) 8 keer as opdrag.
Hodragte Halleluhu (prys hom) so op mekaar gestapel vv 1-4,
ampel klink of iemand Jodel as Hebr lees!
Dan Ps in twee hoofafdelings verdeel:
vv 1-6: prys die Here vanuit hemele
vv 7-14:  prys die Here van die aarde af
Dan v 14: Hy het aan sy volk mag gegee,
letterlik:  Die Here het ‘n horing vir sy volk opgelig,
‘n pryslied vir sy getroue volgelinge,
die Israelite, 
die volk wat naby aan hom is.
Halleluja!
OT horing simbool van krag – 
daarom vertaling:  God volk mag gegee.
Vreemd op die ore?
Maar dan moet ons weer, soos Kersdag,
praat oor ons ongemak met hierdie tipe lofprysing.
Daar het in die Westerse wêreld
min aanvoeling oorgebly
vir hierdie tipe onbegrensde
en spontane lof.
Max Weber sê 
Westerlinge leef in ‘n “disenchanted world”- 
ontnugterde wêreld.
Wêreld het betowering verloor.
Eerder as om met verwondering,
verrassing te benader,
ons skepties,
sinies.
Eerder krities ingestel,
as oop vir verwondering en lof.
Ons word van vroeg al geleer
dat mens net betroubare kennis opdoen
deur krities te bevraagteken.
Ons betwyfel alles,
toets alles
om seker te maak
het met waarheid te doen.
Glo alles kan verklaar word.
Niks is “magic” nie – 
as jy diep genoeg met jou intellek grawe,
sal jy wel agterkom
alles sit op ‘n spesifieke,
natuurlike,
perfek verklaarbare
manier inmekaar.
Coenie Burger sê
lof aan God skaars verskyning
in westerse kerke geword.
Selfs wanneer daar lofprysing is,
gaan dit dikwels oor ons:
ons lekker ervaring wil hê
met musiek waarvan hou,
lekker saam kan sing – 
persoonlike belewenis,
eerder as verwondering oor ewige God.
Maar as vir óns moeilik God met verwondering te loof,
nie noodwendig vir Israeliete makliker gewees
toe hierdie Psalm aanvanklik gesing!
Nogtans loof
Psalm het ontstaan in
of net na
ballingskap.
Het alles verloor.
Maar deur hierdie swaarkry
geleer wat beteken
God te vertrou
hom te loof as Skepper
en Koning,
ongeag lyding wat deurgemaak het,
ongeag verliese
onsekerhede in gesig staar.
Lyk my ons dikwels dink lof aan God afhanklik ons omstandighede.
Asof ons kontrak met God gesluit:
ons sal hom dien,
maar dan moet hy sorg dinge voorspoedig met ons gaan.
Solank God by sy deel van kontrak hou,
sal loof.
Therapeutic moralistic deism,
is wat geleerdes dit noem:
ek sal probeer reg leef,
God sal vir my sorg.
Maar wanneer dinge uit mekaar val,
begin onmiddellik vrae vra:
het ek op manier kontrak gebreek?
Op manier van my kant af iets verkeerd gedoen,
God nou ophou vir my te sorg?
Hoekom hou God nie by sy deel van die bargain nie?
Maar dit het niks met lofprysing,
of met ons diens aan God – 
te doen nie.
Loof God nie omdat met ons goed gaan – 
loof God want hy is God.  
Wanneer Israelite hierdie Ps gesing,
gesing as deurleefde mense,
mense geweet
ware lof nie altyd maklik kom nie.
Maar dat mens God nogtans loof – 
soos Habakuk so mooi beskryf!
Loof God
ten spyte van situasie waarbinne self bevind,
loof God wanneer goed gaan,
loof God met net soveel oorgawe
wanneer die dag nie goed gaan nie,
selfs in tye van erge swaarkry en lyding.
Onthou,
hierdie Psalm deel van einde van Psalmboek.
Hele boek vol gebede,
gebore uit lyding en
swaarkry
en teenstand
en vrae,
nood en dood,
trane van verlies
én trane van vreugde.
Na al hierdie gebeure,
na hierdie hele lewe,
word die volk opgeroep om God sonder enige inhibisies te loof.  
