Skip to main content

Tag: selmateriaal

Luisterblad Rut 1 – 15 tot 21 Julie 2018

KLEINGROEPE SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Dalk het julle weens die vakansie lanklaas ontmoet.  Laat elkeen kortliks vertel hoe dit met julle gaan.

Ingaan in God se tyd:

Maak julle oë toe en luister biddend terwyl iemand Matteus 5:3-9 rustig lees.

Luister na God se Woord: 

Lees Rut 1.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue reading

Kleingroepmateriaal 31 Julie tot 6 Augustus 2017

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waar en hoe julle tans die Here se seën beleef.

Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 67 biddend voorlees.

Luister na God se Woord:  Lees Numeri 6:22-27.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Continue reading

Waarna soek jy?

Kleingroepmateriaal 20 tot 26 Julie

Teologiese Raamwerk

Begeer jy vrede? ’n Hart vol liefde? Geloof wat God in alles sien en gehoorsaam?

Valse Narratief: Ons verander met wilskrag

Ons leef onder die valse indruk dat ons hierdie goed kan kry deur harder te probeer. Wanneer ons pogings dan nie suksesvol is nie, neem ons aan ons het gewoon nie die nodige selfbeheersing of selfdissipline nie.

Continue reading

Inspiratus: 10-17 Mei

Pinkster 2015: InspiratusWeek van 10 tot 16 Mei se kleingroepmateriaal, in voorbereiding vir 17 Mei se eredienste

RUS

  • Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.
  • Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
  • Gesels oor jul kennis en ervaring van die Heilige Gees. Wat weet julle van die werk van die Gees?  Wat wonder julle?  Hoe beleef julle die werk van die Gees in jul lewens?

HOOR

Continue reading

Haggai – 27 April tot 3 Mei

Kleingroepmateriaal 27 April tot 3 Mei

RUS

  • Vertel vir mekaar wat op die oomblik in jul lewens aangaan.
  • Wat is die goed wat geneig is om jou moedeloos te maak? Wat help jou om moet te hou en deur te druk?

HOOR

Laat iemand bid en die Here vra om julle te help om te LUISTER na God se Woord en te LEEF soos wat God vra.

Lees Haggai 2:1-9

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.
2. Haggai tree op oor vier maande in 520 v.C., die tweede regeringsjaar van die Persiese koning Darius. Hy bemoedig die volk wat besig was om die tempel te herbou, nadat hulle ongeveer 19 jaar gelede reeds teruggekeer het uit ballingskap. Hy help hulle dus om hulle prioriteite in lyn met God s’n te kry.
Op 17 Oktober 520 v.C. kom die woord van die Here weer tot Haggai. Dit is vier weke ná hulle met die werk begin het, waarin hulle waarskynlik die meeste van die tyd aan die opruim van die rommel van die vorige ruïnes spandeer het.
3. Hoekom dink julle maak die bou van die tempel soveel saak? Waarmee sou ons dit vandag kon vergelyk?
4. Daar is allerhande afleidings wat die volk se aandag aftrek van dié taak wat die Here hulle opgelê het. Hul fokus op ander dinge, laat God se opdrag vir hulle onmoontlik lyk. Het jy al dieselfde beleef? Vertel vir mekaar daarvan.
5. Die Here bemoedig die moedelose volk op twee maniere: eerstens deur belofte van God se teenwoordigheid en tweedens deur ’n toekomsvisie. Hoe bemoedig hierdie dinge jou?

LEEF

• Wat vra die Here vir jou om te “bou”? Waarmee moet jy besig wees?
• Wat is die dinge wat jou aandag aftrek?
• Herinner mekaar aan God se woorde: “Skep moed” (2:1) en “my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” (2:5). Waarvoor het jy tans nodig om hierdie woorde te hoor?
• Hoe help die belofte van die Gees se teenwoordigheid jou om moed te skep en nie bang te wees nie?
• Bid vir mekaar vir die spesifieke sake wat julle genoem het.
• Bid ook vir die spesifieke sendeling vir wie jul groep ondersteun.