1 Kor 12 Paasfees
Verwelkoming
Toetrede
Lied 409:1 Hoor jy die Paasfeesklokke (sit)
Opstandingsverhaal
Markus 16:1-7
Respons
Vonkk 5 Vreugde! Vreugde! (staan)
Votum
Liturg: Hierdie is die dag
waar trane afgevee word;
waar stukkende harte heelgemaak word;
waar vrees
met vreugde vervang word.
Hierdie is die dag
wat die Here die klip van vrees wegrol;
dood se klere uittrek;
voor ons uitstap God se toekoms in.
Hierdie is die dag
wat die Here gemaak het.
Die dood maak ons nie meer bang nie;
die sonde het nie meer houvas op ons nie;
God maak die grafte van ons harte oop
en vul ons met nuwe lewe.
Hierdie is die dag –
opstandingsdag –
Paasdag
Christus het opgestaan
Gemeente: Christus het waarlik opgestaan
Voorganger:
Die Heer het opgestaan
Gemeente: Hy het waarlik opgestaan
Voorganger:
Christus het opgestaan
Gemeente: Christus het waarlik opgestaan.
Seëngroet
Wees gegroet
in die naam van die opgestane Here,
wat nuwe lewe vir ons moontlik gemaak het
en nou hier by ons is.
Lofsang
Lied 414 Juig verlostes, juig en sing (staan)
Lied 417 Jesus, ons eer U (staan)
Doopherinnering
Paasfees is tradisioneel Doopsondag.
Ons dink vandag spesiaal daaraan
dat ons deur ons doop
saam met Christus gesterf het
en begrawe is.
Ons weet egter
dat ons ook saam met Hom opgewek is
tot ‘n nuwe lewe.
Daarom bely opnuut
ons verbondenheid aan Christus.
Ons bely ons sonde met berou.
Ons draai na Christus toe.
Ons onthou dat ons saam met hom gesterf het
en dat ons saam met hom opgestaan het.
Daarom bely ons ons geloof in die drie-enige God.
Geloofsbelydenis
Gebed
Skriflesing
1 Kor 15:1-15
Preek
Kinders:
Wat beste nuus ooit gekry?
Heel beste nuus,
iemand lank terug gekry,
ons elke Sondag weer kry,
vandag spesiaal:
Jesus leef!
Video – Amistad
Amistad
fliek oor ‘n klomp slawe
1839
skip Amistad
vervoer na Amerika.
Yamba,
een van slawe,
kry iewers Bybel,
prente.
kan nie lees nie,
volg tog die Jesus-storie dmv die prente.
Gryp so aan,
lewe vir Here gee.
Verduidelik lewe van Jesus
met behulp van die Prente in Bybel
aan Cinque,
die leier van die klomp slawe.
Yamba vertel,
terwyl hy na die prente kyk,
dat hierdie Persoon baie, baie spesiaal is,
want oral waar Hy gaan
is daar ‘n strale krans om die Persoon se kop.
Soos Yamba vir Cinque sê:
“Orals waar hy gaan,
word Hy gevolg deur die son!”
Hy wys uiteindelik vir hom
hoe Jesus aan die kruis gesterf het.
Dan sê Cinque dat so iemand ons nie kan help nie,
want Hy is dood.
Yamba sê “Nee, kyk, die storie is nie klaar nie.”
en dan wys hy hom ‘n prentjie van die opstanding.
Hierdie Jesus kan help.
As hulle dan die volgende dag hof toe loop,
loop Yamba met die Bybel onder sy arm
en orals is daar net kruise te sien.
Simbole Jesus teenwoordigheid,
ook by slaaf
met prente-Bybel onder arm.
Jesus leef!
Interessant,
wanneer Paulus praat Jesus opstanding,
praat nie van leë graf.
Praat van mense hom gesien!
Bewys Jesus opstanding,
nie leë graf,
maar teenwoordigheid,
mense hom gesien.
Dis wat vandag nog beteken gelowige te wees:
beteken ons weet
Jesus by ons.
Soos ou Keltiese seën:
langs ons
voor ons
in ons
oral!
Beteken dat leef soos mense weet
Jesus by ons.
Bekende prediker
Dwight Moody
vertel toe nog jong man was,
kort kennisgewing ‘n begrafnisdiens lei.