Want weet jy wat?
Dit is juis wanneer jy eers deur die ander 145 Ps geleef het,
wanneer jy die lyding
en vrese
en vrae
 en worstelinge
en vreugdes
beleef
en gebid het,
wat jy God uiteindelik met oorgawe kan Prys.
Kom ons sê dit helder vir mekaar,
hier aan die einde van 2012:
Ons leef in ‘n tyd waar baie mense,
selfs gelowiges,
moedeloos is
of hoop verloor het.
Wêreldwye fenomeen,
ons hier in SA dikwels dink uniek aan ons:
reënboognasie is nie wat ons gehoop het gaan wees.
ons voel 
korrupsie,
leë beloftes
politieke geheimhouding
misdaad
orde van dag.
Baie mense in ons land
voel kan goed met Israeliete se ervaring van ballingskap identifiseer.
Sit met wesenlike verlies.
Maar NOGTANS,
of dalk juis omdat ons so voel,
is dit nou tyd om die Here te loof.
Om opnuut op hom te fokus,
om ons fokus volledig op hom in te stel,
weg te kyk van onsself
en ons omstandighede
en God te loof:
omdat hy God is
omdat sy naam Skepper is
omdat hy die Koning is.
En ook,
les bes,
omdat hy binne situasies van ballingskap
as Skepper
en koning
optree
en herskep
nuut maak
oor begin,
en regeer.
Maar dan net nog een sakie ek dink ons nie moet mis kyk:
v 14: God het aan sy volk mag gegee.
Horing – simbool van krag.
Ons,
mense wat God loof,
is ook mense wat deur god bemagtig is
om ‘n verskil te maak.
Ons is nie magteloos nie.
Ons is dienaars van God,
wat sy koninkryk laat kom
en ons insluit by sy werk,
ons gebruik
om sy koninkryk te vestig.
Lof maak ons vry
van slagoffermentaliteit
magteloosheid,
betrek ons by God se werk
Daarom gee lof ons nuwe energie
om God se eintlike bedoeling met die wêreld te snap
en ons lewens daarvoor te gee.
Vandag Sondag na Kersfees.
Ons het pas die grootste daad van God se herskepping
en nuwe heerskappy 
gevier:
God het mens geword
en ‘n nuwe begin kom maak met sy skepping.
In Jesus het God se koninkryk sigbaar geword op aarde.
Daarom word ons uitgenooi
om vandag
en in die jaar wat voorlê
om ‘n lewe van dankbare,
verwonderde lof
te begin leef.
Koos van der Merwe van Prophet
skryf nav hierdie Psalm:
asems
al die asems
al die wasem
loof Hom…
likkewane
bobbejane
olifante
al die leeus
al die spreeus
en fisante
kom nou kraaie
papegaaie
en volstruise
al die vlooie in die kooie
al die luise
pelikane
en sprinkane
en marmotte
al die tiere 
en die miere
kokkerotte
die miljoene skerpioene
en die swane
al die ape
al die skape
en die hane
o die vele vaal kamele
en die reiers
al die uile
al die muile
en miskruiers
elke bees
en elke kees
en al die vinkies
al die bokkies
en toktokkies
en tinktinkies
dan die wille krokkedille
en die muise
en die katte op die matte in die huise
al die kewers
al die bewers
swartwitpense
en heel laaste
maar die meeste
al die mense
Loof hom!
Gebed
Gebed ahv Ps 148
Here in die hoë hemel:
ons prys U
 saam met die engele
 en die hemelwesens.
Saam met die son, 
die maan 
en al die sterre
waaraan U ‘n vaste baan en plek gegee het
wil ons U Naam prys!
In die geknal van die weerlig
 en die knetter van die hael;
in die suis van die sneeu 
en die newel van ‘n miswolk
word U van die aarde af geprys.
Alles wat leef,
 kruip 
of vlieg;
wilde diere 
en mak vee; 
konings, 
vorste 
en regeerders
wil U, die Here, prys.
U Naam is hoog verhewe;
U majesteit strek oor die hele hemel en aarde;
ons roem U Naam
omdat U naby is.
Ons prys U, Here!
Amen

