Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

Josua – Die Stryd Begin

Toetrede 
Vonkk 55 Jesus toe U mens geword het (sit)
Votum
Seëngroet
Lofsang
Psalm 105: 1, 8 & 11 (staan)
Nagmaal
Terugvoer Corneille
Gebed
Skriflesing
Josua 1:1-9
Preek
DAPPER HELDE
Grootgeword met stories van dapper helde – 
Dapperheid,
Waagmoed,
Deursettingsvermoë,
Nog altyd waardes ons mensdom bewonder.
Wolraad Woltemade
Verhale helde uit Boere Oorloë – Dirkie Uys by pa gebly
Makana in Oos-Kaap Britse weermag in Grahamstad aangeval
Emeritus Biskop Tutu persoon op punt ge-necklace te word,
Teen woede van skare gered.
Suid-Afrika baie verhale van helde,
Dapperheid.
Elkeen van ons hier sit,
Sulke mense bewonder vir dapperheid.
Dalk sit van jou dapper helde dalk selfs vandag hier tussen ons.
Maar wat van jou?
Is jy dapper?
Meeste van ons onmiddellike reaksie:
O nee, definitief nie ek nie!
Nie dapper nie!
(Veral ek!)
Maar tog:
Toe gaan teologie studeer in jare vroue nie beroep gekry.
Of dag met goue Opeltjie vol aardse besittings,
Op eie na Baai,
Niemand ken,
Geliefdes agterlaat.
Elkeen van ons was al dapper.
Toe besluit kind in wêreld te bring.
Besigheid begin.
Opstaan vir wat reg is.
En nou?
Vandag?
Waarvoor jy vandag nodig dapper te wees?
Nodig God woorde hoor:
“Wees sterk en vasberade”?
Wat reuse wat vandag jou broek laat bewe?
WAAGMOED BRING DEURBRAKE
Ek preek meeste vir myself 
Wanneer sê lyk in Bybel
Asof waagmoed deurbrake bring.
Here nooi ons om te waag
En deur te druk.
Josua nuwe leier word – 
Nou volk in belofte gaan in lei. 
Geslag tevore – 
40 jaar gelede – 
Volk by selfde grens gestaan.
Toe wou nie land binnegaan.
Was bang,
Oorweldig deur vrees.
Nou nuwe geleentheid – 
Wat waagmoed en dapperheid vra.
GEHOORSAAMHEID
Maar hierdie nie sommer lukrake,
Dwase waagmoed,
Sien wanneer kinders van dakke afspring om maatjies te beïndruk!
Hierdie waagmoed eintlik beter beskryf as gehoorsaamheid.
Waagmoed nie uit self kom,
Maar gevolg van ontmoeting met God.
Is reaksie op God
Teenwoordigheid
Beloftes
Roeping.
Is geloof.
So wanneer praat oor waagmoed
Onder omstandighede
Wat elkeen van ons nou in eie lewens in gesig staar,
Praat oor gehoorsaamheid – 
Nie sommer net doen wat reg lyk
Of wat graag self wil – 
Maar doen wat God vra.  
So wanneer broek bewe
Voor aangesig van reus of berg of rivier voor jou,
Dan eerste vraag:
Wat wil God hê jy in hierdie omstandighede doen?
DIE REGTE PADKAART
In teks gelees
Gee God self vir Josua padkaart,
Volg in hierdie uitdagende omstandighede:
Oordink wet dag en nag.
Gehoorsaamheid.
Ook:
Gebondenheid aan Woord.
Ons hele Bybel deur God gegee.
Is nie net padkaart,
Wys waar om te gaan,
Lei in onseker omstandighede,
Help weet wat God wil is in spesifieke omstandighede.
Woord kan ons ook moed géé – 
Nie net sê WAT te doen,
Ook moed OM dit te doen.
Daarom belangrik
Lééf met Woord,
Elke dag,
Self verdiep in Bybel.
Later,
By eerste hindernis,
Jordaanrivier – 
Volg Ark.
Volg net die Ark.
Volg net die Here se leiding.
HOU VAS AAN GOD SE BELOFTE
Tweede ding moontlik maak dapper te wees,
Is vertroue op God se belofte.
Volk nie besig eie toekoms te skep.
God besig om sy belofte – 
Wat reeds aan Abraham gemaak – 
Te vervul.  
Deur Josua:
Telkens rituele reiniging.
Later besnydenis.
Dapperheid vra oorgawe aan God.
Lewe – wat ook al gebeur – 
In sy hand oorgegee.
Ons natuurlik,
Voor aangesig rivier moet oorsteek,
Spesifiek idee waar moet eindig.
Maar God vra van ons hom vertrou – 
Nie noodwendig hoe ons wil hê moet uitkom,
Wat ons wil hê moet gebeur – 
Maar sy plan vertrou,
Vertrou wat ook al gebeur,
Sy beloftes waar sal word.
GOD SE TYD
Dalk goed ons vir mekaar hier iets sê oor God se tyd.
Want dikwels dit die ding dapperheid moeilikste maak!
Soms voel ons God vat so lank,
Ons so angstig,
Dat eerder as waagmoedigheid 
Eintlik roekeloos waaghalsig,
Inspring voordag tyd reg is.
Of wag
Terwyl al moes spring!
Dink bv. waar volk Jordaanrivier oorsteek – 
Rivier was vol.
Kon mos maar bietjie wag,
Laat water bietjie sak – 
Laat gemoedere eers gaan lê
Dat almal net eers rustig word
Dat ek net eers genoeg geld spaar.
Maar Here kies tyd waarop ons gehoorsaam moet wees.
Wat Josua ons leer:
Wees rustig oor God se tydsberekening.
Maar dan natuurlik nog een laaste sake dapperheid:
Wees gehoorsaam
Luister na stem van God
Hou vas God belofte
Vertrou Here se tyd…
DOEN WAT GOD VRA
Maar as Here jou vra om jou voete nat te maak,
Dan moet jy tree vorentoe gee.
Help nie ons dink net dapper nie.
Moet ook dapper doen.
Weer Jordaanrivier episode.
God gaan ons deur rivier neem – 
Slaan kamp op langs rivier,
Wag dat gebeur.
Nee.
Moet voete in water druk.
Al manier hoe aan ander kant gaan kom,
Is as hierdie kant los.
Weet nie wat rivier is voor elkeen van julle lê.
Weet wel dat ons almal maar tyd tot tyd omstandighede beleef
Van ons dapperheid vra
Voel nie het.
Mag jy juis dan
God vertrou
Gehoorsaam aan hom
stad inneem hy jou belowe het.
Gebed 
Dankoffers
Slotlied
Lied 476 ’n Vaste burg is onse God v1 &3 (staan)
Seën
Respons
Lied 539: 4

