Skip to main content

Psalm 148 30 Desember 2012

Skriflesing 

Psalm 148

Preek

Lees storie van mense in Nisswa, 
in Minnesota in VSA.
Oor algemeen baie besadig – 
bedaard,
skugter self
en gereserveerd.
Maar elke jaar,
gedurende die somer,
klim hulle elke Woensdag-middag uit hulle kassies uit.
Dan kom hulle op ‘n spesiale parkeerterrein bymekaar vir ‘n skilpadresies.
Het bedryf geword – 
stalletjies skilpaaie uithuur,
skilpadprodukte te koop.
Mense kom van vroeg bymekaar,
Pak stoele en komberse uit.
Onlangs 435 skilpaaie in 15 uitdunrondtes gekompeteer.
Skare gaan mal terwyl die skilpadjies hul twee meter “hardloop”.  
Mense spring op en af,
beduie woes,
gooi skilpaaie met water nat,
moedig hulle in rigting van wenstreep aan.
Wenskilpad se hanteerder
kry R50 en ‘n spesiale skilpadhangertjie.
Dan gaan mense weer huis toe,
vir res van week weer stil,
besadig…
tot volgende Woensdag.
My laat dink aan fenomeen ons waargeneem in Swede.
Swede vreeslik besadig – 
dink woord spesiaal vir hulle uitgedink.
Stil,
ingetoë,
presies – 
nooit enige iets “te”.
Het selfs woord vir hoe hulle is:
Largum – 
“net reg”. 
Nie te hard,
nie te opgewonde,
nie te opruiend…
Behalwe,
dan’s daar hierdie spesiale feesdae.
En ewe skielik spring hierdie klomp Swede uit hul boksies.
Mees ingetoë Sweed 
staan op stoel en sing 
(terwyl ek en Henry ons oopmond sit en vergaap!).
Voete in beweging
Psalm 148 is so Psalm – 
baie soos Psalm Kersdag gelees.
Entoesiasties.
Kan skaars voete stilhou wanneer lees – 
kry lus op spring begin dans!
Ps 148 deel van laaste vyf Ps Psalmboek – 
sg “Prys die Here” of “Halleluja” Psalms.
Slot v Psalmboek:
al die intense gebede
en diep menslike ervarings
wat Ps verwoord,
bereik in laaste 5 Ps hoogtepunt.
Gaan oor uitbundige
ongeëwenaarde lof,
wat as’t ware alle inhibisies oorboord goo
en God van harte prys!
Twv die van julle lief letterkunde,
belangstel tegniese aspekte teks:
Ps 148 stilisties ryk aan ritme
herhaling
poëtiese merkers.
Deurtrek van opdrag Prys!
Begin en eindig met selfde woorde:
hallelu  (Hebreeus vir prys) Yah (verkorte vorm God Naam).
bo en behalwe begin en eindie,
kom ww Hallal (prys) 8 keer as opdrag.
Hodragte Halleluhu (prys hom) so op mekaar gestapel vv 1-4,
ampel klink of iemand Jodel as Hebr lees!
Dan Ps in twee hoofafdelings verdeel:
vv 1-6: prys die Here vanuit hemele
vv 7-14:  prys die Here van die aarde af
Dan v 14: Hy het aan sy volk mag gegee,
letterlik:  Die Here het ‘n horing vir sy volk opgelig,
‘n pryslied vir sy getroue volgelinge,
die Israelite, 
die volk wat naby aan hom is.
Halleluja!
OT horing simbool van krag – 
daarom vertaling:  God volk mag gegee.
Vreemd op die ore?
Maar dan moet ons weer, soos Kersdag,
praat oor ons ongemak met hierdie tipe lofprysing.
Daar het in die Westerse wêreld
min aanvoeling oorgebly
vir hierdie tipe onbegrensde
en spontane lof.
Max Weber sê 
Westerlinge leef in ‘n “disenchanted world”- 
ontnugterde wêreld.
Wêreld het betowering verloor.
Eerder as om met verwondering,
verrassing te benader,
ons skepties,
sinies.
Eerder krities ingestel,
as oop vir verwondering en lof.
Ons word van vroeg al geleer
dat mens net betroubare kennis opdoen
deur krities te bevraagteken.
Ons betwyfel alles,
toets alles
om seker te maak
het met waarheid te doen.
Glo alles kan verklaar word.
Niks is “magic” nie – 
as jy diep genoeg met jou intellek grawe,
sal jy wel agterkom
alles sit op ‘n spesifieke,
natuurlike,
perfek verklaarbare
manier inmekaar.
Coenie Burger sê
lof aan God skaars verskyning
in westerse kerke geword.
Selfs wanneer daar lofprysing is,
gaan dit dikwels oor ons:
ons lekker ervaring wil hê
met musiek waarvan hou,
lekker saam kan sing – 
persoonlike belewenis,
eerder as verwondering oor ewige God.
Maar as vir óns moeilik God met verwondering te loof,
nie noodwendig vir Israeliete makliker gewees
toe hierdie Psalm aanvanklik gesing!
Nogtans loof
Psalm het ontstaan in
of net na
ballingskap.
Het alles verloor.
Maar deur hierdie swaarkry
geleer wat beteken
God te vertrou
hom te loof as Skepper
en Koning,
ongeag lyding wat deurgemaak het,
ongeag verliese
onsekerhede in gesig staar.
Lyk my ons dikwels dink lof aan God afhanklik ons omstandighede.
Asof ons kontrak met God gesluit:
ons sal hom dien,
maar dan moet hy sorg dinge voorspoedig met ons gaan.
Solank God by sy deel van kontrak hou,
sal loof.
Therapeutic moralistic deism,
is wat geleerdes dit noem:
ek sal probeer reg leef,