Kersdag 2012 Ps 96

 

Preek

Joy to the world

Lied nou net gesing,

vertaling lied geskryf 1719

Isaac Watts:

Joy to the World!

Gebaseer Ps 98,

elemente Ps 96:

Joy to the World,

the Lord is come!

Let earth receive her King;

Let every heart prepare Him room,

and Heaven and nature sing

and Heaven, and Heaven, and nature sing.

…

While fields and floods,

rocks,

hills

and plains,

repeat the sounding joy, repeat, the sounding joy.

Vreugde

Kersdag is ‘n dag van vreugde.

Heaven and nature sing!

Vanoggend Psalm ideaal dag soos hierdie.

Roep alle mense op aarde,

alle volke,

hele skepping,

op om te sing,

te verkondig,

te vertel,

te aanbid.

sing sins sing,

sê eerste 2 verse

prys, prys, prys,

vv 1, 7 & 8

Asof volume stadig maar seker oopgedraai word,

harder en harder…

mense

volke

hemele

aarde

see

veld

bome…

Alles sing!

Calvyn gesê:

Hele skepping

is die teater van God se glorie.

Teoloog Overduin gesê

erediens, preek soms beroerd, hopelose ervaring,

maar as ons ‘n psalm gesing het

was dit die moeite werd!

(tieners ons leer)

Maar hoekom sal ons God loof?

Spesifiek vandag?

Ps vv 10, 13:

10Verkondig onder die nasies:

“Die Here regeer;

die wêreld staan vas,

dit wankel nie;

die Here sal die volke

regverdig oordeel.”

…

want Hy kom,

Hy kom

om oor die aarde te heers.

Hy sal oor die wêreld heers

met regverdigheid,

oor die volke met billikheid.

Kan in gedagtes kroning van nuwe koning sien:

nuwe musiek word geskryf.

nuwe koning gaan ingryp,

onreg regstel.

Is presies wat hierdie Psalm beskryf.

Is presies wat Kersfees vier.

In Jesus het hierdie Psalm waar geword:

God het nie sy skepping vergeet nie!

Nuwe koning gekom,

regeer,

onreg reggestel.

Hoop

Maar moet ook eerlik wees,

tussen galmende lofsang Psalm,

is dat soms vir ons moeilik met oortuiging te sing.

Voel soms vir ons

asof God heerskappy nie so sigbaar is nie.

Daar is ander gode

wat ons gedagtes

en lewens

in beslag neem,

ander magte

aanspraak maak daarop

hulle in beheer is:

pyn

lyding

siekte

sonde

doo…

Vir baie mense

moeilik bly te wees

God te prys.

Israel hierdie Psalm met hoop gesing.

Teruggedink aan God se dade in verlede,

maar die vyande het nie verdwyn nie!

Volke rondom hulle steeds ander gode aanbid.

Hoe kan mens dan hoop hê in so ‘n wêreld?

Ou sg “negro spiritual” Paasfees :

Where you there?

Was daar toe Jesus gekruisig, gesterf, begrawe is?

Kan selfde Kersfees sing:

was ons daar

toe die Koning mens geword het?

Netnou gesing:

nee, was nie daar nie.

Maar tog…

ja,

was daar.

Wanneer gelowiges op Kersdag saamkom,

saam juig en sing,

word ons deel van daardie gebeure

duisende jare gelede in ‘n stal in Betlehem.

Hier word ons deel van die verhaal,

word ons verhaal in God se verhaal ingebed

en word ons hoop versterk.

My gunsteling teoloog,

Brueggemann,

wanneer saam Psalm sing

nie net hoop –

it is making the future

momentarily

present

through word,

gesture,

practice.

this Psalm celebrates

in the face of the old order

still present to us.

But that old order

is an order

which in fact

has no serious claim to make.

Ons loflied is

the beginning of

the dismantling

of that order.

Vandag herinner ons mekaar

dat Jesus koning is,

dat hy ons nie vergeet het nie,

dat hy ons kom red het.

Vandag herinner ons mekaar

dat alles reg is

al lyk alles verkeerd.

Dis asof die engel

die boodskap nog bring:

Joy to the World,

the Lord is come!

Let earth receive her King;

Let every heart prepare Him room,

and Heaven and nature sing

and Heaven, and Heaven, and nature sing.

