Skip to main content

Tag: Petrus

Geloofsonderskeiding – Petrus en Kornelius Handelinge 10 Preek

My vraag, hier op die vooraand van die verkiesing, is:  wat kan ons leer oor die manier waarop God praat, oor hoe ons God se wil ken?

Nou moet jy hoor dat hier ‘n diep voorveronderstelling in hierdie vraag lê.  Dit veronderstel dat ons God se wil soek, dat ons wil weet wat God se wil is.  In alles in die lewe, in alle besluite wat ons neem.  Byvoorbeeld wanneer ons hierdie week gaan stem:  dan is die veronderstelling in my vraag dat ons nié net wêreldse oorweegredes gebruik in die maak van ons kruisie nie, maar dat ons dit biddend doen, soekend na God se wil.  Maar die verkiesing is natuurlik net ‘n voorbeeld.  Die veronderstelling is dat ons met enige iets in ons lewens – met alles, soek na God se wil.  En dan is die vraag:  hoe weet ek wat God sê?  Watter leidrade gee hierdie verhaal vir ons oor hoe om God se stem te onderskei?

Continue reading

Wie is Jesus? Matteus 14:13-17:8 Preek

God neem ook dikwels vir ons op reis.  Op voorheen onbekende paaie.  En dit is op hierdie nuwe, onbekende paaie, wat ons vir God leer ken.  Dit is op die onbekende paaie waar ons ou belydenisse oor wie Jesus en wie God is, nuwe betekenis kry.

Continue reading

God is HEILIG – 6-12 Sept

OMGEE-GESPREKKE

  1. Maak dié week tyd vir mekaar. Luister na mekaar, laat elkeen vertel wat in hul dag gebeur het. Kyk na die geloofsgewoonte kantlyne vir verdere voorbeelde.

BYBELLEES

  1. Lees 1 Petrus 1:13-16. The Message vertaal dit so: “So roll up your sleeves, put your mind in gear, be totally ready to receive the gift that’s coming when Jesus arrives. Don’t lazily slip back into those old grooves of evil, doing just what you feel like doing. You didn’t know any better then; you do now. As obedient children, let yourselves be pulled into a way of life shaped by God’s life, a life energetic and blazing with holiness. God said, “I am holy; you be holy.” Gesels oor wat dit vir julle beteken.
  2. Raak julle ook soms so besig, dat daar nie tyd is vir God of vir mekaar nie? Hoe kan julle seker maak dat julle nie te besig raak nie? Waarvoor moet julle NEE sê? Wat kan julle doen om meer tyd te maak vir God en vir mekaar?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

  1. Kyk weer na die geloofsgewoonte kantlyne en beplan hoe julle hierdie week ruimte gaan maak. Wat kan julle doen dat julle in die oggend tyd kan hê vir stilte? Dalk die vorige aand al ontbyt voorberei? Maak praktiese planne, sodat julle hierdie week kantlyne kan hê.

GESEËN OM TE SEËN

  1. Is daar dalk iemand vir wie julle dié week tyd kan maak? Dink aan iemand vir wie julle met iets kleins kan help, sodat hulle deel van julle kantlyne raak.