4-10 Maart: ‘n Paar goeie manne en vroue

RUS 
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 8 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Simson (Rigters 16) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•Simson was nie altyd gehoorsaam aan die Here nie.  Dit het hom in baie slegte omstandighede laat beland.  (Gesels gou weer:  wanneer was Simson ongehoorsaam?  In watter slegte omstandighede het dit hom laat beland?)  Tog het God hom steeds gebruik en steeds sy gebede beantwoord.  Wat leer dit vir ons oor dié kere wat ons ook ongehoorsaam is?
•Ons lees in die boek Rigters hoe God gewone mense gebruik om buitengewone goed te doen.  Gesels met mekaar oor hoe julle dink God elkeen van julle wil gebruik.
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?  Wat gaan julle hierdie maand vir julle “30 minute om te seën” doen?
•Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Hoe om jou kind te seën

Inleiding

Ons gee om vir julle en jul kind(ers).  Saam met julle wil ons graag hê dat jul kind(ers) die Here sal dien.  Derhalwe wil ons julle bystaan in jul taak om jul kinders van ons geloof te leer.  Een so ‘n manier waarop ons ons kinders van geloof leer, is deur die seën van die Here oor hulle te bid.

Seënbedes

Dink aan verskillende maniere waarop jy mense kan seën (bv. deur dinge wat jy sê wanneer mense nies, dinge wat jy sê wanneer iemand seer het of in nood is).  Hoe sal die teenoorgestelde lyk?  (Afdruk, vloek, negatiewe kommentaar)  Ons vermoed dat mense baie meer van die negatiewe as van die seën hoor in hul huise!

Hoekom God se seën oor my kind bid?