Lukas 1 Magnificat 23 Desember 2012

Kindertyd  
Die Vierde Koning (Deel III)
Skriflesing 
Lukas 1:39-56
Preek
Al Lindgren
is ‘n professor by die Garret Evangeliese Teologiese Sentrum.
Hy vertel hoe hy en sy laerskool seun gaan visvang het.
Soos wat blykbaar maar soms met visvang gaan,
wou vis nie daardie dag byt.
En soos blykbaar maar met visvang gaan,
beteken pa en seun kon lekker gesels.
So, sommer so onverwags,
Lindgren se laerskoolseun gevra:
“Pa, wat dink jy is die moeilikste ding wat God ooit probeer doen het?”
Pa effens onkant gevang,
nie geweet wat te antwoord.
Vra toe maar vir seun:
Wat dink jy is die moeilikste ding wat God ooit probeer doen het?
Seun antwoord met tipiese wysheid van laerskoolkind:
In wetenskapklas
gedink moeilikste ding God ooit moes doen
om hele wêreld te skep.
In Sondagskool gesels ons toe oor wonderwerke.
En toe dink ek die moeilikste ding ooit
was om Jesus uit die dood te laat opstaan.
Toe dink ek verder,
en kom agter
min van ons ken God regtig baie goed.
Nou dink ek
die moeilikste ding wat God het om te doen
is om ons te laat verstaan
wie hy is
en hoe lief hy ons het.
Nie ‘n sprokie nie
Vandag is die Sondag van liefde – 
laaste Sondag in ons dae aftel na Kersfees.
Gevaar,
soos paar weke gelede ook gesê,
dat hierdie boodskap vir ons so gewoon,
so afgesaag raak,
so vaag tussen verpakking van 
geskenke
en liggies 
en kuier,
dat ons nie meer hoor hoe radikaal dit is.
Want moet geen fout maak nie:
God se liefde
soos wat ons dit uitgebeeld sien in die kers-gebeure,
is radikaal.
Twee swanger vroue,
een skandelik oud
en die ander ‘n ongehude tienermeisie,
waarskynlik tussen 13 en 16 jaar oud,
se lewens word radikaal omgekeer.
En hulle sing van ‘n messias wat die wêreld omkeer.
Niks sou ooit weer dieselfde wees nie – 
nie vir hulle nie,
en ook nie vir die res van die wêreld nie.
Dis nie ‘n nostalgiese sprokie nie.
Dis ‘n revolusie.  
En die revolusie strek van die blink beligte strate van New York
tot die stofstrate van Afrika.  
Die skrywer Dorothy Sayers het gesê:
Julle christene het die beste nuus op aarde – 
die menswording van God!
en julle hanteer dit 
asof dit onbelangrike nuus is,
gepas vir bladsy 14 van die koerant.  
Miskien ons uitdaging dan
hierdie Kerstyd
om te probeer
om die revolusionêre betekenis van Jesus se geboorte
nuut te hoor,
om onsself oop te stel daarvoor
dat hierdie boodskap
ook ons lewens
radikaal kan omkeer.
Maria se lied
Wanneer Maria by Elisabet kom,
sing sy ‘n lied.
Lied staan bekend as die  Magnificat.
Deurspek van aanhalings uit OT.
In lied hoor presies hoe radikaal,
hoe revolusionêr,
geboorte van messias is.
So revolusionêr is hierdie lied,
dat William Temple,
aartsbiskop van Canterbury (1942-44)
sendelinge in Indië gewaarsku het
nooit Magnificat in openbaar te lees.
Christene was reeds onder verdenking in Indië.
Daarom gewaarsku nie iets te lees
wat so opruiend kan wees nie.
In eerste deel van haar lied,
besing Maria lof van God
oor wat hy vir haar persoonlik gedoen het – 
het haar in haar geringheid raakgesien,
haar eer gegee.
Sien daarin natuurlik ook hoe eer by God lyk – 
(reeds al revolusionêr) 
jong, ongetroude vrou swanger,
seun sterf – 
maar juis daarin
en in kans God te dien,
deel te wees van sy koninkryk,
ontvang sy eer.
Tweede deel van lied
sing Maria oor die revolusie 
wat deur Jesus sou kom:
magshebbers word van hul trone afgeruk,
armes word verhoog.
rykes word gestroop
armes word versorg.
God se seun keer die hele sosiale orde om.
Dis ‘n gevaarlike lied vir ‘n tienermeise om te sing!
Kan verstaan hoekom biskop nie wou hê in Indië lees.
Vandag nog gevaarlike lied te sing!
Want let op:
Maria sing nie 
omdat Jesus mense se siele hemel toe gaan stuur nie!
Sy sing
omdat hy die KONKRETE 
aardse wêreld
gaan omkeer
en weer in lyn met God se geregtigheid gaan bring.
Nie net eendag in hemel
maar ook hier
nou.
Wat sê dit vir ons,
