Skip to main content

Tag: menswaardigheid

Wees Toegewyd – Wees gaaf – Rut 2

Ons lees die boek Rut asof dit hierdie vreeslike romantiese storie is.  En deur ons verwesterse – en bevoorregte – oë, sien ons liefde en romanse oral in die storie.  Maar die boek Rut is nie ’n liefdesverhaal nie.  Dit is die tipe storie wat in die tyd wat dit geskryf is, so skalks onderlangs aangegee sal word.  “Het jy dié gesien?”  Dis die tipe storie waaroor die regering jou sal opsluit.  Nie ’n roman nie, maar ’n subversiewe politiese pamflet.  Dis wat Rut is.  Dis kritiek teen nasionalisme, rassisme, onverdraagsaamheid, vooroordele en seksisme.

Dit is ’n verhaal van desperate oorlewing.  ’n Verhaal wat ons konfronteer met ons eie vooroordele en ons uitdaag oor ons verantwoordelikheid teenoor die mense wat op die rante leef.

Continue reading

Markus 5 – Menswaardigheid

Jesus maak mense heel deur na hulle te luister…

ONS GROET MEKAAR

’n Klassieke gereformeerde liturgie is ’n tweegesprek:  ons luister na God, God luister na ons ons reageer oor en weer.  Daarom wil ek jou nooi: wees vanoggend bewus van hierdie wederkerige gesprek, van God wat na ons luister en ons wat ons na God luister.

Continue reading