God sal vir my sorg.
Maar wanneer dinge uit mekaar val,
begin onmiddellik vrae vra:
het ek op manier kontrak gebreek?
Op manier van my kant af iets verkeerd gedoen,
God nou ophou vir my te sorg?
Hoekom hou God nie by sy deel van die bargain nie?
Maar dit het niks met lofprysing,
of met ons diens aan God – 
te doen nie.
Loof God nie omdat met ons goed gaan – 
loof God want hy is God.  
Wanneer Israelite hierdie Ps gesing,
gesing as deurleefde mense,
mense geweet
ware lof nie altyd maklik kom nie.
Maar dat mens God nogtans loof – 
soos Habakuk so mooi beskryf!
Loof God
ten spyte van situasie waarbinne self bevind,
loof God wanneer goed gaan,
loof God met net soveel oorgawe
wanneer die dag nie goed gaan nie,
selfs in tye van erge swaarkry en lyding.
Onthou,
hierdie Psalm deel van einde van Psalmboek.
Hele boek vol gebede,
gebore uit lyding en
swaarkry
en teenstand
en vrae,
nood en dood,
trane van verlies
én trane van vreugde.
Na al hierdie gebeure,
na hierdie hele lewe,
word die volk opgeroep om God sonder enige inhibisies te loof.  
Want weet jy wat?
Dit is juis wanneer jy eers deur die ander 145 Ps geleef het,
wanneer jy die lyding
en vrese
en vrae
 en worstelinge
en vreugdes
beleef
en gebid het,
wat jy God uiteindelik met oorgawe kan Prys.
Kom ons sê dit helder vir mekaar,
hier aan die einde van 2012:
Ons leef in ‘n tyd waar baie mense,
selfs gelowiges,
moedeloos is
of hoop verloor het.
Wêreldwye fenomeen,
ons hier in SA dikwels dink uniek aan ons:
reënboognasie is nie wat ons gehoop het gaan wees.
ons voel 
korrupsie,
leë beloftes
politieke geheimhouding
misdaad
orde van dag.
Baie mense in ons land
voel kan goed met Israeliete se ervaring van ballingskap identifiseer.
Sit met wesenlike verlies.
Maar NOGTANS,
of dalk juis omdat ons so voel,
is dit nou tyd om die Here te loof.
Om opnuut op hom te fokus,
om ons fokus volledig op hom in te stel,
weg te kyk van onsself
en ons omstandighede
en God te loof:
omdat hy God is
omdat sy naam Skepper is
omdat hy die Koning is.
En ook,
les bes,
omdat hy binne situasies van ballingskap
as Skepper
en koning
optree
en herskep
nuut maak
oor begin,
en regeer.
Maar dan net nog een sakie ek dink ons nie moet mis kyk:
v 14: God het aan sy volk mag gegee.
Horing – simbool van krag.
Ons,
mense wat God loof,
is ook mense wat deur god bemagtig is
om ‘n verskil te maak.
Ons is nie magteloos nie.
Ons is dienaars van God,
wat sy koninkryk laat kom
en ons insluit by sy werk,
ons gebruik
om sy koninkryk te vestig.
Lof maak ons vry
van slagoffermentaliteit
magteloosheid,
betrek ons by God se werk
Daarom gee lof ons nuwe energie
om God se eintlike bedoeling met die wêreld te snap
en ons lewens daarvoor te gee.
Vandag Sondag na Kersfees.
Ons het pas die grootste daad van God se herskepping
en nuwe heerskappy 
gevier:
God het mens geword
en ‘n nuwe begin kom maak met sy skepping.
In Jesus het God se koninkryk sigbaar geword op aarde.
Daarom word ons uitgenooi
om vandag
en in die jaar wat voorlê
om ‘n lewe van dankbare,
verwonderde lof
te begin leef.
Koos van der Merwe van Prophet
skryf nav hierdie Psalm:
asems
al die asems
al die wasem
loof Hom…
likkewane
bobbejane
olifante
al die leeus
al die spreeus
en fisante
kom nou kraaie
papegaaie
en volstruise
al die vlooie in die kooie
al die luise
pelikane
en sprinkane
en marmotte
al die tiere 
en die miere
kokkerotte
die miljoene skerpioene
en die swane
al die ape
al die skape
en die hane
o die vele vaal kamele
en die reiers
al die uile
al die muile
en miskruiers
elke bees
en elke kees
en al die vinkies
al die bokkies
en toktokkies
en tinktinkies
dan die wille krokkedille
en die muise
en die katte op die matte in die huise
al die kewers
al die bewers
swartwitpense
en heel laaste
maar die meeste
al die mense
Loof hom!
Gebed
Gebed ahv Ps 148
Here in die hoë hemel:
ons prys U
 saam met die engele
 en die hemelwesens.
Saam met die son, 
die maan 
en al die sterre
waaraan U ‘n vaste baan en plek gegee het
wil ons U Naam prys!
In die geknal van die weerlig
 en die knetter van die hael;
in die suis van die sneeu 
en die newel van ‘n miswolk
word U van die aarde af geprys.
Alles wat leef,
 kruip 
of vlieg;
wilde diere 
en mak vee; 
konings, 
vorste 
en regeerders
wil U, die Here, prys.
U Naam is hoog verhewe;
U majesteit strek oor die hele hemel en aarde;
ons roem U Naam
omdat U naby is.
Ons prys U, Here!
Amen

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.