Kyk gou na Numeri 6:22-27:

22Die Here het vir Moses gesê: 23“Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: 24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! 27“So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”

Die sleutel tot seën is die Here.  Dit gaan oor hom en sy mag en gesag.

So hoekom bid ons die seënbedes oor ons kinders?

Rede 1:  “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep”.

Wie se naam wil jy oor jou kind hê?  Nike?  Reebok?  Springbok?  Wil jy hê dat jou kind bekend sal wees as God se kind?  Ander name is net vir ‘n tyd lank geldig;  God se naam is ewig.

Rede 2:  “en Ek sal hulle seën.”

Dink ‘n bietjie:  Hoe lyk God se seën?

Jy kan ook na die volgende teksgedeeltes kyk:

  • Deuteronomium 28:1-14
  • Gen 12:2-3
  • Matt 19:13-16

Hoewel daar ‘n maniere is waarop God ons seën, sal ons graag twee wil uitlig:

  • God seën om ons tot ‘n seën te maak en
  • Om God te ken, is om geseënd te wees.

Hoe werk dit?

Gaan kyk na hierdie video, waarin Mark Holmen vertel van die gebruik

Dink nou eers na:

Hoe gereeld sal jy die seënbede oor jou kind bid?

  • Aan die begin van elke dag, aan die einde van die dag wanneer hulle gaan slaap, elke keer wat jy vir hulle totsiens sê, elke keer wat hulle die huis verlaat?  [Onthou, daar is nie ‘n regte of verkeerde tyd of manier nie – dit gaan oor wat vir julle gemaklik voel!]

Hoe gaan jy dit doen?

  • Ons dink dis belangrik dat jy jou kind(ers) aanraak wanneer jy hulle seën.  Party mense maak ‘n kruisie op hul voorkop.  Dalk kan jy jou hand op hul koppie(s) sit, of op ‘n armpie.  Laat jou lei deur elke kind se temperament.
  • Dis belangrik dat jy dit hardop doen, dat jou kind(ers) hóór hoe jy die seën oor hulle bid!

Kies een van die seënbedes

18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Efesiërs 3:18–19).

16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matteus 5:16).

13Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (2 Kor 13:13).

2Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here! (2 Petrus 1:2).

24Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Numeri 6:24–26).

16–17En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2 Tessalonisense 2:16-17).

Oefen dit gou!

Moenie bekommerd wees as dit vreemd voel of jy oor jou woorde struikel of die kind onder jou hande uit wriemel nie!  Die eerste keer is die moeilikste – julle sal gou in jul patroon gevestig raak.

Leef dit

Onderneem om die seënbede wat julle gekies het, so gereeld soos wat julle besluit het, vir julle kind te bid!  Druk een van die gebede met jul seëngebed op mooi in kleur.  Plak dit in die kind se kamer waar jy dit maklik kan sien.

Bronne

Jy het nie regtig nodig om meer te lees nie – dis belangrik dat jy dit doen!  As jy egter nog inligting soek, kan jy na die volgende bronne en hulpmiddels kyk:

Boeke:

I’d Choose You deur John Trent

Seën met Slaaptyd deur John Trent

Internet artikels:

25 Feb tot 3 Maart: Die Stryd Begin

RUS
•Vertel vir mekaar waar en hoe julle die afgelope week die Here beleef het.
•Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
 
HOOR 
Lees Hoofstuk 7 van Die Storie vir Klein Hartjies of Die Bybelstorie vir Kinders of die verhaal van Ragab en die inname van Jerigo (Josua 6) uit enige kinder-vriendelike Bybel.
Gesels elke keer oor die verhaal (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk):
•Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.  
•God het Ragab gebruik om sy mense te help.  Hoe kan jy ook ’n helper wees?
•God sê in Josua 1 vir Josua dat hy moet sterk wees (lees gou Josua 1:5-9).  Waarvoor het jy nodig om sterk te wees?
 
LEEF 
•Vertel vir mekaar hoe die Here julle die week geseën het.  Hoe kan God julle die komende week gebruik om ander te seën?
•Bid vir die goed waaroor julle gesels het – dat julle helpers sal wees en sterk sal wees.
•Sondag is Nagmaal!  Gesels oor die Nagmaal en wat dit beteken.  Ouers kyk hier vir idees hoe om jou kinders voor te berei vir die Nagmaal.