Posts Tagged ‘materiaal’

Kleingroep afsluiting

Aanbevelings vir voorganger:
  • Maak seker dat elke groeplid ‘n kopie van die teks het. Tref al die reëlings vooraf sodat die ontmoeting vlot kan verloop.
  • Die voorganger lees die kursief gedrukte gedeeltes.
  • Verdeel die teksgedeeltes tussen die groeplede en vra hulle om dit vooraf op te soek. Die teksgedeeltes kan verkort word, veral as daar jonger kinders in die groep is. Julle sou ook die gesprekke kon uitlaat en net die liturgie doen
  • Laat die persoon wat die teks gelees het, die kers aansteek, of vra vooraf van die kinders om dit te doen.
Continue Reading

Luister-Leef – Fil. 1:27:1-4

Ons begin volgende Sondag, 7 Sept., met ’n nuwe reeks. Vir dié reeks gaan die kleingroepmateriaal ná die Sondag se erediens wees. Hierdie week se materiaal is gevolglik ’n oorsig oor ons Luister Leef reeks.

RUS

Ons sê ons gemeente verwelkom almal, luister na God, is en maak dissipels, gee om, reik uit en waag in die geloof. Watter een van hierdie waardes is jou gunsteling en hoekom?

HOOR

Lees Filippense 1:27:1-4.

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.

2. Hoe lyk ’n lewenswandel wat in ooreenstemming met die evangelie van Christus is? Kan jy aan ’n praktiese situasie in jou lewe op die oomblik dink waar dit vir jou ’n uitdaging is?

3. Dink terug aan die kwartaal se reeks tot dusvêr (kyk onder “Rus” vir die temas). Watter tema het vir jou die meeste beteken? Hoekom? Watter tema was vir jou die moeilikste? Hoekom? In watter een moet jy nog die meeste groei?

LEEF

• Waartoe roep God jou nou? Hoe gaan jy daarop reageer?
• Oorweeg om nog een persoon of gesin te nooi om by julle aan te sluit. Wie gaan julle nooi? Wie gaan dit doen?
• Bid vir die “Beter Saam” reeks wat Sondag begin.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Anita

    |

    My 22 jarige dogter soek dringend ‘n netjiese, rustige en veilige tuinwoonstel/privaat en suite kamer binne kommune met veilige parkering vir lang termyn huur (begin 4 Jan ) in Somerstrand. Kontak asb Anita 0828524452

  • Avatar

    Laurelle Wright

    |

    Dringend opsoek na studente verblyf vir 2 vroulike studente vir 2019 in Summerstrand. 0798878210

  • Avatar

    Tilla

    |

    Baie dankie vir hirdie besielende preek Rethie. Net wat ek nodig gehad het en beteken vir my baie.
    Did een ding om te vra vir insig en gehooraamheid, maar op ‘n veel dieper vlak om te vra vir ‘n luisterende hart.
    Dit wys op ‘n gesindheid van die hart wat so luister dat dit in sinc is met God se hart.
    Dit wys op ‘n luister met liefde – vir God, en vir ander.
    Dis om nuut te luister en met gevoel te hoor! Dis waauit ware gehoorsaamheid gebore word!

  • Avatar

    Tilla

    |

    Baie dankie hiervoor! Dit het vir my baie beteken!

    Dis een ding om wysheid en insig te vra/he, maar veel dieper om ‘n luisterende hart te he. Dit wys heen op ‘n ware gesindheid van luister na Hom, in liefde vir Hom, en vir ander persone. Dit bring mens in voeling met God se hart, en laat mens nuut kyk na ander en hulle hart!

  • Avatar

    Tilla Olivier

    |

    God se grootheid en genade oorweldig ons!
    Dit geen nuwe perspektief te midde van moeilike uitdagings!