Hy vertel deur vier Evangelies geblaai
soek na begrafnisrede wat Christus self gelewer,
wou as riglyn gebruik.
Maar tevergeefs.
Wat Moody wel ontdek het,
was dat Christus alle begrafnisse wat Hy ooit bygewoon het –
soos dié van Lasarus
of die weduwee van Nain se seun,
of van Jaïrus se dogtertjie –
opgebreek het!
Die dood kon nie in Jesus se teenwoordigheid oorleef nie.
Wanneer dooie mense sy stem gehoor het,
het hulle weer lewend geword.
Jesus het gesê:
“Ek is die opstanding en die lewe” (Joh 11:25).
Waar Jesus is,
is daar nuwe lewe!
En Jesus is hier,
nou,
in jou lewe,
elke dag.
Beteken:
Boosheid oorwin.
As Jesus gekruisig is,
nie opgestaan,
sou kon dink
Pilatusse en Herodusse van wêreld
gewen.
Dan sou wêreld oorgelewer wees
magte van geweld
ons uitgelewer,
magteloos.
Maar Jesus lewe
getuig:
magte van wêreld
het geen mag,
God is sterker,
het reeds oorwin.
Beteken natuurlik ook
ons lewens sin maak.
Deel van groter geheel,
deel van plan van God.
Nie maar net hier,
nie net gejaag na wind.
Wanneer lewe deurmekaar is
onseker
nie volgens plan verloop,
kan altyd weet:
is wel ‘n plan,
ons is deel van daardie plan.
Al kan nie plan sien,
verstaan,
altyd troos:
Tye is in God se hand.
Paulus lys mense Jesus gesien na opstanding.
Merkwaardige ding van lys
(kyk gou van mense wat noem):
Petrus,
een van eerste persone aan wie opgestane Jesus verskyn.
Petrus,
een wat Jesus verloën het!
Jakobus,
waarskynlik Jesus broer.
Ons weet Jesus familie,
nie in hom geglo,
gedink van kop af
(Mark 3:21, Joh 7:5).
Tog verskyn Jesus aan sy broer.
Natuurlik Paulus,
kerk vervolg!
Jesus verskyn juis aan hulle.
Jesus skryf niemand ooit af nie.
Jesus verwerp niemand,
maar oorlaai eerder met liefde en genade.
Jesus opstanding sê,
daar ook genade vir ons,
ook ons ontvang vergifnis,
word versoen met God.
En natuurlik,
lewe.
Jesus opstanding sê
lewe êrens heen op pad.
Het einddoel.
Gaan nie wanneer doodgaan
bloot net ophou,
gaan voortgaan,
deel in lewe
wat Jesus bewerkstellig het.
Sir Christopher Wren
beroemde argitek
St Paulus-katedraal in Londen.
Groot Londense Brand
1666
verwoes katedraal,
Wren
heeltemal nuwe bouwerk
ontwerp
op te rig.
Skryf dat hy
en sy hoof-messelaar
begin
kernpunt van die katedraal noukeurig vasgestel,
werker gestuur
klip van die rommel van die ou katedraal te bring
waarmee hulle dié spesifieke punt kon merk.
Die werker het nie rondgesoek nie,
maar die eerste die beste klip
van die ruïne van die ou gebou opgetel
en gebring.
Toe Wren die klip neersit,
sien die drie mans die woord wat daarop ingekerf staan:
Resurgam (“Ek sal opstaan”).
Resurgam (“Ek sal opstaan”)
Dit is ook ons boodskap:
Resurgam
Gebed
Dankoffer
(Jesus – Lam van God, geslag, lewe.
Paaseiers/hasies, lewe. Vandag: Lam!
Kinders kom kry,
na tyd by deur.)
Slotlied
Lied 421 Die Here Jesus lewe
Seën
Kyk daar, dit is ons God,
ons het op Hom vertrou,
Hy het ons gered.
Dit is die Here!
Ons het op Hom vertrou.
Laat ons bly wees en juig
omdat Hy ons gered het. (Jes 25)
13Die genade van die Here Jesus Christus
en die liefde van God
en die gemeenskap van die Heilige Gees
sal by julle almal wees. (2 Korintiërs 13:13)
Respons
Lied
1 Korintiërs 15:1-11, Erediens, Liturgie, Paasfees, Paassondag, preek