vandag nadink oor Kers-gebeure?
Hoe leef ons met hierdie lied,
hierdie hele verhaal,
saam,
sonder dat bloot ‘n sprokie op Kerskaartjie word?
Eerstens kies God ‘n Nasaret Nobody
Die Boodskap vertaal die teks:
 “46Ek maak die Naam van die Here groot. 
47Ek juig oor God. Hy is my Redder. 
48Ek is glad nie belangrik nie,
 ek is maar een van God se diensmeisies; 
tog het Hy my raakgesien. 
Van nou af s
al my naam op almal se lippe wees. 
Alle geslagte sal sê 
dat ek die gelukkigste vrou op die aarde is.” 
God kies ‘n arm tienermeisie uit Galilea.
Gebruik haar om seun wêreld te stuur,
ook invloed deur geskiedenis.
Vandag nog Maria se lied
dryfkrag agter optrede van baie mense
wat stry vir geregtigheid.
Nie sleg vir ‘n nobody,
‘n tienermeisie uit die middel van nêrens!
God gebruik die klein,
onbelangrike 
om grotes te lei.
God gebruik die swakke
om die sterkes te leer
en die gewone
om die buitengewone te dra.
Eugene Peterson vertel
as kind altyd laaste gekies te word
as kinders in buurt gespeel,
spanne gekies.
Een dag twee kapteins stry gekry
oor wie hom gaan kies – 
niemand wou hom hê nie!
In een oomblik,
sê Peterson,
het van zero na minus gegaan!
Vandag,
Eugene Peterson vertaler van Message,
inspirerende skrywer van etlike boeke.
Want by God is niemand ooit ‘n zero 
of ‘n minus nie.
God sluit almal in wat altyd uitgelaat voel,
gebruik hulle
sy koninkryk te laat kom
op aarde.
Soos wat hulle sê:
it is availability
not ability
that is key.
Elkeen van ons,
maak nie saak hoe klein
en onbelangrik
en onbevoeg
en uitgesluit ons voel
kan sê:
“Ek is tot beskikking van die Here”.
armes sit aan God se feestafel
Tweede sleutel ons leef met hierdie lied,
v53 (Boodskap):
Honger mense
het hy by ‘n feesmaal laat aansit
terwyl die rykes
met leë hande moes wegstap.
Hierdie boodskap altyd moeilik mense soos ons te hoor.
Versoeking gedurigdeur “armes” 
wat so sentraal staan Jesus boodskap
te vergeestelik.
Feite is
ons luister na Maria lied
as van rykste mense in wêreld
(al voel nie aldag so)!
Vergelyk maar net ons Kerstafel 
of kersboom
of Kersvakansie
met meeste mense in eie land s’n.
Nie toevallig dat ons hier is,
het wat ons het.
Ook nie danksy eie harde werk.
Ook gawes wat ons het,
geskenk van Here – 
seën wat van hom ontvang.
Saam daardie seën,
kom ekstra verantwoordelikheid.
Jesus bring hierdie lied van sy ma
op besondere manier tot vervulling 
wanneer  revolusionêre nuwe gastelys saamstel:
Luk 14:12-14:
“Hy het ook vir die gasheer gesê:
 ‘As jy in die middag 
of in die aand 
’n maaltyd gee, 
moet dan nie jou vriende
 of broers 
of familie 
of ryk bure 
uitnooi 
sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi 
en jou op dié manier vergoed nie.  
Nee, as jy ’n feesmaal gee, 
nooi dan armes,
 kreupeles, 
verlamdes en 
blindes.  
Jy kan jou gelukkig ag 
dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, 
want God sal jou vergoed 
by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”
Lidmaat Walmer Methodist vertel hul kerstema vanjaar:
Christmas is not your birthday.
Ons,
wat vanoggend hier sit,
is geringes,
gewone
sukkelende mense – 
deur God gekies,
spesiaal geseën
met gawes
en vermoëns.
Daarom word ons ook geroep
uit te reik,
om te gee.
Dié wat uitgelewer,
kwesbaar is
te versorg.
Veral hierdie tyd van jaar,
nie net bewus wees van wat kry,
of wat vir geliefdes gee,
maar ook van wat weggee,
uitdeel.
So,
terwyl kers-ete beplan,
geskenke toedraai,
ook weggee,
die nié voorregte het ons ontvang het.
Vandag Sondag van liefde.
Vier vandag daardie liefde ontvang,
dat daardie liefde van ons íémand maak.
Word ook opgeroep
daardie liefde konkreet te deel.
Dalk ís moeilikste ding God doen,
ons te laat verstaan hoe lief hy ons het.
Mag jy dan,
hierdie Kerstyd,
besef hoe lief God jou het,
hoe kosbaar jy is.
En dan juis daarom,
omdat jy ‘n greintjie van ‘n besef van God se liefde het,
ook geïnspireer wees
om daardie liefde te deel.