Skip to main content

25-31 Aug: Ons waag in geloof

OMGEE GESPREKKE

Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy bang was. Wat het jy gedoen? Wat het gebeur?

BYBEL LEES

Lees Hebr. 12:1-4

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Kyk na die voorbeelde van geloofshelde in Hebr. 11. Vertel vir mekaar wie julle geloofshelde is. Vertel ook wie julle “skare geloofsgetuies” is – die mense wat julle aanmoedig om te volhard in jul geloof.
  • Baie van die geloofshelde was dapper mense wat gewaag het in geloof: Abraham het die onbekende in getrek, Ragab het spioene weggesteek, ens. Waar het God al vir jou gevra om te waag in geloof? Wat was dit en wat het gebeur? Vra God dalk nou vir jou om te waag in geloof? Vertel vir mekaar daarvan.

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Behoort julle gesin aan ’n kleingroep? Indien nie, oorweeg om van 7 Sept. vir die komende paar weke in te skakel by een van ons 40 Dae van Gemeenskap groepe. Kontak die kerkkantoor of bly Sondag na die erediens agter.

GESEËN OM TE SEËN

Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Is daar iets spesifiek waaroor iemand in jul gesin tans die Here se wil soek? Bid saam daarvoor en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Hebreërs 12, huisgeloof, Huisgodsdiens, materiaal, ons waag in geloof

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.